PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek
- Raditipa
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Wed Aug 03, 2016 4:44 pm
Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek
Ek het so 2 weeke trug n vriend se kwes kudu bul gespoor en dood geskiet wat met n 243 PMP bruin pak punt agter die blad ge skiet was. Ek was van die staan spoor af skepties oor sy projektiel keuse, maar na ek die bul die "goeie nuus" gegee het met n 300gr norma Oryx was ek verbaas om te sien dat die ou 100gr .243 koëlkie die bul van kant tot kant ge pennitreer het. Die skoot was te laag en te vêr agter die blad net n rib ge tref maar wel reg deur tot onder die vel aan die teenoorgestelde kant. Toe ek hom uit sny was ek verbaas om te sien dat die lood en kooper mantel nog saam was. Ek was nog nooit n groot voor staander van PMP bruin pak koëls nie en het al agter baie manne se bokke aan geloop wat met hulle gejag was. Ek weet hulle is geneig om op te breek en is glad nie lief vir groot beene tref nie!! Maar ek moet sê as die skoot 5 duim hoër was het ons die bul binne 100m van waar hy die skoot gevat het op ge tel. Bruin pak, Blou pak, Norma, Nosler, Barnes, Hornady skiet net wat jy wil maar plaas jou skoot reg!!! n Premium punt gee jou beslis meer "room for error" en baie meer opsies om by die vitals uit te kom maar geen koël maak op vir swak skoot plasing nie!
.22 Ruger 10-22
223 NEF Handi
223 MSR15 Recon
22-250 Rem Winchester
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
357 Marlin 1894
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield
223 NEF Handi
223 MSR15 Recon
22-250 Rem Winchester
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
357 Marlin 1894
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek
As jy daai PMP koel en daai Norma koel wat jy gebruik in die middel deur sny gaan jy verbaas wees oor wat jy sien met die 2.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Boerboel
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Mon Apr 20, 2015 7:51 pm
Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek
Daar het so 3 weke gelede mense gejag op my pel se plaas, die een persoon moes my 7x57 leen, en het PPU 173gr punte geskiet, ek het hulle gemeet deur die chrony en hulle was so 2450ft/s, 'n ander ou het gejag met sy 308 met 180gr partition teen 2550ft/s. Ek het gedink as daar skade sou wees die man met die partitions dalk meer skade sou he.
Die 7x57 het 'n BWB op 80m geskiet en die 308 Kuddu Koei op omtrent 80m. Altwee agter die blad. Die BWB het 'n bloedkol gehad so 20-30cm aan die een kant en amper dieselfde ander kant. Die kudu koei met die partition het niks skade gehad nie, Gaatjie een kant en gaatjie ander kant. Altwee het skade in die binne gehad en altwee het gewerk, die bokke hang
Dit het vir my gewys dat skade nie altyd deur spoed gedoen word nie, maar dat koel konstruksie 'n baie groot rol ook speel

IF GUNS WERE OUTLAWED ONLY OUTLAWS WILL HAVE GUNS
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek
"die bruin pak het nou al vir jare al my vleis op die tafel gesit" Dis net daar waar ek besef ek en die ou kan nie saampraat nie, hy praat vleis en ek wil wetenskap praat.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek
My jagters het hierdie naweek verskeie bokke geskiet, almal met 30-06 en 180gr bruin boks en 180gr hornady interlock fabriek rondtes. Ek wil amper sê die interlocks wys bietjie meer vleisskade. Ek. Weet wel nie of hulle warmer gelaai is nie. Al die bokke en varke het net daar gelê met goeie skoot plasing. Al die punte is reg deur en skote so 100-130m.
Ek het self 'n hartbees geskiet met 'n 180gr proamm punt teen 2750fps. Op 300m het die bok net daar neergeslaan. Punt is reg deur met matige vleisskade.
Bosveld jag bly lekker en solank die skote op die regte plekke val kan ons na die dag se jag saam kuier oor ballistiek en die wetenskap agter die koele. Natuurlik met 'n vol koelkamer omdat almal goeie skote geskiet het met allerhande kombinasies.
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk

