.308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Die jaar is 2017... Die maand Junie. Ek vind myself in Tzaneen se groen ruigtes teen die hang van 'n berg en kyk af in die kloof in... ek dink aan myself "black-sam Max... jy's donders onfiks".
Oor my skouer hang daar 'n .338 Winchester Magnum jaggeweer met 'n moerse teleskoop en 'n staal knaldemper voor aan die loop. Soos wat ek teen die berg opklim klap die gedagte my 'n paar keer dat die flipn ding te swaar is. Ons is van die paadjie af en in die ruigtes in... Die geweer is te lank. Die take breek en die krap geluid van takke en dorings teen die 24" loop se blueing en die knaldemper laat my tone krul. Alles hardloop weg... ek beskerm die hout kolf soos wat ek deur die takke loop en my konsentrasie is orals behalwe op die veld en die jag. 5 dae van dit... Ek gaan terug Johannesburg toe met 'n seer lyf, seer voete en 'n leë sleepwa. Twee weke later kan ek nie loop nie as gevolg van bosluis koors... ek is nie 'n happy chappy nie. Die geweer is okay... ek smeer olie en maak haar weer mooi so tussen die koue en warm spelle. Ek kort iets ligters... en korter...
Ek koop toe n paar maande daarna 'n Howa Model 1500 Hog Hunter... Dit kom saam met 'n 18" semi bull barrel profiel lopie met 'n 1:10" twist ratio. Die loop het klaar skroefdraad vir 'n knaldemper (nice...) en die aksie en loop sit op aluminium pillars (uit die fabriek uit) in 'n groen (blykbaar "olyf") rubber Hogue kolf... Die geweer kom saam met 'n 5 skoot eksterne magasyn (wat plastic is- bleh...) maar dis nice want dis iets anders as waaraan ek gewoond is en nou kan ek mag changes doen in die veld as die bokke "tactical" verkeer..
Ek laat glass bed dadelik die Hogue kolf en maak 'n plan met die "fore-end" wat so "flex" volgens baie klagtes wat ek gehoor het...... dit behels 'n k*khuis vol Epidermix en 'n 12cm stuk threaded rod (ek weet - dit is 'n kras benadering). Die loop "float" darm na die hele spul en die glass bedding loop tot net onder die knocks... Ek kry 'n Gunworx slipper (knaldemper) gepas deur Gunworx in Randfontein en die totale loop lengte met die knaldemper is nou 23".. Die balans is ongelooflik en die platform is nogsteeds baie lig. Daarop gooi ek 'n Nikon Monarch 2.5-10x42 wat volgens my perfek vir bosveld jag is (die geweer se doel en aanwending - ek het ander kalibers wat meer geskik is vir wyd skiet).
Nou is my bosveld geweertjie solid.
Maar soos enige ander nuwe geweer wat aangeskaf word - dink ek al diep van dag een af aan wat ek die geweer gaan voer...
Die 18" loop verlaag die snellheid uitkoms vanaf 'n 24" standaard .308 loop met so 20fps per duim...
'n Man wil nie te stadig skiet nie want die bosveld bied nie altyd net "nabye" geleenthede aan nie. So die 180gr koeël teen 'n potensiele 2400fps is bietjies te stadig na my smaak... Al sal die perfek wees vir swaarder wild tussen 30m en 200m...
Die 150gr keuse is nou weer 'n goeie opsie maar ek is 'n liefhebber van koeël gewig bo snellheid (en die konsep van sectional density is baie naby aan my hart). Ek het vir lank met 'n Remington Model 700 .308 Winchester VLS geskiet met 'n 26" - 150gr Sierra Prohunters teen 2730fps en dit het die werk gedoen op al die bokke wat voor die tromp gestaan het... Maar die penetrasie was altyd bevraagbaar en onindrukwekkend (is dit 'n woord?).
Ek is daarom op soek na 'n goeie middelweg.
Ek is nie 'n voorstander van twee verskillende ladings of koeël keuses nie. Maar black-sam kêrels- die koeëls word ook net al hoe duurder...
Ek het daarom besluit om iets anders te probeer - en ek staan reg vir die steune wat gegooi gaan word...
