Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post Reply
User avatar
pirot79
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Tue Jun 21, 2011 7:58 pm

Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by pirot79 »

Ek is nou al gatvol koudgekry en wen ook maar nie die stryd nie. Het enige iemand ondervinding van jakkalse jag soos on die ou dae? Toe die boere saamgespan het en plase kamp vir kamp skoongemaak het met perde honde en groot getalle jagters. Ek het sit en dink...die klomp jagters van die stede kla jag raak so duur ens. Kan mens nie so iets begin deur jakkalse se getalle af te bring en selfde tyd die ouens kans te gee om in die veld te kom en te skiet nie?
Last edited by pirot79 on Wed Jun 22, 2011 9:00 pm, edited 1 time in total.
Everything will pass only what's done for Christ will last.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by jaracal »

Daar is nie veel van die jakkalsproef draad oor om daardie manier toe te pas nie. Maar ek dink dit kan gedoen word indien die boer en die vereeniging kan ooreenkom.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by Dawie »

Het self al hieroor gewonder ??? 

Ons het die aanjaag en voorsit tipe jag gedoen in die verlede,  maar die laaste paar jaar kom so 'n jag onder die boere nie sommer af nie.  Dis redelik onsuksesvol,  duur en baie vervelig.  Ek dink in die ou dae was dit meer suksesvol omdat meer mense perd gery het en die plaas-eenhede kleiner was en die mense meer tyd gehad het.  Die gemiddelde ouderdom van die boere is ook nou baie ho?r,  boere kannie so lekker toonklap nie.

Miskien moet iemand so-iets probeer organiseer en kyk hoe dit loop?  Ek wou al so-iets re?l deur 'n jag-organisasie,  maar die bekommernis was indien daar 'n ongeluk kom...wie is dan verantwoordelik?  Dit sal nogals "organise" ook kos om so iets te re?l,  amper soos 'n milit?re operasie.

D
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by .::Alwyn-U::. »

goeie idee.. ek glo nie julle sal 'n probleem he met jagters nie! hier is genoeg daarvan ;)
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by .220 Swift »

pirot79 wrote: Ek is nou al gatvol koudgekry en wen ook maar nie die stryd nie. Het enige iemand ondervinding van jakkalse jag soos on die ou dae? Toe die boere saamgespan het en plase kamp vir kamp skoongemaak het met perde honde en groot getalle jagters. Ek het sit en dink...die klomp jagters van die stede kla jag raak so duur ens. Kan mens nie so iets begin deur jakkalse se getalle af te bring en selfde tyd die ouens kans te gee om in die veld te kom en te skiet nie?
Lees Losbaadjiesak stories...

http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?p=59870#p59870

.220 Swift
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by tripodmvr »

pirot79 wrote: Ek is nou al gatvol koudgekry en wen ook maar nie die stryd nie. Het enige iemand ondervinding van jakkalse jag soos on die ou dae? Toe die boere saamgespan het en plase kamp vir kamp skoongemaak het met perde honde en groot getalle jagters. Ek het sit en dink...die klomp jagters van die stede kla jag raak so duur ens. Kan mens nie so iets begin deur jakkalse se getalle af te bring en selfde tyd die ouens kans te gee om in die veld te kom en te skiet nie?
My interpretasie is dat na Suid Afrikaanse jagters verwys word en nie na die Vereniging nie. Die algemene jagter word gevra om te help.

Oranjejag was geborg deur die boere? Die het tog gesorg dat die roofdiergetalle getem was.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
pirot79
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Tue Jun 21, 2011 7:58 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by pirot79 »

Ja ek praat nou van die ouens waarvoor dit 'n passie is om net in die veld te kan wees maar dit nie kan bekostig om duur jagtogte mee te maak nie. So kan mens mos twee vliee met een klap kry sonder hoe kostes of te veel afhanklikheid van jou buurmanne. Ek reel bv so 'n jag soos ek ek 'n springbokjag sal reel. Jy kry net so 20 manne plaas van net 4 wat almal sal belangstel. Almal kamp saam die naweek en kuier saam. Dit kan 'n instelling word se elke 2 of 3 maande oor 'n naweek. Die benadering tot die jag dink ek sal die ingewikkelde gedeelte wees dat die manne nie mekaar raakskiet ens. nie.
Everything will pass only what's done for Christ will last.
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by LoveHenties »

Klink lekker, net een probleem; Soveel manne, soveel wapens, baie potensie?le ongelukke.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
pirot79
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Tue Jun 21, 2011 7:58 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by pirot79 »

Die ander opsie is honde, dan het ek weer nie die jagters nodig nie, maar wat ek van dit af weet is gevaarlik. Hoe leer jy 'n hond om al die ander diere uit te los?
Everything will pass only what's done for Christ will last.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by 243Songdaug »

Pirot.  Klink na 'n puik idee - my voorstel is om die plaaslike skiet klub te nader met die voorstel - dit kan regtig werk.

