Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dweetster wrote:Hi Stefan het jy jou kalf vangers gekry?
Goeie naand manne. Jammer ek kom nou eers terug na julle. Ek het 2 groot tewe geskiet. Dankie vir almal se raad. Dankie oom Hein! Kamp is klein en gras is lank!
Ek gaan more aand terug. "Rooi alleen" behoort die reun vir my te bring.
Lekker as ons mekaar kan help!
Groete
Stefan Bester
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
naas222 wrote:mooi man... vertel hoe het als verloop
Ek het eers begin met kos (ore 2). Baie sag. Met die hoop dat ek naby hulle is. Veld was doodstil. Omtrent 10 min in die roep het ek vir die eerste keer Vlekkie D gespeel. Geen vokale reaksie gekry nie. Ekt toe ñ kans gevat en weer vlekkie D gespeel. Reaksie gekry en dadelik my klank gemute. Ekt so 45min gewag. (Kos saggies tussen) geen jakkals sy opwagting gemaak. Na 45min het ek weer vlekkie D een maal gespeel en gehoor hul skree op selfde plek. Ekt nog so 10min gewag en toe die skuif gemaak.
Ekt toe 600m in die rigting waaruit hul geroep het gery en staanplek ingeneem. In stilte gesit en toe weer vlekkie D gespeel. Ekt ogies opgemerk tussen staanplek 1 en staanplek 2... hulle het redelik aggresief ingekom... padlangs. (Dou was kwaai)
Ek moes wag dat die agterste een uit gras kom. Het my lig kwaai gedim. Om hul kans te gee om uit lang gras te kom en toe het die skote geklap. Eerste een op plus minus 130m en 2de een op 40m! Daarna oorgeslaan na baklei klank, maar geen reaksie. Wou nie oorroep nie. Glo daarin om jakkalse wat ek agter los in die veld net met graad 1 te los en nie met ñ hons graad nie. Sal die reun met "rooi alleen" gaan oplaai.
Ek het nie so baie geduld nie. ek sou baie vinniger geskuif het in ringting wat hul antwoord. afhangende van HOE hul antwoord. veral die jongspan verdwyn vinniger as wat mens verwag.
goed gedoen
stem saam geno.
maar, julie augustus as tewe dragtig is, en, as jy in kern is, kom hul gewoonlik maklik in.
dan skuif ek nie so vinnig.
maar res van jaar, dadelik.
as jonges my verder as 800m antwoord, skuif ek dadelik.
is belangrik om te leer hoe ver 'n jonge is, en 'n ou jakkals, afstande verskil met volume agv ouderdom.
skuif vinnig en doelgerig, sit bakkie in 4x4 low en ry.
en leer wat jakkals vir jou se as hy antwoord
Geno wrote:As jakkalse my verder as 1.2km van my af antwoord, skuif ek dadelik nader.
cassie_calvinia wrote:
as jonges my verder as 800m antwoord, skuif ek dadelik.
is belangrik om te leer hoe ver 'n jonge is, en 'n ou jakkals, afstande verskil met volume agv ouderdom.
Is dit maar met ondervinding dat julle manne afstand so kan skat of is daar 'n metode?
dis ook waar n kurses sy sout werd is ons het by oom heinrich geleer hoe om min of meer di afstade te kry en metodes...en dit help vreeslik baie onthou daai manne het jarre se kennis en dis altyd gud om die kurses te loop baie minder huiswerk wat jou vreeslik baie tyd en ook geld sal spaar ..groete
willienel wrote:dis ook waar n kurses sy sout werd is ons het by oom heinrich geleer hoe om min of meer di afstade te kry en metodes...en dit help vreeslik baie onthou daai manne het jarre se kennis en dis altyd gud om die kurses te loop baie minder huiswerk wat jou vreeslik baie tyd en ook geld sal spaar ..groete
Naand Manne. En so trek ons al by Maart 2018. Dankie aan almal wat kennis hier deel en die post aan die gang hou! So val die hulle - Jakkals vir Jakkals! Watse klanke werk nou vir julle?
Kosklanke?
Vlekkie D?
Vlekkie 9?
Of raak julle nou bietjie meer aggresief? Baklei klanke?
En hoe ondervind julle die jakke se gedrag as dit lekker dou die aand?
Last edited by stefan.bester3 on Fri Mar 09, 2018 8:21 am, edited 1 time in total.
