OBT vs Suppressors en Muzzle Brakes

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: OBT vs Suppressors en Muzzle Brakes

Post by Capt. Yoda »

Hoekom sal jy lading ontwikkeling doen op n ander manier as hoe jy met die roer gaan skiet? As jy n KD gebruik werk jou ladings uit met jou KD op.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: OBT vs Suppressors en Muzzle Brakes

Post by Messor »

Capt. Oblivious wrote:Hoekom sal jy lading ontwikkeling doen op n ander manier as hoe jy met die roer gaan skiet? As jy n KD gebruik werk jou ladings uit met jou KD op.
Capt

As 'n man gaan ladings skiet net vir die spoed om in QL te gebruik, dan moet jy eerder die KD afhaal.
Hoe groter die KD hoe meer gas vat hy, en soos hy opwarm sal jy dan die "freebore boost" effek kry.
Dit gaan jou niks pla as jy 'n ladder skiet nie, maar die QL node spoed is net tot by muzzle, en dit kan jou verkeerde spoed gee.
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: OBT vs Suppressors en Muzzle Brakes

Post by Messor »

Wouter Roets wrote: So die vraag bly nou watter van die drie faktore het die grootste invloed op akkuraadheid?
Wouter

My gevoel is dat indien die KD baie recoil wegvat, dit in groter kalibers die nommer een invloed op akkuraatheid sal hê.
Hoekom ek so sê is nie baie mense skiet presies op node nie, so hulle baat meer met die geweer en loop wat minder beweeg tydens die skoot.

Hierdie aspek is dalk meer verwant aan die oscillation en verwringing van die loop self, wat die aksus lyn insluit.

Die verwringing van die kroon sal tien teen een 'n groot rol speel met iemand wat presies op node is volgens OBT, of heel weg van node af is, en hier sal dit dalk meer sigbaar wees in kleiner kalibers met dun profiel lope.

Ek dink wat mense nou hier leer is die voordele van 'n KD is baie meer as wat die gewone ou op straat dink, en hierdie klein tegniese debatte doen wondere om sommige toonbank praatjies reg te maak. Want as ek jou moet verduidelik wat ek al van 'n verkoopsman gehoor het agter 'n toonbank oor 'n suppressor aan 'n klient dan kry ek so koue rilling.
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: OBT vs Suppressors en Muzzle Brakes

Post by Messor »

Hansieslim wrote:
As ek iets mag byvra by Messor se goeie vraag en denkwyse (ek stem saam dat die nodeband groter word, maar ek dink selfs hy skuif).
Die node self sal nie skyf nie, dit is 'n wiskundige formule wat bloot werk op interne ballistiek en loop lengte.
Die profiel(lees behaviour) van die node mag dalk verander, en dis die debat hier.
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: OBT vs Suppressors en Muzzle Brakes

Post by dehacked »

Messor wrote:
Wouter Roets wrote: So die vraag bly nou watter van die drie faktore het die grootste invloed op akkuraadheid?
Wouter

My gevoel is dat indien die KD baie recoil wegvat, dit in groter kalibers die nommer een invloed op akkuraatheid sal hê.
Hoekom ek so sê is nie baie mense skiet presies op node nie, so hulle baat meer met die geweer en loop wat minder beweeg tydens die skoot.

Hierdie aspek is dalk meer verwant aan die oscillation en verwringing van die loop self, wat die aksus lyn insluit.

Die verwringing van die kroon sal tien teen een 'n groot rol speel met iemand wat presies op node is volgens OBT, of heel weg van node af is, en hier sal dit dalk meer sigbaar wees in kleiner kalibers met dun profiel lope.

Ek dink wat mense nou hier leer is die voordele van 'n KD is baie meer as wat die gewone ou op straat dink, en hierdie klein tegniese debatte doen wondere om sommige toonbank praatjies reg te maak. Want as ek jou moet verduidelik wat ek al van 'n verkoopsman gehoor het agter 'n toonbank oor 'n suppressor aan 'n klient dan kry ek so koue rilling.
Soos meer mense Supressors gebruik begin die nadele ook deur kom. Die van sagte material wear uit so jy het nou nog 'n consumable. Dan ook vrae wat ontstaan oor hoe die baffles wat onegalig uit brand akkuraatheid affekteer. Sekere make wat druk tekens veroorsaak ten spyte van matige spoed ens ens. Ek skiet glad nie die goed af nie, ek het self maar ons moet oopkop wees en al die addisionele variables in ag neem. Kyk nou maar byvoorbeeld die Freebore boost effek waarvan Wouter praat. Dit is fataal vir lang afstand skutte wat 'n paar skote op 'n slag moet skiet. Nou het piete brand x met 'n groot effek en jannie brand y met minimale effek en daar spring die honde aan mekaar want niemand weet rerig wat aan die gang is. Ons moet bly gesels en inligting deel. Ek sal graag ook van ons mede forum lede wil hoor, spesifiek die wat probleme gehad het sodat ons ontwerpe kan begin identifiseer wat geneig is tot sekere probleme.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: OBT vs Suppressors en Muzzle Brakes

Post by Messor »

dehacked wrote: Soos meer mense Supressors gebruik begin die nadele ook deur kom. Die van sagte material wear uit so jy het nou nog 'n consumable. Dan ook vrae wat ontstaan oor hoe die baffles wat onegalig uit brand akkuraatheid affekteer. Sekere make wat druk tekens veroorsaak ten spyte van matige spoed ens ens. Ek skiet glad nie die goed af nie, ek het self maar ons moet oopkop wees en al die addisionele variables in ag neem. Kyk nou maar byvoorbeeld die Freebore boost effek waarvan Wouter praat. Dit is fataal vir lang afstand skutte wat 'n paar skote op 'n slag moet skiet. Nou het piete brand x met 'n groot effek en jannie brand y met minimale effek en daar spring die honde aan mekaar want niemand weet rerig wat aan die gang is. Ons moet bly gesels en inligting deel. Ek sal graag ook van ons mede forum lede wil hoor, spesifiek die wat probleme gehad het sodat ons ontwerpe kan begin identifiseer wat geneig is tot sekere probleme.
Ek het nie duur suppressors nie, eintlik oor ek maar net arm is, maar hulle werk soos 'n bom.
Hulle beskerm my ore in die veld, en hulle maak dit meer gemaklik vir lang skiet sessies in die winter. Ja hulle behou te veel hitte in die somer en veroorsaak onnodige heat haze.
Maar my gewere skiet almal, die wat my al gesien skiet het kan hiervan getuig.

Dis soos die eerste monolitiese koeels, hulle het net druk veroorsaak en regtig nie veel gebied nie.
Deesdae na baie gekarring het die ontwerpe so verander dat hulle kers vashou by moderne cup and cores.

Tegnologie verander deesdae so erg dat mens skaars kan kers vashou, paar jaar terug was dit light sensor chronies, toe magnetiese sensor chronies, nou skielik radar chronies.
Ek dink die suppressors is maar dieselfde, mens moet hulle openlik goed sê, of openlik sleg sê, solank dit alles net volgens feite is.

Dis darem lekker om in 'n draad soos die te lees hoeveel mense sê hulle het iets nuuts geleer, dis die hele doel van 'n forum.
Post Reply