Het julle raad nodig.
Ek het n opsie op die bg geweer. Rerig n mooi klein kettie wat ek graag vir my klong wil koop (met n besonderse stukkie tamatiekasplankie op). Dit is egter die full stock met die 20" loop, en nie die standaard 24" weergawe nie.
Die bedoeling is dat dit my bul se jaggeweer sal wees waarmee hy alles wat ek kan bekostig, in die bosveld mee sal jag (dis natuurlik voor hy eendag eienaarskap op my ketties gaan begin vat)
My vraag - tot hoe n mate gaan die 20" weergawe my beperk? Ek verstaan dat ek n paar fps per duim gaan verloor. Die bedoeling is nie om dit n vlakte geweer te maak nie. Ek glo n 140gr (Accubond) teen bosveld spoed (omgewing van 2200fps) sal vir lank die ding kan doen. Kan altyd later upgrade na 175gr toe. Vir die QL ghuru's - sal ek darem node kan slaan by bg spoed met die 20" lopie? (Ek weet, detail is nodig om presies te wees - maar ek het hulp nodig om die besluit te neem).
Of los ek helemaal, en kyk eerder vir n 24" weergawe?
Nee, ek gaan nie kiekies plaas nie - nounou koop julle die geweertjie onder my gat uit

Ek hoor graag van julle
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk

