Jakkalse Einde November

Post Reply
User avatar
stefan.bester3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Jun 07, 2015 9:13 pm

Jakkalse Einde November

Post by stefan.bester3 »

Goeie more almal.

Hoop julle kan my bietjie help. Die laaste tyd +-3 weke ry ek redelik reuns en tewe raak, maar is relatief onsuksesvol met die roepmetode. Soos op Heinrich se gevorderde kursus behandel is, het ek die standaard roepmetode gevolg, sowel as onderskeidelik vlekkie D en Elsneus. Gisteraand 'n mooi groot teef geskiet, maar weereens raakgery en nie geroep nie.

Ondervind julle dieselfde? Enige raad wat jul kan deel?

Dankie by voorbaat.

Groete Stefan
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by Geno »

Ek het verlede week vir 5 nagte gejag en het 37 jakkalse in die tyd geskiet. 2 nagte saam Katefbessie, 1 alleen en 2 saam met my Pa.

Rooi alleen as aanvangsroep en jakkals antwoord as hul gereageer het daarop.
Dan maar kos en bakleie.
Kleintjies met elsneus+fluit en tafjak8 geskiet.
IMG_20171127_091848.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
stefan.bester3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Jun 07, 2015 9:13 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by stefan.bester3 »

Baie dankie Geno.

Waardeer die raad baie!

Geluk en mooi geskiet. Lekker as bakkie so vol hang!!!
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by RUPERT »

Bloemfontein is n beter plek van dat Geno daar jakkalse jag. Goed gedoen!!!
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by Armand9 »

Stefan weet nie van waar jy is nie.
By my moet jy maar geduld he met die oues. Min roep en flou lig. As jy hul oe optelkan dit nog n hele ruk vat voor hulle onder skoot kom. As niks aanvanklik antwoord nie wees maar geduldig. Hulle kom stil stil nader baie keer.
Lekker metode wat geno daar se.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by Geno »

Ek het Saterdag-aand 8 jakkalse geskiet op dieslefde sequence as bo genoem.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
stefan.bester3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Jun 07, 2015 9:13 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by stefan.bester3 »

Baie baie dankie Geno! Waardeer dit baie. Het self 2 pare laasweek uitgehaal in een aand. Was die res vd week nie uit nie, hierdie week van more af elke aand. Gaan defnitief jou resep verder op die proef stel. Dankie dat jy raad deel. Waardeer dit opreg!
Bushpig7
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 79
Joined: Mon Dec 23, 2013 7:33 am

Re: Jakkalse Einde November

Post by Bushpig7 »

Hallo Geno

Wie se klank is Rooi Alleen.

Sal graag die CD wil koop

Groete
Bushpig 7
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by Geno »

Louis Potgieter. Op sy Pikante Klanke CD
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by Geno »

Laasnag nog 8 jakkalse en 'n kat geskiet.
Aanvangsroep: Rooi Alleen of Elsneus+Fluit.
Dan kos en bakleie. Later Swartrug1+VlekE
Elsneus+fluit, Paljas vreet, worstel en tiktik by die nes. Teef het in bosse geval toe kry ons haar nie opgetel nie.
Kat is raakgelig en met Scrubhare ingeroep.
Ons het 23 jakkalse en die rooikat met 3 bakkies op 1 boer se plase geskiet.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20171215/4fde8734b5e45185bdecaa85102a42a3.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
stefan.bester3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Jun 07, 2015 9:13 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by stefan.bester3 »

Great stuff. Geluk Geno. Help gou bietjie met lengte van roepe... as jy met Rooi alleen begin. Hoe lank speel jy daai klank?

En dan hoe lank wag voor jy met kos begin? Ekt gevind dat die opname van klanke partykeer moeilik is aangesien dit langer is as wat die jakkals sou sou huil/skreeu in natuur.

En dan jou kombinasie van kos en bakleie. Speel jy kos, stop en dan baklei klank dadelik of wag jy tussen kos en baklei vir ñ tydperk.

