Wat vang my lammers?
-
Pik
Wat vang my lammers?
Die afgelope jaar word daar lammers en ooie by my gevang en ek kry nie die ongedierte nie. Die klein lammertjies se bekke word afgevreet, maar nie die tong nie. Die pens word gebyt en die binnegoed uitgevreet. Die ooie word oral op die sagte vleis gedeeltes gevreet. Groter gespeende lammers word gebyt en aan die boude gevreet terwyl die lam nog lewe. Ons is moedeloos. Kan iemand raad gee? Roep in die nag help nie, honde help nie, wat nog? Groetnis uit die Suid-Kaap. So 'n rukke terug was daar 'n foto op Fokus (program oor ondegdiertes) van een van my lammers waarvan die bek afgevreet was.Groetnis uit die Suid-Kaap
-
Ooploop
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm
Re: Wat vang my lammers?
Naand Pik
As ek mag vra,waar in die Suid Kaap is jy?
Ooploop
As ek mag vra,waar in die Suid Kaap is jy?
Ooploop
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Wat vang my lammers?
Klink vir my dan so na Rooikat se kind!! Is ek reg?
Groetnis
Groetnis
-
Pik
Re: Wat vang my lammers?
Ek boer in Heidelberg se distrik. Nee, dis nie rooikat nie ek ken hulle planne. Die manier van vreet is nie soos 'n rooikat sin nie.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Wat vang my lammers?
Pik
Waar word die lammers en ooie gebyt en hoe lyk die byt plekke?
Groetnis
Waar word die lammers en ooie gebyt en hoe lyk die byt plekke?
Groetnis
-
Pik
Re: Wat vang my lammers?
Party word aan die kant van die keel gebyt en nie soos 'n rooikat se byt wat onder die keel is nie. Aan baie kry ek nie bytplekke by die keel nie.
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Wat vang my lammers?
Verskoon maar 'n dom vraag.
Skade in die nag of dag?
Skade in die nag of dag?
-
Pik
Re: Wat vang my lammers?
Dit lyk vir my dit gebeur in die nag en dit wil voorkom asof dit in die vroeg oggendure gebeur, want partykeer drup die bloed nog uit die lammers as ek lig dag gaan kyk.
-
Ooploop
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm
Re: Wat vang my lammers?
Kan jy miskien n foto of twee opsit vir ons?
Ek weet daar is boere in die heidelberg distrik wat kwaai deurloop onder ratels wat hulle bitter baie skade gee en dan na Nico Uys se kant toe is jakkals ook bedrywig.
Ken jy Deon Malherbe miskien?
Ek weet daar is boere in die heidelberg distrik wat kwaai deurloop onder ratels wat hulle bitter baie skade gee en dan na Nico Uys se kant toe is jakkals ook bedrywig.
Ken jy Deon Malherbe miskien?
-
Pik
Re: Wat vang my lammers?
Ek is dom om die foto van die lam op te sit. Dit wil voorkom asof dit nie 'n ratel is nie, want die ratel eet eerste die tonge en die ding doen dit nie. Ek is een van Nico se bure en dis juis hier by ons waar almal dink dis die jakkals, maar ons kry niks. Het juis weer vanoggend met 'n span jaghonde gaan soek geen teken van enige iets. Ken 'n Deon ja.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Wat vang my lammers?
Is daar nie dalk rondloper honde wat kwaad doen nie?
Groetnis
Groetnis
-
Pik
Re: Wat vang my lammers?
Het ook aan honde gedink, maar die manier van vang is nie die van 'n hond nie.
-
Ooploop
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm
Re: Wat vang my lammers?
Ek hoop vir jou part dat ek verkeerd is,maar ek sal se dit is jakkals.
Die tewe vreet die bekke so af agter die kraakbeen aan om kalsuim 'bymekaar' te maak
vir die kleintjies wat hul gaan kry,dit is hoe ek dit het,ek mag verkeerd wees. .
Die lammers/skape wat nog lewe is jong jakkalse wat die lam nie plat kry nie het ek al gesien.
Mooibly

- CHRIS
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm
Re: Wat vang my lammers?
Pik
ek het geen idee wat jou goed vang en wat daar voorkom nie, wat ek wel wil s? gaan kyk weer mooi hoe die ding vang,
hier by ons het ou eenkeer ges? bosvark vang so , toe s? ons "hier is nie," toe is hier.
die feit dat jy al (as ek reg lees) al ooie ook verloor het kan dit nie klein ding wees nie behalwe as dit pak besigheid is.
ek wil nie weer debat oop gooi nie, maar is daar maanhare(aardwolwe) by julle????
(Vra vir nico uys of hy 85 in kimberley in army was asb.)
groete Chris

