Swarovski brh of brx vir jag?

Post Reply
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 755
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Swarovski brh of brx vir jag?

Post by rudib »

Ek sal graag by manne wat hulle besit wil hoor. Is die brx se kruis te dun vir jag? Wat stel julle voor?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Swarovski brh of brx vir jag?

Post by Geno »

'n Pel van my het 'n Z3 met BRX reticle. Hy jag voltyds jakkalse en kom 100% reg.
Goed, beter, 6millimeter!
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: Swarovski brh of brx vir jag?

Post by Dewitt »

As jy onder 40 is BRX bo 40 BRH ++>:
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Swarovski brh of brx vir jag?

Post by Malan123 »

Ek het ook hieroor geworry, maar dis glad nie probleem nie. Jy sal maklik regkom
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Swarovski brh of brx vir jag?

Post by prohunt »

Dewitt wrote:As jy onder 40 is BRX bo 40 BRH ++>:
Ek is heelwat bokant 40 :( ;D en vir my steeds al die pad BRX. Ek doen ook baie nagjag en hy is heeltemal duidelik genoeg vir al die omstandighede .......daarmee sê ek nie almal sal noodwendig so voel nie. Ek hou maar eenmaal net nie van 'n dik kruishaar nie. As jou oogfokus reg gestel is, is die BRX 'n uitstekende kruishaar.
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 755
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: Swarovski brh of brx vir jag?

Post by rudib »

Dankie
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1996
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Swarovski brh of brx vir jag?

Post by Mellies »

rudib wrote:Ek sal graag by manne wat hulle besit wil hoor. Is die brx se kruis te dun vir jag? Wat stel julle voor?
Rudi,

Probeer na n handelaar gaan wat beide die brx en brh het wat jy wil koop. Vat jou tyd en kyk deur altwee.

Persoonlik hou ek meer van die brh vir jag. Alhoewel die brh dikker is, is dit nie te dik nie. Ek het al met gemak skote op gongs tot >700m geskiet sonder probleme.

Watter een jy ook al koop, dit bly n puik produk.

Geniet hom.

Met n vleisie...
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 755
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: Swarovski brh of brx vir jag?

Post by rudib »

Dankie manne. Waardeer julle insette
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: Swarovski brh of brx vir jag?

Post by Rem »

Ek moet se, ek het n z3 met brh en voel gladnie of dit te dik is nie. Het deur die brx en brh gekyk en toe besluit op die brh.

Sal ook se jy moet self gaan kyk want vir raak die brx amper weer te dun.
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
Post Reply