Ek weet dis baie vrae, maar jou sukses lê defnitief in manier hoe jy klanke speel. (En ek sal graag by jou wil kers opsteek)

Groete Stefan
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by Geno »

stefan.bester3 wrote:e... as jy met Rooi alleen begin. Hoe lank speel jy daai klank?
Eenkeer deur. As hul antwoord mute ek.

stefan.bester3 wrote: En dan hoe lank wag voor jy met kos begin?
3min
stefan.bester3 wrote: En dan jou kombinasie van kos en bakleie. Speel jy kos, stop en dan baklei klank dadelik of wag jy tussen kos en baklei vir ñ tydperk.
Ek meng dit met Foxfusion op my remote.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
stefan.bester3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Jun 07, 2015 9:13 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by stefan.bester3 »

Baie dankie. Ek waardeer dit opreg.

Groete Stefan
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by Geno »

Enige tyd Stefan. Ek help waar ek kan en deel graag kennis wat ek by ander jagters opgedoen het.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by Gian_dP »

Geno wrote:Laasnag nog 8 jakkalse en 'n kat geskiet.
Aanvangsroep: Rooi Alleen of Elsneus+Fluit.
Dan kos en bakleie. Later Swartrug1+VlekE
Elsneus+fluit, Paljas vreet, worstel en tiktik by die nes. Teef het in bosse geval toe kry ons haar nie opgetel nie.
Kat is raakgelig en met Scrubhare ingeroep.
Ons het 23 jakkalse en die rooikat met 3 bakkies op 1 boer se plase geskiet.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20171215/4fde8734b5e45185bdecaa85102a42a3.jpg
Bakkie lyk darem mooi met sulke vol hakke.

Good job!

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am

Re: Jakkalse Einde November

Post by JuanVE »

Goed gedoen!!
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by Witpietskiet »

Darem lekker om n slag n jakkals bespreking te lees op Jaracal.

Dankie julle
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by jankraay »

Geno wrote:Enige tyd Stefan. Ek help waar ek kan en deel graag kennis wat ek by ander jagters opgedoen het.
Hier jok jy glad nie...Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
wolfie47
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Sun May 03, 2015 3:05 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by wolfie47 »

Mooi gedoen Geno. Lekker om so bietjie jakkals jag bespreking te lees.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by NicoSmit »

Kan ons nie 'n post begin waar ons weer tips kan deel en bespreek watse roepe werk vir jou ? Deesdae is daar baie min op Jaracal oor jakkalse
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
stefan.bester3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Jun 07, 2015 9:13 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by stefan.bester3 »

EK stem Nico. Baie van die besprekings het in 2012 gestop as mens so deur die forums en besprekings lees. Geno help mooi en ek dink regtig elkeen van ons wat gereeld skiet het iets wat vir ons werk. Ouens kan dan maar vir hulself ñ resep uitwerk wat vir hulle en hul omgewing werk. Ek sal later bietjie ñ nuwe post begin. Ons noem hom sommer:

2018 Jakkals jag tips en vrae.

Glo Geno en ander gesoute manne sal hul insette lewer en vrae antwoord wat uit bespreking kom. Ek myself sal ook help waar ek kan.
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by Rudie »

Stem saam. Ek het oorspronklik op Jaracal afgekom toe ek begin jakkalse skiet het. Baie intussen geleer op Jaracal.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
User avatar
BobFrosty
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Feb 13, 2013 11:38 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by BobFrosty »

NicoSmit wrote:Kan ons nie 'n post begin waar ons weer tips kan deel en bespreek watse roepe werk vir jou ? Deesdae is daar baie min op Jaracal oor jakkalse
Nico ek stem saam.

Ek self het nog baie vra en wil graag weet wat werk wanneer vir wie.

Sal lekker wees om sukses te deel met mekaar.

BobFrosty


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
stefan.bester3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Sun Jun 07, 2015 9:13 pm

Re: Jakkalse Einde November

Post by stefan.bester3 »

Naand manne. Ekt ñ nuwe post gestig onder 2018 jakkals jag Tips en Vrae. Voel vry om deel te neem.
Post Reply