QUICKLOAD SAGTEWARE

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

QUICKLOAD SAGTEWARE

Post by Frikkie Coetzee »

Hallo Almal

Kan iemand my dalk help met advies oor Quickload sagte ware.

Is dit maklik om te gebruik met SA kruit en het julle wat dit wel gebruik dit handig gevind?

Koste?

Is die faktore soos brandspoed ens. vir SA kruit beskikbaar?

Frikkie
Cradock
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: QUICKLOAD SAGTEWARE

Post by Geno »

Frikkie,
Ek gebruik QL, dis 'n great program, veral as jy begin speel met barrel-time om nodes te slaan ens.
SA Kryte is daar op, en jy kan die eienskappe aanpas volgens huidige data.
Die lekkerste van die program is dat jy nie hoef te wonder of 'n kaliber met ons dryfmiddel of 'n sekere looplengte of koeel sal werk nie, jy voer dit in QL in, en kyk na die resultate.
Ek dink die sagteware kos nou so om en by R1600.00 by Safari and Outdoor.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply