Wat is 'n bakkiegeweer?
-
Walter
- Sr. Member

- Posts: 489
- Joined: Wed Jul 04, 2012 7:06 pm
Wat is 'n bakkiegeweer?
Na aanleiding van die onderwerp oor die ideale bakkiegeweer, het ek 'n paar vrae. Ek dink nie almal se definisie van bakkiegeweer is dieselfde nie. Kan iemand dalk vir my verduidelik wat presies 'n bakkiegeweer is?
Is 'n bakkiegeweer daardie geweer wat elke dag agter die bakkie se sitplek of op die paneelbord saamry? Haal jy elke liewe dag jou bakkiegeweer uit die kluis, sit genoemde geweer in die bakkie, boer heeldag en sit die geweer terug in die kluis die aand?
Wat doen jy met die geweer terwyl die bakkie onder die boom staan oor middagete terwyl jy jou ete geniet in die huis?
Wat doen jy met die geweer terwyl jy vir een of ander rede die bakkie los in die vlakte terwyl jy nie by die bakkie is nie?
Wat doen jy as jy skielik moet dorp/ koöperasie toe, terwyl jou bakkiegeweer, soos normaalweg, geduldig wag agter die sitplek?

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Wat is 'n bakkiegeweer?
'n Bakkiegeweer is soos 'n soplepel.
Dit is "n lepel waarmee jy hoofsaaklik sop opskep. Die meeste van die tyd lê hy in die laai en jy haal hom uit indien jy sop wil bedien. Omdat hy die meeste van die tyd in die laai lê, maak dit nie van hom 'n laai-lepel nie.
My .243 met sy Archangel kolf is my bakkie geweer. Ek bekommer my nie veel oor skrape of stampe wat hy voor in my bakkie se kajuit kan opdoen nie. Ek is 'n dorpsjapie en my roere staan vir 6 dae 'n week in die kluis, maar daai sewende dag......!

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Wat is 'n bakkiegeweer?
n Bakkie roer is n roer wat binne of agter op n bakkie ry, met hierdie roer, roer jy enigiets wat beweeg en as dit nie beweeg nie skop jy dit, totdat dit beweeg en dan roer jy dit met dié roer. 
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Wat is 'n bakkiegeweer?
Batman en Rocketman weer so slim soos n boom vol uile vanoggend... 
IMO en ervaring: 'n bakkiegeweer is n inheems geskepte eienaam vir n jaggeweer wat van toentertyd af altyd saam gaan ry het waarookal die boer (hoofsaaklik) op die plaas (hoofsaaklik) besig was. Dis n geweer wat voor sonopkoms bakkie klim en na sonsondergang agter die kombuis / kamer deur staan gemaak word. Dis n geweer wat oupa of pa of jy vertrou om alles wat op die plaas loop, van jakke tot n kudu huis toe te bring mee. Dis nie n geweer wat jy sentimenteel oor is of was nie, hy word op die paneelbord, agter die sitplekke, tussen die bene met loop teen die voetstuk onder, agter op die bakkie, ens. gelaai en hy gaan saam as daai bakkie ry - punt. Amper soos jou jack-russel op die plaas wat bakkie spring as hy die sleutels in jou hand sien.
Daar word nie oor stampe en skrape, ens. omgegee nie - dis n stuk werksgereedskap soos die bobbejaan spanner en tang en rol draad wat agter op die bakkie le - permanent. Die geweer het nooit n geweersak gesien nie, die teleskoop is gewoonlik vol stof en die naam daarvan al afgewerk. Die kolf het skrape en stukkies kolf is al uitgebreek en verlore. Die handgreep onder die loop asook die wangstuk op die kolf is al blink van jare se stof en sweet gemeng. Daar is weinig indien enige 'gun-blueing' oor op die metaal - eerder so militere-bruin patina orals waar metaal is. Die geweer was en word nooit skoongemaak nie, maar waar oupa of pa mik en druk val die bok - elke keer, jaar in en jaar uit. Dis wat ek kan onthou van n bakkiegeweer.

