Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Frikkie Coetzee wrote:Watter datum is die WP ope? Ek wil afkom.
Jan gaan jy af vlieg dan tel ek jou op by lughawe. Hopelik sal Renier my nie weer hoef in te tou nie. Die eerste keer toe pak my bakkie se enjin mos op halfpad tussen S&O en Atlantis
Ai Frikkie,
Ek wil bitter graag maar Tristan skiet Sa's daai week. Newcastle en dan Douglas so dis bietjie wyd weg.
Frikkie Coetzee wrote:Watter datum is die WP ope? Ek wil afkom.
Jan gaan jy af vlieg dan tel ek jou op by lughawe. Hopelik sal Renier my nie weer hoef in te tou nie. Die eerste keer toe pak my bakkie se enjin mos op halfpad tussen S&O en Atlantis
WP Ope is van 4 tot 7 Oktober 2017. Woensdag die 4de is die gewone spanskiete voor die eintlike Ope.
Charles.308 wrote:Hi Francois
Kan jy bietjie meer inligting gee oor FTR-skiet soos
Hoeveel kos dit om op n Saterdag te gaan skiet.
Hoelaat begin julle en tot hoelaat skiet julle.
Hoeveel skote op 300, 600, 900
Wou nog altyd probeer , maar nooit so ver gekom om dit te doen nie.
Dankie
Charles
Ek dink daar is 'n paar ouens naby Grabouw wat Woensdae oggende bietjie oefen.
Ons kyk daarna om 'n nuwe klas / afdeling by te voeg by die Bisley skiete. Dit sal fklas sportskiet wees. Gemik op die ouens wat langer afstande met hulle jaggewere wil skiet. Komende Saterdag is daar 'n 500 en 600m skiet by Atlantis. Laat weet as julle belangstel. Francois de Villiers
Francois wrote:Ons kyk daarna om 'n nuwe klas / afdeling by te voeg by die Bisley skiete. Dit sal fklas sportskiet wees. Gemik op die ouens wat langer afstande met hulle jaggewere wil skiet. Komende Saterdag is daar 'n 500 en 600m skiet by Atlantis. Laat weet as julle belangstel. Francois de Villiers
Ek is seker daar sal 'n klompie gereelde XSSSA skuts deelneem as hulle toerusting kwalifiseer
Hier in Middelburg skiet ons springbok op 300m, blesbok op 500m en blouwildebees op 600m. Huidiglik kan jy met enige geweer kom deelneem. Kaliber beperking is .338 en jy mag met n knaldemper skiet. Huidiglik gebruik die meeste ouens bipods en n sandsakkie agter. Jy mag ook n f klas front rest gebruik.
Daar is vlae op die baan vir wind, so windmeters en so aan word nie toegelaat nie.
Daar is rumours dat dit volgende jaar bietjie gaan verander, waar daar moontlik n ope klas gaan wees en n jag geweer klas!
Die manne met hulle jaggewere skiet baie kompeterend saam. Middelburg se datums vir volgende jaar is as volg 1) 17 Feb 2) 14 April 3) 28 Julie en 4) is 18 Aug

Rasmus,
Laat julle 3poot f klas russe toe ? Of 2poot FTR russe?
Superliga in Potch laat slegs 2 poot rus wat aan wapen vas is toe. Welke dit FTR tipe rus is of harris tipe maak nie saak nie.
Potch se skiet is:
300y Jakkals
500y springbok
600y blesbok en
800y BWB