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Wat vang my lammers?
Pik, as jy foto's opsit sal jy sekerlik die waarskynlike antwoord hier kry. As jy nie self regkom nie, E-Mail die foto's na een van ons, dat ons jou kan help. Bytplekke, manier van vreet en spore as jy kan.
Louis
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Wat vang my lammers?
= Jong jakkalse, laasjaar se kleintjies.Pik wrote: Die ooie word oral op die sagte vleis gedeeltes gevreet.
= ook jong jakkalse.,Pik wrote: Groter gespeende lammers word gebyt en aan die boude gevreet terwyl die lam nog lewe.
=Dui ook op jakkalse, rooikat hou op vreet sodra die binnegoed uitkom.Pik wrote: Die pens word gebyt en die binnegoed uitgevreet.
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Wat vang my lammers?
Klink na 'n nare besigheid wat hierdie ding doen.. Ek hoop jy kry hom gou! Jammer ek kan nie kommentaar lewer oor wat dit is nie, Raven kan dalk reg wees!
- Foxhound
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am
Re: Wat vang my lammers?
Pik
ek het vir jou n maat van my se nommer, hyt ook 2 pakke jaghonde, en ek kan jou belowe as daar n jakkie of kat rondgeloop het sit hulle op daai spoor tot hulle hom kry
maar laat weet maar, by my ook gesukkel met ding wat in kraal gevang het so rukkie trug en konni sy spoor kry ni, sy pap-aangedrewe beampte wat met honde werk het oggend 4h begin jag en hlf 3 die middag 6km verder het hy jakkie vasgetrek en vangery was op n end
Maar laat weet maar
groete
Foxhound

You miss 100% of the shots you don't take...!!!
-
Pik
Re: Wat vang my lammers?
Dankie aan almal wat so vinnige reageer. Ek het foto's ge-epos aan Louis en dan kyk ons weer.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Wat vang my lammers?
Pik se foto's, kom ons help die man, wat vreet so:
[align=center]
[/align]
[align=center]
[/align]Goeie dade oortref goeie woorde.
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 549
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Wat vang my lammers?
Manne
Ek weet nie regtig wat so vang nie, dink dis jong kakals, maar nadat ek die foto's gesien het stem ek saam met die lam se Ma, "die verantwoordelik moet die doodstraf kry".
Kan mens nie publisiteit maak ("get the right message out") en die foto's vir die koerante stuur dat hulle ons "help" om die skuldiges te kry nie? Op hierdie manier dan sommer so "hulle verantwoordelike bydrae vir dierebeskerming" te kan maak. "Hulle het mos groot reikwydte met hul publikasies" is 'n redenasie wat gevolg kan word. So vat ons dan die idee wat reeds begin is deur ander forum lede verder. Bietjie inligting herhaaldelik - reg of verkeerd - oortuig die meerderheid.
Groete
Jassie

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Wat vang my lammers?
Ek kan dit omtrent nie glo nie. Ek haat dit om 'n dier so te sien!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Wat vang my lammers?
Jassie, jy het 'n goeie punt beet. Daar is 'n magdom foto's soos hierdie in die omloop, maar dit is nie iets waarby die gemiddelde gesins-publikasie betrokke by wil raak nie (so raai ek) Te wreed en ontstellend vir baie lesers, as jy verstaan wat ek bedoel. (kyk maar na Alwyn-U se reaksie) Tog is dit 'n realiteit waarmee ons kleinvee produsente bykans daagliks te make het. 'n Bitterpil-dosis wat ons hopeloos te gereeld moet sluk.Jassie wrote: ..... Kan mens nie publisiteit maak ("get the right message out") en die foto's vir die koerante stuur dat hulle ons "help" om die skuldiges te kry nie? Op hierdie manier dan sommer so "hulle verantwoordelike bydrae vir dierebeskerming" te kan maak. "Hulle het mos groot reikwydte met hul publikasies" is 'n redenasie wat gevolg kan word. So vat ons dan die idee wat reeds begin is deur ander forum lede verder. Bietjie inligting herhaaldelik - reg of verkeerd - oortuig die meerderheid ....
Ongelukkig is iets soos die seks skandale van die celebrities, meer die tipe ding waarvoor die wye publiek sal betaal om te lees en uitgewers eerder sal publiseer.
Nog 'n punt wat ek sal maak is dit: Hierdie is 'n uiters emosionele ding en soos ons weet, waar emosie die oorhand het, lei realisme daaronder. Dat jy die stoere groen-aktiviste (self aangestelde beskermers van die jakkalse regte om skaapplase te vervuil) tot ander insigte gaan bring, betwyfel ek. Die boer en sy lammetjie het geen regte op sy eie plaas, volgens hulle nie, die jakkals was eerste daar. (Solank die afstammelinge van die boesmans hom net nie uit sy eie huis druk nie - daar geld die "eerste daar"- re?l nie. Of 'n brommer op sy kos kom sit nie - daar geld die "eerste daar"-re?l ook nie) Dit is meer lonend vir hierdie mense om die boer van swak "husbandry" en -boerdery praktyke te beskuldig, as om hul bestaansreg te erken.
Die beste ding wat ons kan doen is om uitgesproke te wees oor die reg van die produsent om sy eie kudde te beskerm teen ongedietes. Glad nie nodig om die ongedietes te haat nie, dit is ook wonderlike diere wat deur God geskape is, maar hulle hoort nie op kleinvee plase nie, klaar.
So dink ek.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Re: Wat vang my lammers?
Ek sou reken dat Draaijakkalse ook geneig is om KLEIN lammetjies so te vreet. Ek het egter nie 'n opinie oor die groot ooie se sondaars nie.
Geroer-nie geskud nie