Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek wil hoor het iemand al van hierdie stewels getoets oor 'n langer termyn? Ek is deeglik bewus hulle gaan heel moontlik nie kers vashou by die Blundstones nie, maar ook nie in die $$$ arena nie
https://www.workweardepot.co.za/site/user_data/images/Maluti_Boot_1.jpg
Ek dra die BOVA Chelsea en vir 'n elke dag dra is ek tevrede. Die boonste rek gedeelte op die skoen trek/rafel egter vinnig uit. https://bova.co.za/product/chelsea/
Ek hou van die tiepe skoen en luister saam na terugvoer oor die model.
Ek het n paar Johnson Chelsea's wat nou op hulle 4de jaar is. Hulle kry so nou en dan dubin polish en ek moes al hulle inners vervang maar anders as dit is hulle die beste boot vir die prys. Ek dra hulle daagliks hulle is my werk, kerk, jag en braai skoene.
.22 Ruger 10-22
223 NEF Handi
223 MSR15 Recon
22-250 Rem Winchester
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
357 Marlin 1894
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield
Johnson hou my nou seker 5 jaar.....maar ja, hy druk my tone na dag twee op 'n jag
Het nou n stel Redlines wat ek instap.
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Jammer dalk Hijack ek nou. As jy nie safety skoene soek nie kan jy ook kyk na CAT Evander boots. Ek ruil my CATS vir geen ander stewel. Die wat ek nou dra hou al drie jaar. Het sommer nog 'n paar gekoop wat ek in die kas bere.
Carl,
die Strassberger aanglip stewels is ook nie te versmaai nie - en hierdiekant het dit my onder 1 K gekos, dra dit feitlik elke dag al 2 jaar, by werk en op die kleinhoewe. Niks trek los, die brug rek is nog vas en in een stuk. Dubbin een keer n week werk hom mooi.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Ek het lank blundstones gedra.
Kry toe n paar Lason skoene..dis nou 7 jaar later en ek dra nou net my lasons. Kon nog nie een paar stukkend loop nie , het al wel so drie stelle se sole deur geloop. Maar teen R200 om dit weer by die fabriek te laat hersool is ek mal oor hulle. Hulle sole is werklik sag en het nog nie n ander skoen gehoor wat stiller as die in die veld loop nie
Ek is duk en weeg 125kg ..en dan het ek nog boonop breë plat pote met n hoë brug so ek trap skoene dat hul luister. Hierdie manne maak n werklike half grote skoen. .nie soos die ander make wat ek twee sizes te groot moet koop om my voete in te kry nie
Die lason se Chelsey is fantasies. .raak glad nie Los op jou voet nader hand nie en jy trap nie daai leer stukkend nie.
Beste van als..Chelsey kos n almintige R650..en die manne werk van marble hall af.
Koop maar ..sal nie spy wees nie
Nella wrote:Ek het lank blundstones gedra.

Het hulle n webtuiste, sal graag n paar wil aanpas aangesien ek ook sulke kort dik voetjies het