Nuwe rangefinder

Post Reply
Berra .204
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Fri Sep 16, 2016 2:43 pm

Nuwe rangefinder

Post by Berra .204 »

Goeie middag.
Het iemand al bietjie met die sig sauer kilo 1250 rangefinder in die veld geloop. Ek soek'n nuwe rangefinder. Ek het tans 'n leupold 1000tbr maar ek sukkel om afstande langer as 300m gerange te kry. Ek praat nou nie van 'n bakkie nie maar in die veld. Bossie op 350m ens en ek kry net strepies. Ek verstaan dat stilhou 'n probleem is, maar hoe ervaar julle manne die beter rangfinders. Ek wil tot op 500m 'n bossie of klipkrans of so iets kan range, veral op voorsit jagte dat mense voor die tyd kan plekke uitrange sodat ek weet wanneer die wild binne skietafstand kom.

Is die kilo 1250 genoeg of moet mens maar na die 2200 kyk of dalk eerder die lieca 1600. Wat is julle ondervinding in die veld
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13639
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nuwe rangefinder

Post by Capt. Yoda »

Koop die kilo 2200 of die Leica. Al 2 rane gemaklik ver genoeg vir jou doel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
QuQ
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Jun 30, 2014 1:05 pm

Re: Nuwe rangefinder

Post by QuQ »

Ek het die Leica 1600 en hy werk baie goed!
Henrie_270
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Wed Jan 14, 2015 3:35 pm

Re: Nuwe rangefinder

Post by Henrie_270 »

Het n Leica 1000 en range maklik bosse en klippe tot op 900m. Het al n duiker op 470m in nag met hom ook gerange.

Maar sal liewer Leica 1600 of Sigsauer 2000 aanbeveel.

Mooiloop
243 win, Howa Varmint, Swarovski z3 4-12x50 BRH
'n Jakkals verloor nie slaap oor die opinie van n skaap nie...
Berra .204
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Fri Sep 16, 2016 2:43 pm

Re: Nuwe rangefinder

Post by Berra .204 »

Dankie manne vir die reply's. Ek het nou bietjie met 'n Leica 1000 gespeel en hy werk myle beter as my leupold 1000. Ek shop nog so bietjie rond maar sover is dit die Leica 1600. Wag nog vir prys op die kilo 2200.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Nuwe rangefinder

Post by ruaanb »

6mmmussgrave dink dit is point blank shooting het nou n nice special op die sig kilo rangefinders

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
User avatar
6mmMusgrave
Hero Member
Hero Member
Posts: 1033
Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm

Re: Nuwe rangefinder

Post by 6mmMusgrave »

Hi almal

Baie dankie ruaanb ek waardeur die veeeysing. Berra die Sig Sauer is o gelooflik jy sal baie gelukkig wees met 1. Sodra ek charlene kan oortuig ek moet 1 he kry ek vir myself 1. Hulle is R8200 afgelwer

Groete Jacques
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1652
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Nuwe rangefinder

Post by BeesBreet »

Ek het so sig, en hy is tops...
Berra .204
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Fri Sep 16, 2016 2:43 pm

Re: Nuwe rangefinder

Post by Berra .204 »

Dankie vir almal sy advies. Ekt nou vasgemaak op 'n Leica 1600 vir baie goeie prys, ek voel dit is voldoende vir my en wil nie nog meer betaal vir die sig 2200 as die leica die jop kan doen nie.

Dankie DD vir jou aanbod maar dis ook uit my begroting. Dankie
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 764
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Nuwe rangefinder

Post by Springkudu »

Vertel bietjie meer oor daai prys.......
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Nuwe rangefinder

Post by Langeraat »

+2 ++>:
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
Berra .204
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Fri Sep 16, 2016 2:43 pm

Re: Nuwe rangefinder

Post by Berra .204 »

Die prys het ek by 'n pel gekry en dis ver onder enige ander advertensie wat ek gesien het, maar dis nie oor die algemeen teen daai prys beskikbaar nie, wil ook nie die prys bekend maak nie.

Dankie vir die insette. Ek dink sie sig sauer is 'n baie lekker rangefinder en het ook 5jaar waarborg op die elektronika waar die leica net 2 jaar het.
kwela
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Wed May 08, 2013 7:37 pm

Re: Nuwe rangefinder

Post by kwela »

Jy het verseker nie n fout gemaak met die Leica nie. Ek het ook so een en dis n great produk. Baie geluk.
Post Reply