PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Armand Steenkamp »

Ek kan nie rerig saam gesels nie. Ek het al reedelik baie bokke geskiet. Maar elkeen was nog met n standaard koeels geskiet. Vmaxse , bts ,blitzkings,bruinboksPMP , hornady interlock en sierra gamekings. As jou spoed laag is glo ek nie het jy iets om oor te worrie nie. Ek het laasjaar n gemsbok op die knoppe geskiet met my 303 en 174gr bruinboks koeelem hy het in sy spore geval. Koeel in die oorkandse blad gekry na hy die duskandse blad gebreek het. Moet asb nie dink ek skiet julle manne wat premuim koeels aanbefeel se gedagtes af nie, ek se net dat as ek in max se posisie was sou ek sonder twyfel die bruinbokse gebruik het. Die is net my opinie kerels.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Nella »

Kom ons kyk na die omstandighede rondom die 150 gr barnes wat getuimel het
My skoot was heeltemal te hoog en lings gewees op die dier. Ingangs gat binne op die ribbes was baie groter as n golfbal. Regter kant se long bo aan stukke geruk en reg deur die pêns tot onder die vel.
Koeël het 100% gewig retensie gehad maar het baie skuins en plat geslaan.
Te oordeel aan die gat in die bors holte wonder ek of die koeel nie toe al begin tuimel het nie. Dit was rerig n groot ovaal gat.
Skiet afstand was so 130m gewees
150gr Barnes tsx
308
2690 fps
Just smile and wave boys >:D
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by JJV »

Ek het nie al die comments gelees nie, maar ‘n vriend van my het dit eendag mooi opgesom met die vraag: Wat kos jou jag jou? Bokprys, slag, koelkamer, dagfooi, ph fooi, bakkie fooi, petrol, kos, drank, hout, tips, en jy wil aandring om ‘n R5 te punt te gebruik en nie ‘n R10-20 punt nie?
En toe sien ek die lig.
Ek weet wel ‘n swift a frame deur die boud beteken net so veel soos ‘n pmp deur die boud.
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Joe13 »

JJV wrote:Ek het nie al die comments gelees nie, maar ‘n vriend van my het dit eendag mooi opgesom met die vraag: Wat kos jou jag jou? Bokprys, slag, koelkamer, dagfooi, ph fooi, bakkie fooi, petrol, kos, drank, hout, tips, en jy wil aandring om ‘n R5 te punt te gebruik en nie ‘n R10-20 punt nie?
En toe sien ek die lig.
Ek weet wel ‘n swift a frame deur die boud beteken net so veel soos ‘n pmp deur die boud.
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
Mooi opgesom, ek kyk met dieselfde oogpunt na die saak. Op die ou einde gaan dit oor die jagter sy skoot plasing en jy wat jou geweer ken. Soos jy genoem het van boud skoot, hetsy Barnes of PMP, jou billies gaan weghol.

Dit help nie jy spandeer duisende rande op top punte maar jy plaas jou skote sleg netso help dit nie jy koop goedkoop punte en verwag min tot geen vleis skade nie.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by tripodmvr »

Nella wrote:Kom ons kyk na die omstandighede rondom die 150 gr barnes wat getuimel het
My skoot was heeltemal te hoog en lings gewees op die dier. Ingangs gat binne op die ribbes was baie groter as n golfbal. Regter kant se long bo aan stukke geruk en reg deur die pêns tot onder die vel.
Koeël het 100% gewig retensie gehad maar het baie skuins en plat geslaan.
Te oordeel aan die gat in die bors holte wonder ek of die koeel nie toe al begin tuimel het nie. Dit was rerig n groot ovaal gat.
Skiet afstand was so 130m gewees
150gr Barnes tsx
308
2690 fps
Met 1 in 12 groefdraai sal die 150 Barnes swak stabiliseer en daarom is die 130gr die een wat gewoonlik aanbeveel word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Flip Nel »

