COVERS OP SUPRESSORS
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
COVERS OP SUPRESSORS
Na aanleiding van Geno se AD vir die covers van knaldempers vra ek die volgende.
Wat is die invloed van hoë hitte in knaldempers op die loop se kroon?
Kan dit so warm word dat die kroon kan beskadig?
Ek het al gevoel dat selfs na net 5 skote so n knaldemper hel warm is.
As mens dit nou sou cover vererger dit nie die situasie nie?
Verstaan my mooi ek laaik die cover effek kwaai en sal dit graag wil gebruik maar soek antwoorde op my vrae.
Die waarde wat dit sal hê om mirage af te keer is nie te betwis nie.
Dan n laaste vraag. Sal die effek vand hitte op die kroon hoër wees in reflex tipe knaldempers?
Byvoorbaat dankie
Geno en ander ek luister by die lyn.
Groete

The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: COVERS OP SUPRESSORS
Ek het gister presies die selle ding gewonder. Ek lees saam!
Groetnis
Groetnis
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: COVERS OP SUPRESSORS
Die antwoord op al jou vrae is; nee.
Onder normale toestande is daar nie 'n manier dat jy genoegsame hitte kan opbou om die kroon negatief te beïnvloed nie. Daar sal maar altyd die uitsondering wees waar iemand hierdie stelling van my verkeerd sal bewys, maar dan sal dit neig na die " minder normale".
Die positiewe van so 'n bedekking weeg baie swaarder as die onwaarskynlike negatiewe.
My eerste HOWA .243 se loop het na 2300 skote gegroet met so 'n sokkie op die demper en die twee duim voor die kroon het net soos die res van die loop gelyk, behalwe vir die eerste 250mm, waar jy nie tussen die lande en die groewe kon onderskei nie.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: COVERS OP SUPRESSORS
Op die baan sal ek eerder sonder bedekking skiet sodat dit vinniger kan afkoel. In jag toestande behoort jy nie so baie te skiet nie, die cover sal daar goed werk om die kd te beskerm.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: COVERS OP SUPRESSORS
Ek is ook onder die indruk dat dit nie vreeslike verskil gaan maak nie. Die gesprek oor 'n refleks vs "can-tipe" KD en die invloed daarvan op die loop/kroon is al aan die gang vandat ek by Jaracal aangesluit het en niemand kon nog werklik met bewyse staaf hoeveel minder skote mens sal kry nie. As ons praat van 10-20 skote minder, is dit weglaatbaar min...
Ek het self vanoggend een bestel en wil dit spesifiek op die baan gebruik. Die ontwerp lyk van so aard dat dit maklik aangesit en afgehaal kan word en ek beoog om so 5-7 skoot stringe te skiet en dit dan af te haal sodat die KD kan afkoel en dit weer op te sit voor ek skiet. Ek sal terugvoer gee as ek dit bietjie getoets het.

