Jakkals getalle

Hoeveel jakkalse het jy gesien begin JULIE END SEPTEMBER

0-10
9
41%
11-20
5
23%
21-30
4
18%
31-40
3
14%
41-50
0
No votes
51-60
0
No votes
61-70
0
No votes
71-80
1
5%
81-90
0
No votes
91-100
0
No votes
101-110
0
No votes
111-120
0
No votes
121-130
0
No votes
131-140
0
No votes
141-150
0
No votes
151-160
0
No votes
161-170
0
No votes
171-180
0
No votes
181-190
0
No votes
191-200
0
No votes
 
Total votes: 22

User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Yalair »

Ambessa
Ek dink dis die mees effektiefste manier op die staduim, daar is net min ouens wat dit rerig effektief doen. Jy begin nie vandag en more is jy pro nie, jy moet aanvoelling he hiervoor en bowenal respek he en lief wees vir die natuur. Gelukkig le Heinrich met sy kursus goeie fondamente om 'n effektiewe roeper te word, dis nou as jy sy riglyne volg.
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Yalair

In die kol. Het altyd nog aan "horses for courses" geglo. Die ouens wat regtig goed is in hul beroep (dit geld omtrent 99% vir alle beroepe) is baie toegewyd met jare lang ervaring.

Die vraag is: hoe kom ons op die punt waar daar 'n redelike groep jagters is wat oor die toewyding en mettertyd ook die nodige ervaring beskik om effektief mee te doen aan gekoordineerde roofdierbestuur?

Jammer dat ek jou kennis en ervaring vanaand so tap. Maar ons moet antwoorde en praktiese oplossings vind vir hierdie groot uitdaging in die land.

Hoop die ander ouens (wat so stil is) tree ook tot die debat toe.

Ambessa
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Christo »

Yalair

Ek het gedink -- woon kursus by -- dan slim -- dan pro --- MAAR TOE IS EK ONTNUGTER. Ek leer nog.

Christo  ;)
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Christo

Nee, dit is nie nou tyd om terug te staan nie.

Ambessa
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Christo »

Ambessa

Nee, terugstaan is nie in my woordeboek nie. Het net tot die besef gekom daar is nog baie om te leer.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Christo

Het nie gedink jy sou terugstaan nie.

Dis hoekom ek so hou van "horses for courses". Elkeen leer vinniger op sekere gebiede as ander. Die groot geheim is dat almal saam dan 'n baie sterk span maak wat resultate kan lewer.

Ambessa
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Yalair »

Almal

Dankie vir die van julle wat deelgeneem het hier.
18 persone het gesamentlik 750 jakkalse teegekom, en die groenes dink die goeters is besig om uitte sterf. Ek is nie seker nie, iemand sal my moet help hier, kom ons se twee jakkalse vang gemiddeld 2 lammers per week ? dit gee 750 lammers per week = 750 x 450= R337 500.00 per week werk dit nou na per jaar
R337 500.00 x 52 = R17 550 000.00. gee jou R23 400.00 skade per jakkals per jaar
Veronderstel die jakkalse word nou gelos om hulle self te beheer  ??? = ons veronderstel daar is uit 750, 300 pare wat sal aanteel met gemiddeld 3 kleinkies, dit gee die eerste seisoen 900 kleinkies, nou sit jy met 1650 dis nou net in die areas waar 18 mense beweeg het ! Gee nou 5 jaar wat geen beheer gedoen word nie. As ek so kyk kan die groenes nie somme maak nie, wat of waar kom die draaipunt waar jakkals self getalle begin beheer ?
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Jakkals getalle

Post by MEERKAT »

Yalair

JY kan nog by die "poll" sit 241 jakkalse gesien deur myself en nog 3 ander jagters oor die laaste 3 maande.( 2 van die 3 is nog nie lede van die forum)

Knou goggas af
MEERKAT
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Jakkals getalle

Post by britsman »

Hallo Yalair en almal,
Yalair wrote: Ambessa
Gaan pol sluit so by Sondag, dis nog oop, maar hies nie veel manne wat jakkies sien, of skiet nie  :P
Yalair jou lys kan nie meer getalle vat nie. Ek het so tweetjies (x2) gesien.Nou het jy daarom twintig ouens.
Die goeters kom mos nie TV toe nie.Jy moet baie "wakey" wees om hulle raak te sien.
Cheers,
          britsman
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Jakkals getalle

Post by britsman »

MEERkat,
Jou post het voor myne in gespring so nou is dit meer.Ek kry maar baie skaam  om my Tweeties (x2)by te tel want hel ek "try" om meer te sien---MAAR die bliksems wil nie he jy moet hulle sien nie.

