Ek wil nie die ander skoonma toere storie hijack nie, so hier is 'n ander een.
Die paartjie vertrek op 'n vakansie oorsee en besluit om met 'n taxi lughawe toe te gaan. Net soos die taxi opdaag, hardloop die hond weer die huis in en wil nie uit nie. Alles was gereël dat die buurman haar sou oppas. Die vrou klim in die taxi in en die man loop haal die hond.
Die vrou wil nie hê die taxidrywer moet weet die huis gaan leegstaan nie en sê haar man het net gou haar ma gaan groet.
'n Rukkie later klim die man uitasem in die taxi.
"Jammer ek het so lank gevat" sê hy. "Die onnosele teef het onder die bed gaan lê en ek moes haar met die besemstok bydam om uit te kom. Toe moes ek haar in 'n kombers toedraai om te keer dat sy my nie byt nie. Ek het haar teen die trap afgesleep en in die agterplaas gegooi. Sy beter nie weer in die groentetuin skuit nie!"
Die stilte in die taxi was oorverdowend.
Skoonma ?
-
Citfield
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Mon May 18, 2015 3:25 pm
Re: Skoonma ?
Dis n goeie ene.
Sent from my Redmi Note 4 using Tapatalk
Sent from my Redmi Note 4 using Tapatalk
Regards / Groete
Allen
.303 Lee Enfield
.22lr Armscor
38 S&W Revolver
Allen
.303 Lee Enfield
.22lr Armscor
38 S&W Revolver