Aim small, miss small
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: COVERS OP SUPRESSORS
Hierdie is n interesante en uit die aard van die saak n redelike tegniese onderwerp.airhunter wrote:Na aanleiding van Geno se AD vir die covers van knaldempers vra ek die volgende.
Wat is die invloed van hoë hitte in knaldempers op die loop se kroon?
Kan dit so warm word dat die kroon kan beskadig?
Ek het al gevoel dat selfs na net 5 skote so n knaldemper hel warm is.
As mens dit nou sou cover vererger dit nie die situasie nie?
Verstaan my mooi ek laaik die cover effek kwaai en sal dit graag wil gebruik maar soek antwoorde op my vrae.
Die waarde wat dit sal hê om mirage af te keer is nie te betwis nie.
Dan n laaste vraag. Sal die effek vand hitte op die kroon hoër wees in reflex tipe knaldempers?
Byvoorbaat dankie
Geno en ander ek luister by die lyn.
Groete
In kort nee, as jou knaldemper so warm raak laat jy jou geweer se kroon beskadig is jou loop en kamer lankal die gees in. n Slegte KD Ontwerp sal lei tot Carbon build up op die kroon, of n KD wat nie gereeld afgehaal en skoongemaak word nie sal n baie erger effek op jou loop/kroon he as wat hitte ooit sal doen.
Groete
"Failure is NOT an Option"
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13589
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: COVERS OP SUPRESSORS
Ben het n bul van n cover wat hy al n jaar aan werk, cover is so 5mm duk en het een of ander space age materiaal binne in wat die hitte "absorbeer" en dan weer stadig vry laat as jy die cover af haal na jy geskiet het. Ek het al met een van hul prototypes op my slr geskiet en waar ek na 5 vinnige skote nie meer deur die hitte kon sien nie kon ek 10skote met die cover op skiet en was die tyken nog bruikbaar. Die plan was om so 25skote agter mekaar deur my KD te sit en te kyk wat gebeur maar ons tyd was bq kort, as hul n paar beskikbaar het gaan ek een op my WM toets met sy groot KD wat vinnig hitte wys in my groot vergroting scope. Op Nico/AIM se cover, ek weet hy het baie goed probeer (self goed wat ek nie sal nie) want dit lyk my die man geniet glad nie daai hitte golf nie of die hitte golf is dalk baie erger as n man so naby aan die grond is.... en as hy se daai cover werk sal ek sy woord vat
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: COVERS OP SUPRESSORS
Dagsê
Ek het onlangs iemand ontmoet wat vir my na die regte man lyk as jy presisie-gewere wil laat bou en knaldempers wil laat opsit. Hy is 'n ingenieur en het 'n geweersmid- en handelaarlisensie. Sy naam is Lance Stevens en hy dryf handel onder die naam Stevens Precision Rifles. Hy maak volgens by mening 'n uiters goeie knaldemper en uit die aard van die saak knaldemper covers. Sy knaldemper covers is van silikon. Dit het groefies aan die onderkant (die kant naaste aan die knaldemper) wat lugvloei deurlaat sodat die knaldemper kan afkoel. Lance het my nuwe Howa 6.5 Grendel se kroon oor gesny en die sneller lekker glad en lig gemaak. Sommer ook skroefdraad vir die loop gesny en ek gaan een van sy knaldempers begin gebruik. Ek was in sy werkswinkel en is beindruk met sy kennis en deeglikheid. Ek sê nie hy is die beste nie, bloot dat ek van sy werk hou en van die manier hoe sy knaldempers werk en van sy deeglikheid.
Mooi loop

Koos, nou hoe beantwoord dit nou die vraag oor of 'n bedekking op 'n demper nadelig is of nie?Koos Barnard wrote:Dagsê
Ek het onlangs iemand ontmoet wat vir my na die regte man lyk as jy presisie-gewere wil laat bou en knaldempers wil laat opsit. Hy is 'n ingenieur en het 'n geweersmid- en handelaarlisensie. Sy naam is Lance Stevens en hy dryf handel onder die naam Stevens Precision Rifles. Hy maak volgens by mening 'n uiters goeie knaldemper en uit die aard van die saak knaldemper covers. Sy knaldemper covers is van silikon. Dit het groefies aan die onderkant (die kant naaste aan die knaldemper) wat lugvloei deurlaat sodat die knaldemper kan afkoel. Lance het my nuwe Howa 6.5 Grendel se kroon oor gesny en die sneller lekker glad en lig gemaak. Sommer ook skroefdraad vir die loop gesny en ek gaan een van sy knaldempers begin gebruik. Ek was in sy werkswinkel en is beindruk met sy kennis en deeglikheid. Ek sê nie hy is die beste nie, bloot dat ek van sy werk hou en van die manier hoe sy knaldempers werk en van sy deeglikheid.
Mooi loop
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: COVERS OP SUPRESSORS
Jy wil so gou as moontlik van die hitte in jou knaldemper ontslae raak.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: COVERS OP SUPRESSORS
Vir die mirage het ek sommer 2 lae van die gaas wat op wonde gebruik word, om my demper gedraai.
Skiet tog nie meer as 5 skote op nie slag nie. Vir ouens wat oes is dit seker 'n ander storie.