Middag
Het enige lid hierdie kaliber of toegang tot n reamer?
Groetnis
250 SAV ACKLEY
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 250 SAV ACKLEY
Jy sal dit slegs kan doen op 'n sterk aksie en nie op die hefboom nie. Drukvlakke is te hoog vir hefboom as jy spoed wil wen. Het jy op Google gekyk of dit al gedoen is?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 250 SAV ACKLEY
Oom Maruis
Die 250 Savage Ackley is retig een van die beteres. Jy wen ver oor die 10% dopkapasiteit wat veroorsaak dat jy heelwat stadiger verbrandende poeier kan gebruik. Selfs as jy hou by die 52 000psi maksimum van die oorspronklike voog kaliber wen jy heelwat spoed asook natuurlik al die ander voordele. Carel kontak vir Advance Gunsmithing in Potchefstroom en hoor of hy nie n reamer het nie.
Groetnis
Wouter
Die 250 Savage Ackley is retig een van die beteres. Jy wen ver oor die 10% dopkapasiteit wat veroorsaak dat jy heelwat stadiger verbrandende poeier kan gebruik. Selfs as jy hou by die 52 000psi maksimum van die oorspronklike voog kaliber wen jy heelwat spoed asook natuurlik al die ander voordele. Carel kontak vir Advance Gunsmithing in Potchefstroom en hoor of hy nie n reamer het nie.
Groetnis
Wouter
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 250 SAV ACKLEY
Wouter, die hefboom aksie se maks druk wat ek al op gewerk het is by 42000 psi. Sal nog steeds slotaksie wil gebruik
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Carel Kolesky
- Sr. Member

- Posts: 377
- Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Re: 250 SAV ACKLEY
Geweer is Winchester pre-64 Mod 70(puriste gaan my nou kruisig)-loop het n1:14 groefdraai-so stabiliseer net ligte,varmint tipe punte.Plan is 1:10' loop +Ackley dan kan hy jag.Dankie Wouter sal hulle probeer.
Gooi kole!
- Raditipa
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Wed Aug 03, 2016 4:44 pm
Re: 250 SAV ACKLEY
Hou ons asb op hoogte as jy reg kom. Ek was nog altyd baie geinteresseerd in die 250 Savage Ackley en sal baie graag wil hoor hoe hy loop met ons kruite. Ek het n mod 70 (post 64) 22-250 wat n nuwe loop gaan kry. Ek was bitter naby om hom te verander na n 250 Savage AI toe. Op die einde maar besluit om te bly by 22-250 net verander na n stywer 1-8 twist. Sal nog eendag die 250 Savage AI probeer.
.22 Ruger 10-22
223 NEF Handi
223 MSR15 Recon
22-250 Rem Winchester
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
357 Marlin 1894
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield
223 NEF Handi
223 MSR15 Recon
22-250 Rem Winchester
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
357 Marlin 1894
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 250 SAV ACKLEY
More Oom Maruis
As n 250 Savage standaard gekamer is op n hefboom aksie dan moet daai spesifieke aksie tog seer sekerlik die rondte se SAAMI en CIP maksimum drukvlakke kan hanteer, nie waar nie?
Carel soos reeds genoem dink ek persoonlik dit is n baie lekker rondte en jou platvorm is idiaal om die nommertjie tot sy volle reg te kom. Skree gerus as jy die nuwe loop opgesit het as jy hulp nodig het.
Groetnis
Wouter
As n 250 Savage standaard gekamer is op n hefboom aksie dan moet daai spesifieke aksie tog seer sekerlik die rondte se SAAMI en CIP maksimum drukvlakke kan hanteer, nie waar nie?
Carel soos reeds genoem dink ek persoonlik dit is n baie lekker rondte en jou platvorm is idiaal om die nommertjie tot sy volle reg te kom. Skree gerus as jy die nuwe loop opgesit het as jy hulp nodig het.
Groetnis
Wouter
- Carel Kolesky
- Sr. Member

- Posts: 377
- Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 250 SAV ACKLEY
Hallo Carel
Dis goeie nuus.
Ek wil jou tog vra wat jy met die geweer spesifiek wil doen? Indien jy na iets kyk met n baie plat trajek en langer skote op kom ons se meduim klas wild kan jy vir dieselfde moeite ook kyk na die 257 Roberts Ackley Improved. Hierdie rondte gee weer 25-06 Rem syfers en sal ook baie lekker werk met daai aksie van jou. Hy werk ook baie goed met ons Somchem poeiers. Ek het destyds gese as my 25-06 Ackley se loop uitgeskiet is herkamer ek hom oor na die nommer.
Kyk ek wil jou nie deurmekaar maak nie en ken ook nie al jou behoeftes nie, maar terwyl n mens besig is is dit altyd goed om na al jou opsies te kyk. Die 250 Savage het regtig baie lekker nommers veral as jy hom na hedendaagse drukvlakke toe vat wat ek glo moontlik sal wees met jou aksie. Sy verdere voordeel is ook aansienlike beter looplewe en relatiewe ligte recoil teenoor sy groter boeties. Jy is welkom om my te PM dan gee ek jou my nommer as jy verder oor die goed wil praat.