Bobejaan wat skape vang.
-
LJS
- Jr. Member

- Posts: 55
- Joined: Fri Jul 10, 2015 5:20 pm
Bobejaan wat skape vang.
Vir maande het ek n probleem gehad met vee verliese. Ons kon in die begin nie agterkom wat so vang nie, totdat n jong op n trekker die bobejaan sien skape jaag het. Sy tegniek was om die skape in n trop te jaag en dan in die middel in te storm en een te gryp. Dan dop hy die ooi om en begin lewendig haar boude aan die binnekant te eet. Na n paar happe los hy haar en hardloop weg. Gewoonlik Stan sy op en loop n paar tree voor sy omval. Hierdie lam het hy gegryp toe die voorman hom eendag jaag. Die lam was minder as 2 sek in sy kloue, en hy het nie eers geeet aan hom nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Bobejaan wat skape vang.
Jy skryf asof die probleem nou nie meer daar is nie. Vertel die storie asb.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Bobejaan wat skape vang.
Ja, ek is ook nou baie nuuskierig!tripodmvr wrote:Jy skryf asof die probleem nou nie meer daar is nie. Vertel die storie asb.
-
LJS
- Jr. Member

- Posts: 55
- Joined: Fri Jul 10, 2015 5:20 pm
Re: Bobejaan wat skape vang.
Ja moes kortknip. Hy het net ooie gevang, en hulle lammers langs die ma's gelos. Ons het dae lank in die veld spandeer, maar was altyd net te laat of te vroeg. Eendag toe skiet ek n mannetjie op 576m en dog dis oor. 3 weke later slaat hy toe weer toe. 68 ooie later kry ek toe advies by n vriend om n helicopter te huur. Stupid gevoel omdat ek nie vroer daaraan gedink het nie. Gewoonlik het hy gevang om 13h00, maar ek kon chopper net kry 8 uur in die oggend. Wel toe ons op die plaas aankom sit wena op n ooi en vreet! Ek se toe vir loods om hom af te jaag met die chopper en toe begin ek looi met n pomp aksie met ssg. Na die 3de shoot draai hy sy kop en skrou vir ons in die lug, en ek dink by myself, eina? Hier kom nog!! 50 m later en met 6 ssg's in hom is alles oor en maande se worries verby. Toe ek herlaai en hom sy sesde skoot gee, toe se die loods " I think his dead now". Die voorman se dit het geklink soos n semi auto in n Vietnam movie, met skote wat klap en chopper lemme wat raas!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1847
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Bobejaan wat skape vang.
Sho dat een kees soveel skade kan maak!
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Bobejaan wat skape vang.
Dis n freak-bob gewees daardie!
Vroer jare daar in Olifantshoelk se wereld was ek gewoond aan kese wat die lammers vang en die melkpensies eet en dan die lam so half-dood los en die volgende een aaval en so voorts.
Good riddance soos die Ingelsman se!
Vroer jare daar in Olifantshoelk se wereld was ek gewoond aan kese wat die lammers vang en die melkpensies eet en dan die lam so half-dood los en die volgende een aaval en so voorts.
Good riddance soos die Ingelsman se!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Bobejaan wat skape vang.
Dankie LJS. Klompie skade wat slegs een bob kan maak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: Bobejaan wat skape vang.
Ai, daai moes sekerlik n lekker gevoel gewees het om hom so vol gate te pomp. Ek voel baie keer so in die verkeer tussen taxis.
Groete, Willie
-
LJS
- Jr. Member

- Posts: 55
- Joined: Fri Jul 10, 2015 5:20 pm
Re: Bobejaan wat skape vang.
Jong daai "feeling" is moeilik om te beskryf!!!
-
Noorde
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Tue Jul 04, 2017 12:28 pm
Re: Bobejaan wat skape vang.
Kom nou af op die post. Sho dis sleg. Het hy toe darem nie maatjies wat hy geleer skaap vang het nie?
-
Monster
- Sr. Member

- Posts: 363
- Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am
Re: Bobejaan wat skape vang.
My skoon Pa boxer tussen Garries en Kammieskroon. Hulle is nie groot boerre nie en geld is maar skaars. Hulle kon die laaste 2 jaar nie 'n lam groot kry nie. Die bobejaan trop ruk ook die ooie se uiers uit en die ramme se ballas af. Dis net skade. Hulle is ook so op en wakker mens kom nie naby om hulle te skiet nie.
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 312
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Bobejaan wat skape vang.
LJS. Ek verneem die tegniek om uit n helikopter te skiet is om agter die teiken te mik veral as die helikopter en teiken ook beweeg. Waar het jy gemik en waar het jou skote getref as jy kan terugdink. Was die helikopter staties of het dit beweeg. Sal interresant wees om jou ervaring tov mik en tref te deel.LJS wrote: Ek se toe vir loods om hom af te jaag met die chopper en toe begin ek looi met n pomp aksie met ssg. Na die 3de shoot draai hy sy kop en skrou vir ons in die lug, en ek dink by myself, eina? Hier kom nog!!
-
LeRoy
- Full Member

- Posts: 162
- Joined: Mon Jan 16, 2017 4:37 pm
Re: Bobejaan wat skape vang.
Dis nou waar ek waarlik langafstand jag sal sien as regverdig. Daardie helikopter moes n aardige bedraggie gewees het maar ten minste is die bob weg en skade op n ent. Wel gedaan, maar jammer oor jou skade.
Steyr Mannlicher .308
Steyr Mannlicher .375
Tikka T3 .243
Marrochi 12 br
FN Fal (R1) 7.62
Tyrol .22
Ruger .22 s/a
Howa 6.5 CM - op pad uit
CZ75 B 9mmP
Beretta Nano 9mmP
Tikka TX3 6.5CM
Steyr Mannlicher .375
Tikka T3 .243
Marrochi 12 br
FN Fal (R1) 7.62
Tyrol .22
Ruger .22 s/a
Howa 6.5 CM - op pad uit
CZ75 B 9mmP
Beretta Nano 9mmP
Tikka TX3 6.5CM