Herlaai maat gesoek

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
grumpy

Herlaai maat gesoek

Post by grumpy »

Is daar enige manne in die Oos Rand wat herlaai? Wil bietjie bystaan en leer. Ek het n Lee anniversary kit en dies. Baie basiese goed en sal die ander kry as ek die lotto nommers reg kry  ;).

Ek wil sien hoe vir die 30-06 herlaai word. Ek was by Piet Breedt en het baie by hom geleer.

Laat weet asb

Johann
armour1@live.co.za

Ek weet ek gaan n ander skaal ndig he ens maar dit sal volg soos ek deur die proses gaan.

Dankie
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai maat gesoek

Post by Gerhard »

Ek bly in Dunvegan...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
grumpy

Re: Herlaai maat gesoek

Post by grumpy »

Net so biiieeeettttjjjjjjiiiiieeeeeeeeeeeeeeee ver!  ;)
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Herlaai maat gesoek

Post by Jaco Swart »

Grumpy.

Hierdie post van jou klink amper soos Tan Koek se Soek Hoek.

Gee darem bietjie meer inligting oor jouself en waarvan jy hou , miskien net miskien is daar erenens ook 'n deksel vir jou pot. ;D

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
grumpy

Re: Herlaai maat gesoek

Post by grumpy »

Jaco s

Ek het n Lee anniversary kit 30-06 RCBS dies en dit is dit. Ek gaan nog baie goed moet kry dit weet ek. Ek het nog nie herlaai nie so weet nog nie presies wat ek alles nog gaan nodig he nie. DOM!!!  :-[
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Herlaai maat gesoek

Post by JPS »

Grumpy
Daar is 'n magdom van goete wat jy kan bkry, van dit nodig meeste nie,
As jy net vir jag doeleindes nou wil laai sal die stel wat jy het vir jou werk vir nou en dan sal jy so mettertyd ander goete koop soos jy meer akurate groepe wil skiet.

Het jy die Lee loading reloading boek saam met jou aniveriry stel gekry?
indien nie sal ek jou myne gee dit is ook goeie begin punt. Ek sal jou kom help met jou setup om dit reg op te stel dan sal jy sien van daar gaan dit sommer vinnig solank jy dit stapgewys doen.

Die fynere truuks sal jy by meer gesoute manne leer en mettertyd soos jy meer lees oor die onderwerp. Hier is al 'n paar links op die forum gesit waar jy stap vir stap kan kyk. Ek stem wel saam dit is baie beter om dit eerstehands te sien.

My tyd op oomblik is baie skraps met werk, kinders se sport eksamens ens en dan nog vroulief, maar sal wel plan kan maak in nabye toekoms om jou te kom help.

Groete
JP
grumpy

Re: Herlaai maat gesoek

Post by grumpy »

JPS,

Dankie man. Ek is in die proses om te trek volgende week dan sal ek net in settle en jou n skreeu gee. Ek het nou net n idee gekry. Ons manne wat so naby aan mekaar bly moet dit maak dat ons op n naweek mymekaar kom. Ons help een man laai en leer ook sommer maar die beste is dat ons gesigte leer ken en n lekker vriende kring kan opbou.

Net n idee.

Groete
Johann.

NB: Ek trek maar is nog steeds in dieselfde area.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Herlaai maat gesoek

Post by JPS »

100%
grumpy

Re: Herlaai maat gesoek

Post by grumpy »

Sal vogende Vrydag in ons huis wees en dan net al die goed uitpak. Wil so gou moontlik begin herlaai!!!!!!!!!!!!!!!!!  8)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Herlaai maat gesoek

Post by Cobus(Cobb) »

Bel maar, dan kom ons sommer jou "laai kamer" help uitrus/opstel  ;)
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
grumpy

Re: Herlaai maat gesoek

Post by grumpy »

Gister kry ek nuus van die agent die man weier om uit die huis te trek. Hy is net n huurder. Nou moes ek spring om in n ander huis te trek vandag.

Maandag laat ek sy krag afsit, Planke met spykers in checkers sakke voor die driveway, so klip of twee deur die venster vroeg oggend. Lewe so bietjie hel maak vir hom!

As dit nie werk sal ek so 10 werkers vat die einde van die maand om sy goed uit te dra en op die sypadjie te sit. Hy dreig mos hy sal mense skiet. Ek druk sy 357 in sy voevernjol en laat hy dan die sneller trek! Ek het n vriend in die polisie so ek sal hom saam vat so as hy dreig moet hy sommer die wapen weg neem en hom toe sluit.

Ek gaan nie speel met die ou nie!!
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Herlaai maat gesoek

Post by pietjacobs »

Grumpy, kry vir jou so 10 werkers, gee vir hulle 'n tent of 2 en BAIE kaste bier en laat hulle vir die naweek daar by die huis gaan "huur" met 'n kontrak, dan sien jy hoe vinnig trek daai manne uit...
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
grumpy

Re: Herlaai maat gesoek

Post by grumpy »

Glo my, ek gaan nie sy akkies vat nie. Ek vat nie akkies nie, ek maak dit!!  :o :o
Post Reply