Ek gaan op dag 1 (wanneer ek my kaartjie gaan haal) vir die snubby (kort 308) 'n pak 100 x PMP bruin boksie 165gr koeëls aanskaf met s335 dryfmiddel. Ek gaan dan lading ontwikkeling aanpak om te kyk waar nodaliseer die geweertjie met die 165gr gewig en kennis daarvan neem (ek hoop vir so 2500fps na so 2550fps in een netjiese gat in op 100m - agv beperking op optika op 200m toetse).
Daarna - moet ek 'n goeie "bonded" opsie kies van die selfde gewigklas (165gr). Daar is soveel keuses... Maar die hoof keuses vir bosveld jag doeleindes is huidiglik Nosler Accubonds, Rhino Solid Shanks, Claw en Norma Oryx.
Wanneer dit uitgewerk is en 'n hoopvolle half MOA of kleiner bied - sal ek 'n oefen lading hê (die 165gr PMP softs) en 'n dedicated jag lading (die 165gr bonded koeëls).
In die veld sal ek nie beperk wees op wild spesies nie met 'n 165gr bonded koeël teen 2500fps/2550fps nie en die trajek tot en met 300m sal aanvaarbaar wees (ek jag met 'n duplex kruishaar en dial nie in die bosveld nie so die trajek moet "redelik" wees).
Wat is julle opinies hier rondom? Kritiek? Voorstelle? Ervaring?

Last edited by Max Rossle on Mon Apr 09, 2018 11:42 am, edited 1 time in total.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby

-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2211
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop met 1:10" twist ratio- Hmmmm..
Max, dit is duidelik dat jy baie onervare is in jagsake.
In vandag se tyd skiet niemand meer te voet nie - dis mos hoekom daar plaasbakkies is! En vir wat sukkel jy in ruigtes rond? Betaal die boer om die goed aan te jaag!!
- verduur asb my geskerts!
Ek jag met 180gr koee"ls in my 308 want ek verbeel my dat vleisskade minder is. Meestal Kalahari-bosveld agter koedoes aan.
Soms kry ek n pakkie fabrieksammunisie persent (iemand moes op n stadium baie FMJ gemaak het) en ek oefen dan daarmee. My geweer skiet 2" laag en 3" regs met die 143gr fabrieksammunisie - solank hy daar val weet ek dat die 180greiner in die kol sou gewees het.
Jou plan met goedkoop PMP-koee"ls kan dus werk.
In vandag se tyd skiet niemand meer te voet nie - dis mos hoekom daar plaasbakkies is! En vir wat sukkel jy in ruigtes rond? Betaal die boer om die goed aan te jaag!!
Ek jag met 180gr koee"ls in my 308 want ek verbeel my dat vleisskade minder is. Meestal Kalahari-bosveld agter koedoes aan.
Soms kry ek n pakkie fabrieksammunisie persent (iemand moes op n stadium baie FMJ gemaak het) en ek oefen dan daarmee. My geweer skiet 2" laag en 3" regs met die 143gr fabrieksammunisie - solank hy daar val weet ek dat die 180greiner in die kol sou gewees het.
Jou plan met goedkoop PMP-koee"ls kan dus werk.
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop met 1:10" twist ratio- Hmmmm..
Ek het vir lank vergeet van bosveld jag... Die vlaktes jag het my gefasineer en ek kon nie genoeg daarvan kry nie. Maar iets roep 'n man altyd terug na die bosveld toe...
'n Goeie vriend van my jag al baie langer as wat ek lewe in die Noorde en Slide van Namibië met 'n .303 British met 10 skoot magasyn. Hy vergelyk die 180gr idee teen 2400fps met die .303 se ballistics en is van die mening dat dit omtrent dieselfde prinsiep is- en dat dit vir 100 jaar en meer al gewerk het (nie dat die .303 die mylpaal van ballistics is nie - maar dat vir bosveld jag kort 'n man nie meer nie).
Ek is van die mening dat die 165gr koeëls teen 'n stadige trompsnellheid vanaf duiker na eland toe sal plat trek met die regte koeël keuse en dat my hoek van aanval op die borskas minder beperk is as met "soft points" jag met ongebinde kern en mantel... Die koeël sal die werk doen teen daai snellheid sonder te veel blaf en terugslag.
'n Goeie vriend van my jag al baie langer as wat ek lewe in die Noorde en Slide van Namibië met 'n .303 British met 10 skoot magasyn. Hy vergelyk die 180gr idee teen 2400fps met die .303 se ballistics en is van die mening dat dit omtrent dieselfde prinsiep is- en dat dit vir 100 jaar en meer al gewerk het (nie dat die .303 die mylpaal van ballistics is nie - maar dat vir bosveld jag kort 'n man nie meer nie).
