geweer aandag / diens

Post Reply
User avatar
fluisterbuis
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Thu Oct 19, 2017 8:58 am

geweer aandag / diens

Post by fluisterbuis »

Goeie more aan al die jagters op die forum,

Ek wil graag navraag aan julle rig, bloot uit onkonde van my kant af.

Verlede jaar was ek in 'n plaaslike geweerwinkel waar 'n persoon sy geweer terug gekry het nadat hulle bietjie aandag aan die kolf gegee het, daar was ook aandag aan die loop gegee, ek dink hulle het mooi skoongemaak en 'n nuwe beskermende laag opgesit. Die man het aangedui dit lyk sommer splinternuut

wat presies gebeur in so proses? sal julle dit aanbeveel?

Ek sit met geweer wat al paar jaar oud is maar nog nie baie hard gewerk het nie
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2471
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: geweer aandag / diens

Post by jdpretorius »

Fluiserbuis ek is 'n leek op die gebied maar hier is iets om na te kyk "http://www.kal-gard.co.za/coatings/gun-kote.html"

Ek het dit so paar jaar terug met my LE 303 N0.1 Mk 3 laat doen. Die geweerkie was bedoel om te werk en nie jammer te wees as hy die dag moet bakkie ry nie.
Daar was 'n af-getrede oom op Krugersdorp wat wapensmid werk doen. Hy het sy lewe lank as 'n chemikus vir Plascon of Dulux gewerk, as ek dit nog reg het. Ek dink dit was dalk die produk hier bo ..... werk baie lekker.
Die reën pla ook glad nie baie nie want jy vee hom net af, so jy het nie so baie probleme met roes nie
Hy het die loop ook vir my ont-koper en onder andere die kroon weer oor gesny.
Met my laaste ladings het die geweerkie 15mm groepies met 180 gr Sierra koeels en S355, geskiet
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2160
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: geweer aandag / diens

Post by Ds J »

Dit is nie so maklik om te antwoord nie. Dit is basies dieselfde wanneer iemand sê "My kar was by die motorhawe om behoorlik deurgegaan te word." Dit hang baie af van die toestand van die geweer.

Kolwe word meestal afgeskuur en weer behandel. Daar is verskillende produkte beskikbaar.

Lope moet van tyd tot tyd behoorlik skoongemaak word om ou aanpaksels uit te kry.

Die aksie kan gebed word of die kolf oopgesny word van die kolf (freefloat).

Die aksie kan ook afgewerk word dat die nokke beter pas en die slotkop haaks sluit.

Die kroon kan dalk gesny moet word.

As die roer nog akkuraat skiet is meeste werk slegs kosmeties.

Hoop dit help.
User avatar
fluisterbuis
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Thu Oct 19, 2017 8:58 am

Re: geweer aandag / diens

Post by fluisterbuis »

baie dankie vir julle terugvoer.
ek glo die meeste werk sal maar net blinkpoets wees

sal voor en na fotos opsit as ek roer terugkry...
Post Reply