Nuwe klip inni bos

Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Malan123 »

tripodmvr wrote:Gaan kyk bietjie na "dragsters" wat oor die kwartyl jaag. Sommiges is blitsig van die merk af maar dan raak sy petrol bietjie op. Ander kom stadiger weg en versnel dan vinnig. As hulle gelyk oor die wenstreep gaan, dan is hul tyd dieselfde. Hul eindspoed gaan egter verskil.

S335 versnel eers baie vinnig en dan raak sy stukrag minder.
S355 versnel eers stadiger en dan vinniger.
S365 is nog stadiger by die wegspring, maar gee beter versnelling verder aan.

So het elke dryfmiddel sy eienskappe wat beter pas by elke kaliber en daarom die verskeidenheid dryfmiddels wat daar wel is.
Hierdie is nou 'n mooi verduideliking!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nuwe klip inni bos

Post by joe rocket »

Hansieslim verstaan ek jou nou reg, wil jy weet watter 6.5mm kaliber die beste en akuraatste is en jy wil quickload gebruik om dit te staaf? Dit is eintlik baie eenvoudig bou vir jou n 260 AL met n 30 duim loop. Onthou net dit is die fool agter die tool wat ook saak maak. ;)
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Hansieslim »

More Oom Tripod
Dankie ook vir Oom se deelname. Kruit is n verdere dinamiese komponent en ek verstaan 100% wat Oom sê. Spesifiek die gedeelte van kruit wat "pas by elke kaliber". Vir die vraag het ek egter ook die kruit vasgemaak as dieselfde vir die verskillende kalibers. Miskien lees die lede die vraag te gekompliseerd. My vraag is eintlik eenvoudig...miskien moet ek eerder die draad onttrek voor ek mense irriteer. Ek leer nog altyd baie by Jaracal, maar bydraes soos "Rook 2 sigarette" gaan nie gesprek/redenasie/leer bevorder nie. Ek is nog nie lank deel van Jaracal nie, maar het al gelees dat hier al baie "gurus" onttrek het. Ek wonder waarom.

Ek vra nog altyd dommerige vrae. Eerstens omdat ek dalk regtig nie weet nie, Tweedens omdat ek weet ander lede moet ook al met dieselfde kwessie geworstel het en Derdens omdat ek hou van die gesprekvoering in Afrikaans meestal. Ek leer baie hieruit en is dus pro-Jaracal.

Die oorsprong van my vraag is : Ek het n 6.5x55 en koop toe 'n 6.5 Creedmoor. Hoekom wil al my pelle weet. "Jy het mos 'n 6.5!!!". Ek word gehammer deur die volgende vraag : "As jy n 140gr koeël @2700fps uit n 6.5x55 skiet en jy skiet dieselfde koeël teen dieselfde spoed uit 'n 6.5 Creedmoor uit dan gaan hulle mos dieselfde groepeer?". Ongelukkig is my twee 6.5 kalibers nie van dieselfde vervaardiger nie. Ek kan dus nie vir my pelle fisies staaf dat die een beter skiet as die ander een nie. Ek soek dus genoeg inligting en FEITE voordat ek so 'n gesprek om 'n vuur voortsit.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Hansieslim »

joe rocket...Met respek...Nee dit is nie die vraag wat ek vra nie sorry.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nuwe klip inni bos

Post by joe rocket »

Die oorsprong van my vraag is : Ek het n 6.5x55 en koop toe 'n 6.5 Creedmoor. Hoekom wil al my pelle weet. "Jy het mos 'n 6.5!!!". Ek word gehammer deur die volgende vraag : "As jy n 140gr koeël @2700fps uit n 6.5x55 skiet en jy skiet dieselfde koeël teen dieselfde spoed uit 'n 6.5 Creedmoor uit dan gaan hulle mos dieselfde groepeer?". Ongelukkig is my twee 6.5 kalibers nie van dieselfde vervaardiger nie. Ek kan dus nie vir my pelle fisies staaf dat die een beter skiet as die ander een nie. Ek soek dus genoeg inligting en FEITE voordat ek so 'n gesprek om 'n vuur voortsit.[/quote]

Hansieslim dan is dit baie eenvoudig die antwoord is nee. Jy kan nie lope, kamers, doppe, interne ballistiek kloon nie, maar deur lading ontwikkeling met behulp van quickloads kan jy dit reg kry om onder .5moa groepeerings te kry met verskillende roere en kalibers op verskillende nodes.

