Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
-
Conna Howa
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm
Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Goeie dag almal
Ek wil gou hoor is dit moontlik om vir 'n howa m1500 'n nuwe loop op te sit as die ou loop klaar geskiet is.
Groete
Conrad
Ek wil gou hoor is dit moontlik om vir 'n howa m1500 'n nuwe loop op te sit as die ou loop klaar geskiet is.
Groete
Conrad
- Willeboer
- Full Member

- Posts: 204
- Joined: Sat May 16, 2015 10:11 am
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Ja, jy kan.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 300H&H
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Is dit moontlik om nuwe bande op jou bakkie te sit?
Conna Howa, is maar net n grappie. Maar dit is net so moontlik soos die boonste stelling. Net nie so maklik om aansoek vir n loopvervanging te doen nie..
Groetnis
Conna Howa, is maar net n grappie. Maar dit is net so moontlik soos die boonste stelling. Net nie so maklik om aansoek vir n loopvervanging te doen nie..
Groetnis
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Armand stel dit eintlik mooi. Maak net seker dat jy 'n smid met 'n goeie naam kry om aan die roer te werk. Ek het al van baie ouens gehoor wat probleme opgetel het agv werk wat nie ordentlik gedoen is nie. Soek maar hier rond, iemand het so ruk terug reamers gesoek dat die dinges wit sit omdat die werk nie reg was nie.
Van waar is jy nou weer? Ek het gelees, maar nou weer vergeet
Miskien kan iemand dan vir jou 'n goeie smid aanwys wat nie te ver van jou is nie.
Kriek
Van waar is jy nou weer? Ek het gelees, maar nou weer vergeet
Miskien kan iemand dan vir jou 'n goeie smid aanwys wat nie te ver van jou is nie.
Kriek
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
So dit is nie n bobejaan spanner job nie?Aceofspads wrote:Armand stel dit eintlik mooi. Maak net seker dat jy 'n smid met 'n goeie naam kry om aan die roer te werk. Ek het al van baie ouens gehoor wat probleme opgetel het agv werk wat nie ordentlik gedoen is nie. Soek maar hier rond, iemand het so ruk terug reamers gesoek dat die dinges wit sit omdat die werk nie reg was nie.
Van waar is jy nou weer? Ek het gelees, maar nou weer vergeet![]()
Miskien kan iemand dan vir jou 'n goeie smid aanwys wat nie te ver van jou is nie.
Kriek
- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Maak ook seker jou smid ken die verskillende Howas. Die met die geskryf bo op die loop se aksie kan nogal kraak as die loop nie reg afgehaal word nie...
Goed, beter, 6millimeter!
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Nee kyk, vir jou so sê:Plaashaas wrote:So dit is nie n bobejaan spanner job nie?Aceofspads wrote:Armand stel dit eintlik mooi. Maak net seker dat jy 'n smid met 'n goeie naam kry om aan die roer te werk. Ek het al van baie ouens gehoor wat probleme opgetel het agv werk wat nie ordentlik gedoen is nie. Soek maar hier rond, iemand het so ruk terug reamers gesoek dat die dinges wit sit omdat die werk nie reg was nie.
Van waar is jy nou weer? Ek het gelees, maar nou weer vergeet![]()
Miskien kan iemand dan vir jou 'n goeie smid aanwys wat nie te ver van jou is nie.
Kriek
As jy nou daai Bartlein se prys en die smid se vernuf wil betaal nie is daar goedkoper opsies. Hier by ons kan jy na Satim of Decro toe gaan en alles koop wat nodig is vir 'n spiekeries jobbie.
2 van 3/4" waterpyp, laat hulle een sommer voor en agter thread met die Ridgid, voor gaan jy nodig hê vir 'n dempertjie.
Pratley steel, Quickset, want jy wil mos nie die roer laat staan en idle nie, jy wil hom laat roer.
Bankskroef, paar bobejane , 5 pond hammers, ronde vyle, round bar na size en dan ''n assiteleen stelletjie. Die assiteleen is eintlik maar net daar om die loop uit die aksie te sny.
As jy 'n ou arc weldertjie het en jy kan gouge gaan die assiteleen nie nodig wees nie.
Torch of gouge die loop van jou aksie af. Dis beter om miskien eers jou slot uit te haal, ek moes nou al 'n paar slotte weg gooi omdat ek nie te behendig is met enige soort welding toerusting nie.
Nou moet jy jou loop maak. Sit jou pyp liggies in die bankskroef en dan jou roundbar in die pyp. Ek gebruik gewoonlik 8mm vir die 30 kalibers en 303's, 7mm vir die 270's en 7mm,s, dan groter, 9mm vir die 338's, 10mm vir die 375's en 12mm vir die 458's. Ek maak nie kleiner kalibers nie, dis vir kinders. Vat nou die bankskroef se handle en sit jou ander pyp daaroor. Nou mat ja vasdraai sodat jy by die roundbar kan kom. Vat 'n paar goeie houe met die 5 ponders sodat hy mooi vorm. Voltooi die hele loop so, behalwe jou knox en tennon. As jy die thread op jou kroon beskadig is dit ook nie die einde van die wêreld nie, jy het mos die Pratley. Nou dit is hoe jy hammer forged varrels maak.
As jou loop mooi afgerond is sal jy hom op die aksie moet kry. Onthou nou, dis waar die groot sukkel in kom. Daar is slak en allergande goed nou daar op die thread. Jy sal dit eers met die vyle moet probeer uit vyl. As dit nie werk nie, betrek jou 5 pond impact generators en gebruik sommer die vyle as punches. Een of ander tyd sal jy daai loop van jou inkry. As hy begin indraai is dit tyd dat jy die Pratley meng en die bojane nader sleep.
Sit mildelik Pratley op en skroef vas. Onthou, ons soek 'n ordentlike, stywe fit, so jy gaan so bietjie sweet.
Vir jou kamer gaan jy nou eers so bietjie moet meet en pas. Ek vat gewoonlik net die Pratley en gooi dit in die kamer. Dan vat ek my slot en 'n gelaaide patroon wat ek altwee vol Balistol gesmeer het en forseer die dinge in mekaar.
Laat set nou vir so 'n uurtjie, of as jy nou nie die tyd gekyk het nie, so 3 na 4 rustige Castles.
Dit werk baie goed. Ek het nog nooit 'n klient gekry wat terugkom om weer 'n loop op te sit nie.
Ek kan ongelukig nie toets skote hier in die dorp skiet nie, so jy sal maar moet eerste skote gooi daar op die baan
Rustige aand daar!
Kriek
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Dankie Kriek.
Kan jy nie vir ons n step by step video maak en op youtube gooi nie? Ek neem aan as jy n fluted barrel wil he dan sny jy dit met die baby grinder?
Sorry vir die hijack maar ek het nou lekker gelag.
Kan jy nie vir ons n step by step video maak en op youtube gooi nie? Ek neem aan as jy n fluted barrel wil he dan sny jy dit met die baby grinder?
Sorry vir die hijack maar ek het nou lekker gelag.
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Ja enige tyd. Bring my daai Howa Varminter en dan maak ons hom 'n Super Varminter. Dan kan ons die video maak en jy kan brag jou roer was al op Youtube
Kriek
Kriek
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
DremmelPlaashaas wrote:Dankie Kriek.
Kan jy nie vir ons n step by step video maak en op youtube gooi nie? Ek neem aan as jy n fluted barrel wil he dan sny jy dit met die baby grinder?
Sorry vir die hijack maar ek het nou lekker gelag.

Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Nou ja toe, daar is Kriek toe nou al die tyd familie van Goose en Fanie Venter en ons wis dit nooit...

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2335
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Neeeee, ek lyk beter as daardie ou!! Maar die prinsiep is na aan dieselfde. En ek dink my manier is meer bespoke as vintage.
Kriek
Kriek
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Hi DD. Ek het nou eers kans gekry om daardie video heeltemal te kyk. Dis uitstekend. Dankie
Kriek
- JurieW
- Full Member

- Posts: 129
- Joined: Wed Apr 19, 2017 1:18 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Ouens, is dit nie dalk net goedkoper om n ander howa te koop nie? Ek het nou nie loop pryse nagevors nie, maar die Howa se pryse is in vergelyking redelik laag. As mens nou bv. jou ou wapen, minus kolf,magasyn,en slot inhandig en dan net n nuwe applikasie begin vir n ander "barreled action" voel dit vir my jy gaan verder voor wees as om die loop te vervang
12ga ELG
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1286
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Dit hang seker af van wat jy wil doen....JurieW wrote:Ouens, is dit nie dalk net goedkoper om n ander howa te koop nie? Ek het nou nie loop pryse nagevors nie, maar die Howa se pryse is in vergelyking redelik laag. As mens nou bv. jou ou wapen, minus kolf,magasyn,en slot inhandig en dan net n nuwe applikasie begin vir n ander "barreled action" voel dit vir my jy gaan verder voor wees as om die loop te vervang
Vir normale applikasies en normale kalibers dalk ja... Maar jy kry bv. nie 'n 6mm /dasher of 22 Dasher oor die toonbank te koop nie. Die Howas verskaf dan 'n goeie basis en indien die loop klaar is om aansoek te doen vir 'n nuwe loop en kaliber verandering.. Net so ook met manne wat langer lope opsit vir spesifieke redes.
Edit.. Alhoewel die Howas normaalweg goed is en al bietjie naam gemaak het as akkurate gewere en goeie aksies kan jy dit steeds nie vergelyk met van jou top loopvervaardigers soos Broughton, Krieger, Bartlein ens nie. Net so sal 'n standaard rakgeweer moeilik kan kers vashou by die kwaliteit en akkuraatheid van 'n "custom-build" geweer wat deur goeie geweersmit gebou is.. bygesê as die skut nie die eintlike probleem van onakkuraatheid is nie.
Verder is dit maar net lekker om met 'n verandering/verbetering te sit op jou geweer. Ek vergelyk dit met manne wat hulle voertuie, veral 4X4's behoorlik toerus met die beste "aftermarket" onderdele. Baie kere meer vir die mooi daarvan as wat hulle dit ooit werklik gebruik of benodig
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Conna,Conna Howa wrote:Goeie dag almal
Ek wil gou hoor is dit moontlik om vir 'n howa m1500 'n nuwe loop op te sit as die ou loop klaar geskiet is.
Groete
Conrad
Ek dink ook JurieW het die beste raad. Verkoop jou aksie en koop 'n nuwe Howa!
-
Ali308
- Newbie

- Posts: 21
- Joined: Thu Sep 14, 2017 3:20 pm
Re: Is dit moontlik om vir 'n howa 'n nuwe loop op te sit
Well done kriek. hahah
