Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post Reply
User avatar
hennief
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am

Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by hennief »

Middag kerels

Ek het nie met vuurwapens groot geword nie en het eers in my dertigs op die moeilike (en duur) manier myself leer skiet. My kinders is volgende maand 6 & 4 en ek sal hulle graag die geleentheid wil gee om van vroeg af te leer.

Wat stel julle voor? Ek het gereken n Daisy aangsien dit nie n lisensie benodig nie, maar hoe leer mens hulle korrel/mik etc? Later dan die 6mm met n scope?

Sal waardeer as julle kan deel wat vir julle gewerk het.

Groetnis

Hennie
300 WM Tikka
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by Alwin »

My advies is om hulle nie aan te moedig en te druk om te skiet nie. Skiet jy waar hulle dit kan sien en laat hulle jou bietjie soebat voordat jy hulle ook toelaat. Op die manier gaan hulle nooit voel hulle moet skiet om jou te plesier nie. Hulle leer ook baie vinniger. Dit werk sover vir myne. Net my 2c.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by ruaanb »

windbuks/daisy gongetjies bottels vol water etc Wat dit interessant maak.

Wat Alwin oor druk sê is baie belangrik.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by wlm »

Koop n windbuks met 'n goeie sneller. Weirauch se H35 is lekker lig. Later 'n .22. Ek het 'n tweedehanse kolfie gekoop vir my Brno en hom korter gesaag sodat hy hulle beter gepas het. Dan 223 en die res kom vanself.
Hou dit pret en kyk maar gereeld almal "flinch".
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by Philip J »

Die manme gee goeie raad. Veral die deel waar hulle self vra om ook te wil skiet. My twee het begin met n windbuks met oop visiere. Later het hulle opgeskuif na my pcp
windbuks toe. Omtrent twee jaar terug het hulle op onderskeidelik 10 en 8 jaar oud, met die .22 met oop visiere begin skiet. Nou skiet hulle amper net soveel met die 223 as wat ek doen. Ons kom juis nou net van die skietbaan af en hulle lui lekker die gonge tot op 300m met die 223.
Groetnis
Philip
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by JPS »

My seun het begin skiet met 303 op 7. Nou tien jaar terug, hy het pellet geskiet voor die .303. So biejie agtergrond. Ek het by Andre 75gn Impala koeels laat draai en later knaldemper op gesit om terugskop te verminder. Dit was nogal my soeke om die terugskop te demp wat my hier op Jaracal laat aansluit het en Clarence se terminator knaldember was daai dae die beste wat daar was aldus die gesoute Jaracal manne daai tyd. (Nooit daai tyd .22 gehad nie dus moes .303 werk)

Eerste en een van die belangrikste dinge is kry die regte lengte kolf sodat dit die kinders pas. Soos genoem bo, kry ou kolf en sny hom op regte lengte. Die stuk wat jy afsny kan jy verder in skywe sny en bysit soos hulle langer word.
2de belangrikste is om nie die kinder van bank af te laat skiet en groeppe te jaag soos ons hou van doen nie. Laat hulle na reaktiewe teikens skiet om hulle koordinasie op te bou. My seun het nooit van 7 jaar oud tot 10 jaar oud (toe hy sy eerste bok geskiet het) van bank afgeskiet nie. Hy het begin lê en skiet toe sit met bipod o geweer en toe kniel ook met bipod en daarna met skietstokke uit staan posiesie. Altyd op volgroote bok teikens. Op 10jaarige ouderdom kon hy op 75m die hart area met die 303 10 uit 10 skote raakskiet van sit posiese met bipod. En was toe emosioneel gereed ook om bok te dood.
Soos ook al genoem moet nie druk op hulle sit nie, hulle sal dit op jou sit om te gaan skiet as jy dit lekker maak vir hulle.
Ek glo vas die feit dat hy nooit van bank af geskiet het nie het sy koordinasie en hantering met die geweer baie vinniger laat ontwikkel en hom natuurlike goeie skut gemaak.

