Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek stem saam met jou. Hierdie verskeinsel is verseker iets wat meer sy kop uitsteek by manne wat n klomp skote in n relatiewe kort tydjie skiet. Ek is vas oortuig ek het dit destyds ook beleef in my 25-06 toe ek met hom ge-oes het sonder dat ek geweet het wat die oorsaak was. Oom Louw van Deventer het die loop toe oordentlik skoon gemaak en weg was die probleem.
Groetnis
Wout
Jan S het so n 284 loop gehad wat net dood gegaan het naby nationals, toe hy wag vir die nuwe loop se Chrisjan vir hom om daai ou loop bq te Iosso en dan te kyk wat gebeur. So uur of wat later en n klomp vuil lappies het die ou dooie loop weer soos dag een geskiet. Ons maat Louis Cronje se Creed het so gedooi in die middel van n Super League komp, dit is nogals iets om dit in sy erge fase te aanskou. Gaan van amper vol score op 600m skiet na nie die tyken kan raak skiet op 800m nie, letterlik n meter enige kant toe en dan dink almal natuurlik heel eerste die scope het gegaan. Selfde wat my ook gebeur het, na ek die invoerder van die scope somer gebel het oppad terug van n skiet comp af om te vertel presies wat hy met die scope kan doen was daar eintlik nie enige iets fout met die scope nie. Uur of so met n buis Iosso en die geweer het weer geskiet soos die dag toe hy van Chrisjan af gekom het, van daai dag af is Iosso my beste maat. Ons spot altyd vir Ben dat hy n loop na die volgende kaliber toe polish met Iosso maar hy het al n paar manne by sy huis gehad wat kom hulp vat het oor die carbon storie
Yip, na daai episode vir my borescop aangekoop.
Lope is duur en helse slep om tr laat vervang. Het perfekte bruikbare loop toe afgeskroef op 1400 skote omrede ek geglo jet hy het gegroet. Soos Siebert sê na die iosso toe skiet hy weer 1/4 Moa groepe. Ongelukkig was die papierwerk vir nuwe loop toe klaar goedgekeur.
Die Carbon is nie altyd die probleem nie die loop gaan op n punt kom waar hy groet maar wat ek al gesien het met carbon is dat hy gewoonlik dadelik bond skiet en jy sien dit op 100 of 600m. Met n loop wat kla raak was dit vir my op verder afstand duideliker. Hier van 500m af het hy nog mooi 3 skoot groepe geskiet maar dan het hy een of dalk 2 wille flyers gekry wat mens nie kan verduidelik nie. Die loop het ook baie vinnig warm geraak vir een of ander rede, as jy jou loop monitor gaan jy ook weet hoe jou lands weg brand elke 100 of so skote. Gewoonlik brand die lands ver weg en die loop lyk soos n droe rivier binne (daai eerste 6") as hy moeg raak.
Ek het die iosso "polish" ding begin toe ek gelees het oor die 6comp match van Joe Hendricks en hoe die manne se hulle 3500 tot 5000 skote uit n loop kry deur gereeld die keel met Iosso te polish (saam met spesifieke soorte kruit te gebruik) en toe maar die deel met die boor en die kort rod by gewerk nadat ons met Jan en Herme gepraat het oor hoe hulle dit doen.
Dit is nie n nuwe ding nie die internet is vol van mense wat verduidelik hoe hulle met Iosso of JB werk, onthou net dit is n polish met iets grof in basies n lapping compound so wees rustig met dit. Is amper soos as jy vir ma benader, as jy opgewonde raak en hastig is kan jy droog maak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.