Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het onlangs die Marcool 10-40X56 Tactical FFP uit Sjina laat kom vir n pcp. Gister opgesit en was bitter verbaas oor die kwaliteit vir onder $200 US (transport ingesluit). Op grootste vergroting is die beeld bietjie "mirage-arig" en oor die algemeen is dit nie maklik om jou kop agter scope in te sit en daai perfekte beeld te kry nie. Dit kos maar n bietjie vorentoe, agter toe, links, regs, maar as mens die fokus regkry en vergroting is nie op sy wydste nie (wat n over kill is) is die beeld verbasend goed. Ek het gister gemaklik op 1.1km advertensie borde teen n gebou gesien en n voel op n dak sien sit. Sal hom nog so tydjie op PCP hou maar as scope hom goed gedra gaan hy dalk na die regte geweer toe.
PS- en as ek krities moet wees op sy kleinste vergroting is dit maar moeilik om sy merkies op die kruishaar te sien. Maar soos die FFP saam op die kruis haar vergroot raak die afmetings duideliker.
Weereens ek het nie besonders baie verwag nie maar was aangenaam verras (gelukkig nie veras nie).