Ek dink as jy met iets soos PMP of teiken koeels kies moet besef jy seker skote nie kan neem nie en daarby hou, as jy nie die selfbeheersing het om 'n bok te los as hy nie reg staan nie kry vir jou 'n beter koeel.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Nella »

Oom Tripod die 308 het n 1 in 10 twist met n 20" duim loop
Die geweertjie skiet daai 150 konstant so drie kwart duim op n 100m . Baie seker hy kan nog beter maar vir jag is daai 100% vir my
Dink oom ek moet swaarder gaan ?
Moet darm noem dat daai kombenasie het al baie bokke lat bakkie ry.
Just smile and wave boys >:D
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Wouter Roets »

More Nella

Stabilisasie het twee demensies naamlik vlug stabilisasie en dan teikenmedia stabilisasie. Laasgenoemde se syfer wat uitgedruk word as SF(Stability Factor) moet hoer wees as eersgenoemde.

In jou voorbeeld glo ek nie jou SF was te laag en die oorsaak van die tuimeling nie. Die meeste mono konstruksie koeels sukkel baie keer met die probleem dat die neus of punt van die koeel verkeerdelik vervorm met die inpak en dit dan teweeg bring dat die koeel se petals nie almal ewe veel omklink nie, of selfs afbreek. Die op sy beurt veroorsaak dat reguitlyn penetrasie beinvloed word en die koeel of van koers af penetreer of begin tuimel. Hierdie is die rede hoekom sekere monokoeel vervaardigers spesiale neus ontwerpe toepas in die vorm van n plunger om die probleem aan te spreek.

So in jou gevalhet het die koeel tien teen een die ribbe getref, die rib het opgebreek en sekondere projektiele gemaak en dus die skade by die ingangs wond wat julle beleef het. Die koeel se neus het skeef vervorm en die petals aan die teenoorgestelde kant het oopgemaak en weerstand beleef in die teikenmedia. Hierdie het die koeel heeltemal gedestabiliseer en die koeel het uiteindelik begin tuimel en onder die vel gaan vassit. Glad nie n tendens wat nie redelik algemeen sy verskeining maak onder mono en die harder premuim koeels nie veral onder die ligter vir kaliber koeels.

Die swaarder lees langer vir kaliber mono koeels beleef soms ook tuimeling en die oorsook daarvan is soos Cappie verduidelik.Dit gaan gewoonlik gepaard met n lae SF syfer wat beteken die koeel is nie genoegsaam gestabiliseer vir die teikenmedia fase nie. Onthou ook dat die SF syfer bepaal word deur jou spiraal sowel as die spoed waarteen die koeel geskiet word. Met swaar koeels is dit soms dat die spoed wat uit die aard van die saak laag is bydrae dat die SF syfer nie genoegsaam is nie.

Hoop dit maak sin en help so bietjie.

Groetnis
Wouter

PS Max hierdie is n onsaglike komplekse en ingewikkelde afdeling van die skiet wereld net soos interne ballistiek en kom ons wees eerlik eintlik die hele skiet bedryf. Nieteenstaande dit bly dit vir my n ontsaglike interessante een. Ek kry myself baie waar ek dink ek kry dit onder die knie net om die volgende dag weer uit die parkie gewetter te word.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Nella »

Wouter Roets wrote:More Nella

Stabilisasie het twee demensies naamlik vlug stabilisasie en dan teikenmedia ..................
Baie dankie Wouter
Paar dinge nou geleer wat ek nooit geweet het nie.
Jou verduideliking maak 100% sin
Daai koeël het presies gemaak soos jou beskrywing.
Laat my besluit om nou 180gr tsx vir die bos te laai te her oor weeg .
Teen net 2400fps mag hulle dalk n groter kans staan om te wil tuimel.
Dankie
Just smile and wave boys >:D
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by James Wilson »

Het vir baie jare as ek jag ongedierte beheer of oes, net met die bruin pakkie koeels die taak aangepak. Die produk is heeltemal goed genoeg en sal nie sommer teleurstel nie. Ek het egter later met ongediertes en oes, oorgeslaan na Hornady V-max; SST en Nosler BT. Wat jag betref het ek vir baie lank die Nosler Accubond gebruik. Later vir suiwer jag waar lyfskote n groot moontlikeid is, oorgeslaan na Barnes TSX en GSC.

