Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Ek wil graag jul opinie he oor watter gehoorbeskerming jul vind is goeie waarde vir geld. Ek skiet nie duisende skote per jaar nie, maar wil graag so op tot R1,000 spandeer aan gehoorbeskerming. Dit sal hoofsaaklik in die jagveld gebruik word.
Wat beveel julle aan en wat is die pryse min of meer? Enige slaggate waarvoor mens op die uitkyk moet wees as so 'n produk geselekteer word?
Ek woon in Randburg en kan dus by meeste wapenwinkels aanklop om so iets aan te skaf.
Dankie by voorbaat vir jul advies...

- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Vir die jagveld gaan jy iets nodig hê waarmee jy nog kan hoor, maar die harde knal sal verdof. Hiervoor sal jy maar moet gaan vir elektroniese apparate. Daar is pasgemaakte oorpluisies wat jy by audioloë kan laat maak, maar dan is dit ver oor jou begroting. Vriende van my het vir hulle daarvan laatmaak, jy kan die elektroniese deel uithaal en vaste filters in sit. Hulle is nie gelukkig met die elektroniese goed nie en gebruik dit as "gewone" oorpluisies. Met elektroniese oormowwe kan jy onder R1000 regkom, maar dit kan ongemaklik wees in die veld. Jy kan sukkel met rigting bepaling as die volume nie reg vir elke oor gestel is nie.
Is dit bakkie jag of stap? Met bakkie kan jy maar mowwe en gewone puisies gebruik. In die bosse kan dit probleme gee.
Is dit bakkie jag of stap? Met bakkie kan jy maar mowwe en gewone puisies gebruik. In die bosse kan dit probleme gee.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 764
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
@win270 - Ek het vandag my nuwe elektriese oormowwe ontvang, dit bestel by www.tacticalquartermaster.co.za. Ek het baie lank elektriese mowwe gesoek vir 'n goeie prys en toe die advertensie (Hulle het hier op forum adverteer) opkom het ek dit met 2 hande aangegryp, beste van als dit was net so oor die R700 met vervoer ingesluit. Kyk maar op hulle webtuiste
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Dankie vir jul insette, manne. Dit gee my al so 'n idee waarna ek moet begin kyk en waaraan mens moet dink.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Giepie wrote:Vir die jagveld gaan jy iets nodig hê waarmee jy nog kan hoor, maar die harde knal sal verdof. Hiervoor sal jy maar moet gaan vir elektroniese apparate. Daar is pasgemaakte oorpluisies wat jy by audioloë kan laat maak, maar dan is dit ver oor jou begroting. Vriende van my het vir hulle daarvan laatmaak, jy kan die elektroniese deel uithaal en vaste filters in sit. Hulle is nie gelukkig met die elektroniese goed nie en gebruik dit as "gewone" oorpluisies. Met elektroniese oormowwe kan jy onder R1000 regkom, maar dit kan ongemaklik wees in die veld. Jy kan sukkel met rigting bepaling as die volume nie reg vir elke oor gestel is nie.
Is dit bakkie jag of stap? Met bakkie kan jy maar mowwe en gewone puisies gebruik. In die bosse kan dit probleme gee.
Dit gaan hoofsaaklik stap wees in die Bosveld of voorsit in die Karoo. Wat is jou aanbeveling?