Christo los die rugby opTV en gaan loer daar buite.Miskien sien jy nog so eentjie(x1).
 
britsman
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Yalair »

Raait
Ons sluit dus af met 1018 jakkalse deur net 23 persone kyk waar gaan die somme nou heen !, ek het die pol skoongemaak en sal weer afsluit oor 3 maande van nou af, sal dit wardeur as almal weer sal deelneem.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Yalair »

1018 lammers per week x 450= R458 100.00 per week = R23 821 200.00 per jaar en dis net jakkalse deur 23 persone teegekom, kom vertel BS jakkalse rig nie skade aan nie. Is ek reg as ek se 'n paar jakkies eet gem 2 lammers per week, hulp asb.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Christo »

Yalair

Ek dink jy moet vir ons die data in een of ander vorm bekend maak aan die bre? publiek. Miskien in 'n tydskrif of koerant waat ou bollie en trawante ook lees. Al die werksgeleenthede wat verminder sal moet word a.g.v. die verliese aan inkomste vir die boer, die werksgeleenthede by die slagpale, P&P, Woolies ens. en die spandering van die gelde wat aan ouens soos SIR T betaal word vir die beheer van die jakkies, dit alleen sal 'n paar kafees aan die lewe hou.

Mooi gedaan Ben

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Jakkals getalle

Post by MEERKAT »

Hallo Yalair

Miskien met jy dink aan "poll" van hoeveel lammers gevang word oor dieselfde periode.Skieters kan miskien
vir die boere bietjie vra. Die tikspasie gaan te klein word vir daardie getalletjie.

Knou goggas af
MEERKAT
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Yalair »

Meerkat
Dis 'n slim plan, ek het net al agtergekom dat baie boere nie die presiese getalle alom bekend wil maak van hul verliesse nie, ek mag verkeerd wees.
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Yalair en almal

Op hierdie eerste en die verdere berekeninge wat op die Forum gedoen is.

Skrikwekkend! of skokkend! - hoe mens ookal daarna kyk!

Peter S het in PE genoem dat sowat 3000 kleinvee elke dag (nag) gevang word.

Daar is min twyfel oor die omvang van die skade. Feit is ten spyte van die baie pogings landswyd om die uitdaging die hoof te bied verminder die skade nie (onthou dit is landswyd en nie hier en daar as gevolg van 'n individu se goeie insette nie).

Die spreuk lui "jy kan nie aanhou om dinge op dieselfde manier te doen en dan 'n ander resultaat verwag nie."

Ons sal uit die kassie moet dink?

Kom ouens, help met die ervaring uit eie geledere.

Ambessa
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Yalair / almal

Ek hou die volgende poll (Apr - Jun) dop om te sien of daar groter reaksie uit die forum sal wees en of die getalle van die eerste poll (Jan - Mrt) daarvan gaan verskil (deur selfde operteurs gepoll)?

Ambessa
tafjak

Re: Jakkals getalle

Post by tafjak »

As die helfte minder jakkalse gesien/geskiet word in die volgende 3mannde (500 jakkalse deur dieselfde 23) gaan dit dit vreeslik interresant wees om te sien hoeveel volgende jaar in die eerste 3maande geskiet word.

Jakkalse deur dieselfde 23 manne in die volgende 3maande sal drasties minder wees as eerste 3maande. Moet so wees, anders beheer ons nie.

Lekker koud al n?.

Taffie
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak

Bly om te sien jy kom darem so af en toe bietjie tot stilstand om op die lug te klim en te gesels.

Sterkte

Ambessa
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Yalair »

Almal
Net so reminder, nog twee weke dan sluit die pol so kry getalle reg asb

Groete
Ben
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Yalair

Ek sien ook met groot afwagting uit na die getalle vir Apr tot Jun 2009.

Hoop die ouens gooi jou toe met reports!

Ambessa
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Yalair

Nou net gesien daar is reeds 8 ouens wat gepoll het. Mooi.

Ambessa
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Yalair / almal

...die afsluiting van die poll word met groot verwagting dop gehou. Sien 13 persone het al info gelys.

Ambessa
Ambessa

Re: Jakkals getalle

Post by Ambessa »

Hallo Yalair

Ek sien daar is reeds 15 voters maar 18 reports op die poll?

Is dit reg?

Gelukkig is daar nog 10 dae oor. Glo die getale sal nog heelwat klim.

Ambessa
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkals getalle

Post by Yalair »

Ambessa
Jy kan twee keer stem so as een persoon 2 stemme insit wys dit as een stem
Post Reply