Ek glo PMP se bruin boksie is n aanvaarbare produk, daar is egter beter produkte. Self het ek dit bitter lanklaas gelaai. Verskil die gewigte en lengtes nog so? Wat algemene jag betref glo ek nie ek sal ooit weer wegbeweeg van die monometaal produkte nie.(uitgesluit Impala).
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Wouter Roets »

Nella wrote:
Wouter Roets wrote:More Nella

Stabilisasie het twee demensies naamlik vlug stabilisasie en dan teikenmedia ..................
Baie dankie Wouter
Paar dinge nou geleer wat ek nooit geweet het nie.
Jou verduideliking maak 100% sin
Daai koeël het presies gemaak soos jou beskrywing.
Laat my besluit om nou 180gr tsx vir die bos te laai te her oor weeg .
Teen net 2400fps mag hulle dalk n groter kans staan om te wil tuimel.
Dankie
Nella

Ek het nou die SF syfers vergeet, maar ek dink dit is minimum van 1,5 vir vlug en 2,0 vir teikenmedia. Gaan Google eers die SF formule en kyk of jou koeel keuse tesame met spoed aan die syfers voldoen. Dink Berger se webtuiste het so n calculator as ek dit nie mis het nie. Persoonlik sal ek hou by wat jy het en met die finomeen wat af en toe sy kop uitsteek saamlewe.

Groetnis
Wouter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by tripodmvr »

Die ander ding wat 'n rol kon gespeel het was plantegroei wat naby die teiken getref is. Dit vat bitter min om 'n koeël van koers af te dwing en onstabiel te maak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Koos Barnard »

Ter aansluiting by bogenoemde opmerkings oor die tuimel van koeëls kan ek miskien net die volgende byvoeg: Wanneer jy koeëls in nat papier (wetpack) skiet bly hulle gewoonlik baie mooi in 'n reguit lyn penetreer en hulle klink pragtig om. Selfs die standaard loodkern-koeëls (PMP, Hornady, Sierra, ens) doen dit as die trefsnelheid nie te hoog is nie. Hierdie reguit penetrasie en perfekte omklink is te wyte aan die feit dat die nat papier se digtheid (consistency) deurgaans dieselfde is. In bokke waar die digtheid van die materiaal waardeur die koeël moet penetreer verskil, tuimel koeëls baie keer. Wouter het dit klaar hierbo verduidelik - die koeël mag 'n rib of been vang en nie mooi eweredig omklink nie, ens. My ondervinding is dat enige koeël, maak nie saak wat sy konstruksie is nie, kan tuimel. Koeëls tuimel partykeer selfs al penetreer hulle in 'n redelike reguit lyn en al klink hulle mooi eweredig om. Ek het koeëls van byna elke denkbare fabrikaat uit bokke gehaal wat getuimel het. Net soos wat konstruksie nie kan waarborg dat 'n koeël nie sal deflekteer as dit 'n tak vang nie, net so kan konstruksie nie waarborg dat 'n koeël nooit sal tuimel as bokke met lyfskote geskiet word nie.
Mooi loop
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Messor »

Nella wrote:Oom Tripod die 308 het n 1 in 10 twist met n 20" duim loop
Die geweertjie skiet daai 150 konstant so drie kwart duim op n 100m . Baie seker hy kan nog beter maar vir jag is daai 100% vir my
Dink oom ek moet swaarder gaan ?
Moet darm noem dat daai kombenasie het al baie bokke lat bakkie ry.
Daai SG waarde is meer as 2, menende die koeel is heeltemal stabiel.

Maar onthou nou, die dinge maak party manne se kop deurmekaar.
Hoe vinniger jy hom skiet hoe hoër is sy SG by muzzle, as jy hom stadiger skiet dan is sy SG bietjie laer.
MAAR, soos wat die koeel spoed verloor na hy gevuur is raak sy SG weer hoër.

