Skaaphalsbande teen roofdiere

User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by jaracal »

Vreeslik stil na die aanvanklike vinnige wegspring ???
Ons kon nog nie eers behoorlik redeneer nie :'(
Ek het regtig meer verwag na die kliniese toetse :o
Hoe se^ Christo
Ons wag
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Ambessa

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Ambessa »

Hallo almal
jaracal wrote:...Vreeslik stil na die aanvanklike vinnige wegspring ???
...sjoe, die ding se betteries is darem vinnig deur almal dood gepiepie... ...geen lewe meer nie?

Ambessa
mar
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by mar »

Middag almal

Ek sal na die naweek met julle wil gesels, tans baie besig met ander dinge en ek sal probeer om  die ongevraagde antwoorde vir julle te gee na die naweek , maar so ek sien julle gee my nie kans om die produk te bemark nie want julle is skepties en baie sarkasties. Ek het gedink ons kan soos gewone mense praat en redeneer maar nou ja. Praat Maandag weer. :'( ???
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Gerhard »

Mar,

Die manne is maar baie reguit en kom sarkasties voor want hulle het te veel al die storie gesien waar iemand n klomp rook maak maar daar gebeur nie ierts verder nie...

Mense wat se hulle is spesialiste of eksperts raak dan maar vinnig stil as daar reguit vrae gevra word wat met data bevestig kan word want dan het hulle nie antwoorde nie...

Op die einde vandie dag betaal die boer dan vir die gadgets en die jakkalse vang nog steeds sy skape ...

As jy wil punte vir die produk bymekaar maak gee n eerlike antwoord vir elke vraag wat reeds gevra is en as jy nie weet nie is dit ok maar se dan ook so moenie met woorde speel nie. Dis of wit of swart die boer verloor of skaap aan predasie of hy verloor nie...

Groete
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Jaco Swart »

Mar.

My beskeie opinie sal wees dat jy jou navorsing baie goed moes doen voordat jy jou produk op die forum kom adverteer het. Die manne het die forum juis begin om plaagdiere te bestry en het vreeslik baie kennis van plaagdiere en hul gewoontes.

Deur so vinnig weg te gespring het soos jy het , moes jy maar geweet het jy gaan jou vingers brand. Die manne hier sal alles beproef om hul onderskeie boerderye te verbeter en sal enige moontlike "gadget" gebruik wat kan help. Jy moet eers al jou feite bymenkaar gekry het en dan jou produk bekend gestel het.

Jy moes verwag het dat daar vrae sou wees wat antwoorde verlang , en gesien in die lig het jy nie al die antwoorde nie. Deur nou te se dat hulle skepties en sarkasties is sterk nie jou saak nie.

Jy moet asb ook  vir my verduidelik wat jy bedoel met " het gedink ons kan soos gewone mense praat en redeneer " want as jy se ek is nie 'n gewone mens nie dan sal ek vir jou reguit vertel wat jy met jou produk kan doen.

My voorstel sal wees dat jy jou navorsing gaan doen en dan van voor  af hier adverteer , met 'n beter gesindheid. Indien jy nie te vinde is hiervoor nie sou ek voorstel dat jy nie eers Maandag weer kom gesels nie.

Let asb , dat hierdie my persoonlike opinie is en niedie van ander forum lede nie.

Groetnis


Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by tafjak »

mar

Ja, as iemand skepties of sarkasties was, was dit ek of deur my toedoen.

As jy noem dat "Jakkalse wat uitgedryf word nie sommer enige plek kan inloop nie, hulle oortree ander se gebied." moet dit darem getoets wees.

Maar, kom ons los die kat en muis spelery. Ek nooi jou en jou hele span(die produksie span ingesluit) uit vir 2dae na Park en 'n veeplaas deur julle genomineer om julle bevindings(kliniese toetsing) te gaan toets. Dit is nou in die lyn van jakkalse en hul gewoontes en gedrag. Sal daarvan hou as jy sommer so paar hoogeplaasdes kan saamnooi. Die verblyf sal op die huis wees in die parke.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Jaco Swart »

Tafjak.

