Koeël keuse 308 - Plank geweer

User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by skollie »

Ek het my skoonpa se 308 RSA aksie geërf. Die geweer het blykbaar bitter min geskiet en hy het dit net gebruik vir sy jaarlikse voorsit jag.
Die geweer het 'n 28" Ferlach dik loop met 1:14 twist (ek het 1:13.7 gemeet)
Ek wil graag die geweer gebruik om bietjie papier te skiet maar is nie seker watter koeël geskik gaan wees met daai twist.
Is daar dalk iemand wat raad kan gee?

Sent from my SM-G935F using Tapatalk
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by joe rocket »

Hier by die kus is 155gr lapua senars sy kos.
Last edited by joe rocket on Sat Jun 16, 2018 7:18 am, edited 1 time in total.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Albertdwk »

Ek skiet 150gr Sierra Gamekings, vir een of ander rede kry ek nie iets waarmee hy beter wil skiet nie, Maar hy skiet presies met hulle!
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3627
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Fanta300 »

Vir papier skiet werk 143gr FMJBT die heel beste in my plank met dieselfde loop.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by skollie »

Baie dankie julle.......

Sent from my SM-G935F using Tapatalk
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by wlm »

!55 gr. van enige van die. Nosler CC, Berger of Lapua.
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Messor »

joe rocket wrote:Hier by die kus is 155gr lapua senars sy kos.
Die minimum voorgestelde twist vir daai koeel is 12.5".
Met die 13.7" gaan jy nie daai koeel heeltemal stabiliseer nie, en al skiet jy hom gaan jy n BC penalty hê, so dan kon jy maar in elk geval 'n ligter koeel gevat het en net sy volle BC benut.

Maar nou ja dis maar net die wiskunde.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Arnold »

Min dinge wat die goedkoop 155gr Nosler CC gaan oortref. Lekker kort en behoort ook te stabiliseer in jou twist.
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by skollie »

Messor wrote:
joe rocket wrote:Hier by die kus is 155gr lapua senars sy kos.
Die minimum voorgestelde twist vir daai koeel is 12.5".
Met die 13.7" gaan jy nie daai koeel heeltemal stabiliseer nie, en al skiet jy hom gaan jy n BC penalty hê, so dan kon jy maar in elk geval 'n ligter koeel gevat het en net sy volle BC benut.

Maar nou ja dis maar net die wiskunde.
Dankie Messor........ Ek wil graag die "wiskunde" verstaan, ek het JBM Ballistics se "stability calculator" gebruik met 155gr CC @ 2856fps (teoretiese node vir die loop) en 'n "Stability" van 1.407 gekry en @ 2656 (laer node) kry ek 1.374
Volgens JBM is stabiliteit voldoende tussen 1.3 en 2.0

My vraag is die verwantskap tussen Stabiliteit en BC......... raak dit net 'n probleem in die transoniese sone?

(Volgens my berekeninge sal die koeël @ ongeveer 900yds transonies raak.)

Groete André

Sent from my SM-T815 using Tapatalk
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Hein M. »

Arnold wrote:Min dinge wat die goedkoop 155gr Nosler CC gaan oortref. Lekker kort en behoort ook te stabiliseer in jou twist.
Myne se kos ook ;)
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Alwin »

skollie wrote:
Messor wrote:
joe rocket wrote:Hier by die kus is 155gr lapua senars sy kos.
Die minimum voorgestelde twist vir daai koeel is 12.5".
Met die 13.7" gaan jy nie daai koeel heeltemal stabiliseer nie, en al skiet jy hom gaan jy n BC penalty hê, so dan kon jy maar in elk geval 'n ligter koeel gevat het en net sy volle BC benut.

