Wie verskaf die waarborg?
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Wie verskaf die waarborg?
Ek wil nie Chevy se onderwerp oor sy Nikon kaap nie, so ek vra die vraag hier.
Ek koop 'n telskoop by 'n winkel. Ek kry probleme met die teleskoop en neem dit terug na die winkel. Die winkel lig my in dat hulle die teleskoop na die verskaffer sal terug stuur. Nou raak dit 'n saak tussen my en die teleskoop se verskaffer, agent of selfs vervaardiger.
Na my mening was die transaksie tussen my en die winkel. Ek soek dus 'n oplossing vir my probleem by die winkel en nie by die ander entiteite verder in die ry af nie.
Reg of verkeerd?

- Viking
- Hero Member

- Posts: 872
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Willem,
VERKEERD...die produk verskaffer is die een wat waarborg gee en nie die handelaar nie TENSY die handelaar bo-op die verkaffer 'n waarborg uitreik. Dit gebeur nie as die reël nie, daarom stuur alle handelaars die foutiewe produk terug na sy oorsprong - dis die vervaardiger!
As laasgenoemde nie die produk herstel of vervang nie is jy geskroef, want die handelaar is ook net afhanklik van sy verskaffer se WOORD! (waarborg)

" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- skollie
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Ek dink iemand wat vertroud is met die Wet op Verbruikersbeskerming sal vir ons hierdie vraag kan beantwoord?
Sent from my SM-G935F using Tapatalk
Sent from my SM-G935F using Tapatalk
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Viking
Ek stem saam, maar plaas 'n transaksie tussen 2 partye nie 'n wetlike plig om sekere waarborge te verskaf nie?
Se^ nou maar die teleskoop kom stukkend uit sy verpakking nadat ek gekoop het. Die winkel kan dan mos nie op die verskaffer se waarborg terugval nie. Waar is die skeiding tussen die winkel en die verskaffer se verantwoordelikheid?

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Die winkel maak nie die produk nie maar verkoop die produk. Die vervaardiger maak die produk en gee waarborg op die produk. Die vervaardiger moet sy waarborg eer nie die verkoper nie.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Viking
- Hero Member

- Posts: 872
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Willem daar is ALTYD die uitsondering...gegewe jou voorbeeld hier is dit gebruiklik dat die handelaar die item sal omruil.wlm wrote:Viking
Ek stem saam, maar plaas 'n transaksie tussen 2 partye nie 'n wetlike plig om sekere waarborge te verskaf nie?
Se^ nou maar die teleskoop kom stukkend uit sy verpakking nadat ek gekoop het. Die winkel kan dan mos nie op die verskaffer se waarborg terugval nie. Waar is die skeiding tussen die winkel en die verskaffer se verantwoordelikheid?
hier is Skollie se voorstel op skrif...lekker lees!
http://www.dejure.up.ac.za/index.php/vo ... cle-2.html
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Ek doen aircons as 'n sideline. Een van my verskaffers verander sy waarborg vanaf 1 jaar op binne en 3 jaar op buite eenheid( met voorwaardes soos diens en onderhoud) na 2 jaar binne en 5 jaar op buite eenheid kompresor ingesluit. Hulle maak,bestel die eenheid van die fabriek af. Hoe kan ek vir 5 jaar daai risiko loop om kompresor te vervang indien iets verkeerd loop???
My verskaffer her groot werkswinkel met opgeleide tegnikuste en toets area om eise na te gaan. Indien daar fabrieksfout is herstel hulle op hul eie onkostes. Ek het nou weer in Maart so geval gehad. Ek moes maar die onkostes van die afhaal en terugsit van die eenheid dra maar dit val maar onder klieënte diens.
My verskaffer her groot werkswinkel met opgeleide tegnikuste en toets area om eise na te gaan. Indien daar fabrieksfout is herstel hulle op hul eie onkostes. Ek het nou weer in Maart so geval gehad. Ek moes maar die onkostes van die afhaal en terugsit van die eenheid dra maar dit val maar onder klieënte diens.
- skollie
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Dit is 'n rare ding deesdae........ Kliënte diens!Pvdw wrote: Ek het nou weer in Maart so geval gehad. Ek moes maar die onkostes van die afhaal en terugsit van die eenheid dra maar dit val maar onder klieënte diens.
Sent from my SM-T815 using Tapatalk
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Laat ek vir jou 'n aircon insit dan kry jy daai diens gratis byskollie wrote:Dit is 'n rare ding deesdae........ Kliënte diens!Pvdw wrote: Ek het nou weer in Maart so geval gehad. Ek moes maar die onkostes van die afhaal en terugsit van die eenheid dra maar dit val maar onder klieënte diens.
Sent from my SM-T815 using Tapatalk
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Wlm, ek wou n scope omruil of laat regmaak waarvan die boks verlore geraak het, dit was uit en uit voor die hand liggend fabrieksfout. Die winkel sê toe mens moet die boks he om probleem op te los end van die prent. Hierdie scope het veroorsaak dat ek onnodig nog n windbuks gekoop het en nie besef het dit was die scope nie.
Hoekom soek hulle die boks...? Om hom weer te verkoop ja, toe ek hom koop was hy nie geseel nie, dit maak mens moerig. Ek oorweeg dit om hom met n hamer stukkend te slaan voor die eienaar en hom vir hom graris terug te gee, maar dis n klein dorpie so ek los maar.