Word ons nou nie saamgenooi  vir die uitstappie nie?
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by tafjak »

Manne

Kom ons gee Mariette kans om haar produk(dink sy het reeds) bekend te stel. Laat Jaracal die vrae vra(ek glo hy sien kans daarvoor) en dit sal die gesprek meer inlyn bring sonder enige sy-aanvalle van my en ander. Ek reken hier kom 'n ding en sal eersdaags weet of ons die produk kan aanskaf. Miskien is dit nou net wat ons soek.

Wetie? Help!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Gerhard »

tafjak wrote: Manne

Kom ons gee Mariette kans om haar produk(dink sy het reeds) bekend te stel. Laat Jaracal die vrae vra(ek glo hy sien kans daarvoor) en dit sal die gesprek meer inlyn bring sonder enige sy-aanvalle van my en ander. Ek reken hier kom 'n ding en sal eersdaags weet of ons die produk kan aanskaf. Miskien is dit nou net wat ons soek.

Wetie? Help!
Stem saam...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
mar
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by mar »

Is ek nog welkom om met julle te gesels of is daar kwaai gevoelens? Want ek wil so graag met julle wil gesels oor ons halsband want ons gaan einde van die maand ons kliniese toets bekend stel en ek wil dit graag met julle deel.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Gerhard »

mar wrote: Is ek nog welkom om met julle te gesels of is daar kwaai gevoelens? Want ek wil so graag met julle wil gesels oor ons halsband want ons gaan einde van die maand ons kliniese toets bekend stel en ek wil dit graag met julle deel.
Jy is beslus welkom...

Geen vir ons bietjie terugvoer op al die vrae wat reeds gevra is...  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Louis102 »

mar wrote: ... Is ek nog welkom om met julle te gesels of is daar kwaai gevoelens? ...
Mar

Los die emosionele goedjies en laat ons hoor wat jy te s? het.  Ek dink ons kan seker die reg behou om jou te glo, aldan nie?  Diegene wat jou nie wil hoor nie (as daar so iemand is), kan mos maar eldsers op die forum kuier.  Laat ons hoor wat jou produk so spesiaal maak, maar weet ook dat die lede (soos ek hul ken) nie bang is om die reguit vrae te vra en hul opinies te laat geld nie.  Weet ook dat hier lede met baie ervaring in die praktyk is, wat nie alles vir soetkoek gaan opeet nie.  Dit beteken egter nie dat ons graag van jou nie wil hoor nie.

So dink ek.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
mar
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by mar »

Dankie Louis ek sal die ander ontbeantwoorde se vrae beantwoord. En ek kan nie meer wag om vir julle te vertel van ons kliniese toetse nie en wat ek hoor by die mense dit lyk baie goed en hulle is besig om dit te verwerk. Baie dankies!!!!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by tafjak »

mar

Daar is nog so paar antwoorde uitstaande soos:
Is die toestel getoets waar ooie lammer het of besig is om te lam?
....deur Heinrich.
Terloops as die manne dominate roofdiere skiet is daar gevind dat wyfies in 'n 5 km radius bronstig raak en dit is een van die redes hoekom daar so baie jakkalse aanteel.
.................waar kom dit vandaan/wie het dit bevestig en is deur Dawie gevra.
Die toetse wat julle gedoen het was op jongskaap (2 en 4 tand skaap) is daar spesifieke rede vir die ouderdoms groep?
Julle het die skaap geweeg , wat was die gewig van die ligste en swaarste skaap in die groepe?
en Meerkat se 2.

As die ander lede my sal vergun het ek ook 'n vragie. Wat het gebeur buite die toets-en kontrolegrond? Maw. wat het die bure ondervind en is daar iets op rekord. Het die verliese vererger of andersom? Die grootte van grond waarop die kontrole- en toetsprogram gedoen is? Dit klink na klomp vrae, maar is eintlik net een en die antwoord behoort dit saam te vat.