Maar nou ja dis maar net die wiskunde.
Dankie Messor........ Ek wil graag die "wiskunde" verstaan, ek het JBM Ballistics se "stability calculator" gebruik met 155gr CC @ 2856fps (teoretiese node vir die loop) en 'n "Stability" van 1.407 gekry en @ 2656 (laer node) kry ek 1.374
Volgens JBM is stabiliteit voldoende tussen 1.3 en 2.0

My vraag is die verwantskap tussen Stabiliteit en BC......... raak dit net 'n probleem in die transoniese sone?

(Volgens my berekeninge sal die koeël @ ongeveer 900yds transonies raak.)

Groete André
Volgens empiriese toetse bereik die koeël sy optimale BC by 'n Sg (giroskopiese stabiliteitsfaktor) van 1,5 en meer. Dit is omdat hy teen 'n laer Sg effens "wobble" en dus die lugvloei belemmer. Dit kan ook nie goed wees vir presisie nie.

Daar is verskeie faktore wat die Sg beinvloed, soos lugdruk en temperatuur. Humiditeit speel ook 'n rol. 'n Koeël wat net marginaal gestabiliseer is gaan dus soms werk en soms nie, afhangende van die wind en weer. Nie ideaal nie.

Al hierdie is nou net nadat die koeël die loop verlaat het. Die transsoniese gebied is 'n heel ander storie.

Onthou ook dat die berekende Sg slegs geldig is vir by die tromp. Soos wat die koeël verder trek, verloor hy sy vorentoe-spoed vinniger as sy rotasiespoed. Die Sg verhoog dus deurlopend in vlug. Dit help alles niks as hy reeds effens begin "wobble" het nie...

Soek 'n korter koeël. In die 150gn gewig kan jy kyk na die Sierra en Hornady SPBT weergawes. Die PMP 143 gn FMJBT sal ook goed werk vir papier en staal.

Daardie lope se groefdraai is so gekies in die tyd wat gratis PMP-gelaaide 143gn ammunisie beskikbaar was vir die plankgeweer-skuts.

Op die Hoëveld sou die geweer heel gaaf geskiet het met die meeste 155gn teikenkoeëls. Miskien moet jy net trek? ;D
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Messor »

skollie wrote:
Dankie Messor........ Ek wil graag die "wiskunde" verstaan, ek het JBM Ballistics se "stability calculator" gebruik met 155gr CC @ 2856fps (teoretiese node vir die loop) en 'n "Stability" van 1.407 gekry en @ 2656 (laer node) kry ek 1.374
Volgens JBM is stabiliteit voldoende tussen 1.3 en 2.0

My vraag is die verwantskap tussen Stabiliteit en BC......... raak dit net 'n probleem in die transoniese sone?
By die kus teen daai spoed sal jy reg op die 1.5 SG lyn lê, as jy net bietjie hoër gaan sal die koeel ten volle stabiel wees.
Dit is die voordeel van die CC, want die koeel is baie kort, die slegte kant is die CC se BC is nie .450 nie, ek dink Litz het dit gemeet as iets soos .415.
So die BC is baie swakker as sy teenstanders.

Nou hoe vinniger jy 'n koeel skiet hoe hoër is sy SG(stabiliteit) by muzzle, die aanbevele SG waarde is 1.5, by hierdie waarde is die koeel heeltemal stabiel en sy BC is wat hulle noem optimized. Hierdie moet NIE verwar word deur onstabilitieit by die transonic zone nie, dit is 'n ander konsep, want hoe meer 'n koeel stadiger raak hoe hoër raak sy SG waarde.
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Messor »

Ek sien Alwin het my voorgespring, sy stabiliteit is seker hoër as myne :)
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Alwin »

Messor wrote:
skollie wrote:
Dankie Messor........ Ek wil graag die "wiskunde" verstaan, ek het JBM Ballistics se "stability calculator" gebruik met 155gr CC @ 2856fps (teoretiese node vir die loop) en 'n "Stability" van 1.407 gekry en @ 2656 (laer node) kry ek 1.374
Volgens JBM is stabiliteit voldoende tussen 1.3 en 2.0