Honde:
Hier op Kathu was ook 'n ou met honde ek vind toe later uit dat die windhonde ook maar net goed is waar dit oop is en hulle vir jakkals se kind kan inhardloop. - Ek is seker ek is meer effektief as die honde as dit in ooptes kom.

My oupa het sulke vieslike groot honde gehad wat hulle gekruis het tussen 'n windhond en iets groots soos 'n rifrig en weet nie wat nog alles nie, maar daai honde het jakkalse gevang waar dit oop is, in die berge om die Buffelsrivier en as oupa hulle is die digte bosse ingedruk het het hulle die jakkalse loop uithaal - as ek 'n pak van daardie monsters kan kry bere ek my gewere en ry naweke net met hulle uit.  Kwaai honde gewees as ek reg onthou.

Jakkalshond krap jy nie onder enige bos uit nie - hond vang mos maar enigiets wat hardloop - behalwe 'n loops jakkalsteef.
Dont tell me, show me......
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by MEERKAT »

Pirot

Die afgelope 30 jaar het baie dinge verander soos bv die park het vergroot na 100000 hektaar , daardie grond is vroeer jare van ongediertes skoongehou deur boere nou word hulle daar bewaar. Heelwat kleinvee plase het plek gemaak vir wildplase en baie min van die eienaars gaan ongedierte beheer toepas.

Indien 'n area skoongemaak word moet dit die hele area wees en nie slegs dele nie, en slegs wetgewing kan jou daartoe verplig.

Met 'n dagjag gaan stedelinge mekaar doodskiet nie dat ek hulle jagvernuf onderskat nie maar adrenalien loop hoog met sulke jagtogte , praat maar met van die ouer boere wat sulke goed gereel het party jakkalse is amper doodgeslaan deur spattende klippe soos die manne skiet.
Hier was nogal enkele boere wat stedelinge toegelaat het om teen betaling jakkalse in die nag te skiet, hulle huur toerusting en betaal nagfooi en siedaar lekker  skelm jakkalse , hier en daar het glo skaap of twee ook in slag gebly. Daardie manier van beheer het baie vinnig doodgeloop.

Wil eerlikwaar nie negatief klink nie maar ons het 'n groter probleem as wat ons dink, en 'n klomp onbeantwoorde vrae.

Mooi loop
MEERKAT

 
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by marno »

Weet nie of ek nou op tone gaan trap nie, maar in elk geval hier is my mening. 

Voor ek begin met die klomp jagters saam wil ek ook net iets se van die honde.  Toe ek nog op die plaas was het ek ook windhonde gehad en ja hulle is baie effektief, maar dis 'n feit, hulle kort oop spasie om die jak in te hardloop en meeste van die kere vat die honde die jak nie die eerste keer raak nie en moet hulle weer inhaal.

Nou wil ek se, ons het nog al die jare vandat ek bitter klein was tot so paar jaar terug die kampe by ons deur gery en so die ongediertes van kant gemaak.  Dit het goed gewerk, maar kom ons face dit, die jakke het slim geraak en as hulle 'n bakkie sien of hoor ry sal hulle tien teen een spore maak.

Baie van ons wat nou in die stede bly het op plase groot geword en dis regtig nie te se die stedelinge is onverantwoordelik met wapens nie.  Ons almal het van veiligheid geleer met wapens en het die onderskeidings vermoe om te weet wanneer iets gevaarlik is.
So om 'n aanmerking te maak dat "stedelinge mekaar gaan dood skiet" weet ek nie so lekker van nie. 

Baie stedelinge het al na ons plaas toe gekom en ek het al baie gesien dat van hulle baie meer verantwoordelik is met wapens en jag as van die boere. 

So ja ek weet nie.  So iets is bietjie moeilik.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by Gerhard »

Marno,

Ja jong...

Ek is seker ook n stedeling al het ek in n hele paar van hulle gewerk hier en in die buite land...

Nou tel ek seker ook onder die wat jakkalse slim maak...  Al het ek seke al n goeie 500 in geroep en dood geskiet...

Weet nie... S? maar net...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by marno »

Ja nee Gerrie,

Dan sit ek en jy in dieselfde boot hoor.  (Behalwe dat ek nog nie so baie jakke laat val het nie)

Volgens my mening hoef jy nie op 'n plaas te bly (of groot te geword het op die plaas soos ek) om 'n verantwoordelike jagter te wees of om goed jakkies te roep nie en uit te roei nie.

