Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Ek sal eersdaags paar groterige sakke benodig (die wat toerits om stof uit te hou) om paar karkasse (rooibok, vlakvark, blouwildebees) oor afstand van sowat 450km te vervoer slaghuis toe.
Waar koop mens die sakke en wie van julle het dit al gebruik? Wat was jul ondervinding hiermee?
Ek woon in Randburg, Gauteng.
Waar koop mens die sakke en wie van julle het dit al gebruik? Wat was jul ondervinding hiermee?
Ek woon in Randburg, Gauteng.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
http://wrapabuck.co.za/
Ek vervoer altyd my bokke direk van die Oos-Kaap na Mpumalanga in 'n gewone Venter waentjie. Die enigste sakke wat ek gebruik is die standaard natuurlike sakke waarin die bokke toegerus kom; hul eie velle.
In meer as 20 jaar het ek nog geen skade gehad nie.

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Ek het my eie laat maak by iemand vir heelwat goedkoper as die wat so gesmous word. Myne is die diepte van 'n 6ft Venter Elite sleepwa, breedte van een en lengte is helfte. ek kry 2 sakke dan mooi ingepas langs mekaar. Ek het onlangs 'n koedoe, blouwildebees en springbok in een gelaai en daar was nog plek. Is van blou pvc materiaal met 'n ordentlike zip wat van beide kante af kan oop en toe zip.
Vir bloed en dit gebruik ek die grootste nappy liners wat jy kan kry. Pak laag ander en pak dan laag vleis. weer 'n laag liners en weer 'n laag vleis.
Dit werk soos 'n bom en jou vleis le nie in die bloed nie. Met ons onlangse jag het ek vleis eerrs 24hr later by slaghuis afgelaai en dit was mooi droog sonder enige teken van smetterigheid.
Jy kan droë ys, bottels gevriesde water,etc tussen in pak.
Vir bloed en dit gebruik ek die grootste nappy liners wat jy kan kry. Pak laag ander en pak dan laag vleis. weer 'n laag liners en weer 'n laag vleis.
Dit werk soos 'n bom en jou vleis le nie in die bloed nie. Met ons onlangse jag het ek vleis eerrs 24hr later by slaghuis afgelaai en dit was mooi droog sonder enige teken van smetterigheid.
Jy kan droë ys, bottels gevriesde water,etc tussen in pak.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Baie dankie vir die inligting. Lyk my die Wrap-a-Buck sakke is ook maar R1,000+ by die handelaars en ek kan steeds wegkom met goedkoper opsies soos ou lakens en "liners" wat ek in die hande kan kry. Verder moet mens die karkas so droog as moontlik hou. Bakteriee hou van klammigheid en daarom word gevriesde waterbottels eintlik nie aanbeveel nie, want die kondensasie tydens die rit is nie ideaal nie.
Lyk my mens moet in die toekoms daaraan dink om luginlate in jou bagasiewa in te sit, solank dit nou net nie weer staan en stof intrek nie.
Lyk my mens moet in die toekoms daaraan dink om luginlate in jou bagasiewa in te sit, solank dit nou net nie weer staan en stof intrek nie.
- Willeboer
- Full Member

- Posts: 204
- Joined: Sat May 16, 2015 10:11 am
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Stuur my jou nommer, dan gesels ons oor watter sakke jy presies soek
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 300H&H
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 992
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Na baie sakke komberse en 100de verskillende idees werk hierdie maar nogsteed vir my die beste. Jy laai jou vleis in en uit sommer met jou kerk klere is hy mooi "gerap" is.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Kallie hier by ons is ook manne wat jou metode volg.Kallie Fernhout wrote:Na baie sakke komberse en 100de verskillende idees werk hierdie maar nogsteed vir my die beste. Jy laai jou vleis in en uit sommer met jou kerk klere is hy mooi "gerap" is.
Dan van jou punt af. n Ander mater van my koop nou weer by n sponswinkel die sakke waarin matrasse verpak word. Dink dis so R5 / sak. Hy gebruik enkelbed en 3/4 bed sakke. As jou bok hang glip jy hom bloot van onder in die sak, haak hom van die hakke af en as hy op die bakkie lê maak jy die sak met n cabletie vas en siedaar.
Wat die waterbottels betref. Daar is genoeg speling in die plasitiek, dit word in die buikholtes en tussen die sakke gepak dws geen kontak met naakte vleis nie. (As ons die karkaste in plastiek verpak)
Dan die ou metode wat baie nog volg is swartsakke, pel van my het perongeluk n tipe gekoop wat n pie-weerder ophet wat straathonde van jou vullissakke weghou..... wel dit het hom sy springbok gekos, daai vleis het so na die reukmiddel gestink dat hy met die karkas niks kon maak nie.
Mambo's verkoop n deurskeinende vullissak, nogal goedkoper as die swartes en werk goed vir kleinwild.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1216
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
- Omnia
- Sr. Member

