Bipods

Post Reply
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Bipods

Post by Christo Els »

Middag Manne

Ek wil graag uitvind wat dink julle oor Bipods.
Dit is nou oor hulle been lengtes en kwaliteit.


Ek skiet 99% van die bakkie af, maar is volgende maand genooi vir 'n voorsit jag en wil weet watter bipods is die beste in lengte.

Ek wil ook nie te lank gaan nie, maar te kort sal ook nie werk nie

Wat dink julle
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Bipods

Post by JPS »

Christo,

As jy gaan sit gaan niks korter as die Langer een van die drie wat gewoonlik beskikbaar is, werk nie. Dit is die 13 to 25duim een as ek dit reg het.

As jy gaan le en skiet sal middelsag (9 tot 13 duim) mooi werk maar kort een kan ook werk hang maar af van persoon tot persoon.


Kry een wat kan "tilt en cant" andersins sukkel jy met die bene om die verstelling te doen as die oppervlakte waarop jy dit sit nie gelyk is nie, om kruishaar 90% te kry. Met een met tilt in kan jy net die geweer tilt om kruishaar 90 grade te kry al is die oppervlak nie gelyk nie.

Harris is goeie maak as jy eenkeer wil koop.

Groete
JP
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Bipods

Post by Raven »

JPS wrote: Christo,

Harris is goeie maak as jy eenkeer wil koop.

Groete
JP
Stem volkome saam +1

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Bipods

Post by Christo Els »

Dankie manne

Ek het ook gekyk na die 6-9" grote. Hy lyk ook die beste. Hier by die plaslike koperasie is hulle tussen R350 tot R 900.
Ek weet nie wat die maak is nie.

Sit sal nie vir my werk nie (pens is in die pad) so ek sal maar meer l? as die sit ding.

Man eintlik is dit vir my net 'n nice to have wat ek bitter min gaan gebruik.
en dit sal darem dit geweer ook 'n facelift gee.
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
Calldo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:49 pm

Re: Bipods

Post by Calldo »

Christo

Onthou net om in te stel met die bipod op. Geweer skiet nie altyd dieselfde met en sonder bipod nie. Die res is reeds ges?!

Groete
Calldo
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Bipods

Post by PITSMIT »

naandse kerels

ek het vir my die dingetjie geprakseer met n kamera standjie wat ek sommer by game gekoop het.  ek gebruik hom as ek stap in die veld of voorsit en hy werk soos n bom.  daai bipods lyk altyd so lomp op die geweer en dan is daar nog gate in die kolf ook. hy is baie lig om te dra want hy is van alluminium gemaak.  hy kos maar R150.  daai v bo-op kan swivel ook hy is met n bout deur n bearin vasgetrek wat bo in daai pypie in ge-press is.

seker maar persoonlike smaak maar hy werk
[img width=560 height=420]http://i1223.photobucket.com/albums/dd5 ... 6-1957.jpg[/img]
Last edited by PITSMIT on Fri Dec 02, 2011 2:45 pm, edited 1 time in total.
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Bipods

Post by Raven »

Pitsmit,

Goeie plan, ek het klaar die kamera tripod, gebruik hom nou vir my roeper, sal hom bietjie aanpas.

Dankie.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Bipods

Post by Christo Els »

Dankie pitsmit ek gaan defnitief daarna kyk
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Bipods

Post by .::Alwyn-U::. »

Pitsmit, ek het dit al getry in die veld en ook met die langer staan-en-skiet tripod maar wat ek gevind het is dat hy kry nie altyd staan plek vir al 3 sy pootjies nie dan is hy van balans af, let wel dit gebeur net as jy skielik moet reg maak vir skiet. Ek is seker met voorsit kan jy jouself lekker inrig en self 'n strand sambreel uitpluk ;D. Die bipod (met 2 bene) het vir my beter gewerk! Wat is jou ondervinding met die ding?

Groete
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Bipods

Post by PITSMIT »

alwyn

ek moet bieg ek het geen persoonlike ondervinding met die bipods nie maar het al gesien hoe die ouens sukkel as hulle bv gou oor n boomtak moet mik dan is die goed so bietjie in die pad.  ek glo hulle het n doel op n geweer waar jy weet jy gaan altyd le en skiet veral op die baan.  ek het al oorgenoeg daai ding oorgekom wat jy van praat van die bene wat ongelyk is maar ek belowe jou ek het nog altyd raak geskiet op daai oomblik loop die adrenalien dik dan maak dit op vir daai bietjie wankel n man hou daai roer reguit vir daai 2 of 3 sekondes.