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1286
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Ek het meer as 1x met elektroniese gehoorbeskerming in die veld geloop en probeer jag... Eerste keer met my peltor 3M en toe weer met 'n stelletjie wat in die oor pas. Dit werk eenvoudig nie. Jy raak heeltemal gedisorienteer met die rigting waaruit klanke kom, takkies wat breek of selfs die gesnuif/snork van 'n rooibokram. Dit is bo-en-behalwe die ongemaklikheid wat dit meebring om die gehoorbeskerming vir 'n redelike lang tyd op/in die ore te hê. Dit is gemaklik op die skietbaan vir die tyd wat jy skiet, maar jy haal dit kort-kort af/uit en dra dit nie vir ure aaneen nie.win270 wrote:Giepie wrote:Vir die jagveld gaan jy iets nodig hê waarmee jy nog kan hoor, maar die harde knal sal verdof. Hiervoor sal jy maar moet gaan vir elektroniese apparate. Daar is pasgemaakte oorpluisies wat jy by audioloë kan laat maak, maar dan is dit ver oor jou begroting. Vriende van my het vir hulle daarvan laatmaak, jy kan die elektroniese deel uithaal en vaste filters in sit. Hulle is nie gelukkig met die elektroniese goed nie en gebruik dit as "gewone" oorpluisies. Met elektroniese oormowwe kan jy onder R1000 regkom, maar dit kan ongemaklik wees in die veld. Jy kan sukkel met rigting bepaling as die volume nie reg vir elke oor gestel is nie.
Is dit bakkie jag of stap? Met bakkie kan jy maar mowwe en gewone puisies gebruik. In die bosse kan dit probleme gee.
Dit gaan hoofsaaklik stap wees in die Bosveld of voorsit in die Karoo. Wat is jou aanbeveling?
My voorstel sou wees om sonder gehoorbeskerming maar met 'n knaldemper te jag. Dit behoort baie goed te werk veral vir voorsitjag. Die knaldemper kan egter effens ongemaklik raak vir loop-en-jag maar 'n refleks-tipe of 'n korter/ligter knaldemper soos die jagbuddy is ook weer 'n opsie.
- Langeraat
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Net die terugvoer waarvoor ek gesoek het, dankie. Ek het al baie gewonder oor die pasmaak elektroniese beskermers vanuit 'n jag oogpunt. Ek aanvaar hulle werk wel goed vir die baan.Riaan Kriel wrote:...toe weer met 'n stelletjie wat in die oor pas. Dit werk eenvoudig nie...
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Ek het vir my Dinsdag pasmaak beskerming laat maak by die audioloog. Myne is wel nie elektronies nie, maar het 'n filter in wat klank bo 85 Decibels verdof. Die audioloog het my verseker ek sal darem die windcalls van my spanmaats kan hoor, wat belangrik vir my was. Die oor stukkies is redelik klein, en mens kan dit skaars sien as dit in jou oor is. Dit is ook vas aan 'n toutjie wat 'n knip het om aan jou hemp vas te maak.
Die maak is Protec-ear, en het maar R1400 gekos. Die audiloog besoek was R200, maar dit word deur die medies gedek. Ek glo dit sal baie lekker in die jagveld werk. Want soos bo genoem gaan jy nie heeltyd met die goed in jou ore loop nie, maar dan soek jy nie iets lomps om saam te dra nie.
Ek sal bietjie terugvoer gee na so bietjie baan werk.
Die maak is Protec-ear, en het maar R1400 gekos. Die audiloog besoek was R200, maar dit word deur die medies gedek. Ek glo dit sal baie lekker in die jagveld werk. Want soos bo genoem gaan jy nie heeltyd met die goed in jou ore loop nie, maar dan soek jy nie iets lomps om saam te dra nie.
Ek sal bietjie terugvoer gee na so bietjie baan werk.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Dankie, manne. Elke inset help en ek is natuurlik steeds soekend na iemand wat met sukses beide voorsitjag en Bosveld loop en jag oorbeskerming gebruik wat geskik is en nie lomp is en/of mens disorienteer soos hierbo bespreek is nie...
Ons luister verder na julle...
Ons luister verder na julle...
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Is gehoor beskerming werklik nodig as mens jag? Daar is mos net nou en dan 'n skoot wees en dis net jy wat gaan skiet? Tensy mens nou meer as een op 'n bakkie gaan wees, maar dan sal gewone oorbeskerming mos werk? Ek vra, want ek het nog nooit daaraan gedink nie en dit nog nooit gebruik nie. Op 'n skietbaan waar daar baie skuts is en baie skote klap, is dit 'n besliste vereiste, maar ek het dit nog nooit nodig gevind in die jagveld nie...
Aim small, miss small
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Dankie, PWV. Dit help om verder hieroor te lees. Ek het eintlik nou onnodiglik 'n duplikaat "thread" geskep.