Last edited by FHM on Thu Jul 12, 2018 10:14 am, edited 5 times in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Wat is 'n bakkiegeweer?
Ditsem! 10 uit 10.... Ekt myself skoon ingeleef.FHM wrote:Batman en Rocketman weer so slim soos n boom vol uile vanoggend...
IMO en ervaring: 'n bakkiegeweer is n inheems geskepte eienaam vir n jaggeweer wat van toentertyd af altyd saam gaan ry het waarookal die boer (hoofsaaklik) op die plaas (hoofsaaklik) besig was. Dis n geweer wat voor sonopkoms bakkie klim en na sonsondergang agter die kombuis / kamer deur staan gemaak word. Dis n geweer wat oupa of pa of jy vertrou om alles wat op die plaas loop, van jakke tot n kudu huis toe te bring mee. Dis nie n geweer wat jy sentimenteel oor is of was nie, hy word op die paneelbord, agter die sitplekke, tussen die bene met loop teen die voetstuk onder, agter op die bakkie, ens. gelaai en hy gaan net saam as daai bakkie ry. Amper soos jou jack-russel op die plaas wat bakkie spring as hy die sletels in jou hand sien. Daar word nie oor stampe en skrape, ens. omgegee nie - dis n stuk werksgereedskap soos die bobbejaan spanner en tang en rol draad wat agter op die bakkie le - permanent. Die teleskoop is gewoonlik vol stof en die naam daarvan al afgewerk. Die kolf het skrape en stukke is al verlore. Die handgreep onder die loop asook die wangstuk op die kolf is al blink van jare se stof en sweet wat meng. Die geweer was en word nooit skoongemaak nie, maar waar oupa of pa mik en druk val die bok - elke keer, jaar in en jaar uit. Dis wat ek kan onthou van n bakkiegeweer.
Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Wat is 'n bakkiegeweer?
Ek dink die antwoorde op die vraag gaan so wyd wees soos ons Vader se genade. Vir my Pa was dit sy .303 (ou sanna) en n geroeste enkelskoot .22 wat permanet agter die Isuzu se sitplek was, vir Basjan seker sy Grendel en vir my en Philip, seker die 200twee3.
Soos bo genoem moet dit maar n raaksieter wees wat die skoppe en skrape van n bakkie kajuit en jagraam moet kan vat. n Lekker kort loop is n voordeel om hom vinnig by die venster te kan uitkry. n KD is seker ook n pluspunt wan daar is gewoonlik mense in die voertuig wat nie so doof soos ek wil opeindig nie.

"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- Messor
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am
Re: Wat is 'n bakkiegeweer?
Persoonlik dink ek nie daar kan veel verskil in antwoorde wees nie.
N standmens kan nie 'n bakkie geweer hê waarmee hy heeltyd rondry nie, so die konsep verwys maar na 'n boer wat heeltyd 'n geweer by hom het as hy in die veld is.
Walter, miskien moet jy sê hoekom jou vrae so spesifiek verwys na die wetlike aspek rondom 'n bakkie geweer?

Krobb
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: Wat is 'n bakkiegeweer?
My oom se bakkiegeweer was n P14 303 met n Weaver k-4.
Hy was 24/7 in sy sak in die bakkie dwars tussen die sitplek en die rathefboom. Sy magesyn was altyd vol en hy het altyd een in die kamer gehad met die grendel af terwyl die sneller getrek is. In die paneelkissie was altyd n ekstra pak pmp 174 gr.
Met hom het hy n koedoekoei geskiet vir huisvleis, n paar skote agter n hardlopende jakkals afgevuur, n rooibok met n afbeen uitgehaal en nou en dan n bees geskiet.
Jy kon ook tentpenne met hom inslaan as jy sou wou.
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Hy was 24/7 in sy sak in die bakkie dwars tussen die sitplek en die rathefboom. Sy magesyn was altyd vol en hy het altyd een in die kamer gehad met die grendel af terwyl die sneller getrek is. In die paneelkissie was altyd n ekstra pak pmp 174 gr.
Met hom het hy n koedoekoei geskiet vir huisvleis, n paar skote agter n hardlopende jakkals afgevuur, n rooibok met n afbeen uitgehaal en nou en dan n bees geskiet.
Jy kon ook tentpenne met hom inslaan as jy sou wou.
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
-
Walter
- Sr. Member

