Langafstand jag
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Langafstand jag
Arnold.
I rest my case.....
Raven
I rest my case.....
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

-
Ralph
- Full Member

- Posts: 144
- Joined: Thu Dec 16, 2010 9:03 pm
Re: Langafstand jag
Hiermee Norton, stem ek volkome saam. Kyk, ek het darem al gesukkel met ten minste net raak skiet. Dis nou voor ek self begin herlaai het. Van toe af het dinge al hoe beter begin raak omdat ek meer op papier begin skiet het.
Soos ek glo: Shoot more, shoot more often!

Shoot more, shoot more often!
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Langafstand jag
very impressive soos die engelsman sal se!
-
ablm468
Re: Langafstand jag
Ja impressive ne maar is meer teikenskiet as jag. Jag het tog te doen met die veld, spoorsny, skietkuns en veld tegniek. Ek stem saam dis nie baie eties om diere oor so lang afstand te skiet nie. Skiet maar teiken maar moenie op 'n lewendige ding kanse vat tensy jy seker is van jou storie nie. Dit is waar die jagetiek en simpatie vir jou prooi inkom dink ek, mag verkeerd wees ek weet nie??
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Langafstand jag
Hansman ek stem saam, dit is meer sniping as jag! Vir my is dit lekkerder en meer 'n challenge om so naby as moontlik te kom aan die dier, ek seker meeste mense sal saamstem.
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Langafstand jag
Ludwig
+1
Raven
+1
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Langafstand jag
Ludwig
Nog n +1 vir jou.
Ek het gister jagters uitgevat wat voor die tyd vir my gese het hulle is nie goeie skuts nie en voel hulle kan nie n bok dood as dit verder as 100meter staan nie, nou glo vir my om ses blesbokke te loop en skiet met daai maksimum op een dag dis harde werk en baie loop maar kry het hulle hulle bokke gekry en gisteraand toe vertel daai manne vir my dit was seker en van die lekkerste uitdagende jagte wat hulle al gehad het. En glo my ek was dankbaar en respekteer daai jagters wat dit vereis het want soveel manne kom en dink hulle kan jag en waag skote op 200plus meter en jy loop die hele dag agter hul kwes bokke aan.
In teenstelling met gister se jagters was 300Win (VD Walt) die naweek hier gewees en ek en hy het net so hard gewerk om sy twee bokke te kry en glo vir my dit was koud maar altwee skote was oor die 200meter en beide perfekte skote en die jag was net so uitdagend.
My punt wat ek probeer maak is ken jou eie perke werk net vir jou bok, berei jouself goed voor voor die jag want dit is maar deel van die jag, wardeer na die tyd wat jy tydens die jag beleef het en ek sien geensins dat dit oneties is nie.
Oneties vir my is eerder om bokke met honde te jag, strikke te stel n kudu met n .22 te probeer skiet of so iets.
Blok

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- Christo Els
- Sr. Member

- Posts: 430
- Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm
Re: Langafstand jag
Blok Stem 100% saam
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Langafstand jag
Naand manne
Was bietjie weg en nou kom ek hier van die kant af in. Die lekker ding van papier skiet, is dat jy weet waar jou geweer skiet en hoe hy kan skiet. As jy dus 'n foutjie maak weet jy dit is nie jou toerusting nie, maar die fout l? by jou. Maar as jy nie weet hoe jou geweer werklik skiet nie kan jy maklik die fout op die verkeerde plek gaan soek.
Ek is ook van mening dat mens beter papierskieters as jagters kry en die omgekeerde is ook waar, maar om jou voor te berei moet mens doodeenvoudig volgens jag omstandighede inoefen.
" The more I practice the luckier I get." (Gary Player)

Hi Manne!
Een ding is seker, hierdie is nie 'n eenvoudige verhaal nie en dit is wat dit baie interessant maak. As ek trug dink aan hoe vrot ek 'n paar jaar gelede geskiet het teenoor nou en my dan vra hoekom daar verandering was is daar baie redes daarvoor. Mens moet definitief weet wat jou vermoens is voor jy net dinge in die veld probeer doen. Om vorentoe te beweeg is papier skiet natuurlik die begin punt. Nou ja daarvandaan kan baie dinge gebeur wanneer mens 'n beginner is.
Groete