Ps. Hy het verlede jaar die SA skole skietspan gemaak wat Amerika gaan toer het en hy vlieg Donderdag Duitsland toe om Suid Afrika saam sy spanmaats In die junior wereld beker in Sühl te gaan skiet.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2160
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by Ds J »

Ons het baie gewonder oor die saak en op die ou end besluit om "die natuur sy gang te laat gaan", bedoelende dat ons self sou sien wanneer die kinders gereed is. Hulle het altyd saamgegaan skietbaan toe en by die huis mag hulle altyd bygesit het wanneer vuurwapens bespreek en hanteer is. Hulle het ook al spelende help herlaai. Dit is n baie groot uitdaging vir klein jong vingertjies om n doppie in n dophouertjie te kan sit en hulle is baie trots daarop!

Ons oudste is nou vyf en het onlangs begin korrel met sy speelgeweer. Dit was dus tyd om hom "alleen" op die windbuks los te laat. Daarmee bedoel ek dat hy alleen gekorrel en geskiet het. Voor dit het ek vir hom gekorrel met die windbuks en .22. Ek het ook die handwapens vir hom vasgehou, gekorrel en hom gehelp met die sneller sodat hy "op sy eie" kon raakskiet. Nou val die teikenkies op 6m.

Hy vra oor jag en skiet, en soos tyd vorder sal daar vir hom bokteikens bykom.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by Jake1 »

Ek stel voor 'n Daisy, hy laai maklik en sodat jy nie later altyd hoef te laai nie, ons het windbukse maar dis te moeilik en tydsaam om hulle heeltyd te laai.

Verduideluidelik hoe werk 'n korrel en visier, en verduidelik basiese geweer veiligheid

Skiet 'n coke blikkie en prys hulle as hulle hom raakskiet.

As hulle die coke blikkie later te maklik raakskiet laat hulle haelgeweer doppies skiet, hulle (die gewone daisy) is baie akkuraat.

My seuntjie wat nou 9 is het van 4 jarige ouderdom met syne geskiet en ons skiet nog baie gereeld met die daisy.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by Harambe »

Ek laaik Jake1 se benadering. Seker maar oor my pa dit met my gedoen het. Ek sou net eerder 'n een skoot windbuks gebruik sodat hulle leer om elke skoot te waardeer. Hulle leer eers om akkuraat te skiet, en later kan jy hulle leer vinnig skiet. Maar aan die ander blerrie kant kos windbuks patrone ook al oor die R200 (ek het altyd R5 betaal in die vroee 90's) so miskien is 'n Daisey die beter opsie.
Of so iets
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by Alwin »

Pas ook op om hulle nie te gou "op te gradeer" na groter wapens toe nie. Die terugskop ens kan hulle dalk afsit, of nog erger, slegte gewoontes aanleer.
User avatar
hennief
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by hennief »

Dankie vir almal se raad.

My oudste is mal om saam te gaan jag by oupa op die plaas. Dis eintlik maar die rede hoekom ek haar blootstelling wou gee aan vuurwapens. Maar sal nog bietjie vasbyt tot sy vra om geleer te word.

Lekker dag vir julle.
300 WM Tikka
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by ZKK »

Goeie more.
Wat sal julle se is die minimum ouderdom om dogtertjies te begin leer/blootstel aan skiet?
Is 4 nog bietjie jonk?
Groete
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by joe rocket »

Dit hang van jou kind af. As sy gemaklik is met windbuks of .22 skiet is sy oud genoeg, maar net jy sal dit weet.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by ruaanb »

hennief wrote:Dankie vir almal se raad.

My oudste is mal om saam te gaan jag by oupa op die plaas. Dis eintlik maar die rede hoekom ek haar blootstelling wou gee aan vuurwapens. Maar sal nog bietjie vasbyt tot sy vra om geleer te word.

