Wil net graag hoor hoeveel van julle het die adjustment caps al gebruik en of hulle terug kom na zero toe?
Die rede hoekom ek vra is omdat die PH waar ons gejag het in Douglas 'n 300 H&H gebruik met Zwaro Z3 en met die turret van hom gemerk in kelur wit, groen en oranje kan hy maklik stel van 200 tot 380 meter en dit help baie met langer skote om die raai waar die kruishaar moet le op die bok.
Gedink om dieselfde te doen met my 6.5 x 55 Carla Gustav met sy 23" loop en aksie kry ek maar matige spoed van 2550fps met 140gr koele. Instel op 100meter en dan merkies maak vir 150, 200, 250 en 300meter wat meer as genoeg gaan wees. Net gesien die skat van kruishaar as bokke hier anderkant 250meter is nie maklike storie is nie. Al was ek gelukkig op 266meter op blesbok kopskoot amper 3/4 van die horings op gemik en koeel het mooi agterkop gevang en uit tussen die oge. Maar met die hoek wat hy gestaan het is die koeel net langs die brein verby die dat ek die keel moes sny.
2 Dae later skiet ek bo-oor blesbok lyfskoot op 270meter my skuld en toe hulle maal en nie weet waar ons is nie kry ek toe weer kans op selfde distansie. Kop smokkel toe met my en ek mik toe laer en toe loop die skoot onder deur sy lyf gelukkig nie bene gevang nie gemik vir net agter blad.
Dit is toe die PH my weer vrae of ek nie sy geweer wil gebruik nie en toe kap ons 6 bokke met 6 skote afstand 180meter tot 311meter die verste skoot. Nee was geen kopskoote nie maar geen raai om waar die kruishaar te sit as die afstand gerange is en die verstelling op die scope gemaak is nie.
Sal die turrets pas op Nikon Pro Staff ook? Op my 6.5 is daar Pro Staff en my 204 Nikon Monarch 3.