Dis 'n mondvol, maar nou ja :)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Wouter Roets »

Messor

Presies so en die ergste is dat daar nie n enkele twee skote in teikenmedia gevat sal word wat dieselfde gaan wees nie. Elke enkele skoot is uniek.

Jy wat nou so lief is om oor die dinge te praat, met wie deel jy nou die goed so op n jagtip? ;)

Koos dit is waar wat jy se oor wetpacks en dit het grootliks te doen met die koeel wat die teikenmedia haaks tref. Meskien bietjie tyd om koeels skuins in wetpacks te begin skiet en dan te kyk hoe hulle vaar.

Groetnis
Wouter
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Koos Barnard »

Jy is reg Wouter, net bietjie moeilik om dit skuins genoeg in te skiet want dan moet jou wetpack lekker breed wees. Dit werk nie so lekker met die gewone tydskrifte nie. Maar ons sal probeer.
Mooi loop
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Aceofspades »

Wetpack se voorkant moet skuins wees. Voorkant met droë glans tydskrifte.

'n Ander manier wat beter simuleer is die droëe glanstydskrifte (+-5) so 50mm diep in die wetpack. Dis bietjie meer werk, maar dien die doel.

Met albei moet jy net 'n raam bou wat die tydskrifte skuins stut.

Kriek
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Messor »

Wouter Roets wrote:Messor



Jy wat nou so lief is om oor die dinge te praat, met wie deel jy nou die goed so op n jagtrip? ;)
Nee wat Wouter, my mense worry nie oor die SG en SD en BC en ANC van gewere nie.
Dis maar net dinge wat ek studeer om die lewe vir myself onnodig ingewikkeld te maak.
Om die waarheid te sê ons praat bitter min van gewere rondom 'n kampvuur.

Ons pause net elke uur of so die gesprek waarmee ons besig is om 'n 30-06 sleg te sê, maar daarna gooi ons nog hout op en vergeet van die wêreld se sorge.

Ek dink ek moet eedag vir hulle sê ek moet op 'n kursus gaan(om nie hul gevoelens seer te maak nie) maar skelmpies saam met iemand soos jy gaan jag, dan kan ek uiteindelik saam met iemand tech talk wat ook grieks verstaan :)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Capt. Yoda »

Julle 270 ouens het seker n tiepe club ne? Seker nou nie n moerse club nie maar meer soos 40year old virgins
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Messor »

Capt. Oblivious wrote:Julle 270 ouens het seker n tiepe club ne?
The league of extraordinary gentlemen.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by jdpretorius »

Messor wrote:
Capt. Oblivious wrote:Julle 270 ouens het seker n tiepe club ne?
The league of extraordinary gentlemen.
Image

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Flip Nel »

Messor wrote:
Capt. Oblivious wrote:Julle 270 ouens het seker n tiepe club ne?
The league of extraordinary gentlemen.
++>: ++>: ++>: Daai man moet 'n bels kry
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Capt. Yoda »

++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Wouter Roets »

Messor wrote:
Capt. Oblivious wrote:Julle 270 ouens het seker n tiepe club ne?
The league of extraordinary gentlemen.
Bahaha!

Nou ja toe ek wag vir jou oproep, maar jy weet mos ek het nie n 270 nie.
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: PMP Sukses vs Die Res - 'n Dik Projektiel Gesprek

Post by Hennie van der Merwe »

Dagsê almal,

My skoonpa het verlede naweek gaan jag naby Naboom. Het met sy 375H&H geskiet: 250gr Barnes TTSX, gelaai en spoed is so om en by 2600v/s.

Afstand was 184m op BWB bul plankdwars.

Ons was verbaas oor die uitermatige baie vleisskade - ons het verwag dat die koeel regdeur sou gaan sonder veel skade.
Koeel was nooit herwin nie.

Dis nou n ding.
Post Reply