ek gebruik hom nou al 5 jaar en is verlore sonder hom.  die bipods is n vaste lengte en in die karoo waar ek jag is die veld en bosse van so n aard dat jy n verstelbare ding moet he as jy springbokke jag want dan moet jy ver skiet en dit oor die bosse so dan is die le posisie bietjie moeilik partykeer. 

maar dis my persoonlike 2c  ek skiet vir geen oomblik die bipods af nie.  ek glo hulle werk vir die doel waarvoor hulle gemaak is.

met voorsit is hy n absolute plesier want dan rig jy hom in volgens jou terrein waar jy sit.
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Bipods

Post by .::Alwyn-U::. »

Ja ek stem saam met jou op dit, alle toerusting het maar sy voor- en nadele en almal het hulle eie scenario waarin hulle die beste werk. Mens moet maar met trial-and-error jou toerusting kies en op jou eie ervarings werk.

Het jy al daai toestel gesien wat aan jou belt/broek vas is by die heup dan tel jy hom net op en rus jou elmboog op hom vir 'n steady shot terwyl jy staan?  Ek wonder hoe werk hy vir vinnig skiet!
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Bipods

Post by PITSMIT »

alwyn

ek dra nie kennis van so n apparaat nie.  as jy meer weet of fotos kan kry en opsit dan kan ons kyk.  ek is altyd oop vir n nuwe ding
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Bipods

Post by .::Alwyn-U::. »

Ja ek sal bietjie vir 'n foto gaan kyk. Ek DINK AMPER hy was ge adverteer in die SA jagter... DINK SO!   

groete
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Bipods

Post by PITSMIT »

ek sal wag alwyn en die post dophou
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Bipods

Post by .::Alwyn-U::. »

Nee jong jammer ek kry daai advertensie n?rens nie ??? Maar ek gaan hom verseker kom post as ek hom kry!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Bipods

Post by Arnold »

Hierdie draad is effens oud maar tog wil ek weer vra. Die wat n Harris tipe bipod gebruik vir l? en skiet, watse hoogte ag julle as die beste? (6-9" of 9-13")
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bipods

Post by Geno »

Arnold,
Ek kom heel goed reg met 'n 9"-13"
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Bipods

Post by GreyGhostGear »

Hi Arnold,

Ek dink dit hang bietjie af van persoon tot persoon, 'n man se lengte en of jy spog met 'n paar gestoorde biere of nie, ens ens.
Maak net seker jy kry 'n swivel model  as jy hom in die veld gaan gebruik. Die "non-swivel" een gaan nie werk nie.
Ek het die 13 1/2 - 27 model gekoop en sy laagste posisie was vir my te hoog om gemaklik te le, sy middel posisie het geen doel gehad nie (kniel, sit ens.) en sy hoogste posisie was baie lomp vir my. Toe het ek hom met die grinder beetgekry, paar verstellings gemaak en nou is hy perfek vir le.
Hy werk darem bitter lekker in die karoo en 'n man kan darem nie veel meer steady kom as oor so Harris nie.
Cheers
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Bipods

Post by Arnold »

Ek het 'n goedkoop chinese Harris copy gehad in 6-9" (wat gebreek het na so bietjie mishandel). Wat ek kan onthou is dat ek die bipod op 9" moes stel vir l? en skiet en slegs van die bank af kon ek die korter verstelling gebruik.
Ek sal bietjie kyk want al my goed is nog weg gepak na die onlangse trek. Ek het ook 'n versa-pod tipe bipod en ek dink hy is 9-13". Ek kon nognie so 'n bi-pod in die veld toets nie want laaste was die gras te lank en ek het maar gesit en skiet van my kniee af.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Bipods

Post by wlm »

Daar het 'n slag 'n man die ding adverteer as 'n 'Kla-kierie"
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Bipods

Post by wlm »

Wil iemand nie asb. die Harris en die Versapod met mekaar vergelyk vir ons nie?
Nikko sterling maak ook 'n kopie van die Harris wat glad nie sleg lyk nie.
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Bipods

Post by Born2Late »

Ek het hierdie jaar saam met n ou gejag met n bi-pod op sy geweer.Ek gebruik soos PITSMIT n kamera staander en is heel gelukkig met hom.Die ou se pootjies het oral vasgehak en elke keer as hy hom oopmaak moes hy hom mooi vashou of hy klap te vinnig oop met n lawaai.Een slag het een van die vere hom geknyp dat die bloed loop.Ek dink vir voorsit waar jy tyd het om voor te berei sal 2 pootjies mooi werk maar vir walk en stalk verkies ek maar my staander.Hy is egter soos julle se soms bietjie onstabiel.
Groete
C.B
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
Post Reply