Lekker dag vir julle.
Begin jy net self speel met die Daisy daar in jou agterplaas dan sal jy sien hoe vinnig begin sy vra of sy ook mag.
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by andre007 »

Ek het met die volgende stappe in die skietkuns gekom en my seuns ook:
Kettie van so 5 jaar
Daisy van so 5 jaar
Windbuks (Gecado Vaste loop - oop visier) Hulle het nou elk hulle eie met teleskope op van so 6 jaar
Oop visier .22 van so 7 jaar
.22 met teleskoop van so 8 jaar
Ek skat van so 8 jaar oud het my seuns al my roere begin skiet en jag met hulle. My jongste het nou besluit die 200twee3 is nou syne! (Dankie aan Henk - Silent Hunter vir die pasmaak kolf)

Ek het nie 1 van die 2 gedruk om te begin jag nie, emosioneel is hulle totaal en al verskillend, toe hulle na my kom en gevra het om n Bok te gaan skiet was die tyd reg.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by ruaanb »

andre007 wrote: Ek het nie 1 van die 2 gedruk om te begin jag nie, emosioneel is hulle totaal en al verskillend, toe hulle na my kom en gevra het om n Bok te gaan skiet was die tyd reg.
Hierdie is bitter bitter belangrik.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3964
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by tau »

EK het my laaitie laat begin skiet met 'n .22 en daarna 'n .222 Rem vir goedkoop opgetel aangesien die "loop" op was. EK het toe die geweer na Morkel & Crouse geneem waar hulle die kroon oor gesny het en silencer gefit het. Die geweertjie skiet toe sommer MOA op 100m. EK het 'n Sintetiese kolf hier op die forum gekoop en self gepillar bed en gepak. EK besef toe dit is tegroot vir my seuntjie. EK het toe die oorsponklike kolf korter gesny en blou gespruit. Hy het seker 300 skote met die .222 geskiet oor 2 jaar en ook nog baie silhoutte diertjies met die .22.

Hy wou bitter graag 'n bok skiet al was hy vir my te jonk. Ons is in die bevooregte posisie dat my Oorlede skoonpa plase nagelaat het vir sy kinders en kleinkinder som te jag en van vroeg af in die veld te wees. Ek het ook my eie skietbaan op ons plaas so vir my kinders is skiet glad nie snaaks nie en inteendeel hulle Ma het so grootgeraak op die plaas in Namibie so ek besef toe ek kan weer nie my Pa se reels van 16 jaar oud op hom toepas nie.

Ons het op 2 jagte gegaan waar hy nie 'n skoot onder 120m kon kry nie, ek het gevoel hy is dodelik tot daar met sy .222, maar anderkant dit het ek begin twyfel.

Laasjaar het ek vir my vrou 'n .243 gekoop en hy gaan toe plaas toe en my seuntjie het op die skietbaan dadelik met die beter teleskoop en sneller die gonge laat lui en die teiken mooi getref. Hy het my op gehad oor 'n bok wat hy wou skiet. Toe kom ons op 'n Ou Impala ram af wat die trop uitgegooi het en ek besluit as hy saam met my die bok susksesvol kon bekruip kon hy hom skiet. Uiteinde wat 'n perfekte hartskoot op 60m in die Suide van Namibie vanaf die voet op 7 jaar oud. EK dink nie dit gebeur sommer nie. Hy het op die stadium al pense getrek en redelik bokke gesien val en slag so hy was nie vreemd vir dit nie.

As hy soos ek in die Kaap groot geword het sonder om saam met my Pa te jag tot later sou ek langer gewag het. Maar tussen my vrou en my grootword glo ek ons kon 'n middeweg kry.

Hy het nie nog bokke geskiet nie en ek gaan ook nie dat hy links en regs bokke skiet nie. Hy moet dit waardeer en die jag resepekteer.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170619/a8f2cbbe1b7fe1171da601c107b4775a.jpg
Last edited by tau on Mon Jun 18, 2018 2:13 pm, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by alecjohnson »

Die draad bring goeie dae terug!