My vraag is die verwantskap tussen Stabiliteit en BC......... raak dit net 'n probleem in die transoniese sone?
By die kus teen daai spoed sal jy reg op die 1.5 SG lyn lê, as jy net bietjie hoër gaan sal die koeel ten volle stabiel wees.
Dit is die voordeel van die CC, want die koeel is baie kort, die slegte kant is die CC se BC is nie .450 nie, ek dink Litz het dit gemeet as iets soos .415.
So die BC is baie swakker as sy teenstanders.
Die 155gn Nosler CC, die ouer weergawe van Sierra se 155gn MK (sal die nommer moet gaan soek) en PMP se 155gn (nie meer in produksie nie) is amper identies en bietjie korter as die meer moderne weergawes. Hulle BC is inderdaad effens laer, soos wat Messor sê, maar 'n hoër BC waarde help niks as hulle rond-en-bont skiet nie. Probeer hulle gerus.

Teen die prys wat jy die PMP 143gn VM kan aankoop (in bulk deur jou klub of vereniging) kan jy hulle regtig oorweeg.

Nou hoe vinniger jy 'n koeel skiet hoe hoër is sy SG(stabiliteit) by muzzle, die aanbevele SG waarde is 1.5, by hierdie waarde is die koeel heeltemal stabiel en sy BC is wat hulle noem optimized. Hierdie moet NIE verwar word deur onstabilitieit by die transonic zone nie, dit is 'n ander konsep, want hoe meer 'n koeel stadiger raak hoe hoër raak sy SG waarde.
Last edited by Alwin on Sat Jun 16, 2018 4:14 pm, edited 1 time in total.
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by skollie »

Baie dankie, ek het nou heelwat meer insig......
@ Alwin - trek is nie 'n opsie

Sent from my SM-G935F using Tapatalk
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by 308Win »

Myne skiet 165gr Game kings (holpunt), gemiddeld 15mm 5 skote met S341.
Wil niks weet van NoslerCC's
Die beste groeper is 150gr Scirocco II. Skiet maklik 5 skote onder 10mm op 100m. Nosler doppe. CCi200 en S335.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Apie »

Op n 13 en 14 Twist loop is die Nosler 155 CC n lekker goedkoop opsie.

As jy 155 Scenars wil skiet moet jy 12 of vinniger twist hê.

Dis my praktiese ervaring met my en ander vriende se RSA gewere.

As ek reg onthou is die Ferlach lope op die RSA 14 twist en die plaaslike Musgrave lope 12 twist.

My 12 twist wil niks van Noslers weet nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Hercules Louw »

125gr Nosler BT is die koeëls wat die beste in my 1 in 14" groefdraai loop gewerk het. Gelaai met tussen 48gr en 50gr S341 (bepaal deur lot nommer, dopvolume, kamer dimensies ens) en n magnum slagdoppie behoort jy met jou lang loop maklik 3100+ ft/s te kry, lekker kombinasie vir springbok en ghonge skiet tot so 400m.

Los maar die 155gr Lapua's, hulle is te lank en werk nie. Soos die ander manne gesê het kan jy ook kyk na 155gr Nosler CC en Sierra 155gr (nie die palma weergawe nie). My geweer het egter baie beter met die 125gr BT's gewerk. Gewone Hornady interlocks in 150gr het ook goed gewerk, en selfs PMP se bruin boks 150gr.

Hoewel die loop bedoel is vir 143gr Mil koeëls was my ervaring dat meeste van die koeëls so swak vervaardig is dat groeperings maar swak was. Die enigste wat werklik goed gewerk het was oorspronklike FN ammunisie wat uit die sestiger jare gekom het.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Alwin »

Hercules. Met "FN ammunisie", bedoel jy die ammunisie met "F-78" en soortgelyke kopstempels? Dit was gewoonlik baie akkuraat en kon uit meeste gewere 1MOA of beter handhaaf. Dit was gemaak deur FNM in Portugal en die mantels was van sagte staal. (Toets met magneet.) Ek is nogal huiwerig om hulle deur 'n gewone (jag, teiken) loop te skiet. Die militêre lope is gewoonlik van harder staal gemaak (gehamer) en hanteer die mantels beter.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3627
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Fanta300 »