Ek het ook dieselfde ervaring gehad met my skietery, ek kon nie eers die bekwaamheid toets van SAJWV slaag in 2010 so swak het ek geskiet. Groepering was non-existing, ek het gedink die fout le by die gewere. Eendag op die skietbaan het 'n ou vir my gese, al wat help is oefening. Daarna het ek besluit ek gaan nou "commit" om elke Vrydag middag te gaan skiet. My akkuraatheid het aansienlik verbeter, het agterkon gekom dit is nie die wapen nie dis die (p...hol) agter die wapen wat nie kan skiet nie.
Ek het eendag by 'n wapenwinkel met die eienaar gesels oor my goeie groepering op 100m (1 duim) toe se hy vir my daai is niks jy moet 1 duim gropering op 300m probeer skiet. In my domgeid vra ek toe,"Is daar mense wat dit kan doen?" Ja natuurlik se hy, ek het hom nie geglo nie, tot ek self van die manne by die klub gesien het wat 1duim groepering skiet op 300m. Dit het my oe oopgemaak. Ek wil nou nie se ek kry dit reg om 1 dm groeperings op 300m te skiet nie maar my groepe het baie verbeter en ek skiet bitter min op 100m. Ek oefen op 200m en 300m en dit is wat my help met selfvertroue. Ek voel nou gemaklik om op 'n bok aan te le op 300m want ek weet presies wat my geweer doen op 300m, hoe ver die koel val ens. Ek dink dit is waaroor dit gaan, sal nooit myself uitgee as 'n skerpskutter nie. Ek weet waar is my perke. Ek weet egter dat oefening die enigste manier is om skietkuns te verbeter.

- gideon
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm
Re: Langafstand jag
Hallo manne.
Ek sluit bietjie laat aan by die gesprek. Wil net weet hoekom etiek en afstand van die skoot so gereeld in die selfde sin gebruik word. Ek dink dit gaan daaroor dat die risiko wat geneem word baie groot is op langafstand en die kans om 'n swak skoot te skiet soveel meer is. Ek sien dit egter nie meer of minder eties op n bok op 80 of 450 meter te skiet nie. "net syfers impliseer nie dat ek op 450 meter skiet nie. Dit gaan sekerlik daaroor dat die bok so gou moontlik gedood word en so min as moontlik ly. So ek dink nie dit is oneeties om n bok op 450m met een skoot net daar te laat val nie.
Waarmee ek wel 'n probleem het is manne wat nie die vremoe of die toerusting het om hierdie langskote te skiet nie, maar tog waag hulle dit. Dit is vir my oneties en dom. Manne wat egter met sukses hierdie langskote KAN skiet kan nie vlg my as onetiese jagters gebrandmerk word nie. Ek reken hulle net as baie goeie skuts.
Kyk bietjie hoe dinge vernader het die laaste paar jaar. Kyk net na tegnologie op teleskope dit het dam baaaie verbeter. Kyk na manne se kennis hoeveel jagters het herlaai 20 jaar terug en kyk nou die kennis wat manne deesdae het. Kyk na die gewere wat ons deesdae gebruik plus alles wat ons doen om die kleinste moontlikke groepring te kan skiet. Kyk bietjie hoe klein is party van dai groeperings. Dit maak vir my amper sin dat met alles wat ons doen dit amper vanselfsprekend is dat die afstand woorop gejag word ook sal verder raak.
Op die einde van die dag geniet ons almal dit om te jag en 'n stukkie biltong van die bok wat jy geskiet het by die werk te sit en eet en vir so paar minute weer in die veld te wees of jy nou op 80m of 300m geskiet het wat maak dit saak.
Ek glo ook ons almal ken die bitter smaak van 'n kwesskoot. So as jy nie gemaklik is met die skoot nie MOENIE SKIET NIE.
Net my twee sent

JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Langafstand jag
Gideon - jys reg. Met vandag se tegnologie en die kennis en vernuf wat baie van die manne het, is sulke skote baie meer as haalbaar.
Die probleem - myns insiens - is dat jy nie meer op 'n stilstaande teiken skiet nie, maar na 'n onvoorspelbare dier wat enige oomblik kan beweeg. Dus, hoe verder jou skoot, hoe groter is die kans dat die dier soveel kan beweeg (vandat die skoot afgaan),dat jy hom kwes. Neem daarby in ag dat 'n onverwagse ou rukwindjie jou koe?l van koers af kan stuur en dan vra jy jouself weer - is die skoot aan of nie? In sulke omstandighede maak dit nie vir my saak hoe goed jy kan skiet nie - dis net nie reg (eties?) nie. Dit ly outomaties tot jou punt dat "etiese" skote tussen verskillende jagters, hulle toerusting en die omstandighede gaan verskil.
Elke jagter moet vir homself uitmaak of hy rustig en vrede in sy gemoed het, dat hy volgens sy eie vermo? (en sy geweer/patroon s'n) in die jagveld optree en die Skepping respekteer.
Of hoe JOHANNIC?

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
- gideon
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm
Re: Langafstand jag
Magako.
Ek steem heelhartig saam. So etiek is nie Net aan die afstand van die skoot gekoppel nie maar 'n kombinasie wat 'n hele klomp faktore.

madako askuus vir die finger foutjie " Magako"
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Langafstand jag
'n goeie stukkie leeswerk vir die manne wat die paadjie wil loop
http://www.longrangehunting.com/articles/environmental-hazards-1.php