Knaldempers
-
Steyr270
- Full Member

- Posts: 233
- Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am
Knaldempers
More manne,
n vriend se vir my nou die dag, die knaldempers wat oor n loop skuif kan veroorsaak dat n loop te warm raak by sy punt, en dit is nie goed vir die loop nie.
Ek hoor graag wat julle manne te se het.
n vriend se vir my nou die dag, die knaldempers wat oor n loop skuif kan veroorsaak dat n loop te warm raak by sy punt, en dit is nie goed vir die loop nie.
Ek hoor graag wat julle manne te se het.
.270 Steyr Mannlicher Luxus
Ek weet nie so ek vra maar...
Ek weet nie so ek vra maar...
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Knaldempers
Carl se daar vir jou vriend hy moet net 5 skote op n slag skiet en tussen sessies die loop laat afkoel. Ek dink hy moet eerder bekommerd wees oor sy loop se keël as sy loop se punt.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Steyr270
- Full Member

- Posts: 233
- Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Knaldempers
Iemand gaan nou-nou 'n 3 bladsy stuk aanhaal uit een of ander Amerikaanse ver skiet en lang-lieg forum wat onwetenskaplik maar 100 feitlik beskryf dat enige loop se punt by die kroon gaan afroes agv. oormatige hitte.
Voor dit gebeur wil ek net soos Joe rocket, my laaste twee werkende breinselle gebruik en logies met die feite omgaan.
1. Die hitte by die tromp van die loop is agv. wrywing tussen die koeël en die loop en in minderre mate agv. die verbrande dryfmiddel.
2. 'n Demper wat oor die loop skuif, gelei dan hierdie hitte vanaf die loop. Die gasse wat in die kamers van die demper vasgevang word speel hier 'n groter rol tot die verhoging in die temperatuur.
3. Die gedeelte van die refleks demper wat oor die loop skuif sal nie die temperatuur van die loop verhoog nie. Dit sal wel die afkoelling van die loop vertraag.
4. Tydens normale omstandighede en jag toestande sal jy weinig meer as 5 vinnige skote na mekaar skiet. 3 tot 5 minute se afkoel tyd is gewoonlik genoeg tyd vir die sisteem om voldoende af te koel.Soos Joe sê, is die skade in die keel van die kamer 'n groter probleem as die hitte rettensie by die kroon.
Indien hierdie video jou vriend se skietsteil uitbeeld sal ek my bekommer.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Steyr270
- Full Member

- Posts: 233
- Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am
-
bishop3006
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Mon Mar 14, 2011 12:09 pm
Re: Knaldempers
Kêrels, hierdie is vir my totaal onbekende terrein. Watse soort knaldemper is die beste? Laaitie se strert skuur nou so hy wil netnou by S&O 'n .223 Howa 1500 koop. En 'n knaldemper laat opsit.
Skroefdraad oor hierdie oorpas soort?
Daai Howa is ok vir die prys? Ek weet dis nie top kwaliteit nie, maar R9??? is ook nie top prys nie.
Skroefdraad oor hierdie oorpas soort?
Daai Howa is ok vir die prys? Ek weet dis nie top kwaliteit nie, maar R9??? is ook nie top prys nie.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Knaldempers
Hoe lank is n stuk tou? Hier gaan jy baie verkillende antwoorde kry. Vir n 223 is die silent hunter voldoende. Nie reflex nie front piece. Daar is gunwarrior, sustac, aimsonic, hogg, moose, erc ens. Alles hang van jou begroting af. O ja safari se geweer specials is R400 na R600 duurder as VGK en Wildman se normale prys.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Knaldempers
Ek antwoord nie gewoonlik mense wat my beledig nie, maar in jou geval sal ek 'n uitsondering maak.bishop3006 wrote:Kêrels, hierdie is vir my totaal onbekende terrein. Watse soort knaldemper is die beste? Laaitie se strert skuur nou so hy wil netnou by S&O 'n .223 Howa 1500 koop. En 'n knaldemper laat opsit.
Skroefdraad oor hierdie oorpas soort?
Daai Howa is ok vir die prys? Ek weet dis nie top kwaliteit nie, maar R9??? is ook nie top prys nie.
Hier is heelwat van my mede skuts op Jaracal wat maklik nog 10 Howa's sal koop indien hul kon. Dit sluit my in. Omdat ons arm is beteken nie dat ons, ons geld op st@#$ sal uit gee nie.
Vertel vir Piet Breedt of vir Geno dat hul Howa's swak kwaliteit is.
Indien jou seun dan met so min in die lewe tevrede is, sal 'n ou olie filter mooi werk. 'n Bekwame wapensmit behoort die nodige koppelstuk te kan maak sodat dit voor op die loop opskroef. Anders kan jy een van Henk se Silenthunter dempers probeer. Ek verstaan hulle is ook relatief goedkoop en van dieselfde kwaliteit as die Howa's.
Grappies op 'n stokkie! Indien jy die Jaracal manne wil ondersteun, is hier twee manne wat jy kan nader. Henk se produkte is eerste klas en sy diens is selfs beter. Geno sal jou ook kan help met 'n demper en hy deel die podium met Henk wat diens aanbetref.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
bishop3006
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Mon Mar 14, 2011 12:09 pm
Re: Knaldempers
Hel trap ek nou hier in 'n ding in!
Ek het vergeet mense soos Geno het ook Howa's maar ek het die man gesê die Oos Kaapnaars hou nogal van hulle. Weet nie of dit iets met die turksvy koeldrank daar te doen het of wat nie, maar...
Baie dankie vir die insette.
Geno en Henk se dempers. Laat mens 'n smid dit aansit of doen hulle self die daad? Ek aanvaar 'n smid?
Mannetjie is groot en sterk en jonk, so hy koop die .223 Howa 1500 Hogue Varmint. So 'n lekker dik loop. Hy sê die ding is nogal gewigtig... :-)
O ja, die prys is R8900 nou op die aanbiedinge.

En nou sien ek dat ek die een voet uithaal en die ander een insit. Natuurlik is JY nie van die Oos Kaap nie - nie laas toe ek gekyk het waar die Paarl is nie. :-)
Ek sal nou maar stilbly en eerder net ry en gaan help betaal.
Ek sal nou maar stilbly en eerder net ry en gaan help betaal.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Knaldempers
Indien jy Jaracal op jou rekenaar beloer sal jy sien daar is 'n roterende banier met advertensies wat die heeltyd verander.
Wag tot G&G Varminting of Silent Hunter verbykom en klik daarop. Enige va die twee manne sal jou in die regte rigting kan stuur oor wie betroubare werk lewer tov draad sny.
Wag tot G&G Varminting of Silent Hunter verbykom en klik daarop. Enige va die twee manne sal jou in die regte rigting kan stuur oor wie betroubare werk lewer tov draad sny.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
bishop3006
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Mon Mar 14, 2011 12:09 pm
Re: Knaldempers
Dankie Gawie, ek waardeer die terugvoer en rigtingswys. Nou die geweer die eerste keer hanteer. Hy voel goed!