"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Jake
Elkeen van ons het al 'n ekstra vertrek in die huis vir al die goed wat ons gekoop het se bokse. Van die TV verby die mikrogolf tot by die baba se Milton.
Mens moet seker beter kyk en meer vrae vra as jy koop. Hoe werk die waarborg? Is die produk geseel in sy verpakking en nog 101 ander goed.

Jy bedoel eintlik dat mens moet besigheid doen met mense wat jy ken en vertrou. Ek sal mos eerder bietjie meer betaal vir jou om my aircon in te sit as een of ander moegoe wat by die robot adverteer.Pvdw wrote:Ek doen aircons as 'n sideline. Een van my verskaffers verander sy waarborg vanaf 1 jaar op binne en 3 jaar op buite eenheid( met voorwaardes soos diens en onderhoud) na 2 jaar binne en 5 jaar op buite eenheid kompresor ingesluit. Hulle maak,bestel die eenheid van die fabriek af. Hoe kan ek vir 5 jaar daai risiko loop om kompresor te vervang indien iets verkeerd loop???
My verskaffer her groot werkswinkel met opgeleide tegnikuste en toets area om eise na te gaan. Indien daar fabrieksfout is herstel hulle op hul eie onkostes. Ek het nou weer in Maart so geval gehad. Ek moes maar die onkostes van die afhaal en terugsit van die eenheid dra maar dit val maar onder klieënte diens.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wie verskaf die waarborg?
Daar slaan jy nou die spyker op sy kop!wlm wrote: Jy bedoel eintlik dat mens moet besigheid doen met mense wat jy ken en vertrou. Ek sal mos eerder bietjie meer betaal vir jou om my aircon in te sit as een of ander moegoe wat by die robot adverteer.
Aim small, miss small
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wie verskaf die waarborg?
Net vir inligting, hier is 'n uittreksel van Artikel 56 van die Wet op Verbruikersbeskerming:
Versweë waarborg van gehalte
56. (1) In ’n transaksie of ooreenkoms wat op die verskaffing van goedere aan ’n
verbruiker betrekking het, is daar ’n versweë bepaling dat die produsent of invoerder, die
verspreider en die kleinhandelaar elk waarborg dat die goedere aan die vereistes en
standaarde in artikel 55 beoog, voldoen, behalwe in die mate wat daardie goedere
verander is teenstrydig met die instruksies of nadat dit die produsent of invoerder, ’n
verspreider of die kleinhandelaar, na gelang van die geval, se beheer verlaat het.
(2) Die verbruiker kan goedere binne ses maande na die lewering daarvan aan die
verskaffer teruggee sonder boete en op die verskaffer se onkoste en risiko, indien die
goedere nie aan die vereistes en standaarde in artikel 55 beoog, voldoen nie, en die
verskaffer moet op die verbruiker se lasgewing óf—
(a) die gebrekkige, onveilige of defektiewe goedere herstel of vervang; of
(b) die prys deur die verbruiker vir die goedere betaal, aan die verbruiker
terugbetaal.
(3) Indien ’n vervaardiger bepaalde goedere of ’n komponent van sodanige goedere
herstel, en die gebrek, defek of onveilige kenmerk is nie binne drie maande na daardie
herstel reggestel nie of ’n verdere gebrek, defek of onveilige kenmerk kom aan die lig,
moet die verskaffer—
(a) die goedere vervang; of
(b) die prys deur die verbruiker vir die goedere betaal, aan die verbruiker
terugbetaal.
(4) Die versweë waarborg wat deur subartikel (1) opgelê word en die reg om goedere
terug te gee in subartikel (2) uiteengesit, is elk bykomstig tot—
(a) enige ander versweë waarborg of voorwaarde deur die gemene reg, hierdie
Wet of enige ander openbare regulasie opgelê; en
(b) ’n uitdruklike waarborg of voorwaarde deur die produsent of invoerder,
verspreider of kleinhandelaar, na gelang van die geval, gestipuleer.
En hier is die definisie van 'n verskaffer:
“verskaffer” iemand wat goedere of dienste bemark;

