Goeie middag,
Ek wil net raad vra asb.
Ek het bietjie werk op my 303 se ringe gedoen nou moet die scope terug gesit word.
Geweer is water pas gemaak. Moet die scope water pas met geweer wees of moet scope water pas
wees in my skouer. As die scope en geweer water pas is en ek korrel is die scope nie meer water pas nie.
Moet die scope dan water pas gestel word in die skouer as ek aan le.
Dankie
Henk
Monteer van scope op 303
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Monteer van scope op 303
Ek verstaan nie mooi wat jy bedoel nie. Hier is 'n link na 'n youtube wat dalk beter sal verduidelik.
https://www.youtube.com/watch?v=8rFOtmWqBUI
Die scope moet oor die dwarste waterpas wees saam met die geweer.
Ek maak so. Die scope moet oor die dwarste waterpas wees. Dan sit jy die scope in die ringe. As dit die regte ringe is sal die scope en loop in die lengte van die loop parrallel wees, behalwe as jy 'n rail op het met 'n effense hoek vir langafstand. Met die geweer wat oor die dwarste waterpas is, plaas die scope in die ringe en draai die scope tot dit water pas is. Maak die ringe liggies vas dat jy steeds die scope kan draai. Maak weer seker dat, eers die geweer, dan die scope, waterpas is. Wanneer mens die ringe vas draai kan dit die scope effens draai, daarom maak ek myne altyd bietjie vir bietjie oorkruis vas As jy klaar is kan jy weer check, maar die geweer en scope moet saam waterpas wees. As die scope nie waterpas is in die skouer nie is jou greep nie reg nie. Die scope se kruisdraad moet waterpas wees anders is jou lyn nie konstant nie.
Hoop dit maak sin.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.