Ek is van die mening dat die 165gr koeëls teen 'n stadige trompsnellheid vanaf duiker na eland toe sal plat trek met die regte koeël keuse en dat my hoek van aanval op die borskas minder beperk is as met "soft points" jag met ongebinde kern en mantel... Die koeël sal die werk doen teen daai snellheid sonder te veel blaf en terugslag.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop met 1:10" twist ratio- Hmmmm..
Suide van Namibië
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1996
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Max jy maak `n man lus vir kruitbrand...
My bosveldroer is `n 30-06 met 24" dunloop en `n Z3 3-10x42 bo-op. Ek skiet 200gr partitions @ 2500 voete.
Ek het ook verlede jaar `n Remington 700 tactical met 20" loop in 308 aangeskaf vir `n spesifieke doel/rede.
Ek het vir Buks 150gr en 165gr BTs (en Accubonds) gegee en hy skiet beide baie mooi. 150gr @ 2710 voete en die 165gr @ 2660 voete. Ek is seker lg. sal `n baie lekker all round bosveldlading maak. Poeier is H4895.
Ek kan ook nie wag om Buks se resultate te sien nie.
Met `n vleisie...
My bosveldroer is `n 30-06 met 24" dunloop en `n Z3 3-10x42 bo-op. Ek skiet 200gr partitions @ 2500 voete.
Ek het ook verlede jaar `n Remington 700 tactical met 20" loop in 308 aangeskaf vir `n spesifieke doel/rede.
Ek het vir Buks 150gr en 165gr BTs (en Accubonds) gegee en hy skiet beide baie mooi. 150gr @ 2710 voete en die 165gr @ 2660 voete. Ek is seker lg. sal `n baie lekker all round bosveldlading maak. Poeier is H4895.
Ek kan ook nie wag om Buks se resultate te sien nie.
Met `n vleisie...
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Kaartjie is by die DFO. Ek hou julle op hoogte.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Ek het 'n 223 Ruger No. 1A gesoek. Omdat dit 'n winskoop was het ek 'n 30-06 No. 1A gekoop. Volgens my die' No. 1 bosveldgeweer.
22 duim loop
30-06
150 TSX teen 2860vps
Korter as my .22
Loop se punt is laer as my skouer en haak nie aan alles nie
2-7x32 Lynx vir wyd kyk en naby skiet
Eland en BWB het albei met een skoot geval
Voldoende penetrasie
Selfs geskik vir wye skote

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Pragtige praktiese setup!!!tripodmvr wrote:Ek het 'n 223 Ruger No. 1A gesoek. Omdat dit 'n winskoop was het ek 'n 30-06 No. 1A gekoop. Volgens my die' No. 1 bosveldgeweer.
22 duim loop
30-06
150 TSX teen 2860vps
Korter as my .22
Loop se punt is laer as my skouer en haak nie aan alles nie
2-7x32 Lynx vir wyd kyk en naby skiet
Eland en BWB het albei met een skoot geval
Voldoende penetrasie
Selfs geskik vir wye skote
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Sonder knaldemper
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

Met knaldemper

- Marius Bez
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Sat Jul 14, 2018 1:26 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Middag Max,
weet hierdie is al 'n ruk terug se gesprek, wil net bietjie ondervinding deel.
Self het ek 'n kort loop (20inch) .308 bekom, heavy barrel (nie bull barrel nie), 1:12 twist. Ou 1940 Sauer & Sohn. Reflex knaldemper (Nielson Sonic) opgesit.
Sauertjie het per ongeluk met 'n veiling saam gekom huis toe.
Elkgeval, self lief vir die tegniese kant van dinge en so besluit ek om te herlaai op die geweer.
Uiteindelik berus op Hornady se 165gr SST's vir oefening en gediertes, saam met hulle hardloop die Hornady 165gr Interbonds op basies dieselfde plek, spoed so rondom 2700fps. Lading van 40,5gr S335. Interbonds vir alle jag aspekte.
Soos ek verstaan meestal oor die ballistic coefficient wat dieselfde is, dat die 2 punte so saam skiet.