Voorspoed

Taffie
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
pirot79
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Tue Jun 21, 2011 7:58 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by pirot79 »

Sover ek verstaan kos die halsbande R750 vir een. Dit sit my dadelik af. As julle so seker van jul produk is kan julle bande gee vir 2 jaar. As dit werk betaal ek, indien nie kan julle dit terugvat.
Everything will pass only what's done for Christ will last.
mar
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by mar »

Middag julle almal
Ek wil net julle inlig daar is 'n klein berig Landbouweekblad se geelbladsye op Bl 100. Die voorblad is 'n Jagluiperd oor ons skaaphalsbande. Wat dink julle van die berig en laat my weet. Ek sal al julle vrae die naweek beantwoord want die koue is hier en die kinders en manlief is siek met brongitus, so ek speel verpleegster en mamma, Lekker naweek en groete. :P :-*
Ambessa

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Ambessa »

Hallo Mar
mar wrote:...'n klein berig Landbouweekblad se geelbladsye op Bl 100... ...voorblad is 'n Jagluiperd oor ons skaaphalsbande.
...luiperd...?

...sterkte met die siekes...

Ambessa
Last edited by Ambessa on Fri Jun 24, 2011 3:24 pm, edited 1 time in total.
mar
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by mar »

Naand se!!!

Dankie ek het dit nodig want die jaar is ons plat getrek met die varkie siekte en ja dis die een met die jagluiperd op as almal wonder. Praat later. :-*
mar
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by mar »

BERIG
Halsbande is 'reuse-sukses' Landbou Weekblad 24 Junie 2011 bl100

Ek wil net graag terugvoering gee oor die elektroniese skaaphalsbande. (Sien die berig "Halsband raas en flikker roofdiere weg", LBW, 29 April.)
Die halsbande is nou vir 'n hele seisoen hier op 'n hele paar honderd skape in 'n bosagtige gebied in prima rooikat- en jakkalsw?reld by my buurman mnr. Nick Malan getoets.
Wanneer die skape begin hardloop, begin die halsband se elektroniese LED-liggies flits en dit laat'n ultrasoniese klank afgaan wat die roofdier afskrik en verbouereerd maak.
Terwyl'n paar skape gewoonlik elke jaar verloor word, is hierdie seisoen vir die eerste keer nie 'n enkele dier verloor nie.
Die halsbande is - teen vele verwagtinge in - 'n reusesukses.
Malan se dat die halsbande hul prys werd is, nie'n foefie of gier is nie en werk.
Sy ooie stem saam.

JUSTICE MALANOT

(Die bydrae het oorspronklik op die gespreksforum by www. landbou.com verskyn.)
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Biker »

Mar
Geluk .Soos ek voorheen gese het onder spesifieke omstandighede moet dit effektief wees.
Groete Biker
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Jaco Swart »

Mar.

Kan jy nie asb die artikel in die LWB vir ons ook hier post nie. Weet daar is 'n paar manne wat nie die LWB in die hande kan kry nie.

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by MEERKAT »

Mar

Sal dit waardeur indien jy hangende vrae kan beantwoord.


Mooi loop
MEERKAT
mar
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sun Jun 05, 2011 7:15 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by mar »

Landbouweekblad 29 April 2011
Halsband raas en flikker roofdiere weg
g
'n Halsband met 'n toestel wat ultrasoniese klanke uitstuur wat roofdiere erg irriteer en ligte laat flikker wat hulle disori?nteer, is die nuutste hulpmiddel vir kleinveeboere wat groot verliese ly weens probleemdiere.
Jakkalse en rooikatte is die afgelope vyf maande geslaag met 'n nuwe tipe afskrik-halsband weggehou van 'n trop jong, dragtige skaapooie. In di? tyd was daar weliswaar aanvalle deur roofdiere, maar nie een skaap is doodgebyt of beseer nie.
Die halsbande word op mnr. Nic Malan van die plaas Klipdrif, Kroonstad, getoets. Volgens mnr. Jaco de Villiers, ontwikkelaar vari die halsband, vertel di? boer hy het ge?sien hoe 'n jakkals 'n trop skape nader en weer padgee toe die afskrik-halsbande deur die skape se gehardloop aangeskakel is.
Hy het gaan kyk en gesien nie een van die skape het seergekry of het bytmerke aan hulle nie, vertel De Villiers.
De Villiers en mnr. Krassen Petskovski, albei slimkoppe met elektroniese ontwik?keling, het gehoor boere kla al hoe meer oor roofdiere, veral rooikatte en jakkalse, wat hul skape vang en groot skade veroor-saak. Hulle het besluit om 'n plan te pro?beer maak.
Dit het gelei tot die ontwikkeling en ver?vaardiging van die E-Shepherd-halsband. Hul benadering was dat'n mens die vyand moet ken om die vyand te wen.
Hoewel di? roofdiere die boer se aartsvyande is, meen De Villiers en Petskovski die diere pleeg nie halsmisdade nie omdat die mens daartoe bygedra het dat hulle van hul natuurlike prooi afgesien en die skaaptjoppies wat op mense se braairoosters hoort, begin verkies het.
Daarby is dit duidelik dat dit nie juis geslaag  is om sulke diere dood te maak nie. Di? wat oorleef,raak slimmer, of ander beweeg net in die vakante loopgebiede in.

