SA Jagters se silencer toets
- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
SA Jagters se silencer toets
SA Jagters het nou onlangs toetse gedoen met silencers.
Wie het die gesien , en wil graag julle opinie hoor oor die toetse en verslag met gegewens gegee.

It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: SA Jagters se silencer toets
OomMatt, Ek het die Achmed I op my 300wsm.(Geskenk). Ek is nie een oomblik spyt nie al was ek skepties.
Hier is 'n link na ons hom opgesit het.
https://youtu.be/hANyPB6bJVk
Vir sy prys dink ek dit is uitstekende waarde vir geld. Bitter lekker met hom gejag ook nou onlangs. Eienaar wou my nie glo ek skiet met 'n 300 tot ek hom die rondte gewys het nie.

- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 764
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: SA Jagters se silencer toets
Ruaan
Waar kry mens van hulle te koop?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Waar kry mens van hulle te koop?
Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: SA Jagters se silencer toets
Wat kos hierdie outjies as ek mag vra?
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: SA Jagters se silencer toets
R1600 tot R2200 as ek nou reg onthou.
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: SA Jagters se silencer toets
Blikkies, dis nogal cheap. Thanks Ruaan. Highjack af
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: SA Jagters se silencer toets
Intussen het die silencer net so 500+- skote gehou wat maar min is. Ek het vervang met 'n GunWarrior Ultimate Large.ruaanb wrote:OomMatt, Ek het die Achmed I op my 300wsm.(Geskenk). Ek is nie een oomblik spyt nie al was ek skepties.
Hier is 'n link na ons hom opgesit het.
https://youtu.be/hANyPB6bJVk
Vir sy prys dink ek dit is uitstekende waarde vir geld. Bitter lekker met hom gejag ook nou onlangs. Eienaar wou my nie glo ek skiet met 'n 300 tot ek hom die rondte gewys het nie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: SA Jagters se silencer toets
Vertel asb. wat met die demper fout gegaan het?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: SA Jagters se silencer toets
Krom getrek oom Marius. Dit het veroorsaak dat die koeël raak in die proses. Ek weet van nog een wat dit gebeur het intussen.
Toets 'n demper op 'n magnum kaliber dan weet jy of dit regtig werk.

Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: SA Jagters se silencer toets
Laat ek raai, dit was seker die geweer se skuld?ruaanb wrote:Krom getrek oom Marius. Dit het veroorsaak dat die koeël raak in die proses. Ek weet van nog een wat dit gebeur het intussen.
Toets 'n demper op 'n magnum kaliber dan weet jy of dit regtig werk.
Myne se skroefdraad was nie "soveel" getaper nie...
Hijack af
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: SA Jagters se silencer toets
Nie eers met vervaardiger kontak gemaak nie. Nuwe demper opgesit en aangegaan met my lewe.
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: SA Jagters se silencer toets
Net om by te voeg, die skroefdraad op my Achmed silencer het soveel geroes die afgelope maand dat ek hom nie vandag op die geweer kon vasdraai nie. Dit is nou afgesien van die hand vol roes wat uitgeval het.Forester wrote:Laat ek raai, dit was seker die geweer se skuld?ruaanb wrote:Krom getrek oom Marius. Dit het veroorsaak dat die koeël raak in die proses. Ek weet van nog een wat dit gebeur het intussen.
Toets 'n demper op 'n magnum kaliber dan weet jy of dit regtig werk.![]()
Myne se skroefdraad was nie "soveel" getaper nie...
Hijack af
Wees gewaarsku...
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: SA Jagters se silencer toets
Ek het geen verbintenis met enige van die bogenoemde vervaardigers of toetsers nie. Die volgende is bloot my opinie oor 'n paar sake, wat dalk relevant mag wees, dalk nie.
Alle knaldempers het onderhoud nodig. Die belangrikste is om die skroefdraad gereeld te smeer. Ek verkies 'n veeldoelige lithium-basis gries, maar gewone geweerolie gaan ook help. Die doel is om roes te keer en enige koolstof-aanpaksels sag te hou. Ek het al knaldempers gesien wat nou permanent "gemonteer" is.
Dan moet jy maar die binnegoed van die demper ook teen roes en/of korrosie beskerm. Daai warm brandende kruit wat die ding met elke skoot peper het die geneigdheid om enige beskermingslaag vinnig op te vreet. Olie maar die binnekant na gebruik. Dit help sommer om die eerste skoot stiller te kry.
Ek het my bedenkinge oor die meeste "geraas-toetse" op knaldempers. Eerstens is die toerusting wat gebruik word 'n probleem. Gewone kommersiële klankmeters is gemaak om die gemiddelde geraasvlakke in fabrieke ens te meet. Die skokgolf van 'n geweerskoot is gewoonlik te vinnig vir hierdie meters om die piek waarde te kan registreer. En dis juis daardie piek waarde wat die probleem is. 'n Geweerskoot behoort ongeveer 160dB te registreer. Kyk maar na die "sonder" lesings en besluit self.
Dan maak die posisie van die meetinstrument se sensor (mikrofoon?) ook 'n groot verskil. Dis net logies dat die lawaai aan die geweer se voorkant meer gaan wees as agter. Dis egter nie al nie, want voor kan dit ook die skerp knal van die koeël se supersoniese "Mach keël" optel. Die demper kan niks hieraan doen nie. Dan is daar nog die weerkaatste klank vanaf die grond en ander oppervlakke. Hierdie metings behoort eintlik in 'n klankdigte kamer met klank-absorberende mure, wat veral die 160dB geraas kan absorbeer, gedoen te word. Bestaan daar ooit so iets?
Ek wil dus beweer dat die gemete klank-vlakke en geraas verminderings wat aangeteken is tydens hierdie toetse, meer 'n weerspieling is van die meettoerusting en -opstelling as van die getoetste dempers. Dit is dus te onakkuraat om van enige waarde te wees.
Net my opinie. Stem saam of nie, dis jou volle reg.

