Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Post by Chevvy SS »

Hercules Louw wrote:Chevvy, 'n 7mm Rem Mag en 'n 30-06 se terugskop is maar in dieselfde klas. Die probleem met die Tikka's in die kaliber is die magasynlengte. Indien jy die moderne lang hoë BC koeëls wil skiet sal jy waarskynlik gedwing word om hulle een-een met die hand te voer. Ek dink 'n Remington Sendero is 'n beter keuse vir 'n 7mmRemMag.
Dankie Hercules. Het jy moontlik die dimensies van die magasynlengte asb? Ek weet daar is ouens wat 'n verandering aan die magasyne doen waar 'n paar millimeter toegevoeg word.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Post by Hercules Louw »

Chevvy, ek meet die Tikka lang kalibers se se magasynlengte as 85.7mm, so jou patroonlengte sal beperk word tot 85mm om betroubaar te voer. In vergelyking daarmee is my Sako L61 7mm Rem Mag se magasynlengte 90mm, en ek dink die Sendero s'n is in die omgewing van 93mm. Al die Tikka T3 gewere se magasynlengtes is net lank genoeg om basies standaard lengte fabrieksammunisie te kan hanteer en dit laat jou geen ekstra ruimte vir die herlaai van lang-neus VLD tipe koeëls nie. Dit is die rede waarom baie manne wat 260Rem skiet hulle Tikka's se bolt-stop verander en dan 30-06 magasyne gebruik.
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Post by Henry 7 »

Die 280AI loop ook saam of baie naby aan daai 2 perde..akkuraatheid is bitter goed en stoot 'n 162 ELD @2760 lekker..hy kan hom baie vinniger gooi ma dan gaan die looplewe nie so gaaf wees nie...dis op 365 maar die Vihta is op pad en dan dink ek gaan sy groepe nog kleiner wees alhoewel hy klaar 7mm gooi op 100m en met n beter skut agter die geweer dink ek one holers sal verkry kan word..ek geniet hom baie alhoewel daar ook die fireforming factor is..sommer net vir interresantheid
Groete
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Post by tau »

Hercules Louw wrote:Chevvy, ek meet die Tikka lang kalibers se se magasynlengte as 85.7mm, so jou patroonlengte sal beperk word tot 85mm om betroubaar te voer. In vergelyking daarmee is my Sako L61 7mm Rem Mag se magasynlengte 90mm, en ek dink die Sendero s'n is in die omgewing van 93mm. Al die Tikka T3 gewere se magasynlengtes is net lank genoeg om basies standaard lengte fabrieksammunisie te kan hanteer en dit laat jou geen ekstra ruimte vir die herlaai van lang-neus VLD tipe koeëls nie. Dit is die rede waarom baie manne wat 260Rem skiet hulle Tikka's se bolt-stop verander en dan 30-06 magasyne gebruik.
My Remington 700 in 7mm RM se TPL is met 162gr Hornady SST 88.4mm vir informasie doeleindes aan Oom Chev. Toevallig is my 7mm RM en my Pa se geweer nie life vir meer as 1,5mm jump ni en meer hier by 0.8 mm rond.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Post by Malan123 »

As jy 'n tikka koop maak die jump nie saak nie, hy gan nogsteeds 1 groep skiet >:D
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Post by Chevvy SS »

Ek is bleddie baie tempted Malan, maar bang ook!
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Tikka Tx-3 7mm Rem Mag

Post by Malan123 »

Ek laai my tikka 300 win mag volgens magasyn se lengte. Hy skiet 0.5 moa enige dag as ek my kant bring. Koop vir jou so nat nuwe sneller spring vir R200 en siedaar. Genuinely baie lekker gewere
Post Reply