Toe, net so per ongeluk na die eerste groot skoonmaak, afgekom op 'n lekker bos rondte, 180gr Sierra Gamekings met 39gr S335, teen +/-2500fps gee my 'n 10 rondte groepering van so 'n golfbal grootte op 100m.
Dalk so iets om meer te speel soos jy die beste vir jou "shorty" uitwerk.
Groete,
Marius.

Elke dag 'n kans om te leer!
Loodpype:
7.62 x 51mm (.308) 20" loop, met Nielsen Sonic 45 Demper
410g Aapjas gesant.
Loodpype:
7.62 x 51mm (.308) 20" loop, met Nielsen Sonic 45 Demper
410g Aapjas gesant.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1996
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
165gr @ 2700voete uit n 20” loop?Marius Bez wrote:Middag Max,
weet hierdie is al 'n ruk terug se gesprek, wil net bietjie ondervinding deel.
Self het ek 'n kort loop (20inch) .308 bekom, heavy barrel (nie bull barrel nie), 1:12 twist. Ou 1940 Sauer & Sohn. Reflex knaldemper (Nielson Sonic) opgesit.
Sauertjie het per ongeluk met 'n veiling saam gekom huis toe.
Elkgeval, self lief vir die tegniese kant van dinge en so besluit ek om te herlaai op die geweer.
Uiteindelik berus op Hornady se 165gr SST's vir oefening en gediertes, saam met hulle hardloop die Hornady 165gr Interbonds op basies dieselfde plek, spoed so rondom 2700fps. Lading van 40,5gr S335. Interbonds vir alle jag aspekte.
Soos ek verstaan meestal oor die ballistic coefficient wat dieselfde is, dat die 2 punte so saam skiet.
Toe, net so per ongeluk na die eerste groot skoonmaak, afgekom op 'n lekker bos rondte, 180gr Sierra Gamekings met 39gr S335, teen +/-2500fps gee my 'n 10 rondte groepering van so 'n golfbal grootte op 100m.
Dalk so iets om meer te speel soos jy die beste vir jou "shorty" uitwerk.
Groete,
Marius.
Erens klop jou somme nie!
As jy daai spoed skiet met n 165gr uit daai lopie is druk verby 68000psi.
Met n vleisie...
- Marius Bez
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Sat Jul 14, 2018 1:26 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
More Mellies,
ek vra om verskoning
ek moes seker net dit duidelik gestel het dat al my lading ontwikkeling gedoen is met die knaldemper aan, nie een keer daarsonder nie. Die Nielson Sonic 45 soos op my .308 / 7,62, het 'n ingeboude blitsbreker en dan die baffles wat die kamers vorm, 6 van hulle.
Ek het die normale roete geneem en van 'n lae lading 38,5gr in inkrimente van ,5gr drie skote op 'n slag geskiet en ook 3 goed na gekyk die heeltyd:
1.) Spoedlesing so naby aan mekaar as moontlik oor die 3 skote;
2.) Groepering per lading;
3.) Enige druk tekens, bv. stywe slot om te lig of slagdoppies wat plat geslaan word.
Als met SST 165gr punte, almal dieslfde diepte gelaai (so 2mm jump), en 5 - 7 min. tussen groepe.
By 40,5gr het ek een van die beste groeperings gekry en op 41gr het my slot met 2 van die skote stram oopgemaak, nie vasgesteek nie, net stram oopgemaak
. Ek het nie die derde een op 41gr deur die loop gestuur nie.
Hierna het ek in ,1gr inkrimente 3 rondtes gelaai vanaf 40,2gr tot 40,8gr (meer net vir my eie sielsrus). 40,5gr was steeds die beste.
Laastens het ek die seating van die rondte gewysig in ,5mm inkrimente vanaf 69,2mm tot 71,7mm en so het die 69,7mm lengte my die beste groepering (4 skote) en spoedlesings gegee.
Spoedlesings was soos volg (skies nie op die kop 2700fps nie, maar ek glo naby genoeg):
2668fps
2673fps
2681fps
2685fps
Dus minder as 17fps verskil tussen die hoogste en laagste rondte.
Hierdie gee my dan ook 'n groepering van 19,4mm vir buite omtrek op 3 van die skote.