So lyk my al ons "stedelinge" word onder dieselfde kam geskeer.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by JACQUES BOTHA »

Meerkat
Ek sien daai goeters wat jy in die son uitstal om warm te bak --- het jy sommer nou in die kookwater gehang........
Ek hoor jou lied maar dink maar 2 keer voor jy so maklik gesels...en ek weet jy het dit edel bedoel..
Klink amper soos n vorige ou wat geskryf het oor die mannewat in die kantore sit en nie kan skiet nie...
Maar dit laat ons almal lekker deelneem aan die forum..
geniet dit
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
pirot79
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Tue Jun 21, 2011 7:58 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by pirot79 »

meerkat

Ek is duidelik bewus van die stand van sake met die jakkalse ,aangesien ek ook aan die ontvangkant sit. Die ding is ons gaan niks aan die situasie verander as ons nie gaan vinger trek en iets begin probeer doen nie. As ons wag vir die regering kan ons maar plaas verkoop. Die situasie soos hy nou is werk nie. Ek skiet self en het laat skiet. As jy nie elke aand in die veld wil sit nie moet jy betaal vir die jakkalsjagter. Dit raak eenvoudig net te duur. Ons kan nie so aangaan nie. Daar moet nuwe planne gemaak word.
Everything will pass only what's done for Christ will last.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by DSBW »

Marno/Gerhard

Heeltemal reg manne, maak nie saak waar jy bly nie, jy sal orals onverskillige skieters kry. Ek wil egter onderstreep wat Dawie & Jaracal ges? het. Ek boer in Namibia, en dit is net vir my insiggewend om te lees hoeveel ooreenstemming daar is tussen ons uitdagings en julle uitdagings. Ek het ook groot geword met die groot, georganiseerde jagte, baie honde, perde, karre, voetgangers en wat wat, en jakkie is uitgesnuffel.

Paar gevalle het hy in 'n gat ingegaan, dan is die hele gat, helfte van die koppie of krans met dinamiet in sy m..........r in geskiet, net om seker te maak.

Realiteite is dat daardie dae verby is, vir al die redes reeds genoem. By ons is die tendens nou dat die manne oorskakel beesboerdery toe, omdat hulle net nie kan voorbly met die probleem nie, en presies soos (ander) Dawie s?, die manne is al mooi groot, is nie meer lus vir nagte innie veld, koud kry en al die dinge nie.

Die silwer rand van hierdie wolk is dat ons produk al hoe duurder gaan raak, hoe minder die produsente raak. Ons oorblywendes moet net 'n innoverende manier vind om die probleem te beheer. Persoonlik is ek van mening dat ek nodig het om toegang te kry tot bekostigbare materiaal om my drade op te knap en in stand te hou, dan het ek 'n realistiese kans om voor te kom. Vraag is mos nou waar mens so iets gaan kry.

Maar net my mening.

Namibiese Dawie
User avatar
pirot79
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Tue Jun 21, 2011 7:58 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by pirot79 »

kom sa toe...wag vir nog 'n grondhervormingplaas om oorgedra te word en ruil  dan daardie plaas se drade by die nuwe eienaars vir 'n paar papsakke...volgens my die enigste bekostigbare oplossing dawie. Jy sal dalk net self moet opbreek aangesien hulle te dronk gaan wees om te help. hehe
Everything will pass only what's done for Christ will last.
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by Biker »

JACQUES BOTHA wrote: Meerkat
Ek sien daai goeters wat jy in die son uitstal om warm te bak --- het jy sommer nou in die kookwater gehang........
Jacques
Meerkat lyk my hulle is op die blok ;D
Groete Biker
User avatar
pirot79
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Tue Jun 21, 2011 7:58 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by pirot79 »

Begin al hoe meer dink dit kan nogal werk. Ons het die naweek springbok gejag en 3 jakkalse helder oordag opgejaag. Probleem is net om die outjie raak te skiet as hy so hard weghol. Dalk moet elke 2de man met haelgewere loop. hehe
Everything will pass only what's done for Christ will last.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Jag van ongediertes m.b.v sa jagters.

Post by MEERKAT »

Marno Gerhard

Jammer sien nou eers die post, kom ons verander die bewoording "die onervare stedelinge" gaan mekaar doodskiet.
Hier by ons was 'n klompie jare gelede so jag gereel. Die skuts was plaaslike manne so 30 manne in totaal die aanjaers was 50 plaaswerkers te voet en te perd. Die enkel jakkals moes aangejaag word na 'n punt in 'n hoek van 'n kamp. Dit is redelike groot storie en moet deeglik beplan word anders gaan die onervare manne mekaar doodskiet.

Aan einde van dag is jakkals doodgeskiet en probleem is vir 'n week of twee opgelos. Die dingetjies gebeur als oor die naweek so gaan maak gerus 'n sommetjie of twee.

Julle twee manne moet nou bietjie help met die saamstel van 'n advertensie wat  in die media gepubliseer kan word om jagters te werf ( Baie belangrik, moet ervare manne wees) wat bereid sal wees om met so iets te help. Julle inset word hoog aangeskryf.

Die advertensie moet as riglyn  dien vir die grondeienaar wat so jagtog in die toekoms beplan.

Die area is 500 km vanaf die naaste stad.

Mooi loop
MEERKAT
Post Reply