My oupa het my geleer, my pa is nie 'n man vir skiet nie. Ek was 5 toe kry ek 'n gewone BB gun pistool wat ek kon laai, windbuks het nie gewerk nie ek was te "pap". Daarmee het my oupa my veiligheids beginsels geleer. sowel as elke keer wat ek gaan kuier het was dit net visvang en gewere leer.

Toe ek 6 was het my oupa my gevat om met die .22 te skiet op my pa se neef se plaas, en toe hy sien ek skiet goed raak gee hy my die "groot geweer" (my 243), dit was 'n goeie les en kon 'n groot fout gewees het....

Ek het self 'n bok geteken om met die groot geweer te skiet; ek le aan; my oupa het vir my gese ek kan nie raakskiet as ek so korrel nie (kolf onder my blad, hy het nie besef dat die 243 regtig terugskop nie). Doef klap die skoot en ek gooi die geweer, my oupa se mens gooi nie 'n geweer nie, en ek bloei erg. Dadelik lid vn die halfmoon club.

Ek wou nie weer skiet nie, my oupa het daai aand met my gesels, oor wat fout gegaan het. Lang storie kort, hy het my oortuig om weer te skiet die volgende dag. Wat goed was, want hy het nie weer seer gemaak nie, vrees oorwin.

Toe raak ek 7 en ons gaan Suid-Wes toe! .22 gaan saam. Dar het my oupa my toegelaat om alleen te gaan "jag"
Hy gee my net 5 rondtes, die moet ek mooi gebruik, ek moet al 5 doppies vir hom bring, se wat ek geskiet het en dan besluit hy of ek nog 5 mag kry, Soo aangegaan tot my oupa besluit het ek skiet nou goed genoeg.
Daai vakansie het ek my eerste bok geskiet met die .22 Dit is hoe ek tot jag gekom het, ek het my eerste windbuks eers gekry toe ek 10 was en die .22 gekry toe ek 13 word.

Dis mar my leerskool gewees ek ek kan net se ek is erg bevoorreg om my oupa 'n mentor te kon hê.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by Apie »

Ek het my laaitie oor n XBag begin leer met N Daisy wat van my kinderdae af kom.

Blikke werk heel gaaf(net soos ons van gonge hou wat raas)

Dan redelik .22 ook geskiet en met my swarrie se PCP geoefen om die teleskoop ding gewoond te raak.

Hom toe opgevat na die 6x45 op 8 jaar oud en oor goeie rus skiet hy net so goed soos meeste manne. Hy vat bietjie langer maar skiet baie mooi.



Hy het verledejaar toe 4 springbokke met 4 skote platgetrek wwarvam die vêrste 250meter en naaste 8 tree was.

Wat n voorreg!//uploads.tapatalk-cdn.com/20180618/8a1e1d96610a7fd53976d751e8c154d8.png//uploads.tapatalk-cdn.com/20180618/60788376173cfb069d2a141c4c55a400.png//uploads.tapatalk-cdn.com/20180618/a4edd8fb07abeb4dacd058cbd343c2ec.png


Sent from my iPhone using Tapatalk
Last edited by Apie on Mon Jun 18, 2018 12:43 pm, edited 2 times in total.
User avatar
EtienneA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 350
Joined: Wed Sep 03, 2014 7:31 am

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by EtienneA »

Met 'n .303 op 6 jaar. Hy het 'n spons en lappe teen sy skouer gesit. Vandag skiet hy beter as sy pa. ++>:
lefty
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Wed Jun 06, 2018 5:24 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by lefty »

Sien die draad is al bietjie oud.. nieteenstaande, as ek reg verstaan bied Kaap Jag elke Vrydag middag .22 skiet opleiding vir kinders/skoliere aan op n plaas naby Durbanville; dalk n lekker manier om die jonges aan die gang te kry...
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by FHM »

Ek het my dogter n windbuksie gekoop toe sy 7 was en elke Sondag in die dubbel-garage teikens opgesit en haar gemaklik gemaak agter tafeltjie en stoel en met die veiligheid en teorie van die windbuks begin voor elke skiet sessie. Dis belangrik imo dat die kind van vroeg af leer hoekom skiet n wapen en hoe hy werk, en natuurlik die absolute 'pre-checks' en veiligheid van die wapen voor, tydens en na elke skoot en skiet sessie.
Ek het verskeie teikens geprint en sommer op n stuk gelamineerde hout geplak met n ysterplaat agter-stop teen die muur. Dit moet interressant wees vir hulle, dus het ek teikens soos duiwe / hase / tarentale ens geprint met die kolskote strategies gemerk op die sy en kop.
Dit vat redelik geduld (in my geval n oop visier en breeknek buks) om hulle die konsep van die korrel in die visier en hoogte en laagte van die korrel in vergelyking met die visier te verduidelik. Hulle wil net skote laat loop aanmekaar jong. Dis ook belanrik om die visier / skoop-stel te verduidelik en in my geval het ek gewys hoe dit die impak van die koel beinvloed. Soms het ek die visier uitgestel en laat sy self sien waar haar koels op die teiken skiet, en dat sy self stel en sukkel tot dit kolskote begin gee - groot glimlagte en tevredenheid as hulle dit regkry.
Dan ook belangrik is die skiet-metode. Die 'druk' van die sneller en nie ruk of trek nie, oe oophou as die skoot klap, die asemhaling en rustig die skoot druk as jy 100% reg voel.

Imo is dit ook belangrik en het ek ook deur die skoonmaak roetine na die skietery haar mooi gewys hoe en waar alles skoongemaak moet word. Natuurlik is skoonmaak nie so 'strategies' met n eenvoudige breeknek-buks nie, maar die konsep van hou dit skoon - hens veilig - wou ek inprent sodat dit deel van haar skiet roetine word en geword het.
Ons het baie-baie Sondae so in die garage ge-oeffen en naderhand het ma ook kom bysit en deelgeneem aan die "garage skiet kompetissie" - lekker tye man.

As ons jaarliks plaas toe gegaan het was dit natuurlik n 'groot storie' om saam pa rond te loop en die duiwe te soek en skiet soos ons ge-offen het. Sy was so uit haar velletjie om op die plaas daai buks rond te dra en op regte voels te kan skiet. Saans het ons by die voerkrip gaan sit met n flits en die muise gelooi.

Toe sy 10 was het ek haar opgegradeer na n .22 en net aangegaan waar ons met die buks opgehou het. Dis wonderlike lekker tyd / herinneringe en ervaring om jou kind te leer skiet en sien en ervaar hoe vorder hulle. Sus het sover haar duiwe / fisante / hase en tarentale (letterlik oor die honderd) en n bokkie met die 22 geoes. Baie belangrik vir my was dat sy leer om te eet wat sy skiet (buiten die muise...) Dis natuurlik weer n ervaring op sy eie om die skoonmaak van die prooi, die voorbereiding en gaarrmaak en eet met hulle deur te gaan en te leer.

Vandag knou se my gereeld met die 22 skiet kompetissies op die plaas, maar dis my oe man... ;)

Geniet elke oomblik!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by heywillie »

Ekt self leer skiet met 'n oopvisier windbuks en .22. Het juis vir daardie rede 'n ou Mauser .22 hier op die forum gekoop.
Wag nou dat my dogter groot raak dat sy kan begin skiet, maar intussen geniet ek daai geweertjie rerig baie.
Kon daarin slaag om al 'n paar duiwe op so 100m dood te skiet. Met die regte ammunisie werk die Mauser se verstellings op die visier nogals mooi.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
WicusdP
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 389
Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by WicusdP »

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 91#p722022

Hier is wat ek gedoen het.
Belangrikste.....die meisiekind wou dit doen en niemand het haar gedruk nie!
22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Hoe het jy jou kinders leer skiet?

Post by Kolhasie »

My 4 jarige geniet die .22 met KD of sonder KD.

Sy skiet pakkie van 50 petrone nou uit.
En ek moet nie dink om vir haar die windbuks te gee nie....sy het altyd stories

Groete KH
Post Reply