- Posts: 303
- Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Jy kan die ou bel sy prysse is nogal goed , voorsien ons ook van sake :
Francois : 083twee281503
Hy is in Germiston
Francois : 083twee281503
Hy is in Germiston
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22
_________________
" Plans are of little importance , but planning is essential "
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22
_________________
" Plans are of little importance , but planning is essential "
-
Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
By die camo winkel Willebees in Bredell verkoop hulle karkas sakke wat van virgen plastiek gemaak is. Dis belangrik want sakke soos jou gewone vuilgoed swart sakke is van herwinde plastiek gemaak en bakteriè groei redelik vinnig daarin. Die blesbok grootte sakke is R10 elk en die wildebees grootte sakke is R15 elk. Ek gebruik dit nou al n paar jaar en werk baie goed. Goggas en stof kom nie naby jou bokke nie.
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
http://wrapabuck.co.za/
Fantastiese produk. Jy kan dit weer en weer gebruik. Hoogs aanbeveel en glad nie duur nie. Al wat jy vervang is die binne liners / nappies en hulle is ook nie duur nie.
Fantastiese produk. Jy kan dit weer en weer gebruik. Hoogs aanbeveel en glad nie duur nie. Al wat jy vervang is die binne liners / nappies en hulle is ook nie duur nie.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Lyk my hulle is rondom R1,000 / sak.Boesman10 wrote:http://wrapabuck.co.za/
Fantastiese produk. Jy kan dit weer en weer gebruik. Hoogs aanbeveel en glad nie duur nie. Al wat jy vervang is die binne liners / nappies en hulle is ook nie duur nie.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Dis wat Wrap a Buck se waarskuwing is:andre007 wrote:Kallie hier by ons is ook manne wat jou metode volg.Kallie Fernhout wrote:Na baie sakke komberse en 100de verskillende idees werk hierdie maar nogsteed vir my die beste. Jy laai jou vleis in en uit sommer met jou kerk klere is hy mooi "gerap" is.
Dan van jou punt af. n Ander mater van my koop nou weer by n sponswinkel die sakke waarin matrasse verpak word. Dink dis so R5 / sak. Hy gebruik enkelbed en 3/4 bed sakke. As jou bok hang glip jy hom bloot van onder in die sak, haak hom van die hakke af en as hy op die bakkie lê maak jy die sak met n cabletie vas en siedaar.
Wat die waterbottels betref. Daar is genoeg speling in die plasitiek, dit word in die buikholtes en tussen die sakke gepak dws geen kontak met naakte vleis nie. (As ons die karkaste in plastiek verpak)
Dan die ou metode wat baie nog volg is swartsakke, pel van my het perongeluk n tipe gekoop wat n pie-weerder ophet wat straathonde van jou vullissakke weghou..... wel dit het hom sy springbok gekos, daai vleis het so na die reukmiddel gestink dat hy met die karkas niks kon maak nie.
Mambo's verkoop n deurskeinende vullissak, nogal goedkoper as die swartes en werk goed vir kleinwild.
BY TRANSPORTING MEAT IN PLASTIC BAGS, YOU ARE CREATING THE BEST ENVIROMENT FOR BACTERIA TO GROW!!
-
makjak
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Sat Dec 03, 2016 8:54 pm
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Ek gebruik sommer wol sakke of bokhaar sakke.(die sakke wat boere die geskeerde wol in baal)
-
WILLEBEES
- Sr. Member

- Posts: 370
- Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Laag virgin plastiek onder, dan gebruik ek ou enkelbed duvet covers vir die karkaste en dan weer plastiek bo-oor.
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1481
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Gaan na midas / mica dan koop jy vir jou 'n rol mutton cloth vir R30. Jy trek hom soos 'n kous oor die bok. 'n rooibok of kein koedoe pas gemaklik in hom. Die groter bokke sal jy in kwarte moet sny. Dit hou die stof en vliee uit en die karkas sweet nie soos in plastiek sakke nie. Die muttom cloth kan ook gewas en weer gebruik word op die volgende trip. Ek doen dit al seker 15 jaar so en dit werk vir my goed.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4790
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Hein wie skiet sulke klein koedoes dat hulle so groot soos 'n rooibok is!??Hein22 wrote:Gaan na midas / mica dan koop jy vir jou 'n rol mutton cloth vir R30. Jy trek hom soos 'n kous oor die bok. 'n rooibok of kein koedoe pas gemaklik in hom. Die groter bokke sal jy in kwarte moet sny. D
Jy moet natuurlik ook begin met die beste basis. Skoon droë karkas. Pens mis weggesny, nie gewas nie. So koud as moontlik. Groot diere moet opgesny word vir die koelkamer. Ry tydens die koudste tyd van die dag. Skiet al die bokke op dag een, dan hang hulle lekker lank
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1481
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Dit het al gebeur maar ons praat nie graag daaroor nie...Carl wrote: Hein wie skiet sulke klein koedoes dat hulle so groot soos 'n rooibok is!??![]()
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Ons werk nog altyd met ou lakens/gordyne. Spuit die spul nat en draai karkas daarmee toe. Die wind agter op die oop bakkie hou alles lekker koel. Gewoonlik as mens by jou bestemming kom is die lakens nog klam/semi droog maar vleis altyd nog yskoud.
"Rinse and Repeat"
Hein se Mutton Cloth plan klink ook na 'n goeie een!
Groete
Frans
"Rinse and Repeat"
Hein se Mutton Cloth plan klink ook na 'n goeie een!
Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1985
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Waar koop ek sakke om karkasse in te vervoer?
Kyk bietjie hier.
https://www.paramedicshop.co.za/product ... mm-x-650mm
Werk lekker vir die bloed onder in die sak.
Een van die outjies.
http://www.coolking.info/pi57/coolking/ ... olers.html
Laat maak een vir jou bakkie of trailer. Ons jaggroep het elkeen so sak, werk baie lekker.
Veral in die somer as vliee n probleem is.
Bel maar rond vir pryse, party is maar bietjie duur.