Nietemin, al die insette help en dit voel vir my ek moet dalk ook maar by 'n audioloog 'n draai gaan maak. Wel, my vrou mag dalk beindruk wees!! ;-)
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Dit is presies dieselfde as wat ek gebruik. Aanvanklik gekry vir die motorfiets, maar ook gespesifiseer vir kraggereedskap. Later ook navraag gedoen en dit is reg vir skiet ook. Ek gebruik dit elke keer as ek gaan skiet, baan en jag. Lekker klein en gemaklik. Sit maklik in en haal ook maklik uit, en dit maak nie my ore seer nie. Op die motorfiets is dit dikwels wanneer ek toer omtrent die heeldag in my ore en pla regtig niks nie. Het myne al omtrent 10 jaar. Het al laat kyk of dit nog reg is want mens se ore verander ook blykbaar, maar dit is nog 100%. Vir my is dit baie goeie waarde vir geld.JacquesT (Stompe) wrote:Ek het vir my Dinsdag pasmaak beskerming laat maak by die audioloog. Myne is wel nie elektronies nie, maar het 'n filter in wat klank bo 85 Decibels verdof. Die audioloog het my verseker ek sal darem die windcalls van my spanmaats kan hoor, wat belangrik vir my was. Die oor stukkies is redelik klein, en mens kan dit skaars sien as dit in jou oor is. Dit is ook vas aan 'n toutjie wat 'n knip het om aan jou hemp vas te maak.
Die maak is Protec-ear, en het maar R1400 gekos. Die audiloog besoek was R200, maar dit word deur die medies gedek. Ek glo dit sal baie lekker in die jagveld werk. Want soos bo genoem gaan jy nie heeltyd met die goed in jou ore loop nie, maar dan soek jy nie iets lomps om saam te dra nie.
Ek sal bietjie terugvoer gee na so bietjie baan werk.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 764
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Presies, by die baan, verseker!!!! In die jagveld..........volgens my nodig. Miskien kan @270 meer uitbrei oor sy situasie, waar hy jag en hoekom spesifiek hy gehoorbeskerming benodig in die veld?Eugene wrote:Is gehoor beskerming werklik nodig as mens jag? Daar is mos net nou en dan 'n skoot wees en dis net jy wat gaan skiet? Tensy mens nou meer as een op 'n bakkie gaan wees, maar dan sal gewone oorbeskerming mos werk? Ek vra, want ek het nog nooit daaraan gedink nie en dit nog nooit gebruik nie. Op 'n skietbaan waar daar baie skuts is en baie skote klap, is dit 'n besliste vereiste, maar ek het dit nog nooit nodig gevind in die jagveld nie...
Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Ek voel beskerming (hetsy in veld of by skietbaan) behoort altyd beter te wees as daarsonder. My gehoor is nog goed sover ek dit ervaar en oorweeg dus om voortaan so-iets te gebruik in die jagveld om moontlike verdere skade te verminder / voorkom. Indien dit egter nie prakties is om so-iets in die jagveld te gebruik nie, sal ek dit beslis nie aanskaf nie. Lyk my nie daar is eintlik jagters onder ons wat dit in die algemeen vir voorsitjag of Bosveldjag gebruik nie. Ek is dus rustig oor die saak.
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 764
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Indien jy baie voorsitjag doen waar jy op een plek sit en baie skote laat loop sal ek sê dit is nodig ja, maar wanneer jy hier en daar 'n skoot gooi sal ek nie dink dit is nodig. Ek jag wel met 'n knaldemper so dit is nie vir my nodig om beskerming te dra, maar as ek dink aan die dae toe ek saam my pa gejag het, hy het altyd daai oranje oorpluisies gehad wat jy so plat rol en dan in jou oor druk, die oorpluisies "expand" dan weer en maak die oordrom toe, dit was meer as voldoende vir ons. Sterkte
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- Jo Toast
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Fri Feb 16, 2018 9:09 pm
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Ek het 'n stel Caldwell elektroniese oormowwe. Werk great
BSA .270 Win
Tikka T3 Varmint .308 Win
Bergara B14R .22lr
Glock 19
Tikka T3 Varmint .308 Win
Bergara B14R .22lr
Glock 19
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Oorinstituut pasmaak vir mens pluisies vir mens se ore. Werk 100% vir my. Kos net onder R1000.