Ps. Moenie so fyn gevoelig wees nie die lewe is te kort daarvoor. Pasop vir braaivleis stories, luister aandagtig en smile........
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Hansieslim »

joe rocket...

Die laaste ding wat ek wil sien, is dat hierdie tipe leersame/insiggewende gesprekke op whatsapp groepies voortgesit word i.p.v. op Jaracal.

Baie van ons gaan Google iets. Gawie het gistraand iets genoem waarvan ek baie gehou het. Hy't gesê mense moet nie iets gaan Google nie. Hulle moet dit gaan Jaracal. Dit sal fantasties wees as dit wel so kan word, daarom moet gesprekke hier voortgaan asb!!!
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Apie »

Gestel ek koop 4 x 6.5mm kalibers met identiese lope, fabrikate, snellers, twist, kolwe, skuts, doppe, primers, kruit, laaitoerusting vir elkeen ...alles identies (behalwe die matryse seker). Kom ons sê die die lys kalibers :
- 6.5x55
- 6.5x55 en ek laat hom Ackley
- 6.5 Creedmoor
- 6.5x47L

OK, nou gaan doen ek vir elkeen ladingontwikkelling met identiese koeëls. Kom ons sê vir argumentsonthalwe 140gr Nosler RDF's. Met identiese lope behoort die barrel time mos ook identies te wees. Of ten minste naby aanmekaar want die doplengtes en kamer volumes verskil mos effens van dop tot dop...MAAR kom ons sê dit is ook identies...

Met identiese barrel times behoort die nodespoed mos dan ook identies te wees. Kom ons sê dit is 2700fps.

Die vraag is dus as 4 verskillende 6.5mm kalibers dieselfde koeël teen dieselfde spoed lanseer...Watter een gaan die beste groepering skiet?



Jou oorspronklike vraag hierbo.

Jy vra of 4 verskillende calibers wat in alle opsigte identies is dieselfde akkuraatheid gaan gee.
Die eenvoudige antwoord is ja, want as alles identies was is die calibers op die ou einde identies.
Dis egter onmoontlik.

Ek dink soos almal jou geantwoord het nee.

Soos Wouter en ander ook genoem het, die dopvulling gaan verskil en dus jou ES.
Dis tog hoekom elke kaliber sy forte het.

'n 6.5x55AI met 'n 32 duim loop gaan mos met 'n lekker vol dop skiet teen 'n 6.5x47(ook met n vol dop op 'n ander node) met dieselfde looplengte.

Jou vraag volgens my moes liewer lees :

As ek 4 gewere bou met elk identiese aksies, snellers, kolwe ens ens in 6.5x55, 6.5x47 ens ens met die regte looplengte vir 100% dopvulling op nodespoed of sal die akkuraatheid dan dieselfde wees?
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Apie »

Kom ons stel dit so.

In 'n korter looplengte sal die geweer met die kleiner dopkapasiteit die beste vaar en anders om.

'n 22 duim loop sal baie goed werk in bv 6.5x47 maar jy mors met die x55 se kapasiteit.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Hansieslim »

Apie...

Dankie vir jou mooi antwoord.

Persoonlik glo ek die antwoord is "NEE hulle gaan nie dieselfde presteer/groepeer nie", maar ek moet dit aan n ou verduidelik wat dalk minder hiervan weet as selfs Dom Hansie. Ek glo die rede dat hulle gaan verskil, lê in die dopvolume en vorm en die gevolglike effektiwiteit van die ontbranding vd kruit. Dis my storie en ek hou daarby.