Ek het Dunlop bande op my werks voertuig gesit. So maand gelede merk ons n klomp krake aan die buite en binne kant van die band se "side wall" Die bande plek laat weet ek moet twee nuwe bande laat opsit, teen my onkoste, en hulle stuur die ou bande terug na Dunlop vir verdere ondersoek. Gelukkig het ek twee bande nog in voorraad As ek n geldige eis het betaal hulle die geld terug. Ek moet net prorata op betaal vir loopvlak gebruik. Na ses weke kry ek die verslag van Dunlop terug, "sidewall seperation" fabrieks fout. Hulle eer een band se waarborg, ek moet R246 op betaal vir loopvlak wat gebruik is. Die ander band weier hulle om uit te betaal omrede ek n pap wiel gehad het en dit by die bande plek laat regmaak het. Spyker in band gehad en "plug" en "gator" by loopvlak laat insit. Nou my vraag is volgens die verbruikers wet was ek nie veronderstel om terme en kondisies op skrif te kry nie of modelings daarvan ingelig te word nie? Moet nooit Dunlop bande op julle voertuie sit nie dis str@nt.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Viking
- Hero Member

- Posts: 872
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Joe as jy nie bande op jou voertuig het nie dan lo(o)p jy.... 
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Wie verskaf die waarborg?
Ek het nog my hele lewe lank geen kontrak gesluit nie en het vertrou op mense se woord, aangesien ek so leef. Dit het my egter 'n klompie jare gelede met 'n baie nulle, diepseerEugene wrote:Daar slaan jy nou die spyker op sy kop!wlm wrote: Jy bedoel eintlik dat mens moet besigheid doen met mense wat jy ken en vertrou. Ek sal mos eerder bietjie meer betaal vir jou om my aircon in te sit as een of ander moegoe wat by die robot adverteer.
bedrag gebyt.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Enige kontrak op papier is ook maar net soveel werd, soos die ou wat daar onder geteken het se woord.Chevvy SS wrote:Ek het nog my hele lewe lank geen kontrak gesluit nie en het vertrou op mense se woord, aangesien ek so leef. Dit het my egter 'n klompie jare gelede met 'n baie nulle, diepseerEugene wrote:Daar slaan jy nou die spyker op sy kop!wlm wrote: Jy bedoel eintlik dat mens moet besigheid doen met mense wat jy ken en vertrou. Ek sal mos eerder bietjie meer betaal vir jou om my aircon in te sit as een of ander moegoe wat by die robot adverteer.
bedrag gebyt.
-
Stavats
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Thu Aug 31, 2017 12:21 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Ek het ook 'n probleem met 'n teleskoop gehad 5 maande nadat ek hom gekoop het by baie bekende winkel.
Verkoopsman en bestuurder het aanvanklik probeer stry dat die teleskoop ingestuur moet word vir herstelwerk. Die winkel se "returns policy" is dan immers ook so bewoord. Toe ek hulle wys op dieselfde uittreksel uit die verbruikerswet soos hierbo aangehaal toe swaai die onderhandelings in my guns.
Baie winkels weet nie eers van die bepalings van die "nuwe" wet nie of steur hulle dood eenvoudig nie daaraan nie. 'n Winkel se "returns policy" mag ook nie die bepalings van die wet oortree nie.
Die winkel of "point of sale" is die verbruiker se kontakpunt, nie die vervaardiger, verspreider, invoerder of wieookal nie. Daar waar jy die geld betaal is waar die verantwoordelikhede begin en eindig.
Volgens die bepalings van die wet moet jy eers die handelaar se klagteprosedure volg en as jy dan nie regkom nie kan jy jou wend tot die verbruikers ombudsman.

