Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post Reply
Conna Howa
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm

Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Conna Howa »

Goeie naand almal, ek sit deesdae vas met my 6.5x55 se akuraatheid verder as 100m. Nou wil ek net hoor is 2775 Fps te vinnig vir 'n 22 duim loop as ek 140gr custom competitions skiet. Want as ek verder as 100m skiet blymy geweer se POI regs skuif maak nie saak of dit nou op 200m of verder is nie. Hy bly regs skuif. Daar is al 252 skote deur hom en elke keer as ek verder as 100m skiet dan trek hy regs. Dis nie die scope nie, want ek het al 2 scopes op die geweer gehad en hy het ditmet albei gedoen.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Armand Steenkamp »

Is die scope nie skeef monteer nie? Menende is die kruishare loodreg
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Nella »

Watse geweer is dit?
Kry die gevoel dat jou scope nie 100% reguit in vergelyking met die loop gemonteer is nie..
Just smile and wave boys >:D
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by DawieKotze »

.....of jy kantel dalk die geweer na links??
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Smitstertjies »

DawieKotze wrote:.....of jy kantel dalk die geweer na links??
Is dit nie dat hy na regs kantel nie? Kantel veroorsaak impak na die kant van kantel asook laag.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by tripodmvr »

Links kantel veroorsaak skuif na regs en hoër. Google "canting of scope".
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Smitstertjies »

Met respek Oom Tripod. Ek gaan met Oom verskil
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Smitstertjies »

http://www.accurateshooter.com/optics/c ... of-impact/. Dis ook hoe ek dit ervaar as ons langafstand skiet
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Conna Howa
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Conna Howa »

My scope is gemount deur 'n baie baie goeie gunsmith, as ek deur die scope kyk is my kruishaar level. Ek het 'n 1 piece picatinny rail op.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Alwin »

Gaan lees 'n bietjie op oor "Spin Drift". As jou loop 'n regsom groefdraai het, dan behoort die trajek effens na regs te buig. Hoe vinniger die groefdraai en hoe langer die afstand, hoe meer die afwyking. Dit maak gewoonlik nie 'n groot verskil op 200m nie, maar ek weet nie presies hoeveel jou afwyking is nie.

Kantel kan ook 'n groot effek hê. Gebruik 'n waterpas op die teleskoop om hom regop te hou. As jy net raai of jou geweer en kruisdraad regop is, gaan jy foute maak. Mens gebruik gewoonlik iets in die teleskoop se gesigsveld as verwysing, wat baie keer self skeef kan wees.

Ons plaaslike skietbaan se stopwal by die 200 en 300m skietpunte het 'n aansienlike afdraende helling na regs. Deur die teleskoop lyk alles skeef as die geweer regop gehou word volgens die waterpas.
Conna Howa
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Conna Howa »

Laaste keer toe ek op 300m geskiet het, het my POI 15 cm na regs geskuif. Daar was geen wind op die dag gewees nie. vlaggie by teiken het skaars beweeg
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Nella »

Conna Howa wrote:My scope is gemount deur 'n baie baie goeie gunsmith, as ek deur die scope kyk is my kruishaar level. Ek het 'n 1 piece picatinny rail op.
Daar oor twyfel ek nie..maar enige men's kan n fout maak en daai is so klein bietjie dat n mens nie dit met die oog sal sien nie.
Ek het so maand terug presies die probleem gehad op n sauer 90 gehad. ...Maar hy was amper n meter regs op 300m. Toe gegee die fout was op die voet stukke gewees en nie op die geweer nie.
Zero jou geweer op 200m....skiet dan n groep op 100m en dan weer op 200m en laaste op 300m.
As hy lings op 100m mooi groep. ...Dan senter op 200m en dan weer regs op 300m dan kan jy maar na jou scope se oplyning gaan loer.
Maar hy moet mooi groep anders help dit nie veel nie.
Is die geweer nuut? Het jy die probleem van die begin af op die wapen? Anders is dit soos die manne hier sê. ..."scope canting"
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Geno »

Vinnige vraag. Is dit Lynx/Thor basisse en ringe wat met die grub screws werk van weerskante af?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Swede »

Ek ondervind dieselfde probleem, gebruik Thor basis en ringe soos genoem.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Frikkie Coetzee »

Jou teleskoop is nie paralele met jou loop nie e. Maw jou line of sight and bullet path kruis op 100 m en divergeer dan daarna.

