Probleem met my howa 6.5x55
-
Conna Howa
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm
Probleem met my howa 6.5x55
Goeie dag almal
Ek wil by die mede howa Jagters hoor of iemand al so probleem opgetel het met hulle howa's. Ek het Laas jaar vir my 'n howa 6.5x55 gekoop, geweer gekry en lading begin toets op 100m, toe ek verder as 100m wou skiet, dan bly die geweer ver regs skiet. Gedink dis dalk iets met my herlaai manier, maar as ek verder as 100m skiet bly die geweer regs skiet. Ek het al 2 scopes ook op hom gehad. Naderhand begin ek moedeloos raak en ek vat toe die geweer na 'n vriend toe, dat hy my kan help met 'n lading. Toe ons die Hornday OAL gauge insit met die punt en die modified case toe meet hy 'n totale tpl van 82mm. Eers klink dit onwerklik lank, want almal wie ek al gevra het oor hulle howa 6.5x55 se kamers is tussen 78mm en 80mm. Ek vat toe die geweer na 'n geweer smit toe sodat hy 'n verslag kan skryf oor my geweer se kamer. Gister toe ek hom bel toe sê hy vir my, my kamer is heeltemal te lank gesny, hy het hom 'n totale tpl van 83mm gekry. Nou is my vraag het enige iemand anders al so probleem gekry in hulle howa?

- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Weet nou nie van die Howa kamers nie, maar meeste van die 6.5 x 55 het 'n groot "freebore" om die langer 156gr koels te akkomodeer. Ek vermoed dan die Howa is dieselfde. Eerstens sal ek die koels kaliber diepte stel en dan belangrik jou scope te laat lap. Dan ook vasstel dat die loop nie aan die kolf raak nie.Conna Howa wrote:Goeie dag almal
Ek wil by die mede howa Jagters hoor of iemand al so probleem opgetel het met hulle howa's. Ek het Laas jaar vir my 'n howa 6.5x55 gekoop, geweer gekry en lading begin toets op 100m, toe ek verder as 100m wou skiet, dan bly die geweer ver regs skiet. Gedink dis dalk iets met my herlaai manier, maar as ek verder as 100m skiet bly die geweer regs skiet. Ek het al 2 scopes ook op hom gehad. Naderhand begin ek moedeloos raak en ek vat toe die geweer na 'n vriend toe, dat hy my kan help met 'n lading. Toe ons die Hornday OAL gauge insit met die punt en die modified case toe meet hy 'n totale tpl van 82mm. Eers klink dit onwerklik lank, want almal wie ek al gevra het oor hulle howa 6.5x55 se kamers is tussen 78mm en 80mm. Ek vat toe die geweer na 'n geweer smit toe sodat hy 'n verslag kan skryf oor my geweer se kamer. Gister toe ek hom bel toe sê hy vir my, my kamer is heeltemal te lank gesny, hy het hom 'n totale tpl van 83mm gekry. Nou is my vraag het enige iemand anders al so probleem gekry in hulle howa?
And as thy days, so shall thy strength be
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Watse teleskoop monterings het jy op?
Dit klink vir my of jou teleskoop skeef gemonteer is.

Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Hierdie kan een van baie dinge wees. Ek stem saam swede oor 'n moontlike drukpunt. Maak ook seker dat jy nie die geweer skeef hou/cant as jy skiet nie. Verander 1 ding op 'n slag
-
Conna Howa
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Ringe is gelap, ek het 'n 1 stuk picatinny op. Ringe is vortex, Kolf is geglass bed en gefree float. Geweer smit klaar verslag geskryf dat kamer te lank is. As ek patrone laai met 79mm tpl gee dit my 'n 4mm jump
-
RevA
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
My 6.5x55 Howa se maks lengte van rontes is 81mm, dit werk bitterlik lekker met swaer punte. Byges ek skiet met 120 grein punte 74mm tpl meestal brein skote op 150-200m (nie omdat ek so goed skiet nie, maar omdat die koppe baie keer al is wat jy in die lang gras kan sien of in die bos sigbaar is) sonder probleme. Jou geweer gaan dalk bietjie speel met lading en tpl kos, maar dit behoort te groepeer.
Groete Andreas
- 6.5x55 Howa M1500
Rossi 357 mag
Bsa Sportsman ten .22
22lr Burgo revolver
6.5 Creedmoor Howa
12 Boor Mossberg 500
-
Conna Howa
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Maar RevA sien die ding met myne is as ek op 150-200m skiet bly my geweer regs skiet. Dis hoekom ek hom in gevat het
-
RevA
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Het jy 'n knaldemper op? Daar is nie dalk iets wat aan die loop vat nie? as enigste ding is dat dit bietjie regs skiet wonder ek of dit die kamer is?Conna Howa wrote:Maar RevA sien die ding met myne is as ek op 150-200m skiet bly my geweer regs skiet. Dis hoekom ek hom in gevat het
Groete Andreas
- 6.5x55 Howa M1500
Rossi 357 mag
Bsa Sportsman ten .22
22lr Burgo revolver
6.5 Creedmoor Howa
12 Boor Mossberg 500
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Gaan skiet op 25, 100, 200 meter, as 25 links, 100kol, 200 regs sit is jou scope skeef, ek skiet self met 6.5x55 Howa en die long jump het my nog nie gepla nie, ek gebruik competition bullet seater om punte so reguit as moontlik te seat. JJV
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
My 9.3 jump met standard PMP 286 fabriek ammo meer as 9mm.
Al die europese kaliber het 'n lang jump, 6.5x55, 7x57, 7x64 etc.
Dit het geen effek op die feit dat jou geweer op 100m reg is en dan verder afstande regs begin skiet nie.
Maak soos JJV sê en as dit die geval is is jou teleskoop skeef gemonteer, dit kan wees dat die rail se gate skeef geboor is, die gaatjies in die aksie nie reg is nie of dat die rail self skeef vervaardig is.
Watse rail het jy op?

- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Dis nou bol op sy beste!! Ek was ook aanvanklik daaroor bekommerd. Myne meet selfs 84mm afhangende van die koeël waarmme ek meet. Ek het dit met etlikke ander HOWA eienaars op gevolg. Ek kan jou amper sê dat jou geweer se kamer standaard HOWA kamer het.Ek vat toe die geweer na 'n geweer smit toe sodat hy 'n verslag kan skryf oor my geweer se kamer. Gister toe ek hom bel toe sê hy vir my, my kamer is heeltemal te lank gesny,
Die CZ's daarbuite het so 2mm korter kamers/jump as die HOWAs. Eh vermoed dat die 78 en 80 waarvan gepraat word TPL van gelaaide ammo is en nie Max TPL nie, dis nou weereens afhangende van koeël keuse.
Myne se jump is so lank dat ek sukkel om bootstert koeël te kry wat nog in die dop is teen die tyd dat hy die lande raak. Nosles CCs is letterlik op een of ander tyd uit die dop in vrye vlug na die lande toe.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Totale patroon lengte op 140gr Hornady SST =80 mm (Howa 6.5 x55). Dan is ek nog, entjie van die groewe af. So ver dat my doppe nie genoeg greep op die koeël het as ek 'n 1mm kort (1mm jump) laai nie. Daaroom het ek terug gegaan met my koeël (dieper geseat) sodat die koeël ten minste kaliber dikte 6.5 = 7mm in die dop indruk sodat nekspanning voldoende is.
Myne skiet mooi. Lank terug, seker so tien jaar gelede het Oom Kassie by die "Aim Show" wat by die oorlogmuseum gehou is hierdie raad gegee op my .303 wat ook 'n lang kamer het. Volgens Oom Kassie was die nekgreep belangriker as die sprong na die groewe toe.

- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1847
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Waar skiet die geweer op 100 m as jy hom op 200 m of 300 m zero?
Dink daai scope lyn nie op met die loop nie.
So probleem sal nie iets uit te waai hê met lang freebore nie. My opinie.

Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
Conna Howa
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Ek het 'n foto waar 'n vriend sy howa 6.5x55 se maks tpl gemeet het vir my toe is hy 78mm, by die geweer smit het nog 'n ou sy howa 6.5x55 se tpl gemeet toe is hy 80mmPvdw wrote:Dis nou bol op sy beste!! Ek was ook aanvanklik daaroor bekommerd. Myne meet selfs 84mm afhangende van die koeël waarmme ek meet. Ek het dit met etlikke ander HOWA eienaars op gevolg. Ek kan jou amper sê dat jou geweer se kamer standaard HOWA kamer het.Ek vat toe die geweer na 'n geweer smit toe sodat hy 'n verslag kan skryf oor my geweer se kamer. Gister toe ek hom bel toe sê hy vir my, my kamer is heeltemal te lank gesny,
Die CZ's daarbuite het so 2mm korter kamers/jump as die HOWAs. Eh vermoed dat die 78 en 80 waarvan gepraat word TPL van gelaaide ammo is en nie Max TPL nie, dis nou weereens afhangende van koeël keuse.
Myne se jump is so lank dat ek sukkel om bootstert koeël te kry wat nog in die dop is teen die tyd dat hy die lande raak. Nosles CCs is letterlik op een of ander tyd uit die dop in vrye vlug na die lande toe.
-
Conna Howa
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Maar ek het twee verskillende scopes op hom gehad en albei het regs geskiet verder as 100m. Die rail wat ek op het is 'n warne 20 moa railLoopSoosStroop wrote:Waar skiet die geweer op 100 m as jy hom op 200 m of 300 m zero?
Dink daai scope lyn nie op met die loop nie.
So probleem sal nie iets uit te waai hê met lang freebore nie. My opinie.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Vergeet van die kamer daar is niks fout nie, erens lyn iets nie op nie. Maak soos JJV se, jou rail is of sit heel moontlik skeef
Last edited by Capt. Yoda on Wed Jul 11, 2018 1:30 pm, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Conna Howa wrote:Maar ek het twee verskillende scopes op hom gehad en albei het regs geskiet verder as 100m. Die rail wat ek op het is 'n warne 20 moa railLoopSoosStroop wrote:Waar skiet die geweer op 100 m as jy hom op 200 m of 300 m zero?
Dink daai scope lyn nie op met die loop nie.
So probleem sal nie iets uit te waai hê met lang freebore nie. My opinie.
Jy kan enige teleskoop ook opsit.
As die ringe/basis nie oplyn met die loop nie gaan die teleskoop altyd skeef wees en sal jou impak punt nooit reg wees nie.
Doen die toets soos hierbo en kom terug na ons toe
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Vraag is watse koeël is gebruik?Conna Howa wrote:Ek het 'n foto waar 'n vriend sy howa 6.5x55 se maks tpl gemeet het vir my toe is hy 78mm, by die geweer smit het nog 'n ou sy howa 6.5x55 se tpl gemeet toe is hy 80mmPvdw wrote:Dis nou bol op sy beste!! Ek was ook aanvanklik daaroor bekommerd. Myne meet selfs 84mm afhangende van die koeël waarmme ek meet. Ek het dit met etlikke ander HOWA eienaars op gevolg. Ek kan jou amper sê dat jou geweer se kamer standaard HOWA kamer het.Ek vat toe die geweer na 'n geweer smit toe sodat hy 'n verslag kan skryf oor my geweer se kamer. Gister toe ek hom bel toe sê hy vir my, my kamer is heeltemal te lank gesny,
Die CZ's daarbuite het so 2mm korter kamers/jump as die HOWAs. Eh vermoed dat die 78 en 80 waarvan gepraat word TPL van gelaaide ammo is en nie Max TPL nie, dis nou weereens afhangende van koeël keuse.
Myne se jump is so lank dat ek sukkel om bootstert koeël te kry wat nog in die dop is teen die tyd dat hy die lande raak. Nosles CCs is letterlik op een of ander tyd uit die dop in vrye vlug na die lande toe.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Conna, ons praat nou in sirkels rond.
1.Jy vra raad oor jou HOWA wat nie skiet waar jy mik op 200m nie.
2. Jy vermoed jou geweer se kamer is te lank gesny.
3. 'n Wapensmid bevestig jou vermoede.
Nommer een sê vir my dat die belyning van jou teleskoop tot die middellyn van jou loop nie ooreenstem nie. D.w.s. jou teleskoop sit skeef op die geweer. Jy het reeds verskillende teleskope probeer met dieselfde effek.
Dit dui op 'n skewe basis. Hetsy die ringe of die piccatiny self.
Die "lang" kamer is relatief standaard in die betrokke kaliber. Jy het tot nou nie een keer gesê met watter koeël die meting gedoen is nie. Het die wapensmid met dieselfde koeêl gemeet?
Ek hoop nie jy gaan daai wapensmid betaal vir sy "diens" nie?
Indien jy hom gevra het om te bevestig wat jy vermoed, verstaan ek sy antwoord. Indien jy hom egter gevra het om die fout te soek met jou geweer en dit is sy diagnose, kan ek net vir julle albei bid, want ons raad gaan nie help nie.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- WSM
- Jr. Member