http://www.noiseban.com/products-servic ... -products/
http://www.noiseban.com/products-servic ... -products/
- Dumbluck
- Hero Member

- Posts: 563
- Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
+1 vir die, ek het mal geraak van my ore wat warm kry en die sweterige besigheid onder die mowwe.Sako75 wrote:Oorinstituut pasmaak vir mens pluisies vir mens se ore. Werk 100% vir my. Kos net onder R1000.
http://www.noiseban.com/products-servic ... -products/
Die noiseban is net 'n plesier om te dra, vat niks plek op nie so jy kan hulle altyd byderhand hê. Ek gebruik hulle vir skiet, by die werk (ek is n Technician op n skip) en vir motorfiets jaag, en sommer op die vliegtuig ook as ek wil lekker slaap. Geen battery wat kan pap raak nie.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180221/9f4a28b006c2bbb3a519c96cfd5ed45d.jpg
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Ek het dieselfde gekry as jy, Dumbluck. Wat ek wel agtergekom het, is dat mens verkieslik alleen moet sit in die veld met hulle. Sodra jy iemand by jou het, bly dit maar moeilik om mekaar te hoor as jy fluister.
Ek verwys natuurlik veral na voorsitjag waar mens sit en wag en soms iets moet / wil kommunikeer.
Laastens, my mediese fonds wou nie 'n sent bydra nie - het sowat R1,200 gekos vir die gehoortoets en verskaffing van die gehoorbeskerming.
Ek verwys natuurlik veral na voorsitjag waar mens sit en wag en soms iets moet / wil kommunikeer.
Laastens, my mediese fonds wou nie 'n sent bydra nie - het sowat R1,200 gekos vir die gehoortoets en verskaffing van die gehoorbeskerming.
- Dumbluck
- Hero Member

- Posts: 563
- Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Ek gebruik hulle sonder probleme op die skietbaan en kan met die ander skuts kommunikeer sonder dat hulle moet skree, maar ja fluister kan seker 'n probleem wees.
Ek het 'n paar Peltor elektroniese oormowwe ook wat baie mooi werk ma ek verpes ma 'n ding met 'n battery. Die dag as jy hom nodig het is hy pap. Ek dra ma altyd 'n spaar battery vir elke ding saam.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk

- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
My Peltor se een oor het die gees gegee.
Het iemand ondervinding van RAM elektroniese mowwe? Hulle is heelwat goedkoper, maar ek wil nou nie 'n kat in die sak koop nie
Het iemand ondervinding van RAM elektroniese mowwe? Hulle is heelwat goedkoper, maar ek wil nou nie 'n kat in die sak koop nie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
AndreVal
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Tue Oct 24, 2017 7:41 pm
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Ek het 'n stel van die gekoop maar nog net 1 keer gebruik so kan nie te veel oor hulle se.DawieKotze wrote:My Peltor se een oor het die gees gegee.
Het iemand ondervinding van RAM elektroniese mowwe? Hulle is heelwat goedkoper, maar ek wil nou nie 'n kat in die sak koop nie
Wat ek wel kan se is dat die gedeelte wat die oor stukke aan kop band vas maak plastiek is en nie so stewig voel nie.
Die batterye wat hulle mee gekom het was pap so kon nie die elektroniese funksie toets nie.
Behalwe vir dit sit hulle gemaklik, is lig en vertel goed om by jou kop groote te pas
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Gehoorbeskerming - wat is goeie waarde?
Hoesê!.....Ek het met n Oudioloog hieroor gepraat, sy het genoem dat die pluisies werk maar nie die beentjies in die oor beskerm nie.... Syt genoem dat my klank klaar gedemp is en ek eerder n gehoorstuk moet kry!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm