Nuwe aansluitings

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Eduard Venter »

Welkom Albert en die ander nuwelinge

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jurgen Visser »

Welkom Albert , ja nou het jy hom reg om gewerk , moenie so hard praat oor die 270 nie >:+ hier is manne wat daai goed soek :P , geniet dit hier en lekker saam praat , het die manne jou nou al reg gehelp met die nr wat jy soek ?
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
Albert_de_Vries
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Mon Mar 20, 2017 12:39 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Albert_de_Vries »

Jurgen Visser wrote:Welkom Albert , ja nou het jy hom reg om gewerk , moenie so hard praat oor die 270 nie >:+ hier is manne wat daai goed soek :P , geniet dit hier en lekker saam praat , het die manne jou nou al reg gehelp met die nr wat jy soek ?
Haha Dankie Jurgen, jammer ek val so met die deur in die huis! Ek sien vreeslik baie uit om die 270 op n duim groepering te kry ;D

Ek het net daai een nommer gekry: 012 393 1000 - dit is die lisensieering se hoof kantoor blykbaar maar nog geen antwoord nie!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Welkom AdV.

Slegs as jy die 270 gratis kry, kan jy hom maar hou. >:+

Hoop nie jy doen veldskiete met die wapens voordag jy wettige lisensies het nie. Kan groot moeilikheid veroorsaak!
Gooi_Lood
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Thu Oct 26, 2017 9:47 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gooi_Lood »

Dagsê manne

Dankie, dis goed om deel te kan wees van hierdie forum. Gewere is mooi en skiet is bitter lekker, so ek glo ons gaan lank gesels!

Groete
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jurgen Visser »

Welkom Gooi_Lood , vertel bietjie meer vir ons , watter skietgoed jy gebruik , en jou naam , die manne help graag en luister ook baie gretig , veral as hulle ook weet watter area jy in is , geniet dit hier
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Grootkrokedil
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Wed Nov 08, 2017 7:50 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Grootkrokedil »

My naam is PW du Plessis,ek bly in Pretoria is 19 jaar oud en is tans n student aan die universiteit van suid afrika waar ek ekonomie studeer.
Ek het toegewyde jagter en sportsman status by die nationale jag en skiet verening.
ek is tans in die prosses om aansoek te doen vir my eerste drie vuurwapens, n 30-06 remington mod700,n harington and richardson model 165 "leatherneck" semi-automatiese .22lr en n CZ75 PO7 gen2 9mm parrabelum.
Ek het slegs eenkeer al gejag weens omstandighede buite my beheer hoofsaaklik die gebrek aan n vuurwapen en n tekort aan finasies.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Eduard Venter »

Welkom PW. Jy kan my gerus pm as jy hulp nodig het met jou aansoeke. Hier iewers op die forum is ook 'n goeie skrywe deur SakoTrippel2 van die stappe om 'n lisensie te kry as jy onder 21 is. Jy sal net bietjie moet rondsoek daarvoor.

Groete

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Aceofspades »

Welkom aan almal wat ek nog nie welkom geheet het nie. Julle moet die forum geniet en luister maar na die raad, dis jare se intensiewe studie wat die klomp deel.

Kriek
Danie127
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Thu Nov 09, 2017 6:03 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Danie127 »

Goeie dag aan almal

My naam is Danie du Bruyn(25 ). Ek is woonagtig in Swellendam, Wes Kaap.
Ek het onlangs vir my n vuurwapen gekoop en lisensie ontvang. (Howa .308 Win S/S Bull Barrel)
Ek is n bosbouer op privaat plantasie in die area. Skiet meestal ongediertes vir ontspanning.
Bly om by julle te kan aansluit.

Groete
Strydom
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Wed Nov 08, 2017 8:26 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Strydom »

Hi Almal

My naam is Renier Strydom. Ek bly in Johannesburg, maar probeer so gereeld as moontlik wegkom om te gaan visvang of jag.

Het so 2 jaar terug begin jag en behoorlik "gehook". Skiet met 'n Mauser M12 30.06 en 'n Tikka T3 Super Varmint in 308.

Nog nie duisende jagte gedoen nie, maar daar is iets omtrent vlakvarkjag wat ek nie kan verduidelik nie (Amper soos 'n groot geelvis aan 'n vlieglyn in 'n vinnige stroom). As enige iemand weet van 'n plekke binne 4 ure van Johannesburg af waar mens lekker vlakvark gaan gaan jag, laat weet maar asb.

Groete
Strydom
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by FHM »

Baie welkom aan al die nuwe manne om die kampvuur, hoop julle geniet dit hier saam ons. ;)
Sien uit na julle deelname.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Stoffel van Dyk
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Mon Aug 25, 2014 10:50 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Stoffel van Dyk »

Hallo Danie

Welkom hier. Watse ongediertes skiet jy daar in die bosse?

Eks nie te ver van jou af nie en ry amper elke naweek deur Swellendam.

Groete

Stoffel
Thilo
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Wed Oct 23, 2013 2:05 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Thilo »

Goeie dag almal,

Ek is ‘n lid hier sedert 2013, en hoewel ek nog nie aktief deelgeneem het nie, lees ek sederdien baie gereëld die intressante stories en wyshede op die forum.

