303 groepering
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
303 groepering
Ek soek 'n bietjie raad met my pa se No1 merk III 303. Sy groepering is sleg. Ek het nou oorbeweeg na 174gr punte en dit is nog steeds sleg, maar is wel beter as die 150gr.
Ek het die volgende nou gedoen:
Die aksie ge glass bed. Dit is nou volgens die 303 riglyne. Maw slegs die onderkant.
Trigger guard reguit gemaak. Dit was gebuig en die kolf is ook uitgewerk hier.
Trigger guard is ook ge glass bed. Met die aanmekaar sit het ek dun spacers agter ingesit om seker te maak dat die nodige opwaartse krag op die agterkant van die aksie is.
Die voorste skroef van die trigger guard se metaal insert is nie te lank nie en veroorsaak dus dat die kolf voldoende gedruk word. Terloops ek moes 'n insert hier maak want die kolf het nie een gehad nie.
Die 2 recoil lugs op die slot (bo en onder) is reghoekig en in lyn met mekaar.
Die loop deeglik skoon gemaak
Die kolf het nie die laaste onderste deel in nie. Maw die kolf gaan net tot in die middel waar die barrel band is. Ek het die area om die barrel band ge glass bed en sodoende seker gemaak dat die band altyd op die regte plek is en dat dit loop mooi in die middel van die band is. Verder het ek ook 'n nuwe veer ingesit op sy skroef.
Ek het seker gemaak dat daar verder geen highspots is op die kolf nie.
Ek het seker gemaak die agterste deel van die kolf pas mooi en is nie los nie.
Na al my werk pas die voorste deel van die kolf ook nou mooi presies. Verder het ek ook seker gemaak dat die agterste gaping, dis nou by die metaal ring wat die 2 kolf dele skei, 'n eenvormige gaping het met die staal ring van omtrent 0.5mm.
Ek weet nie wat kan ek nog doen nie.

- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1518
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: 303 groepering
Inspekteer die kroon van die loop.
By die meerderheid .303's is dit gewoonlik beskadig en trompetvormig, nie bevorderlik vir goeie akkuraatheid nie.
By die meerderheid .303's is dit gewoonlik beskadig en trompetvormig, nie bevorderlik vir goeie akkuraatheid nie.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2128
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: 303 groepering
Gerrie, het jy ordentlike lading ontwikkeling met QL gedoen?
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Re: 303 groepering
Nee ek het nie QL nie. Ons het ook nou maar 3 keer geskiet met die geweer.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: 303 groepering
Het die geweer 'n teleskoop op? Indien wel het jy die monteerstukke en die ringe geïnspekteer. Ek neem aan jy laai self want jy praat van punte. Hoe het jy te werk gegaan om 'n lading te ontwikkel. Op watter afstand groepeer hy nie. Wat bedoel jy as jy sê hy groepeer nie. Hoe groot is die groepering.
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2128
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: 303 groepering
Gerrie, ek stel dan voor dat jy paar skote oor chrony skiet en dan al die nodige inligting hier kom gee. Die QL manne sal jou vinnig help. Moenie foute by die setup soek as jy nog glad nie ladingontwikkeling gedoen het nie.
- HeinrichPrinsloo
- Sr. Member