Veeverliese as gevolg van roofdiere het die afgelope jare toegeneem en die raming is dat sowat 5 300 stuks kleinvee per dag gevang word. Die skade beloop meer as. R1,2 miljard per jaar.
Lammers is hul gewilde prooi, maar in die jongste tyd is daar tekens dat hulle vol?wasse skape en selfs lcalwers aanval. Sulke afwykings dui gewoonlik op 'n wanbalans in die natuur. De Villiers glo die mens is hoofsaaklik daarvoor verantwoordelik en skep so sy eie ellende.

Een van die redes is dat die jakkalse se natuurlike vyande, die groter roofdiere en veral hi?nas, se getalle so verminder het dat jakkals getalle toegeneem het. Daarby het die kos wat hulle vreet, verander. Dit tref kleinveeboere met'n dubbele slag. Die jakkalse vang nou boere se vee, terwyl die jakkalse se natuurlike prooi, soos mui- se, rotte, tarentale en ander vo?ls, se getalle toeneem en ook plae raak vir die boere.Die uitdaging was dus om'n manier te vind om die jakkalse na hul tradisionele voedselbronne terug te dwing sonder om hulle dood te maak. Makliker ges? as gedaan.  'n Geslaagde benadering is om die jag patrone van die roofdiere te verstaan. DeVilliers meen roofdiere "bereken" voor die tyd hoeveel energie hulle aan'n jagtog gaan , bestee en hoeveel energie hulle daaruit gaan kry. Hulle is skynbaar ook baie versigtig vir beserings, want 'n besering kan die roofdiere se dood beteken as hulle nie meerings geslaag kan jag nie. >Dit wil dus voorkom dat as die energie wins van 'n jagtog nie groot genoeg is nie, sal die roofdier nie maklik die jagtog aan? durf nie. Om 'n jagtog geslaag te onderneem, is daar ook 'n sekere ritme nodig en die ver? steuring van di? ritme lei gewoonlik tot 'n mislukte jagtog. Die nuwe halsband is op di? waarnemings gegrond. Sodra die jakkals probeer om skape te vang, hardloop die diere rond, wat die afweerder  aan die halsband aan die gang sit. Dit stuur uiters hinderlike ultrasoniese klankgolwe uit wat die jakkals (of ander roofdier) totaal ontsenu. Terselfder tyd gaan skerp flikkerligte in die halsbande aan wat die roofdier verder disori?nteer Na 'n paar mislukte pogings besef die dier hy het klaar te veel energie bestee en blaas hy gewoonlik die aftog. In die proewe het dit klokslag gebeur.
Omdat die halsbande se afweermeganisme net tydens aanvalle aangeskakel word,
is dit onwaarskynlik dat die roofdiere maklik daaraan gewoond sal raak, meen De Villiers.
Die oogmerk is om skape, wat 'n be treklike maklike prooi is,'n moeiliker prooi as hase, tarentale, muise en rotte te maak sodat die jakkalse daardie opsies weer sal begin benut. De Villiers en Petskovski het in 2009 die stelsel begin ontwikkel en dit verlede jaar in Oktober begin beproef. Vir di? doel is twee homogene groepe jong, dragtige skaapooie gebruik waarvan die een groep halsbande  aan gekry het en die ander nie.
Die halsband is van 'n sterk, maar deur laatbare materiaal gemaak waaraan 'r klein elektroniese toestel in 'n kassie vas.geheg is. Dit word aangedryf deur 'n battery wat van nege maande tot 'n jaar lank behoort te hou.By tropgebonde diere word 'n halsband net om elke tiende dier se nek gesit, terwyl dit by diere wat wyer wei, aan een uit agi diere geheg word. Dit begin net werk as die diere hardloop en dit behoorlik skud.