Ek was ook bekommerd oor druk en het die volgende link gebruik om seker te maak http://closefocusresearch.com/downloads ... locity.xls , nie seker of ek net skoon loop moes gebruik of met knaldemper lengte nie, dus altwee getoets en die volgende resultate gekry:
20" loop met 165gr teen 2685fps = 65 061PSI
24" loop met 165gr teen 2685fps = 54 218PSI (Werklike lengte wat bykom met knaldemper)
Dink meer realistiese werklike effek van die knaldemper op die loop lengte is:
22" loop met 165gr teen 2685fps = 59 147PSI
"worst case scenario" is:
21" loop met 165gr teen 2685fps = 61 963PSI
Ook bewus van die 2 linies wat aanvoer druk verhoog met 'n knaldemper en die daarteen wat noem dat die rede vir verhoogde spoed nie die druk is wat verhoog nie, maar eerder vanwee die tyd wat gas agter die projektiel het. Ek val in die 2de groep
.
Ek het sederdien nog geen druk probleme, op die slot en die slagdoppies ondervind nie en sy hou van haar lood so.
@Max Rossle, jammer vir die hi-jack
.
@ Mellies, ek hou van toets en leer, verwys dalk na 'n ander blad op die forum waar ek myself meer kan toets

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
So die silincer verleng jou loop lengte?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Messor
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Met S321 is die druk selfs onder 62K PSI, en dis heel normaal.Mellies wrote:
165gr @ 2700voete uit n 20” loop?
Erens klop jou somme nie!
As jy daai spoed skiet met n 165gr uit daai lopie is druk verby 68000psi.
Met n vleisie...
Met ander poeiers van oorsee kan dit dit self skiet onder SAAMI max.
Dis net S335 wat bietjie te veel druk gaan maak.
Dit gesê, mens moet onthou die silencer kan meer spoed veroorsaak, dit sal beslis nie die druk verlaag nie, maar wel meer spoed lewer.
Maar in elk heval, die brand tempo van die lading wat jy bevraagteken het maak niks sin nie, en sal beslis vêr oor veilige druk wees.
- Marius Bez
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Sat Jul 14, 2018 1:26 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Dis hier waar ek nie oor seker was of dit in die druk berekening ingebring moet word nie, alhoewel ek 'n paar forums gaan oplees het oor die effek van 'n silencer en die "freebore boost effect".Capt. Oblivious wrote:So die silincer verleng jou loop lengte?
Soos ek nog deurentyd doen, bly eks steeds elke dop en slagdop nagaan om seker te maak of daar enige tekens van druk is.
Ek bly versigtig.
Sent from my SM-P585 using Tapatalk
Elke dag 'n kans om te leer!
Loodpype:
7.62 x 51mm (.308) 20" loop, met Nielsen Sonic 45 Demper
410g Aapjas gesant.
Loodpype:
7.62 x 51mm (.308) 20" loop, met Nielsen Sonic 45 Demper
410g Aapjas gesant.
- Marius Bez
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Sat Jul 14, 2018 1:26 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Dankie Messor,Messor wrote:Met S321 is die druk selfs onder 62K PSI, en dis heel normaal.Mellies wrote:
165gr @ 2700voete uit n 20” loop?
Erens klop jou somme nie!
As jy daai spoed skiet met n 165gr uit daai lopie is druk verby 68000psi.
Met n vleisie...
Met ander poeiers van oorsee kan dit dit self skiet onder SAAMI max.
Dis net S335 wat bietjie te veel druk gaan maak.
Dit gesê, mens moet onthou die silencer kan meer spoed veroorsaak, dit sal beslis nie die druk verlaag nie, maar wel meer spoed lewer.
Maar in elk heval, die brand tempo van die lading wat jy bevraagteken het maak niks sin nie, en sal beslis vêr oor veilige druk wees.
Ek glo om meer akkuraat dan die druk te bepaal, moet ek sonder die silencer skiet met hierdie rondtes.
Sal die week plan maak en weer kyk.
Net 'n vraag:
Hoeveel fps sou julle dink voeg die silencer omtrent by met die gegewe inligting?
Soos ek dit op die rekenaar wat ek gebruik sien moet die spoed onder 2620fps wees om net onder die 62 000PSI limiet te bly?
Groete,
Marius.
Sent from my SM-P585 using Tapatalk
Elke dag 'n kans om te leer!
Loodpype:
7.62 x 51mm (.308) 20" loop, met Nielsen Sonic 45 Demper
410g Aapjas gesant.
