Jag met knaldemper of blitsbreker
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Jag met knaldemper of blitsbreker
Indien die onderwerp reeds bespreek is, stuur my asb die link.
Vraag is, jag jy met met 'n blitsbreker of knaldemper?
Was gisteraand in 'n gesprek met 'n ou, ek het maar net geluister, geen kommentaar gemaak nie, want ek weet nie..
Hy reken met sy blitsbreker weet die bokke nie vanwaar die skoot kom nie, geen recoil, en het 3 bokke na mekaar geskiet.
So, hardloop bokke 'n km weg na 'n skoot met 'n blitsbreker of nie..
Ek weet hulle raas erg, so stel nie belang in argumente oor die geraas nie...en wie op die skietbaan een skiet dat jou stopsels uitval nie..
Dankie

- Philip J
- Hero Member

- Posts: 930
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Knaldemper op my vlaktegeweer, maar niks op die bosgeweer nie.
Groetnis
Philip
Philip
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Johan, ek skiet met 'n knaldemper. Behaal groot sukses omdat my geweer minder skop en my ore it verdra en beskerm word.
'n Blitsbreker raas en blaas tot groot ongemak van jagmaats.
Ek moet se, ek het sonder 'n blitsbreker of kd, al 5 springbokke op een kol geskiet en ek kan jou verseker hulle was nie siek nie!!!
Knaldemper, my maat!!

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Staan bq voor n geweer met n silincer as die skoot klap en hoor hoe dit klink dan staan jy voor n geweer sonder een en hoor hoe dit klink
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Ons praat hier van groter as 6mm Sieb!Capt. Oblivious wrote:Staan bq voor n geweer met n silincer as die skoot klap en hoor hoe dit klink dan staan jy voor n geweer sonder een en hoor hoe dit klink

