Brooklax

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Brooklax

Post by Chevvy SS »

n Brooklax rep se kar breek tussen niks en nerens en dis al sterk skemer.
Skielik sien hy n liggie deur die bome skyn. Hy stap deur die bome en kom n ou plaashuis af.
Ht klop aan die deur en n ou oom maak die deur oop.
" Naand se boetie, kan ek jou help?"
"Oom naand, my kar staan hier anderkant dit het gebreek, kan ek asb oom se foon gebruik.?
"Nee wat boetie, ek stuur sommer my voorman om die karretjie te gaan haal en hom reg te maak.
Eet hier, slaap hier dan kan jy more verder ry"
Die volgende oggend is die stasiewa reg en dit staan voor die deur..
"Wat het jy in daai bokse boetie" vra die oom?
Die rep is te skaam om te se brooklax en hy se sjokelade.
" Gee my asb twee bokse boetie"
Die rep voel skuldig en gee vir die oom die twee bokse.
Terwyl hy wegry troos hy homself, die kans dat sy kar weer sal breek in die omgewing is baie skraal.
Na agt maande breek sy kar weer op dieselfde plek.
Met n skuldige gewete stap hy na die voordeur.
Die ou tannie maak die deur oop.
"Naand boetie, alla wereld ons het nie gedink ons sal jou weer sien nie"
"Naand tannie, my kar het alweer gebreek"
" Geen probleem nie boetie, ek sal die voorman kry om jou kar te gaan haal, eet hier, slaap hier, dan kan jy more verder ry."
Terwyl hulle eet kyk die rep deur die venster en sien die ou oom op sy hurke onder n boom sit.
Voor hy gaan slaap kyk hy weer, en die oom sit nog in dieselfde posisie.
Die volgende oggend vra hy vir die tannie waarom die oom op sy hurke onder die boom sit.
" Ai boetie, dis n tragedie, die oom is al ses maande gelede oorlede, ons wag net dat hy klaar skyt sodat ons hom kan begrawe."
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Brooklax

Post by FHM »

Lekker man ++>:
Kom ek las aan...

Die apteker vra sy assistent: “Wat is verkeerd met daai ou wat so teen die muur leun?”
Die assistent sê: “Hy het vanoggend gevra vir hoesstroop, maar ek kon dit nie kry nie, toe gee ek hom ’n bottel Brooklax.”
“Maar jy kan mos nie ’n hoesbui regmaak met ’n bottel Brooklax nie!”
“Natuurlik kan ’n mens. Kyk na die ou. Hy is te bang om te hoes!”
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Brooklax

Post by OosKaapJagter »

Amper op die onderwerp.

Die locum help 'n apteker uit. Met die apteker se terugkoms sê die locum dat die Imodium klaar is. Hy moes toe vir die een klant Prozac gee in die plek daarvan. Die apteker vra verbaas of dit nou nuwe dinge is wat geleer word en of dit werk vir maagwerkings. "Nee" sê die locum, "dit maak net dat hy nie meer worry oor dit nie".
Post Reply