Dankie vir almal se deelname, maar wees verseker dat ek nog sulke vrae gaan vra...hopenlik met minder irritasie tot gevolg.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Wouter Roets »

Hansie

Eerstens moet jou dryfmiddel pas by die rondte en die koeel wat jy wil skiet. Jy kan eenvoudig net nie vergelykings wil tref tussen verskillende rondtes met dieselfde poeier en verwag jy gaan sinvolle resultate kry nie. Elkeen moet gebruik word met sy optimale kombinasie. So as iemand jou hierdie vraag gevra het dan verduidelik jy vir hom dat jou nuwe Creedmoor n spesifieke koeel baie mooi op n node met daai spesifieke looplengte skiet en jou 6.5x55 dit nie heeltemal so lekker reg kry nie.

Ek het klaar in my vorige antwoorde vir jou die kreteria gegee van wat die idaal teoreties is waarvoor jy streef in nodespoed terme. Gaan lees gerus aandagtig weer daai strukke deur wat ek en Oom Maruis oor QL en die nodeprogram geskryf het. Dit is mooi in detial uiteengesit wat n mens na strewe.

As ons die kreteria soek van n inhirente akkurate rondte gaan jy soveel atwoorde kry as mense wat jy vra. Dit kan werklik baie tegnies raak. In kort sal ek se n relatiewe kort vet poeierkolom vir effektiewe en konstante ontbranding, n relatiewe skerp skouer vir positiewe headspacing en n minimum van kaliber lengte nek. Ek glo ook daar is n relatiewe verhouding persentasie tussen dopkapasiteit en nekdeursnee wat gehandhaaf moet word. Maar hierdie bly kontroversieel om die minste te se en is geensins n eksakte wetenskap nie. Daar is al oor as genoeg bewys dat die kwaliteit van die komponente en die vakmanskap wat ingaan in die aanmekaar sit n baie groter rol speel in akkuraadheid van n stelsel as die rondte. Ek weet jy wil dit nie in die vergelyking inbring nie, maar is wel dalk van toepassing op jou twee gewere. Daar is akkuraadheids voordele vir die push feed teenoor n controlled round feed aksie. Weereens teoreties en die kwaliteit van komponente en vakmanskap sal die deurslaggewende rol speel.

Met sulke braaivleis vuur sories is dit dalk beter om te kyk wie kan die meeste drink as om aan iemand wat baie gebrekkige kennis oor vuurwapens het ingewikkelde konsepte te wil verduidelik. So smile eerder net en vat n groot sluk.

Groetnis
Wouter
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Messor »

Hansieslim wrote:

- 6.5x55
- 6.5x55 en ek laat hom Ackley
- 6.5 Creedmoor
- 6.5x47L


Die vraag is dus as 4 verskillende 6.5mm kalibers dieselfde koeël teen dieselfde spoed lanseer...Watter een gaan die beste groepering skiet?
Soos genoem gaan die nodespoed tussen almal verskil, so daai vraag kannie beantwoord woord nie.

As jy net plain wou vra watter een die akuraatste oor die algemeen sou wees, onder normale omstandighede, dan sou dit so lyk:

1: 6.5x47L
2: 6.5 Creedmoor
3: 6.5x55
4: 6.5x55 Ackley

En as die grendel op die lys was, dan was hy bo.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Apie »

Messor wrote:
Hansieslim wrote:

- 6.5x55
- 6.5x55 en ek laat hom Ackley
- 6.5 Creedmoor
- 6.5x47L


Die vraag is dus as 4 verskillende 6.5mm kalibers dieselfde koeël teen dieselfde spoed lanseer...Watter een gaan die beste groepering skiet?
Soos genoem gaan die nodespoed tussen almal verskil, so daai vraag kannie beantwoord woord nie.

