Dankie Koos Barnard
- Francois B
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am
Dankie Koos Barnard
Ek het vanoggend weer die nuwe magnum beedgehad en toe besef ek net weer dat daar niemand is wat n storie kan skryf soos Koos nie , n mens kan selfs die gras ruik na die reen en jouself heeltemal inleef in sy jagte! En al die moeite wat Koos doen met die fotos ! Kan mens nie dalk n boek iewers kry met Koos se beste jagte nie?
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Dankie Koos Barnard
Francois
Baie dankie vir die vriendelike woorde, ek waardeer dit baie. Ek is op die oomblik besig om te werk aan 'n Afrikaanse boek met jagstories, die meeste wat nog nooit tevore in Magnum verskyn het nie. Dit word beplan met een kleurfoto aan die begin van elke storie. Hopelik sal ek dit na die einde van die jaar toe kan laat druk. Ek het gehoop voor Kersfees maar ek hardloop deesdae 'n bietjie rond met die twee jobs. As dit nie in 2011 is nie sal ek dit baie vroeg in 2012 gereed he.
Groetnis
Koos

300Winmag
Re: Dankie Koos Barnard
Dit sal nou lekker wees om lees.Koos Barnard wrote: Francois
Baie dankie vir die vriendelike woorde, ek waardeer dit baie. Ek is op die oomblik besig om te werk aan 'n Afrikaanse boek met jagstories, die meeste wat nog nooit tevore in Magnum verskyn het nie. Dit word beplan met een kleurfoto aan die begin van elke storie. Hopelik sal ek dit na die einde van die jaar toe kan laat druk. Ek het gehoop voor Kersfees maar ek hardloop deesdae 'n bietjie rond met die twee jobs. As dit nie in 2011 is nie sal ek dit baie vroeg in 2012 gereed he.
Groetnis
Koos
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Dankie Koos Barnard
Oom Koos
Ek raak in Maart 2012 'n volle 21. Dink dit sal 'n perfekte geskenk wees.
Sal vir Oom my posadres stuur. Haha!

Nee ek grap net. Dink dit sal 'n puik boek wees.

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Dankie Koos Barnard
Koos Mater, as mede Duitswester wil ek ook graag my straaltjie bygooi in die emmer van gelukwensings en bedankings, jy doen die skryfgoete solat 'n man die goete kan ervaar!!! Grootkoos sou met rede trots kon wees op hierdie nasaat, 'n man so reg na onse harte!!!! Duitswes groete-Frikkie
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Dankie Koos Barnard
Dankie Frik
Dis koud en reenerig hier in Durban en die mense en mouters te veel. Dis sulke tyd dat ek ver verlang na Die Land toe. Dordabis se kameeldorings en koppe, die fisante wat soggens die slaap uit die son se oge kom vee, die Schaaprivier en die neushoringvoels se kok-kok-kok. Ai, net soms raak hierdie Natal darem te John Deere groen. 'n Plek het mos vaaltes en skurftes nodig om lekker hart te he. Ek wil bitterlik graag Dordabis se wereld toe, my baie kort kuier in Maart in Duitswes was vreeslik lekker, net jammer ek kon nie daar by jou uitslaan nie.
Groetnis uit hierie kougat-natgat beton plek.

- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Dankie Koos Barnard
Ek wil self ook net vir oom Koos baie dankie sw vir die stories wat hy skryf, lees dit eerste as ek die boek kry!
Hou so aan....
Groetnis
Hou so aan....
Groetnis
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Dankie Koos Barnard
Koos
Ons geselsie gister-oggend was sommer lekker, dankie vir die moeite om my te kontak.....
Jy sal nie glo nie, die Schaaprivier loop nou al n goeie 4 maande aanmekaar......
Mooi loop