Last edited by Alwin on Sun Sep 08, 2019 1:23 pm, edited 1 time in total.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2473
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: SA Jagters se silencer toets
Alwin jy maak n paar goeie punte.
Ek was nie by met die toetse wat deur SAJ gedoen is nie so kan nie teveel komentaar lewer nie. Wat ek wel wil by voeg is dat akurate toetse seker in omtrent lab omstandighede gedoen sal moet word want daar is geweldig baie goed wat 'n effek het...selfs net temp, lugdruk en humiditeit verandering gaan klaar n verskil maak. Intee vlak klank/db meet toerusting wat buite gebruik kan ward, wat net n duim-suig aanduiding gee kos nou al in die lyn van R250k per meet instrument en jy gaan n paar nodig he op verskeie plekke om n gemiddelde lesing te kry.
Dalk n lekker vraag is wat is die gegewe persoon se doel met die KD.
Die wat ek gebruik is meer net om bietjie terugskop te demp, en sekondêr om klank te demp...die een is n duurder ingevoerde produk van meestal aluminium op n 270....hy is n bietjie te vet na my smaak maar het so +/- 500 skote deur en doen sy werk. Die ander is een van Henk se Hunt Buddys op n 338WM, van swaarder metaal en hy het nou seker rond om 700 skote deur sonder enige moeilikheid.... en doen sy werk. Ek maak hom so elke 300 skote se kant skoon deur oor-nag te laat staan met enjin cleaner en spoel daar na net met "break cleners" (die spuit blikkie tipe) en laaste lamp olie.....ek glo hy werk nog lekker. Die aluminium een gaan sommer in die sonic cleaner in.
Ek glo die terugskop en klank verbetering is effens subjektief vir jan-alleman.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: SA Jagters se silencer toets
Dagsê
Ek wil dit net duidelik stel dat SA Jagter-tydskrif glad nie self die toetse gedoen het nie. Dit is deur die SusTac-mense gedoen. Hulle het vervaardigers uitgenooi om hul produkte te bring en dit toe getoets. Nie ek of enige personeel van SA Jagter-tydskrif was betrokke by die opstel van die geraasmeter, en recoil sled nie en ook nie die toetse self nie. Ek het bloot die dag bygewoon, op 'n afstand staan en kyk en na die tyd die resultate in die tydskrif gepubliseer omdat so baie mense gevra het daarvoor.
Mooi loop