Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post Reply
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Pappabeer »

Môre manne,

Ek wil bietjie hoor wat julle dink. Ek het bg geweer wat meeste van die tyd met n nagsig toegerus is en vir bosvarke gebruik word. Ek wil hom elke dan en wan ook inspan in die dag en soek n goeie kompakte teleskoop vir hom om dan en wan n nie-kompeterende gong of club skiet mee te doen.

My opsies waarna ek nou kyk is as volg:

1. Zeiss Conquest HD5 3-15x44. Rede hiervoor is dat ek reeds twee van hulle het, saam met n paar ander Zeiss teleskope, hulle glas goed is, hy laag op die geweer sit, positief stel, met herlwat meer interne verstelling as die 5-25 weergawe (sovêr ek weet) en dat dit niks nuuts is om aan gewoond te raak nie. Hulle kom ook gereeld teen n bitter mooi prys op, nuut of tweedehands - daar was n week terug een vir R9000 op guntree.

2. Leupold VX5 3-15x44 of Leupold VX6 3-18x44. Hulle is effe meer bulky, maar mens wen baie verstelling met hulle 30mm buis. Optika blyk uitstekend te wees, turrets stel positief. Waarborg is goed. Die enigste kwessie is die prys. As ek die geweer elke dag gebruik het sou dit makliker wees, maar ek weet nie of die aan en af gebruik die prys regverdig nie.

Het iemand n objektiewe ervaring met die verskil tussen VX5 en VX6?
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7569
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Wouter Roets »

Dewie

Ek het so ruk terug daai einste VX5 aangeskaf. Ek moet se hy vergelyk werklik baie positief met die VX6'e wat ek het. Jy sukkel om die verskil in beeld kwaliteit tussen die twee te sien en dit se baie van die VX5. Ek sal nie twee keer dink om weer een aan te skaf nie. Met die instel van die teleskoop op 200m was sy verstelling spot on. Sy parralaks is ook baie vergeeflik wat vir my baie belangrik is.

Groetnis
Wout
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Sangoma (IAN) »

Ek sou ook nie die Lynx LX3 2.5-15x50 mis kyk nie.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Pappabeer »

Dankie Wouter.

Ian ek spring liewers in kokende olie as om n Lynx in my huis te hê. Ek het baie jare terug n baie slegte ervaring met hulle diens gehad en sal nooit weer enige van hulle produkte koop nie. Ek soek spesifiek ook n teleskoop met n 40/42/44 objektief.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Supacow »

meopta meostar 4-16x44. Kyk n padda uit n pyp
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by 6mmMusgrave »

Wat van n minox net sulke goeie kwaliteit
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Apie »

Is die Leupold LRP nie die regte ding vir daai CTR nie?

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Gawie(13mm) »

Apie wrote:Is die Leupold LRP nie die regte ding vir daai CTR nie?

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
50 mm Objektief en hoë vertikale verstel toring diskwalifiseer hom.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Sangoma (IAN) »

Pappabeer wrote:Dankie Wouter.

Ian ek spring liewers in kokende olie as om n Lynx in my huis te hê. Ek het baie jare terug n baie slegte ervaring met hulle diens gehad en sal nooit weer enige van hulle produkte koop nie. Ek soek spesifiek ook n teleskoop met n 40/42/44 objektief.
Hahaha, eish. Dis jammer
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Geno »

Swaro Z5 3.5-18×44?
March 2.5-25×42?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Pappabeer »

Geno die Z5 is n opsie. Vir naastenby die prys van die Leupold is dit seker n debat watter een die beste glas het
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Malan123 »

Pappabeer wrote:Geno die Z5 is n opsie. Vir naastenby die prys van die Leupold is dit seker n debat watter een die beste glas het
Daai Z5 is bitter lekker. Persoonlik sou ek hom enige dag bo die Leupold gekies het.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1996
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Mellies »

Die VX6 se prys draai hier rondom 21k.

Baba Z5 kan jy nou kry teen 18k.

Ek het nie ondervinding van die Leupold se nuwe VX5 en 6 reeks nie, maar besit meer as een Z5. Baie goeie waarde vir geld met uitstekende glas.

Met n vleisie...
B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by B Five »

Pappa
Ek dink die scopes waarvan jy praat se pryse is nie in dieselfde klas nie. Die Zeiss is goeie kwaliteit teen n goeie prys. Heelwat laer as die VX 6e.

In die VX 6 se prysklas is daar baie groter verskeidenheid.
Ek het nog nooit n probleem met my Leupold produkte gehad nie.