Nou kom ons nader aan die kern van 'n waarborg.
-
Stavats
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Thu Aug 31, 2017 12:21 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
In my geval is ek baie gelukkig om te kan sê die bekende winkel het my op die ou end baie goed behandel met die afhandeling van die saak.
Die 5 maande oue foutiewe teleskoop is terug verskaffer toe, maar ek kon dadelik vir dieselfde bedrag 'n ander teleskoop koop (heel ander fabrikaat ook).
Die 5 maande oue foutiewe teleskoop is terug verskaffer toe, maar ek kon dadelik vir dieselfde bedrag 'n ander teleskoop koop (heel ander fabrikaat ook).
- Cor Jacobs
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Joe Rocket,joe rocket wrote:Ek het Dunlop bande op my werks voertuig gesit. So maand gelede merk ons n klomp krake aan die buite en binne kant van die band se "side wall" Die bande plek laat weet ek moet twee nuwe bande laat opsit, teen my onkoste, en hulle stuur die ou bande terug na Dunlop vir verdere ondersoek. Gelukkig het ek twee bande nog in voorraad As ek n geldige eis het betaal hulle die geld terug. Ek moet net prorata op betaal vir loopvlak gebruik. Na ses weke kry ek die verslag van Dunlop terug, "sidewall seperation" fabrieks fout. Hulle eer een band se waarborg, ek moet R246 op betaal vir loopvlak wat gebruik is. Die ander band weier hulle om uit te betaal omrede ek n pap wiel gehad het en dit by die bande plek laat regmaak het. Spyker in band gehad en "plug" en "gator" by loopvlak laat insit. Nou my vraag is volgens die verbruikers wet was ek nie veronderstel om terme en kondisies op skrif te kry nie of modelings daarvan ingelig te word nie? Moet nooit Dunlop bande op julle voertuie sit nie dis str@nt.
Dis standaard praktyk by alle bande vervaardigers. Alle nuwe bande moet n 5 jaar fabriekswaarborg he. Sodra jy n "repair" doen op n band, dan verval daai waarborg. Nie net op Dunlop bande nie.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Dus: As jou band 'n gaatjie kry en lek, dan eis jy hom onder die fabrieks-waarborg. Moenie hom laat herstel nie...Cor Jacobs wrote:Joe Rocket,joe rocket wrote:Ek het Dunlop bande op my werks voertuig gesit. So maand gelede merk ons n klomp krake aan die buite en binne kant van die band se "side wall" Die bande plek laat weet ek moet twee nuwe bande laat opsit, teen my onkoste, en hulle stuur die ou bande terug na Dunlop vir verdere ondersoek. Gelukkig het ek twee bande nog in voorraad As ek n geldige eis het betaal hulle die geld terug. Ek moet net prorata op betaal vir loopvlak gebruik. Na ses weke kry ek die verslag van Dunlop terug, "sidewall seperation" fabrieks fout. Hulle eer een band se waarborg, ek moet R246 op betaal vir loopvlak wat gebruik is. Die ander band weier hulle om uit te betaal omrede ek n pap wiel gehad het en dit by die bande plek laat regmaak het. Spyker in band gehad en "plug" en "gator" by loopvlak laat insit. Nou my vraag is volgens die verbruikers wet was ek nie veronderstel om terme en kondisies op skrif te kry nie of modelings daarvan ingelig te word nie? Moet nooit Dunlop bande op julle voertuie sit nie dis str@nt.
Dis standaard praktyk by alle bande vervaardigers. Alle nuwe bande moet n 5 jaar fabriekswaarborg he. Sodra jy n "repair" doen op n band, dan verval daai waarborg. Nie net op Dunlop bande nie.
As almal die goed begin eis, sal hulle vinnig 'n herstel-prosedure onwikkel.
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
So ek moet soos 'n poepol langs die pad staan as my wiel pap raak? Dis nie nice nie.
Of so iets
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Wie verskaf die waarborg?
Weet ook nie wat het n fabrieksfout met die herstel van n papwiel te doen nie. Het die papwiel die fabrieksfout veroorsaak? Nee wat glad nie. Dit is maar wragtig n swak standaard praktyk. Ek poep seker teen die wind maar as die vervaardiger hulle diskressie gebruik kan hulle mos vastel die pap wiel se herstel het niks uit te waai met die fabrieks fout nie. Nee wat die verbruiker moet maar buk en die koekie seep optel. Maklike uitweg vir die vervaardiger. Nie te min gaan ek n lekker epos vir die MD van Dunlop stuur, net om my opinie te lig en om beter te voel.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.