Loodpype:
7.62 x 51mm (.308) 20" loop, met Nielsen Sonic 45 Demper
410g Aapjas gesant.
- Messor
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am
Re: .308 Winchester- 18
Ja as jy die spoed so rondom 2600-2620 hou sal jy min of meer op die limiet wees, met S335 dit is. Onthou druk wys nie altyd op komponente nie, glo my gerus, my 308 wys dit nie al loop die druk sommer lekker hoog. Daar is bitter min mense wat die toerusting het om druk binne 'n sisteem te meet, so al wat ons kan doen is terugval op rekenaar voorspellings.Marius Bez wrote:
Dankie Messor,
Ek glo om meer akkuraat dan die druk te bepaal, moet ek sonder die silencer skiet met hierdie rondtes.
Sal die week plan maak en weer kyk.
Net 'n vraag:
Hoeveel fps sou julle dink voeg die silencer omtrent by met die gegewe inligting?
Soos ek dit op die rekenaar wat ek gebruik sien moet die spoed onder 2620fps wees om net onder die 62 000PSI limiet te bly?
Groete,
Marius.
Haal die silencer af en skiet 'n paar skote my jou huidige rondtes, kyk met hoeveel die spoed verlaag, elke silencer en geweer kombinasie verskil hier.
As ons terug na die debat kom, ek glo 'n 20" bos geweer is gemaak vir 'n spesifieke doel, hantering. Dit help nie ons moor 'n kort loop met druk nie, dis nie die doel van die kombinsaie nie. Ek is baie lief vir swaar en stadige koeels, so 'n 180gr teen so 2450ft/s maak baie sin. Maar dis nie te sê mens hoef net swaar te skiet nie, 'n 150gr TTSX teen so 2650ft/s sal nie net 'n goeie veligie druk wees nie, maar sal 'n bitter lekker bosveld lading maak, en sy eie hou teen enige dier.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: .308 Winchester- 18
Marius Bez wrote:Dis hier waar ek nie oor seker was of dit in die druk berekening ingebring moet word nie, alhoewel ek 'n paar forums gaan oplees het oor die effek van 'n silencer en die "freebore boost effect".Capt. Oblivious wrote:So die silincer verleng jou loop lengte?
Soos ek nog deurentyd doen, bly eks steeds elke dop en slagdop nagaan om seker te maak of daar enige tekens van druk is.
Ek bly versigtig.
Sent from my SM-P585 using Tapatalk
Sodra jy druk tekens op jou 308 dop sien is jy al noord van 70 000psi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Ek kry baie fyn ejector merke hier by 68k psi rond as ek reg onthou op Lapua Palma doppe ... so ja, nie ligte musiek nie. Ek kom nou uit die bos uit en dink ook aan n 17-18" 308 om n 150gr @ naby 2700fps te skiet met VV N530Capt. Oblivious wrote:Marius Bez wrote:Dis hier waar ek nie oor seker was of dit in die druk berekening ingebring moet word nie, alhoewel ek 'n paar forums gaan oplees het oor die effek van 'n silencer en die "freebore boost effect".Capt. Oblivious wrote:So die silincer verleng jou loop lengte?
Soos ek nog deurentyd doen, bly eks steeds elke dop en slagdop nagaan om seker te maak of daar enige tekens van druk is.
Ek bly versigtig.
Sent from my SM-P585 using Tapatalk
Sodra jy druk tekens op jou 308 dop sien is jy al noord van 70 000psi
- tau
- Hero Member

- Posts: 3999
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Optimale bosveld geweer??
Ek dink kaliber is 2de op die lys en lengte en gewig van geweer eerste.
Vir my is dit 'n 20" loop en goeie balans belangrik.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
168gr PMP bruin boks koeël teen 2460fps uit 18" .308 Winchester uit
Frontale skoot op rooibok ram op 210m - koeel in prentjie is onder die vel gekry by boud. Dwars deur bok gepenetreer.
Was baie beindruk.
Vark op 350m geskiet - Frontale kopskoot - koeël het nek afgeskiet en hoog uit skof uit ge-exit.
Nog n rooibok op 180m - plankdwars- reg deur bok geskiet
Blouwildebees kopskoot op 70m - in op voorkop uit agter nek uit...
Die koeëls werk baie mooi teen die lae snellheid...
Frontale skoot op rooibok ram op 210m - koeel in prentjie is onder die vel gekry by boud. Dwars deur bok gepenetreer.