Tot nou toe is nie een skaap in die groep wat halsbande dra, doodgemaak of beseer nie. Wat w?l duidelik is, is dat roofdieraan valle beslis gekoppel is aan die siklusse van die maan.
Daar het ook nog verskeie aanvalle voor gekom sedert hulle die halsbande op die proef begin stel het, maar dit blyk dat die aanvalle oor die hele plaas verminder het.
Verlede jaar is daar 32 skape gevang teenoor die agt in dieselfde tyd vanjaar. Die feit dat daar ook geen skaap in die kontrolegroep gevang is nie, dui waarskynlik daarop dat die groepe to naby aan mekaar (sowat 1 km) aangehou is. Die oogmerk is om nou die skape op die res van die plaas as kontrolegroep to gebruik.
Dit is ook interessant dat die beweging van roofdiere (volgens hul spore) in die kamp waar die skape met die halsbande was, baie afgeneem het.
Die skape is ook elke maand geweeg om to bepaal of die halsbande enige nadelige invloed op die diere het. Die skape met die halsbande het effens meer gewig opgetel as die kontrolegroep. Geen wetenskaplike afleiding kan nou uit di? inligting gemaak word nie, behalwe dat die halsbande nie nadelig is vir die skape nie.
Die haalbaarheid daarvan om die halsbande ook to gebruik om skaars wild teen roofdiere te beskerm, gaan ook nog ondersoek word.
'n Voordeel van die halsbande is dat dit tussen skape verwissel kan word om di?
diere wat die kwesbaarste is, die beste to beskerm.
Die intreeprys vir die halsbande is R580 stuk en dit behoort vir minstens twee jaar lank to hou. Die batterye, wat nagenoeg'n jaar lank behoort to hou, kos sowat R50. Omdat net elke tiende skaap 'n halsband kry, kos dit aanvanklik R58 per skaap. Met drie lamtye in twee jaar behoort dit dus so?wat R63 per skaap te kos as die battery in di? tyd een keer vervang word. Dit beloop dus R21 per skaap per lamtyd.
'n Voordeel van die halsbande is dat dit tussen skape verwissel kan word om di? diere wat die kwesbaarste is, die beste to beskerm. Skape is met lamtyd die kwesbaarste. Dit is wanneer jakkalse die lammers vang of selfs ooie wat lam, aanval.
Die halsbande aktiveer nie 'n Boer se selfoon nie en by hoef dus nie snags op die plaas rond to jaag om moontlike roofdier?aanvalle to gaan ondersoek nie. Die elek?troniese toestel aan die halsband is water?dig en hoef nie afgehaal to word wanneer skape gedip word nie.
Die aanduidings van die proewe is dat di? halsbande boere se kleinveeverliese beduidend kan beperk en roofdiere kan dwing om weer hul natuurlike prooi te jag.

Ek wil net s? die kostes van die halsbande het opgegaan vanaf R580 na R750.00

Ek het die artikel ingesit vir die mense wat nie Landbouweekblad gemis het.

Baie dankie
Mariette
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Beretta »

Dag se Mar
Ek boer gad nie wil net weet die klanke en ligte het dit nie n invloed op die ander skape nie of die een wat dit dra.Of hoor hulle nie dieselfde frekwensie as die roof diere nie.
Groete
Beretta
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Skaaphalsbande teen roofdiere

Post by Mac »

Aitog, my arme ou skaaphondjie.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Post Reply