- Posts: 489
- Joined: Wed Jul 04, 2012 7:06 pm
Re: Wat is 'n bakkiegeweer?
My begrip van 'n bakkiegeweer is soos wat FHM, Messor en Krobb dit beskryf. As 'n bakkiegeweer is soos wat Gawie sit beskryf, is al my gewere bakkie gewere (elkeen van hulle ry met tye saam, afhangende van die doel en omstandighede).
Ek wonder dan net oor die praktiese implikasies asook die veiligheidsaspekte (wat saamloop met die wetlike aspekte) van 'n geweer wat soos die jack russel elke dag saamry.
Hoe word 'n moderne bakkiegeweer aangewend? (nie te doen met kaliber of ontwerp eienskappe van die geweer nie) Ek wil spesifiek weet van boere wat werklik 'n bakkiegeweer het wat elke dag saamry.
Hoe maak die boer om nie heeltyd te wonder of Philemon nie die geweer gaan steel as die boer nie by die bakkie is nie? Word die geweer elke dag uit die kluis gehaal en weer in die aand gebêre?

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Wat is 'n bakkiegeweer?
Presies soos ek n bakkie geweer kenFHM wrote:Batman en Rocketman weer so slim soos n boom vol uile vanoggend...
IMO en ervaring: 'n bakkiegeweer is n inheems geskepte eienaam vir n jaggeweer wat van toentertyd af altyd saam gaan ry het waarookal die boer (hoofsaaklik) op die plaas (hoofsaaklik) besig was. Dis n geweer wat voor sonopkoms bakkie klim en na sonsondergang agter die kombuis / kamer deur staan gemaak word. Dis n geweer wat oupa of pa of jy vertrou om alles wat op die plaas loop, van jakke tot n kudu huis toe te bring mee. Dis nie n geweer wat jy sentimenteel oor is of was nie, hy word op die paneelbord, agter die sitplekke, tussen die bene met loop teen die voetstuk onder, agter op die bakkie, ens. gelaai en hy gaan saam as daai bakkie ry - punt. Amper soos jou jack-russel op die plaas wat bakkie spring as hy die sleutels in jou hand sien.
Daar word nie oor stampe en skrape, ens. omgegee nie - dis n stuk werksgereedskap soos die bobbejaan spanner en tang en rol draad wat agter op die bakkie le - permanent. Die geweer het nooit n geweersak gesien nie, die teleskoop is gewoonlik vol stof en die naam daarvan al afgewerk. Die kolf het skrape en stukkies kolf is al uitgebreek en verlore. Die handgreep onder die loop asook die wangstuk op die kolf is al blink van jare se stof en sweet gemeng. Daar is weinig indien enige 'gun-blueing' oor op die metaal - eerder so militere-bruin patina orals waar metaal is. Die geweer was en word nooit skoongemaak nie, maar waar oupa of pa mik en druk val die bok - elke keer, jaar in en jaar uit. Dis wat ek kan onthou van n bakkiegeweer.
Sent from my SM-G610F using Tapatalk
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Wat is 'n bakkiegeweer?
Vir my sou die ideale bakkiegeweer (vir in die kajuit) iets soos 'n 44mag John Wayne geweer met 'n "red dot reflex" visier wees. 'n Geweer vir van 'n bakkie se skietraam af skiet kan ook as bakkiegeweer bestempel word. Maar gaan heeltemal anders lyk.
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Wat is 'n bakkiegeweer?
Heheheheandre007 wrote: vir my en Philip, seker die 200twee3.
Soos bo genoem moet dit maar n raaksieter wees
Is daar dan n ander kaliber vir n bakkie geweer as n twee-honnerd-drie-en-twintig?
Groetnis
Philip
Philip
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Wat is 'n bakkiegeweer?
Sakmes, sakboekie, jagklere, slagmes, jagmes, veldstoel, bakkiegeweer. Dit is geykte begrippe.
Oujare se tyd was dit n roer wat - soos reeds gese^ - heeldag in die bakkie was om enige nodige skietwerk op die plaas te doen. Die geweer kon die werk doen en het ook gelyk soos n geweer wat heeldag bakkie ry.
Deesdae se bakkieroere het al effe verander omdat ons meer tegnologie en kalibers tot ons beskikking het. Die een faktor wat nog nie genoem is vir ons hedendaagse verstaan nie, maar wat in byna al die gesprekke na vore kom is die totale lengte van die geweer. Die skut soek gewoonlik iets wat maklik in n voertuig se kajuit hanteer. Daarom kyk manne gereeld na korter lope en terugloopknaldempers.