Ek is woonagtig in George en skiet en jag al sedert kleintyd saam met my pa, en het baie lank terug ook al kompetenrende sportskiet gedoen. Hoewel ek nog jaarliks by ‘n jag uitkom doen ek dit beslis nie meer so baie soos in die verlede nie, maar skiet darem ook so nou en dan nog saam met die SA Jag suid-kaap tak waar ek lid is. Ek hou meestal van die klasieke kalibers, met die gunsteling my 9,3x62. Het ook 30-06, 6,5x55, .22, o/u 12br haelgeweer en 9mm pistool. Wag tans op lisensie vir nuwe PO7.

Ek besit egter ook nog so paar ander wapens en my bekendstelling is so bietjie met voorbedagte rade, aangesien ek daardie wapens en goedere wat ek wil verkoop hier wil adverteer. Ek wou my darem net eers hier kom voorstel.

Groete
Stiaan
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jurgen Visser »

Sit op dat ons kan loer
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
FG5
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Sun Nov 19, 2017 8:14 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by FG5 »

Naand

Ek kom van Lady Grey in die Oos Kaap en lees altyd hier en het kaar besluit om aan te sluit dat ek ook kan deelneem ,hoop om nog baie intresante stories hier te lees

Dankie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

FG5 wrote:Naand

Ek kom van Lady Grey in die Oos Kaap en lees altyd hier en het kaar besluit om aan te sluit dat ek ook kan deelneem ,hoop om nog baie intresante stories hier te lees

Dankie
So het 'n ryloper in daardie omgewing toentertyd vir my gesê: " Ek kom van die Baklei (Barckly-Oos) en gaan na die Lekker Kry (Lady Grey)".
Welkom, FG5.
Tazz777
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Tue Nov 21, 2017 8:56 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Tazz777 »

Middag Louis van Alberton. Dankie vir die aanvaar.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Welkom Tazz!
Gedog Tazz is van die mark af? ++>:
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Albertdwk »

Dag sê Mense,
Eks Albert van Bethlehem. Loer al tyd hier rond, wil net formeel kom voorstel.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by joe rocket »

Welkom Albert met watse roere skiet jy? Hulle sê in Bethlehem raak dit luiperd koud. Jy sien net die bos en soek die luiperd.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Albertdwk »

Dit maak sin, Het 'n Musgrave 308 plankgeweer en die ambedix 22. Doen wel lag lag die meeste skietwerk met 'n 6.5x55 Howa. Hom laat die jaar gekry en nie weer met die ander twee geskiet nie!
F30shadow
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Wed Mar 08, 2017 9:43 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by F30shadow »

Good morning everyone!

Been on this forum for quite a while now but never posted yet, so here it goes.

Ive been exposed to shooting a variety of firearms many, many years ago thanks to my father.
About 12 years ago i started shooting airrifle but quickly got competitive shooting open class with a PCP rifle which earned me Protea colours.
After 4 years I moved over to pistol, again my competitive steak getting the better of me.
I started competing in NPA & PPC competition which is precision type shooting - achieved WP colours in this.
I've now moved over to IPSC, 3 gun which is my primary competition now.
My interest has always been precision shooting and recently just completed my Long Range Precision Rifle which I've started to play with.

My LRP rifle setup is a stainless HOWA 308 heavy barrelled varminter in a Warrior Gen 4 chassis finishedcofcwith an Aimzonic Triton 50 II. Glass is a Bushnell 4500 Elite series 2.5 - 16 x 50 scope in Warne steel rings mounted on a 20MOA Disen rail.

My aim is to reach out and touch as far as local ranges will allow and also one day go hunting with my two boys.

I still have long way to go with load development but now that the rig is sorted, I look fwd to this type of shooting.

Regards
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by tripodmvr »

Welkomen F30. You will see that we have many WP members and especially in and around CT. Feel free to ask for advice as there are quite a few LR shooters.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Methos »

Hi Almal.

My naam is Reinier. Ek is al vir so rukkie lank lid hier en lees graag almal se jagstories etc.

Ek skiet en jag al van kleintyd af saam met my pa en broer. Het egter vir 'n hele tydjie opgehou toe ek en my vrou geimigreer het. Ons woon nou in die suide van Frankryk. Ek het so jaar en 'n half terug my Franse jag lisensie bekom na my laaste jag in 2006. Het toe vir my 'n Marlin XS 308 aangeskaf en is gaan binnekort 'n haelgeweer ook aanskaf.

Ek stel baie belang in jag obviously - maar ook die vleiswerk wat daarmee saamgaan en die kook van die vleis. Ek het so ruk terug 'n smoker gebou om die vleis warm te rook en is besig om 'n cold smoker te bou ook vir dinge soos salamis etc. Omdat ons in Frankryk woon en daar geen biltong of droewors winkels is nie het ek maar self begin biltong en droewors maak. Ek maak ook boerewors want mens kan dit ook nie hier kry nie. Speserye moet ook maar self gemeng en gemaal word want daar is nie 'n Freddy Hirsh nie ;)

Ek is besig met mark navorsing vir die begin van 'n biltong en droewors besigheid hier in Frankryk.

Groete
Post Reply