Dokters jag

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Dokters jag

Post by OosKaapJagter »

Vyf dokters gaan jag, 'n algemene praktisyn, 'n ginekoloog, 'n sielkundige, 'n chirurg en 'n patoloog.

Die boer sê hulle mag rooibokke skiet en nie die rooihartebeeste nie.

Die algemene praktisyn sien 'n bok maar soek toe eers 'n tweede opinie oor wat dit is. Die rooibok hardloop weg.

Die ginekoloog sien 'n rooibok maar wil eers bepaal of dit dragtig is. Die rooibok draf ook weg.

Die sielkundige sien self 'n rooibok en bepeins eers of die bok sou besef hy is 'n rooibok. Daardie bok verdwyn ook.

Die chirurg skiet die eerste bok plat wat hy sien. Toe stuur hy die patoloog om te gaan ondersoek of dit wel 'n rooibok was.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Dokters jag

Post by LoopSoosStroop »

;D

Die sielkundige darem...
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Post Reply