Stefan....
man ek sukkel.. gistraand bitji uit...
begin kos... roep vlekie d.. geen niks bogerol.. wag so 8min speel kos vir half uur... niks..
roep tafjak reaksie en eweskielik skreeu hul ...
en daar kom hul n span van 5 jonges.. hou hul dop.. loop en speel en jaag mekaar.. lekker laf..
nou hul op buurman se plaas.. bonnox heining.200m van my. magie daar skiet... dog jul boggers gaat jul deur roep...
speel klein ore sag.. jy sien hul lig hul koppe en toon belang stelling... op en af teen draad... een kom deur en steek vas.. hy loer sy maters en glip terug... en daar sit hul seker 15min.... verander na steenbok.. hul toon belangstelling... maar not de dem kom hul nader... ewe skielik kyk hul in n ander rigting en draf weg.. tel toe n ander oog op so 50m verder... en tjorts weg is hul... daai buurman wil niks weet dat ek daar inkom... nou ek kort daai klank om hom deur draad te kry...
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Ons jakkalse is 99% klaar gewissel, en volwasse. 6 maande.
hier en daar sal jy nog jonger kry.
hul loop nou al baie een een rond. een gaan jou van bakkie af hol, ander een gaan net weg beweeg.
doen maar moeite met laasgenoemde. dis hom was jou vir jare lank seer maak.
dankie... sal hul n rus kaans van so 3 weke gee en weer probeer... net die bonnox optel dat hul kan onderdeur...
as ou buurman wil saamwerk rol ek hul aan sy kant.. maar nee... hyt nie probleme nie.. dis n nes daar by hom.. ons ander doen ons deel... nou kom vang hul aan ons kant..
gooi sommer gif daar.. maar ai dis lekkerd om hom te skiet
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Ek het so Twee aande trug so bietjie gaan roep in n wilds kamp naby ons.
My posisie was redelik goed gelee so het ek gedink, teen n wildsdraad wat nogals goed gelektrifiseerd is met n pad agter my.
Ek het direk in die wind in geroep. Die gras is nog bietjie lank kleinhasie vir 5min toe vlekkie een keer.
Twee jakies het dadelik gereageer maar kon ek nie n skoot op hulle kry nie(gras)
200mtr weg die hele tyd het hulle gebly. Ek het hulle die hele tyd dop gehou hoe hulle my wind probeer werk maar loop hulle telkins in die draad vas.
Een van die jakkalse het die hele tyd kryn angstige tjank blaf geluide gemaak soos n hond wat toe gemaak is.
Ek kon egter na n halfuur sien hoe hulle die aftog blaas en stadig pad gee. Toe ek hulle in die bome sien verdwyn speel ek toe jakkals baklei en soos een draai daai 2om en storm weer trug tot op 150mtr. Op en af terwyl ek my lig dim. Toe die een staan kon ek hom klits. Die ander een is weg soos n Joodse voorvel..
Dweetster wrote:Ek het so Twee aande trug so bietjie gaan roep in n wilds kamp naby ons.
My posisie was redelik goed gelee so het ek gedink, teen n wildsdraad wat nogals goed gelektrifiseerd is met n pad agter my.
Ek het direk in die wind in geroep. Die gras is nog bietjie lank kleinhasie vir 5min toe vlekkie een keer.
Twee jakies het dadelik gereageer maar kon ek nie n skoot op hulle kry nie(gras)
200mtr weg die hele tyd het hulle gebly. Ek het hulle die hele tyd dop gehou hoe hulle my wind probeer werk maar loop hulle telkins in die draad vas.
Een van die jakkalse het die hele tyd kryn angstige tjank blaf geluide gemaak soos n hond wat toe gemaak is.
Ek kon egter na n halfuur sien hoe hulle die aftog blaas en stadig pad gee. Toe ek hulle in die bome sien verdwyn speel ek toe jakkals baklei en soos een draai daai 2om en storm weer trug tot op 150mtr. Op en af terwyl ek my lig dim. Toe die een staan kon ek hom klits. Die ander een is weg soos n Joodse voorvel..
Ons kon darem 2 kry Saterdag aand in daai sterk wind maar moes baie geduld hê met hulle hulle het mooi geantwoord op jakkals paljas 1 het kos tussen in en later 'n vreet klank toe weer die paljas klankie en toe eet hy lood. Die 2de is op die selfde resep gekry maar hy het my so bietjie gesuprise as dit nie vir 'n kiewiet was wat my gewaarsku het nie sou hy bo oor my gehardloop het .Hy was so naby die scope en night sight was uit focus gewees seker so 20 tree van die bakkie af geskiet. Altwee het so om en by 'n uur gevat om in te kom .
bly jull manne skiet raak...
lê nou vanoggend terwyl dit so sag reen op sinkdak en dink... as dit nou hier n Cullinan se wereld gaan reen vir volgende 2 dae... dag en nag... soos hul voorspel...gaan daai jak mos mooi honger wees teen saterdag aand...
dink dan moet ek daai buurman se hardegat jakkalse deur draad roep met n lekker sagte haas...
hoop die res van jul kry ook reen
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie