Eland jag die afgelope naweek....

User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Eland jag die afgelope naweek....

Post by marno »

Hi daar manne!

Ek het die naweek wat verby is twee van my pelle gevat om te gaan eland jag by ons.  

Toe ons begin loop die oggend was dit -2 grade en die ys het op ons skoene gesit.  Ons het lank geloop maar hulle wou net nooit reg staan nie.

En voor paar van die manne kritiseer, hulle wou elkeen 'n koei skiet vir vleis en nie trofee nie.

Ons het hulle toe op 'n stadium gekry en een van my pelle het die skoot gevat en die jong koei geskiet.  

Ek weet sy is  jonk maar ten minste is die vleis lekker van die jong goed.

Hy het my Steyr Mannlicher 7mm Rem Mag gebruik met 162gr punte en haar op die blad geklop.  

Ek was verbaas oor die min vleis skade toe ons haar af slag.

Die hele naweek was baie lekker!  

Ek moet oor so paar naweke my trofee bul en nog 'n koei gaan skiet.

Hier is Leslie met sy jong eland koei.

[img width=560 height=420]http://i1211.photobucket.com/albums/cc4 ... 4-1600.jpg[/img]
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by Geno »

Lekker sagte vleisies!

Mooi man.

groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by whisper »

My mond water al klaar! Mooi Marno!

Pretty walk.

Whisper. :)
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by marno »

Thanks julle!

Dit is nou regtig nie die grootte bok wat ek iemand wil laat skiet as ek hulle uitvat nie, maar omdat hulle wou lekker vleis he, het ek nie om gegee nie.

Sy het ook nie nog gehardloop nie.  Net daar geval.  Ons het toe ons slag gesien die patroon was deur die hart.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by Geno »

Marno,
Wat prys julle elande?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by marno »

Ek het hulle laat skiet vir R4500 'n koei.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by Geno »

En groot bulle?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by marno »

Jong bulle - R6000 en groot/ou bulle - R8000
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by Geno »

Dankie! Goeie prys.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by marno »

Maar ek moet vir jou se ek het lanklaas in my lewe so bekruip en ge-leopard crawl soos laas naweek.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by Pvdw »

Marno daai is my droom bok vir volgende jaar 8) 8). Is julle oop vir enige iemand of is dir net vir vriende en familie?

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by marno »

Pvdw wrote: Marno daai is my droom bok vir volgende jaar 8) 8). Is julle oop vir enige iemand of is dir net vir vriende en familie?

Peet
Hi Peet,

Eintlik net vir familie en vriende maar ek kan maar kyk volgende jaar of ek iets vir jou kan reel.

Groetnis.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by Monrique (SJ) »

Netjies gedoen daar.  Sawwe vleisies daai.

Groetnis
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by foxripper »

Wat het die koei uitgeslag?
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
gaaf

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by gaaf »

Bie nice, daai vleis gaan vrek lekker wees!
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by Jaco Swart »

Marno.

laat weet asb bietjie waar in die wereld is jy en of jy nog groot bulle het wat gejag sal kan word.

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by Dawid »

marno wrote:
Pvdw wrote: Marno daai is my droom bok vir volgende jaar 8) 8). Is julle oop vir enige iemand of is dir net vir vriende en familie?

Peet
Hi Peet,

Eintlik net vir familie en vriende maar ek kan maar kyk volgende jaar of ek iets vir jou kan reel.

Groetnis.
Nou maar hier op die forum is almal sulke goeie vriende ons is amper soos familie so ek reken dis oop vir ons ook :laugh: :laugh: :laugh:

Pragtige koei en skoot en vir my is Eland lekkerder as bees en daars baie meer genot daaraan verbonde om n Eland te gaan skiet as n bees.

Baie goeie prys ook , my trofee bul (35" ) het my verlede jaar 8 500 gekos
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by Jagtersdok »

Baie mooi Marno.

dis nie altyd die grootte van die bok wat saak maar nie. Dis meer oor die storie en ervaring wat daarmee saam gaan
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by marno »

Nou maar hier op die forum is almal sulke goeie vriende ons is amper soos familie so ek reken dis oop vir ons ook :laugh: :laugh: :laugh:

Pragtige koei en skoot en vir my is Eland lekkerder as bees en daars baie meer genot daaraan verbonde om n Eland te gaan skiet as n bees.

Baie goeie prys ook , my trofee bul (35" ) het my verlede jaar 8 500 gekos
HEHEHE  Oom Dawid!! Jy sal my eers paar keer moet nooi om te braai voor ek vir almal oopmaak. hehehee
Last edited by marno on Thu Jun 09, 2011 6:53 am, edited 1 time in total.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by marno »

foxripper wrote: Wat het die koei uitgeslag?
Jong Foxripper,

Kop af, binnegoed uit, vel af en so voorts het sy net oor die 200kg geweeg.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by Geno »

Jaco S wrote: Marno.

laat weet asb bietjie waar in die wereld is jy en of jy nog groot bulle het wat gejag sal kan word.

Groetnis
Jaco "sleeping beauty", Eland jag is vir manne wat baie vroeg kan opstaan.... ;)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by foxripper »

Marno,

Dan is dit n groot koei..hy kan jonk wees maar hy is glad nie klein nie
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by Jaco Swart »

Jaco "sleeping beauty", Eland jag is vir manne wat baie vroeg kan opstaan.... ;)
[/quote]

Geno.

As jy so mooi vrou soos ek gehad het so jy ook maar wou inle!!!!
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by Geno »

Ok, nou verstaan ek. Jy's verskoon my maat! :)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Eland jag die afgelope naweek....

Post by marno »

hehehehe.  Julle manne laat my lag!
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
Post Reply