Vat jou geweer terug na n behoorlike geweersmid om na te gaan.

Geno. As dit n picatinny rail is soos die man se gaan ek raai dis nie Thor se stud tipe ringe nie. As dit was sou jy wel die fout kon uitstel as dit nie te erg was nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by tripodmvr »

Smitstertjies wrote:Met respek Oom Tripod. Ek gaan met Oom verskil
My fout. Die grootste effek waarvoor ons kompenseer is gravitasie. Die hoek is dus tussen LOS en boorlyn.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Geno »

Sorry Frikkie. Ek sien nou.
Iewers is iets uit belyning uit. Aksiegate dalk skeef, rail buite spec ens.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Heinz Petersen »

Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by DawieKotze »

Smitstertjies wrote:
DawieKotze wrote:.....of jy kantel dalk die geweer na links??
Is dit nie dat hy na regs kantel nie? Kantel veroorsaak impak na die kant van kantel asook laag.
As hy op 100 gezero is sal die impak onder 100 meter regs wees, maar anderkant 100 meter sal die links wees.

Jy is dus 100% reg in hierdie geval.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Conna Howa
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Conna Howa »

Nella wrote:
Conna Howa wrote:My scope is gemount deur 'n baie baie goeie gunsmith, as ek deur die scope kyk is my kruishaar level. Ek het 'n 1 piece picatinny rail op.
Daar oor twyfel ek nie..maar enige men's kan n fout maak en daai is so klein bietjie dat n mens nie dit met die oog sal sien nie.
Ek het so maand terug presies die probleem gehad op n sauer 90 gehad. ...Maar hy was amper n meter regs op 300m. Toe gegee die fout was op die voet stukke gewees en nie op die geweer nie.
Zero jou geweer op 200m....skiet dan n groep op 100m en dan weer op 200m en laaste op 300m.
As hy lings op 100m mooi groep. ...Dan senter op 200m en dan weer regs op 300m dan kan jy maar na jou scope se oplyning gaan loer.
Maar hy moet mooi groep anders help dit nie veel nie.
Is die geweer nuut? Het jy die probleem van die begin af op die wapen? Anders is dit soos die manne hier sê. ..."scope canting"

Die geweer is splinter nuut, vanaf ek die 1ste keer op 300m geskiet het, het hy so begin maak ja, en ek het al 2 scopes op hom gehad
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Smitstertjies »

Conna. Kyk gerus na "canting" en of jy die geweer skeef vashou. As jy hom selfs net 10 grade regs kantel kan jy maklik n hele paar duim op 300m regs skiet. Al my gewere waarmee ek verder as 300m skiet het kwaliteit bubble levels op die scope. Dis die eerste ding waarna ek kyk as ek verder as 300m skiet.

n Mens sal verbaas wees om te sien hoe skeef jy die geweer vashou, al voel dit vir jou of alles regop is. Goed soos verkoue,ore wat toeslaan as jy nie oorbeskerming dra nie ens kan ook veroorsaak dat jou balans uit is en jy die geweer nog meer laat kantel as gewoonlik.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Swede »

Is canting so merkbaar op 300m, ek vra uit onkunde?

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by joe rocket »

Dit is ja en hoe verder jy skiet hoe groter skuif jou punt van impak.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Max spoed vir 'n 22 duim loop

Post by Swede »

joe rocket wrote:Dit is ja en hoe verder jy skiet hoe groter skuif jou punt van impak.
Dankie!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
Post Reply