As jy net plain wou vra watter een die akuraatste oor die algemeen sou wees, onder normale omstandighede, dan sou dit so lyk:

1: 6.5x47L
2: 6.5 Creedmoor
3: 6.5x55
4: 6.5x55 Ackley

En as die grendel op die lys was, dan was hy bo.
Messor

Hoekom sal jy die Ackley onder die x55 skoon rate?
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Messor »

Apie wrote:
Messor

Hoekom sal jy die Ackley onder die x55 skoon rate?
Apie, voor ek antwoord, as jy daai volgorde van my kyk, hoekom sou jy so sê?
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Apie »

Messor wrote:
Apie wrote:
Messor

Hoekom sal jy die Ackley onder die x55 skoon rate?
Apie, voor ek antwoord, as jy daai volgorde van my kyk, hoekom sou jy so sê?
Ek verstaan dat jy dit slegs op dopvolume gesort het.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Hansieslim »

Jissie Wouter...jy gebruik woorde met vleuels. Pragtig...en ek verstaan. Dankie!!!
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Messor »

Apie wrote:
Messor wrote:
Apie wrote:
Messor

Hoekom sal jy die Ackley onder die x55 skoon rate?
Apie, voor ek antwoord, as jy daai volgorde van my kyk, hoekom sou jy so sê?
Ek verstaan dat jy dit slegs op dopvolume gesort het.
Apie

Oor die algemeen maak bitter min kaliber geprekke sin, net oor mense advies glo wat niks met hulle uit te waai het nie.

Per voorbeeld, as ek ‘n long range shooter vra watter is die beste 6.5, en hy het sy huiswerk gedoen, dan sal hy my ‘n baie berekende antwoord gee. Hy sal weet watter invloed sy keuse op die transonic barrier het in verband met sy aanvangs spoed, net soos wind drift en al daai goodies wat daarmee gepaart gaan. Hy sal ken van kruite en small primer pockets, hy sal weet van BC en spin drift en coriolis en goeters wat meeste mense niks van ken nie.

Vra iemand hom nou advies dan is sy antwoord reg, maar dit het tien teen een boggerol uit te waai met die beginner se vraag nie.

So hier was ‘n vraag, ‘n eenvoudige een, watter een van daai sal die meeste akuraat wees.
Nou ek sê jou straight as jy die wereld se honderd beste skuts vra om 100 groupings te skiet op 200m met al daai gewere, dan sou daai lys baie na aan reg wees. Jy kan maar die PRS manne volg, hulle gebruik deesdae eerder 6mm’s as 6.5mm’s, en die antwoord is eenvoudig, recoil.
Hoekom sal die veldskiet manne eerder ‘n 22-250 as ‘n regte jaggeweer gebruik, antwoord is dieselfde, recoil.
Recoil het nog nooit en sal nooit goed wees vir akuraat skiet nie, maak nie saak hoe goed ontwerp die dop is nie. Jy gaan eenvoudig net ‘n beter grouping konstant skiet met ‘n 6.5 grendel as met ‘n 300wsm, albei met ‘n kort dop konstruksie.

So nou vra ‘n beginner hy soek ‘n 6.5 vir algemense skiet, ek guarantee jou die ouens val in met hul menings al is dit ge-basseer op hul eie behoeftes. Jy sien dit selfs in jag, wat moet ek kry, en almal tjirp in met hul baan gewere.

As ek net moes skiet vir die lekker, en hier en daar bokke platmaak tot op 300m, dan sou dit die x47 wees elke dag van die jaar. As ek moes lang afstand skiet, dan sou ek my behoeftes moet aanpas.

Mense op forums moet mooi dink voor hulle iets antwoord, baie antwoord net om hul eie keuses te staaf al het dit bogerrol met die saak uit te waai nie.
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 728
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Nuwe klip inni bos

Post by obasch »

Hoor-hoor!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Nuwe klip inni bos

Post by Smitstertjies »

Goed opgesom en sinvol geantwoord Messor!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Post Reply