Maak net seker, die VX6 HD is die nuwe scope van Leupold en ek dink dit vervang die vorige reeks??
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Pappabeer »

B Five wrote:Pappa
Ek dink die scopes waarvan jy praat se pryse is nie in dieselfde klas nie. Die Zeiss is goeie kwaliteit teen n goeie prys. Heelwat laer as die VX 6e.

In die VX 6 se prysklas is daar baie groter verskeidenheid.
Ek het nog nooit n probleem met my Leupold produkte gehad nie.

Maak net seker, die VX6 HD is die nuwe scope van Leupold en ek dink dit vervang die vorige reeks??
Dankie vir jou inset B Five. Jy is 100% reg en basies die tweede persoon wat sinvol andwoord nav my oorspronklike vraag en aanwending. Ek wil juis probeer besluit tussen n Zeiss wat in my opinie goeie waarde vir geld is, en ek genoeg ervaring mee het, (ek het 10 in totaal, sommige 40 jaar oud en ek is n groot aanhanger van hulle) , vs die Leupold wat vir my nuut is, maar ek het hulle darem al mooi beloer.

Dalk vir perspektief. Ek het tans net Zeiss en Swarovski scopes, almal met gewone Plex kruishare (as ons my widbuks se Hawk ignoreer) en vind dit maar moeilik om te verander - OCD, etc etc...

Ek sal insette waardeer wat my help kies tussen die twee opsies, (maw my oortuig dat die Leupold die ekstra geld regverdig al dan nie).

Ek besef daar is Rudolph, Lynx, Sightron, Vortex en alles tussen Nikko Sterling en Leica, maar ek wil graag een van die scopes koop wat ek genoem het, en ek dink met die VX5 vs VX6 kwessie uitgesorteer is die vraag nou eenvoudig Zeiss HD5 3-15x44 of Leupold VX5 3-15x44.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Swede »

Pappabeer wrote:
B Five wrote:Pappa
Ek dink die scopes waarvan jy praat se pryse is nie in dieselfde klas nie. Die Zeiss is goeie kwaliteit teen n goeie prys. Heelwat laer as die VX 6e.

In die VX 6 se prysklas is daar baie groter verskeidenheid.
Ek het nog nooit n probleem met my Leupold produkte gehad nie.

Maak net seker, die VX6 HD is die nuwe scope van Leupold en ek dink dit vervang die vorige reeks??
Dankie vir jou inset B Five. Jy is 100% reg en basies die tweede persoon wat sinvol andwoord nav my oorspronklike vraag en aanwending. Ek wil juis probeer besluit tussen n Zeiss wat in my opinie goeie waarde vir geld is, en ek genoeg ervaring mee het, (ek het 10 in totaal, sommige 40 jaar oud en ek is n groot aanhanger van hulle) , vs die Leupold wat vir my nuut is, maar ek het hulle darem al mooi beloer.

Dalk vir perspektief. Ek het tans net Zeiss en Swarovski scopes, almal met gewone Plex kruishare (as ons my widbuks se Hawk ignoreer) en vind dit maar moeilik om te verander - OCD, etc etc...

Ek sal insette waardeer wat my help kies tussen die twee opsies, (maw my oortuig dat die Leupold die ekstra geld regverdig al dan nie).

Ek besef daar is Rudolph, Lynx, Sightron, Vortex en alles tussen Nikko Sterling en Leica, maar ek wil graag een van die scopes koop wat ek genoem het, en ek dink met die VX5 vs VX6 kwessie uitgesorteer is die vraag nou eenvoudig Zeiss HD5 3-15x44 of Leupold VX5 3-15x44.
Soos jy noem het jy Zeiss scopes en is tevrede met hulle, my raad is bly by hulle, dink die leupold gaan uitvoel tussen die manne en mag nie presteer weens die druk van alle kante.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7569
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Leupold vs Zeiss vir .308 Tikka CTR

Post by Wouter Roets »

Dewie

As mede OCD leier sal ek jou aanbeveel om die Zeiss te vat. Ek moet ook iets byvoeg en dit is dat daai VX5 wat ek het nie die B&C of die Varmint Hunters kruishaar op het soos my ander scopes nie en dit is verseker vir my hinderlik. Vir algemene jag werk daai kruishare baie lekker sonder die nodigheid om te dial.

Hou maar jou OCD neigings gelukkig. Daai tyd toe ek my Leupolds verneuk het met n Nightforce was my drank gebruik seker op n all-time high en my slaappatrone op n all-time low.

Groetnis
Wout
Post Reply