Die koëels wat magneties is wat ek ken, het ‘n koper mantel maar ‘n staal kern. Het een oopgesny. Headstamp sê FNM
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Hercules Louw »

Alwin wrote:Hercules. Met "FN ammunisie", bedoel jy die ammunisie met "F-78" en soortgelyke kopstempels? Dit was gewoonlik baie akkuraat en kon uit meeste gewere 1MOA of beter handhaaf. Dit was gemaak deur FNM in Portugal en die mantels was van sagte staal. (Toets met magneet.) Ek is nogal huiwerig om hulle deur 'n gewone (jag, teiken) loop te skiet. Die militêre lope is gewoonlik van harder staal gemaak (gehamer) en hanteer die mantels beter.
Alwin, met FN ammunisie bedoel ek wel FN ammunisie. Op die foto hieronder kan jy duidelik die verskil sien. Ook die FN embleem op die 57 jarige boksie. FN ammunisie is nie magneties nie. Ek het getoets, maar die FNM is wel, dit is vir my interessant en ek het dit nie geweet nie. Ek sal een oopsny en kyk of die magnetisme van die kern of mantel kom. FNM het nooit besonders in enige van my gewere gegroepeer nie, maar FN is 'n ander storie, skiet kleiner as 1 MOA in enige 308 en die ouer Bisley skuts sal jou vertel hoe akkuraat die FN ammunisie wel was. In diensplig dae was ons van mening dat die FNM beter as die PMP vervaardigde ammunisie in die R1 gewere gegeskiet het.
FNM - FN.jpg
FN label.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Alwin »

Hercules Louw wrote:

Dankie. Wou net seker maak, want die FN ammunisie was nie baie volop sover ek weet nie.

Die FNM se kopstempel het later verander na F (selfde tipe syfernotasie na F) Ek sou raai die eerste syfer is die jaartal en die 2de die lot nr.

Die F/FNM koeëls het 'n loodkern met sagtestaal (weekstaal/mild steel) mantel met 'n dun koperplatering. Akkuraatheid is skaflik, maar daar is mense wat beweer dat hulle die loopleeftyd kan verkort. Ek het nog nie genoeg van hulle in die hande gekry om dit te kan toets nie.
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by 308Win »

Voorbeeld van my plankgeweer met 165gr Sierra game kings. Ouerige PMP doppe S&B slagdoppe, S341 43gr. 1 in 14 groefdraai Ferlach.
Die groepe was almal op 100m. Sommiges 3 skote sommiges 5 skote
Papier lyk nie so mooi nie, maar dit was sommer sit en speel een middag laat en daardie teiken was opgstel. En ek was te lui om nuwe ene te loop opsit
Terloops: Daardie is 6 groepe na mekaar.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by Hercules Louw »

Hou net in gedagte dat die lengte van die koeël die belangrikste faktor by stabilisasie is. 'n Kort swaar koeël stabiliseer makliker as 'n ligte lang koeël. Dan help ons hoogte bo seevlak in die binneland ook dat 'n langer koeël wel stabiliseer as wat by seevlak moontlik is. 165gr Gameking's is kort vir hulle gewig en sal dus makliker stabiliseer as bv 155gr Lapua.
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: Koeël keuse 308 - Plank geweer

Post by skollie »

Het vanoggend bietjie gaan skiet met die Plank en 155gr CC @ 2864fps

Ek is heel tevrede met groep op 100m......sal nou die afstande rek om te sien hoe maak die CC en die stabiliteit oor langer afstande //uploads.tapatalk-cdn.com/20180714/6ef09d4538068da583b450442b109300.jpg

Sent from my SM-G935F using Tapatalk
Post Reply