Was baie beindruk.
Vark op 350m geskiet - Frontale kopskoot - koeël het nek afgeskiet en hoog uit skof uit ge-exit.
Nog n rooibok op 180m - plankdwars- reg deur bok geskiet
Blouwildebees kopskoot op 70m - in op voorkop uit agter nek uit...
Die koeëls werk baie mooi teen die lae snellheid...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1520
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
@ Marius Bez
Die manne wat jou antwoord is baie diplomaties!!!!
Jy is besig om die leeu se b@l te krap................!!
Die manne wat jou antwoord is baie diplomaties!!!!
Jy is besig om die leeu se b@l te krap................!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Goeiedag lede
Net bietjie terugvoer oor die Howa Model 1500 Hog Hunter .308 Winchester met 18" loop en 1:10" twist ratio.
Ek het die soet plekkies vir albei 168gr PMP koeels en 180gr PMP koeels gevind.
Die 168gr PMP koeels bied konstant 0.5MOA oor 4 skote teen 2480fps. Daar is 'n vinniger node maar hy wys dan druk tekens op 2530fps.
Die 180gr PMP koeels bied konstant 0.4MOA to 0.6MOA oor 4 skote teen 2470fps sonder druk tekens.
Ek het toe 'n pak 180gr Norma Oryx koeels aangeskaf en op die selfde lengte en dryfmiddel lading gelaai as die 180gr PMP koeels.
Die Norma Oryx het 3 skote in 'n 0.5MOA groepie gebied op 100m teen 2465fps.
Ek het die volgende wild geneem met die 168gr PMP bruin boks koeels teen 2480fps:
1. Rooibok ram (22") 210m - in die kuiltjie in - koeel het tot rus gekom onder vel bo op rug en in lyn met die agterste been - minimale "vleisskade" en "drop on the shot" effek - koeel het 123gr geweeg nadat ek dit herwin het van onder die vel.
2. Rooibok rammetjie (knypkop) 180m - agter die blad - koeel is dwars deur die bok en bok het geval waar hy gestaan het.
3. Vlakvark beer op 350m - skoot deur snoet (vark het vir my gestaan en kyk) en in die borskas in en koeel het tot rus gekom in die pens (let wel ernstige mantel en kern ontbinding)
4. Blouwildebees koei op 80m bo haar oogbank geskiet - perfekte brein skoot as hoek en orientasie van kop tydens skoot in ag geneem word - skoot is deur die skedel en so 4" agter die oor uit die nek uit met 'n R5 grote gat
Ek het dan op 2 Januarie 2019 'n 15.5" blesbok ram op 130m OP die blad geskiet met die 180gr PMP bruin boks koeel teen 2470fps - die ram se skouer is gebreek en hy het 50m gehardloop op die vlakte en omgedop. Die koeel is dwars deur die bok en het die liggaam verlaat net agter die blad op die teenoorgestelde kant (R5 grote exit).
Die bloedspoor was ongelooflik (nie dat dit nodig was op die vlakte nie).
Die blad wat die impak absorbeer het het 'n duidelike gat deur hom gehad maar sonder kneusing en 'n morsige snotterige bloedspul. Die gat is skoongemaak en die klein bietjie kneusing wat daar rondom en binne die wond was is weggesny (200g maksimum wat gemors is).
Ek sal die jaar die Norma Oryx koeels gebruik vir 'n verskeidenheid van wild en opdateer hoe die koeels vaar teen die lae trompsnellheid op verskillende afstande.
Die 168gr PMP koeels skiet omtrent 'n tennis bal grote groep op 300m (met beperkte 10 vergroting optika - Lynx 2.5-10x56 IR).
Vanaf 100m zero is dit 6MOA (18") wat 'n man moet stel om presies te wees op 300m (skiet gereeld "gong" met hom) en het so twee naweke gelede die geweertjie se bene gerek to 500m- maar die wind vreet hom daar bietjie op.
Wind het verbasend min invloed op die kooel op 300m - met 'n aanpassing van 0,5MOA in 5mph wind.
Ek is baie tevrede met die wapen...
Baie eenvoudig en 'n plesier om te dra en hanteer met sy kort lopie en kompakte dimensies.

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: .308 Winchester- 18" loop - Optimale bosveld jaggeweer?
Baie intresant dankie dat jy gedeel het.