- Posts: 314
- Joined: Mon Apr 16, 2012 3:09 pm
Re: 303 groepering
Tussen al my gewere soek my .303 niks anders as PMP Bruin boks 174gr
Don't get confused between my personality and my attitude
My personality is who I am, my attitude depends on who you are
My personality is who I am, my attitude depends on who you are
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 303 groepering
Ek het al vir hele klompie 303's lading ontwikkel. As jou platform reg is(en ek moet se dit klink reg), dan kan jy redelike groeppe verwag van so 35mm konstant. Heeltemal goedegenoeg om die biltong huistoe te bring. Die volgende resep werk telke male. Ek gebruik 180grn flatbase en laai die tpl so lank as moontlik. Dan daarondom toets ek verskillende ladings.
moenie van s341 vergeet, ons kry lekker resultate
moenie van s341 vergeet, ons kry lekker resultate
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Re: 303 groepering
Ek het ‘n 303 by my skoonpa geërf. Dis 'n No4 merk I*, maw in die laat 1940’s gemaak. Hierdie wapen is splinternuut. Glass bed, custom kolf, thread and capped, en ek het 'n Bushnell HD ultra 4.5-14 x 44mm scope op. Ek het nog nie 'n QL analise gedoen nie en dus is my lading nie optimaal nie. Ten spyte hiervan doen ek onder 1 duim groeperings op 200m met pmp 150gr punte teen 2600fps. Met my 130gr Impala punte doen ek 2800fps en ek kry dieselfde drop op 200m en 300m as my 243. Hierdie wapen verstom my, en ek kan gee rede sien hoekom ek vir 'n 30-06 of 'n 308 moet gaan nie.
My pa se 303 is egter 'n ander storie en die kolf was maar redelik uitgewerk. Dis hoekom ek so baie moes doen. Die geweersmit het so 'n maand terug sy scope opgesit en hy gebruik Thor se base en ringe.
Ek gebruik S&B doppe met 174gr PMP punte (nie die soft point ene nie). Ek gebruik 42.5gr S341 en my spoed lyk soos volg: 2405fps, 2426fps, 2396fps. TPL = 75mm (dis nog ver vanaf die landings)
Op 100m kry hy seker so 5 duim groepe. Swaarder punte gee minder outliers en 'n 200gr claw het drie skote so 3 duim gegroepeer. 150gr is orals en partykeer af van die teiken.
My pa se 303 is egter 'n ander storie en die kolf was maar redelik uitgewerk. Dis hoekom ek so baie moes doen. Die geweersmit het so 'n maand terug sy scope opgesit en hy gebruik Thor se base en ringe.
Ek gebruik S&B doppe met 174gr PMP punte (nie die soft point ene nie). Ek gebruik 42.5gr S341 en my spoed lyk soos volg: 2405fps, 2426fps, 2396fps. TPL = 75mm (dis nog ver vanaf die landings)
Op 100m kry hy seker so 5 duim groepe. Swaarder punte gee minder outliers en 'n 200gr claw het drie skote so 3 duim gegroepeer. 150gr is orals en partykeer af van die teiken.
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1518
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: 303 groepering
Maw langer koeels met meer dravlak skiet beter, tipies tekens van loop wat verweer is.gerrie_CPT wrote:Ek gebruik S&B doppe met 174gr PMP punte (nie die soft point ene nie). Ek gebruik 42.5gr S341 en my spoed lyk soos volg: 2405fps, 2426fps, 2396fps. TPL = 75mm (dis nog ver vanaf die landings)
Op 100m kry hy seker so 5 duim groepe. Swaarder punte gee minder outliers en 'n 200gr claw het drie skote so 3 duim gegroepeer. 150gr is orals en partykeer af van die teiken.
Soos reeds gemeld, inspekteer die kroon en tromp van die loop, waarskynlik beskadig en verweer.
Oplossing is nuwe loop, of dan nuwe geweer (Howa of iets soortgelyk.)
As die loop "moeg" is, gaan geen hoeveelheid ladingontwikkeling help nie, met of sonder QL!!!
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: 303 groepering
Moet ook nie Hornady se 174gr Rondeneus koeëls uit die oog verloor nie. My No4 MkII hou vreeslik baie van hulle. As die loop wel verweer is, gaan die .312 Hornady koeëls dalk beter resultate gee as die ander fabrikate wat .311 in deursnee is. Hulle het ook n langer dravlak synde dit nie spitsers is nie.
Gee hulle dalk net eers n probeer voordat jy nou die ou strydros heeltemal afskryf.
Gee hulle dalk net eers n probeer voordat jy nou die ou strydros heeltemal afskryf.
Groetnis
Philip
Philip
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2468
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: 303 groepering
stem saam met jou hier, ek moes so 6mm laat af sny op myne.swc-tr wrote:Inspekteer die kroon van die loop.
By die meerderheid .303's is dit gewoonlik beskadig en trompetvormig, nie bevorderlik vir goeie akkuraatheid nie.
Ons moet seker ook ontdou dat die wapens nou nie rerig vir akuraatheid gebou is nie so as jy 1" groeppe kry doen jy reeds baie goed
Ek het met myne 'n tuperware kolf op gesit, free float en die aksie laat bed, die sneller is ook aan gewerk sodat hy sagter trek. Ek het ook daai voorste skroef met sy spring uit gehaal want hy het net kopsere veroorsaak.
Na 'n lang gestoei met 'n klomp verskillende 150 gr punte het ek 180 gr Sierra's (flat base) punte met S355 gekry om bitter mooi te skiet teen so 2395 fps
Hoop dit help dalk
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Re: 303 groepering
Wel ons het vandag weer gaan toets. Het dievolgende punte gebruik:
174gr Hornady round nose
174gr PMP sharp point
200gr Claw
130gr Impala
Soos ek verwag het is die impala die beste. Maar ons praat nog steeds van 3” op 100m.
Die aangehegde foto wys wat die Hornady en PMP doen.
Ons het ook probeer om sonder die middelste barrel ring te skiet, maar dit maak nie ‘n verskil nie.
Ek het as ‘n vinnige toets, die loop voor met tipex geverf. Na die eerste paar skote het ons na die patroon op die tipex gekyk end it was eenvormig. Daar was geen tekens van oneweredige gas ontsnapping nie
Soos voorheen melding gemaak, het ek ook ‘n 303 (No4) wat 1” op 200m skiet met amper enige ding. My pa se No1 se maksimum COL is 2mm langer as myne. Ek weet nou nie of dit normaal is of nie. Miskien kan iemand wat ‘n No1 het kommentaar lewer op wat die maksimum COL is.
Ek gaan nou bore ‘n bore kamera koop om na die loop te kyk, maar ek is nie baie hoopvol nie. Dit begin te lyk na ‘n mors van geld en tyd

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: 303 groepering
My gevoel as ek so na alles kyk is dat die loop al baie gewerk het. .312 tot.314 koeëls kan dalk beter werk, maar akuraatheid gaan steeds nie goed wees nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 585
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: 303 groepering
Baie interesante stukkie om te kyk.
Ek het baie by die spesefieke persoon geleer oor lee enfield deur sy videos. Defnetief die tyd en moeite werd om deur sy baie videos te kyk
https://www.youtube.com/watch?v=Vl-iOTX2_WU
Ek het baie by die spesefieke persoon geleer oor lee enfield deur sy videos. Defnetief die tyd en moeite werd om deur sy baie videos te kyk
https://www.youtube.com/watch?v=Vl-iOTX2_WU
Just smile and wave boys 
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 303 groepering
Stem saam voor jy nog onodige geld mors gaan die kroon na.swc-tr wrote:Inspekteer die kroon van die loop.
By die meerderheid .303's is dit gewoonlik beskadig en trompetvormig, nie bevorderlik vir goeie akkuraatheid nie.