Sent from my iPhone using Tapatalk
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Met of sonder n demper op gaan jy baie seer kry as jy voor n geweer staan as die skoot klapCapt. Oblivious wrote:Staan bq voor n geweer met n silincer as die skoot klap en hoor hoe dit klink dan staan jy voor n geweer sonder een en hoor hoe dit klink
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Ek het nie die antwoord nie , maar my logika se vir my dat as jy 'n breker op het blaas die golf in jou rigting , dis hoe die breker se ontwerp is , hy blaas agtertoe uit , met klank en gasse , so dus keer hy dat baie klank eintlik in die rigting van bok gaan , want die manne langs jou kla van die geweldige geraas , hy kan dalk 'n baie goeie punt beet he die man , wat dink die slimmer manne ?
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 450
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Ek wil nie die appel kar omgooi nie , maar wil jou graag my ervaring vertel van sonder beide skiet. Dit het nou so 3 weke uit mekaar gebeur. Ek het voorgesit en het 2 Koedoe bulle sien inkom, ek het die groter 1 van die 2 geskiet, die jonger bul het 50 tree verder vasgesteek (gelyk of hy sy maat soek)en ek kon hom ook skiet. Ek was Vrydag weer op dieselfde plek en presies dieselfde het gebeur, die bulletjie was egter te klein om te skiet, maar ek kon as ek wou. Ek weet nie of die klank wat teen die oorkantste koppie vasslaan hulle heeltemal deurmekaar maak nie?? Hoop nie ek "hijack" jou draad nie.
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Klink sprei in sirkelvormige golf, soos klippie wat jy in gladde dam laat val.
Kranse/koppies ens reflekteer die golf wat dit moeiliker maak om oorsprong van skoot vas te stel.
Superoniese koeël veroorsaak nog "sonic boom" wat ding eerder deurmekaar krap.
Demper gaan amplitude van die golf verminder-Klank van inisiele skoot gaan minder wees. Blitsbreker se golf gaan meer ovaal begin, maar steeds in sirkel uitkring.
So met breker of kaalloop gaan jou en mense om jou se ore meer slae vat, by bok gaan die sonic boom meer opmerklik wees. Feit dat ander bokke stilstaan na skoot gaan meer met terrein en of hulle jou gesien het te make hê.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Jurgen Visser wrote:Ek het nie die antwoord nie , maar my logika se vir my dat as jy 'n breker op het blaas die golf in jou rigting , dis hoe die breker se ontwerp is , hy blaas agtertoe uit , met klank en gasse , so dus keer hy dat baie klank eintlik in die rigting van bok gaan , want die manne langs jou kla van die geweldige geraas , hy kan dalk 'n baie goeie punt beet he die man , wat dink die slimmer manne ?
Die breker gaan mos nogsteeds die geraas maak, wild gaan nogsteeds die rigting bepaal, hy demp dit nie inteendeel hy blaas dit mos nou deur daai gaatjies wat ek dink nog sal bydra tot geraas. Die knaldemper demp baie van die geraas by die skieter terwyl nie een van die twee die knal wat die koeel deur die klankgrens gaan kan demp nie.
-
Yogi
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Ek het altwee gehad, was nooit voorstander van knaldemper nie en het geglo die blitbreker kan hulle nie die rigting bepaal nie, vandat ek met die knaldemper begin skiet het, sal ek nooit weer daar sonder nie. In baie gevalle kan jy tweede skoot inkry veral op vlakte wild en jakkalse.
Die blitsbreker veroorsaak skokgolf om jou wat jou kan laat flinch, jy kom dit nie agter nie totdat jy met knaldemper begin skiet. Jy kan ook met knaldemper jou skoot hoor klap op die dier wat baie nuttig is, met blitsbreker sukkel jy nog om tot verhaal te kom na die skokgolf, almal se ore sing nog en jy hoor nie regtig wat gebeur het nie. Met knaldemper is die recoil vir my ook meer beheerd. So my opinie, knaldemper.
Die blitsbreker veroorsaak skokgolf om jou wat jou kan laat flinch, jy kom dit nie agter nie totdat jy met knaldemper begin skiet. Jy kan ook met knaldemper jou skoot hoor klap op die dier wat baie nuttig is, met blitsbreker sukkel jy nog om tot verhaal te kom na die skokgolf, almal se ore sing nog en jy hoor nie regtig wat gebeur het nie. Met knaldemper is die recoil vir my ook meer beheerd. So my opinie, knaldemper.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Ek sou ook dink die ou wat voor die geweer staan sal sy gat sien voor hy kon rapporteer hoe dit geklink het!sako 30-06 wrote:Met of sonder n demper op gaan jy baie seer kry as jy voor n geweer staan as die skoot klapCapt. Oblivious wrote:Staan bq voor n geweer met n silincer as die skoot klap en hoor hoe dit klink dan staan jy voor n geweer sonder een en hoor hoe dit klink
- zkk601
- Newbie

- Posts: 42
- Joined: Wed Feb 01, 2012 6:54 pm
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Dit is vir my ook een van die groot voordele van n knaldemper.Yogi wrote: Jy kan ook met knaldemper jou skoot hoor klap op die dier wat baie nuttig is
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Ons het 3 weke gelede gaan jag. Ons het 'n koedoe binne 2km van die boer se huis af geskiet. Hy beweer hy kon die klap van die koeel harder hoor as die klap van die geweer. Natuurlik jag ek met knaldempers. Want ek is al klaar half doof. En daar is nie altyd tyd om proppe in ore te sit nie. Ek hou ook nie van die elektroniese klanke wat oorklappe het nie.
-
RevA
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
blitsbreker kan jou doof maak. As jy iets op jou geweer wil sit, sit 'n knaldemper op. Jy hoef nie een te kry wat jou geweer soos 'n windbuks laat klink nie, my knaldemper is meer vir recoil as vir enige iets anders (dit en vir die ouens wat se op my plaas word daar net met silincers gejag.). Ek het al geskiet hoe mens sonder 'n knaldemper skiet en die bokke nie te ver beweeg nie.
Groete Andreas
- 6.5x55 Howa M1500
Rossi 357 mag
Bsa Sportsman ten .22
22lr Burgo revolver
6.5 Creedmoor Howa
12 Boor Mossberg 500
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Jag met knaldemper of blitsbreker
Demper al die pad.