- Posts: 77
- Joined: Wed Jan 15, 2014 6:26 am
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Conna
My Howa het net so lang keel, ek laai 139gr Scenar's 76mm tpl en ek is nog nie naby die groewe nie maar daar sit die koeël reg in die dop se nek en die geweer skiet baie mooi.
Doen een toets..
Trek vir jou met 'n waterpas 'n vertikale streep op 100m wat dus presies met 'n skietlood sal ooreenstem.
Plak nou laag op die streep 'n kolletjie, stel jou geweer waterpas op en skiet op die kol, met ander woorde presies op die streep.
Draai nou jou teleskoop 20MOA op, mik op dieselfde kol en skiet weer - dan moet beide skote op die lyn wees as jou teleskoop en rail regop gemonteer is.
Hierdie sal jou baie vining 'n aanduiding gee, en dan kan jy sommer ook sien of 4 klieks jou regtig 'n duim op skuif wanneer jy stel - om te meet is om te weet...
Groete en gee asb terugvoer!

RSA .270 WSM
RSA .300 WSM
Howa 6.5x55
Ruger Alaskan .416 Ruger
RSA .300 WSM
Howa 6.5x55
Ruger Alaskan .416 Ruger
-
Conna Howa
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Punte wat gebruik is vir meting is 140 gr nosler custom competition. Baie dankie vir Terug voer. Ek waardeur dit. Sal gaan toets en terug kom na julle toe.
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Conna as daar fout met die kamer was sou die roer bont geskiet het. Nie net regs nie. Jou scope mounts is iets mee fout en lyn nie op nie.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Conna, groepeer die geweer? Indien wel dan het die lang freebore, soos die ander manne al gesê het, absoluut niks uit te waai met die feit dat jy op afstande verder as jou zero regs skiet nie.
Watter Vortex ringe het jy? Is dit dalk daai goedkoper tactical ringe wat per ring afsonderlik verkoop word?
Veronderstel jou geweer lê op 'n skietbank opgelyn met 'n teiken en jy staan agter die geweer en kyk van bo-af na die geweer, en dat die geweer mooi regop is. Dan behoort jy te sien dat die scope regs van die loop lê en nie presies bo die geweer is soos dit behoort te wees nie. Jou kruis kan moontlik ook nog na regs kantel.
Watter Vortex ringe het jy? Is dit dalk daai goedkoper tactical ringe wat per ring afsonderlik verkoop word?
Veronderstel jou geweer lê op 'n skietbank opgelyn met 'n teiken en jy staan agter die geweer en kyk van bo-af na die geweer, en dat die geweer mooi regop is. Dan behoort jy te sien dat die scope regs van die loop lê en nie presies bo die geweer is soos dit behoort te wees nie. Jou kruis kan moontlik ook nog na regs kantel.
-
RevA
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Vir wat dit werd is toe ek my scope die eerste keer laat mount het, en haar gaan inskiet het, wat die teleskoop nie mooi gemonteer nie, die kruishaar het mooi so 3grade van regop gele. Net omdat 'n wapensmit daarna gekyk het beteken soms niks.
Groete Andreas
- 6.5x55 Howa M1500
Rossi 357 mag
Bsa Sportsman ten .22
22lr Burgo revolver
6.5 Creedmoor Howa
12 Boor Mossberg 500
-
Conna Howa
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm
Re: Probleem met my howa 6.5x55
Dit is die vortex tactical ringe. Maar ek het hulle laat lap.Hercules Louw wrote:Conna, groepeer die geweer? Indien wel dan het die lang freebore, soos die ander manne al gesê het, absoluut niks uit te waai met die feit dat jy op afstande verder as jou zero regs skiet nie.