-
ChristoK
- Full Member

- Posts: 138
- Joined: Sun Oct 08, 2017 11:11 pm
Re: Hoe vaar die PMP bruin boks koeëls in die jagveld?
Eduard Venter wrote: Ek jag baie met pmp bruin koele. Beide fabrieks rondtes en die wat ek self laai (QL ladings danksy die gawe manne op jaracal)
In die 30-06 skiet ek 180gr teen 2750fps. Kry half duim groepe op 100m en 5 duim op 300m. Verder as dit het ek nog nie gewaag om te skiet nie. Die koeëls val soos 'n baksteen (zero op 100m, 6 en 'n half duim laag op 200m en omtrent 'n half meter op 300m as ek reg onthou). 'n Arme rooibok se blaaie is voos geskiet en die punt breek erg op. Kern en mantel skei, en soms is al wat ek terugkry klein stukkies lood. Ek sal 'n eland bul daarmee skiet maar dit sal verseker nie my eerste opsie wees nie. My eie bokke skiet ek gewoonlik met die swift A frame teen dieselfde lading en spoed, selfde impak punt op 100m sonder om aan die scope te stel.
Eduard sal jy asb daai 180gr lading deel, ek wil ook bietjie swaarder gaan om my 06.
BRNO ZKK 600 30-06
BRNO 8x57
Howa 6.5 Creedmoor
Troy SPC A3
H&K P30
Beretta SP1 Field
BRNO 8x57
Howa 6.5 Creedmoor
Troy SPC A3
H&K P30
Beretta SP1 Field
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek
Pm gestuur. Ek stel voor jy vra die manne met Quickload om jou te help met 'n lading. Dit gaan die beste resultate lewer en dan weet jy dit is veilig in jou geweer.ChristoK wrote:Eduard Venter wrote: Ek jag baie met pmp bruin koele. Beide fabrieks rondtes en die wat ek self laai (QL ladings danksy die gawe manne op jaracal)
In die 30-06 skiet ek 180gr teen 2750fps. Kry half duim groepe op 100m en 5 duim op 300m. Verder as dit het ek nog nie gewaag om te skiet nie. Die koeëls val soos 'n baksteen (zero op 100m, 6 en 'n half duim laag op 200m en omtrent 'n half meter op 300m as ek reg onthou). 'n Arme rooibok se blaaie is voos geskiet en die punt breek erg op. Kern en mantel skei, en soms is al wat ek terugkry klein stukkies lood. Ek sal 'n eland bul daarmee skiet maar dit sal verseker nie my eerste opsie wees nie. My eie bokke skiet ek gewoonlik met die swift A frame teen dieselfde lading en spoed, selfde impak punt op 100m sonder om aan die scope te stel.
Eduard sal jy asb daai 180gr lading deel, ek wil ook bietjie swaarder gaan om my 06.
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Hoe vaar die PMP bruin boks koeëls in die jagveld?
Dit kan gevaarlik wees om iemand anders se resep te gebruik, wat veilig is in een geweer beteken nie dis veilig inChristoK wrote:Eduard Venter wrote: Ek jag baie met pmp bruin koele. Beide fabrieks rondtes en die wat ek self laai (QL ladings danksy die gawe manne op jaracal)
In die 30-06 skiet ek 180gr teen 2750fps. Kry half duim groepe op 100m en 5 duim op 300m. Verder as dit het ek nog nie gewaag om te skiet nie. Die koeëls val soos 'n baksteen (zero op 100m, 6 en 'n half duim laag op 200m en omtrent 'n half meter op 300m as ek reg onthou). 'n Arme rooibok se blaaie is voos geskiet en die punt breek erg op. Kern en mantel skei, en soms is al wat ek terugkry klein stukkies lood. Ek sal 'n eland bul daarmee skiet maar dit sal verseker nie my eerste opsie wees nie. My eie bokke skiet ek gewoonlik met die swift A frame teen dieselfde lading en spoed, selfde impak punt op 100m sonder om aan die scope te stel.
Eduard sal jy asb daai 180gr lading deel, ek wil ook bietjie swaarder gaan om my 06.
joune nie. As ek jy was sou ek jou geweer en kruit details deurgee dat die manne kan kyk met Quickload
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek
My beperkte ervaring oor PMP bruinboks uit my 303 het my laat besluit om te herlaai. Aanvanklik het ek ook geglo dat daardie patrone goed genoeg was, maar my opinie het verander. Eerstens, die verskille tussen die lotte was net vir my te groot. Met die een batch skiet ek amper moa, met nuwer skiet ek amper in elke hoek van die teiken. Gedag dit was ek, maar die .22 het gewys daar is ander probleme.
Blesbokke geskiet met PMP bruinboks op 80-100m, die vleisskade het my baie gepla. Ja, die bokke het gelê en is al opgeëet, maar my gevoel vir beter het my laat begin oplees oor herlaai, so 'n nuwe stokperdjie gekry.
Volgende blesbok was met selfde 303, maar herlaaide ammo met Impala 130gr koeëls. Hom geskiet op so 60m, die koeël is natuurlik dwarsdeur, maar ek was verstom oor die min vleis skade. Die bok het net so 10m gehardloop. Die geweer (en ek) was baie meer akkuraat as met die PMP's.
Vir my is die cup&core koeëls net nie meer goed genoeg nie, maar my persoonlikheid maak dat is ek nooit tevrede sal wees nie, sal altyd soek na beter.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek
168gr PMP bruin boks koeël teen 2460fps uit 18" .308 Winchester uit
Frontale skoot op rooibok ram op 210m - koeel in prentjie is onder die vel gekry by boud. Dwars deur bok gepenetreer.
Was baie beindruk.
Vark op 350m geskiet - Frontale kopskoot - koeël in borskas in en tot rus in pens.
Nog n rooibok op 180m - plankdwars- reg deur bok geskiet
Blouwildebees kopskoot op 70m - in op voorkop uit agter nek uit...
Die koeëls werk baie mooi teen die lae snellheid...

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Max Rossle on Fri Jan 25, 2019 12:32 pm, edited 1 time in total.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek
Ek het dan op 2 Januarie 2019 'n 15.5" blesbok ram op 130m OP die blad geskiet met 180gr PMP bruin boks koeel teen 2470fps - die ram se skouer is gebreek en hy het 50m gehardloop op die vlakte en omgedop. Die koeel is dwars deur die bok en het die liggaam verlaat net agter die blad op die teenoorgestelde kant (R5 grote exit).
Die bloedspoor was ongelooflik (nie dat dit nodig was op die vlakte nie).
Die blad wat die impak absorbeer het het 'n duidelike gat deur hom gehad maar sonder kneusing en 'n morsige snotterige bloedspul. Die gat is skoongemaak en die klein bietjie kneusing wat daar rondom en binne die wond was is weggesny (200g maksimum wat gemors is).