Nee Ek Gee Op!!!
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Nee Ek Gee Op!!!
Ek verstaan nie wat nou aangaan met my geweer, of scope of punte!!!!!
Die teiken op regterkant is op 100m geskiet, 4 skote waar die vinger wys en almal baie mooi groepeer. Teiken op linkerkant is op 200m (My geweer is gezero op 200m) ek het gemik vir die klein rooi blokkie presies in die middel van die teiken. Hoe die hel kan dit so ver links en hoog skiet? Op 100m land dit presies waar dit moet (4" Hoog) maar op 200 is dit heeltemal uit!!!
Daar was wel wind vandag (Ek het nie windmeter so kan nie regtig vir jou daai info gee) maar nou nie iets om oor huis toe te skryf nie, sal dit so groot effek hê? Dit laat my baie bekommer
Sent from my iPhone using Tapatalk

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- JohanvanZyl
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Moet hy nie hoog skiet op 100 as hy op 200 gezero is nie?
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Gooi jy kleilat of skiet jy,meeste van die vlakte kalibers loop so 2 duim hoog op 100.die groep op 100 lyk of hy links van die lyn skiet trek dit deur na 200m met wind en siedaar hoog en links .Springkudu wrote:Ek verstaan nie wat nou aangaan met my geweer, of scope of punte!!!!!
Die teiken op regterkant is op 100m geskiet, 4 skote waar die vinger wys en almal baie mooi groepeer. Teiken op linkerkant is op 200m (My geweer is gezero op 200m) ek het gemik vir die klein rooi blokkie presies in die middel van die teiken. Hoe die hel kan dit so ver links en hoog skiet? Op 100m land dit presies waar dit moet (4" Hoog) maar op 200 is dit heeltemal uit!!!
Daar was wel wind vandag (Ek het nie windmeter so kan nie regtig vir jou daai info gee) maar nou nie iets om oor huis toe te skryf nie, sal dit so groot effek hê? Dit laat my baie bekommer
Sent from my iPhone using Tapatalk
http://www.backcountrychronicles.com/wp-content/uploads/ballistics-100-300-yard-zero.gif
DD
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
As jou teiken skeef opgesit was het jy dalk jou geweer getilt om by die kruis op die teiken op te lyn
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Watter kaliber skiet jy? Dit moet redelike erge wind wees om dit so ver links te gooi, maar as jy sê hy is mooi ingestel op 200m hoekom skiet hy dan nou ewe skielik hoog ook? Weet nie of jy herlaai nie? Nuwe lot kruit wat jou van node afgooi? En ja geweer tilt een keer en dan nie tilt nie volgende keer? Ek dink jou groep moes inelkgeval beter gelyk het op 100m, het dit al beter gelyk?
Ek verstaan jou frustrasie, daar is altyd n logiese oplossing.
Ek verstaan jou frustrasie, daar is altyd n logiese oplossing.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Ek neem aan jy was by Durbanville Skietbaan. ? Windjie was laf gewees. Ek moes 4moa stel op 200m om gong raak te skiet vir wind.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Nooit eers gedink aan die skewe teiken nie. Dit is nie die eerste keer dat daar gese word ek skiet te hoog op 100m.
@Ruaan - Watter tyd was jy min of meer daar? Wat kos jou vriendskap en kan mens afbetaal?

@Johan - Yes, ek skiet hoog op 100m
@Diesel - Baie dankie vir die grafiek, dit help
@Jake - 30-06 / Nosler Custom Comps / 168gr
Sent from my iPhone using Tapatalk
@Ruaan - Watter tyd was jy min of meer daar? Wat kos jou vriendskap en kan mens afbetaal?

@Johan - Yes, ek skiet hoog op 100m
@Diesel - Baie dankie vir die grafiek, dit help
@Jake - 30-06 / Nosler Custom Comps / 168gr
Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Wat is jou spoed op die 168gr? 4 duim hoog op 100 is maar stadige lading. My nul kwes het 2 en n half duim hoog geskiet op 100m @2750v/sek. En was gezero op 200m. As ek die teiken so loer en jy skiet laag op 200m en jy het vir middelste blokkie gemik, is jy seker die roer se zero is reg? Lyk vir my meer na 250m of verder zero?
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
nee wat vriendskap kos niks. was daar van 9 tot 12 omtrent.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Springkkudu, op watse ringe is jou teleskoop gemonteer?
Watse rus gebruik jy? Kan dit moontlik wees dat met die 200m groep jou loop op die rus gelê het?
Watse rus gebruik jy? Kan dit moontlik wees dat met die 200m groep jou loop op die rus gelê het?
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Oom Thomas, ek het vanoggend vir Ruaan 'n PM gestuur, maar hier is wat ek agtergekom het:
Die eerste 4 skote was met punte was laasjaar gelaai was (Die wat toegeplak is)
Die tweede lot skote was met punte wat die jaar gelaai was met nuwe kruit wat nie dieselfde batch was nie
Dus aanvaar ek dit sal die probleem wees?
Saterdag was maar deurmekaar, ek het die oggend gewerk en toe ek begin pak om baan toe te gaan die middag was my twee dogtertjies heeltyd om my en het ek die verkeerde gelaaide ammo gevat. Op die einde van die dag het ek my laaste 4 baan punte gevat wat laasjaar gelaai was en my nuwe Accubonds (Vir jag) wat die jaar gelaai was. Ek het letterlik 7 skote geskiet en huis toe gegaan en nie eers verder gedink aan die effek wat die nuwe en ou batch kruit gaan hê.
Ek vra omverskoning, is maar nog baie dom met die tipe goed.
Op die einde van die dag sit ek steeds met die probleem dat ek te hoog skiet op 100m, soos ek kan aflei is dit as gevolg van spoed wat te laag is? Ek het ongelukkig nie toegang tot 'n chrony, alhoewel oom Thomas al geoffer het dat ek moet baan toe kom wanneer hy ook daar is met syne

- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Jou baan- en jag koeels gaan nie noodwendig selfde impak punt he nie, selfde met verskillende lotte kruit.Springkudu wrote:Oom Thomas, ek het vanoggend vir Ruaan 'n PM gestuur, maar hier is wat ek agtergekom het:
Die eerste 4 skote was met punte was laasjaar gelaai was (Die wat toegeplak is)
Die tweede lot skote was met punte wat die jaar gelaai was met nuwe kruit wat nie dieselfde batch was nie
Dus aanvaar ek dit sal die probleem wees?
Saterdag was maar deurmekaar, ek het die oggend gewerk en toe ek begin pak om baan toe te gaan die middag was my twee dogtertjies heeltyd om my en het ek die verkeerde gelaaide ammo gevat. Op die einde van die dag het ek my laaste 4 baan punte gevat wat laasjaar gelaai was en my nuwe Accubonds (Vir jag) wat die jaar gelaai was. Ek het letterlik 7 skote geskiet en huis toe gegaan en nie eers verder gedink aan die effek wat die nuwe en ou batch kruit gaan hê.
Ek vra omverskoning, is maar nog baie dom met die tipe goed.
Op die einde van die dag sit ek steeds met die probleem dat ek te hoog skiet op 100m, soos ek kan aflei is dit as gevolg van spoed wat te laag is? Ek het ongelukkig nie toegang tot 'n chrony, alhoewel oom Thomas al geoffer het dat ek moet baan toe kom wanneer hy ook daar is met syne
Op die draad wat jy begin het oor zero verander vir bosveld jag, het oom PWV gese van 100m zero/inskiet en dan opstel verdere afstand. Dit werk baie goed- wind,skiettegniek ens. speel kleiner rol op 100m as op langer afstand, so jou inskiet/zero is meer presies.
Maklik om dan van daar af op te stel vir verdere afstand.
Spoed help, want dan kan jy ballistiese programme gebruik om verstellings uit te werk vir verskillende afstande. Vir 30-06 met 100m zero, kan jy maar 1.5-2 MOA op stel en toets. Behoort baie naby aan reg te wees.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Springkoedoe. Die grootte van die 200m groep laat my dink dat alles redelik skaflik gewerk het. Die posisie van die groep is 'n ander saak. Sonder baie meer besonderhede is alle kommentare maar blote spekulasie. Ek wil voorstel dat jy oplees oor die effek van wind op 'n koeël. Wind defleksie is selde horisontaal. Die rotasie van die koeël kan ook 'n op- of afwaartse defleksie veroorsaak. Die presiese rigting van die wind t.o.v. die horisontale vlak is ook ter sake.
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Gian - Dankie. Ek verstaan dat die baan en jag punt nie noodwendig dieselfde impak punt hê maar ek glo hy sal darem redelik naby wees (Custom Comps - 168gr / Accubond 165gr). Soos genoem dink ek dit is my kruit wat verskil het op die twee wat seker die grootste verskil veroorsaak het. As ek jou reg verstaan bedoel jy ek moet Zero op 100, en dan van daar af stel om te zero op 200m, of bedoel jy ek moet zero op 100m en in die veld verstelling maak nadat gerange word? Indien dit die tweede opsie is gaan dit nie moontlik wees nie, my scope het nie al daai grand stelknoppe.
Alwin - Ek stem die groepering is volgens my standaard heel skaflik vir 200m, dit was die impak punt wat my gepla het natuurlik. Dankie vir die info oor wind, sal bietjie gaan lees.
Alwin - Ek stem die groepering is volgens my standaard heel skaflik vir 200m, dit was die impak punt wat my gepla het natuurlik. Dankie vir die info oor wind, sal bietjie gaan lees.
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Dit is hoekom ek dink die geweer was bloot getilt. Goeie groep. Konstante POI. net baie links tov 100m groep.Alwin wrote:Springkoedoe. Die grootte van die 200m groep laat my dink dat alles redelik skaflik gewerk het. Die posisie van die groep is 'n ander saak. Sonder baie meer besonderhede is alle kommentare maar blote spekulasie. Ek wil voorstel dat jy oplees oor die effek van wind op 'n koeël. Wind defleksie is selde horisontaal. Die rotasie van die koeël kan ook 'n op- of afwaartse defleksie veroorsaak. Die presiese rigting van die wind t.o.v. die horisontale vlak is ook ter sake.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Toets en kyk watter verskil daar is. Ek het al verskille van meer as 5cm gehad met 260gr Accubonds en 155gr Custom comps.Springkudu wrote:Gian - Dankie. Ek verstaan dat die baan en jag punt nie noodwendig dieselfde impak punt hê maar ek glo hy sal darem redelik naby wees (Custom Comps - 168gr / Accubond 165gr). Soos genoem dink ek dit is my kruit wat verskil het op die twee wat seker die grootste verskil veroorsaak het. As ek jou reg verstaan bedoel jy ek moet Zero op 100, en dan van daar af stel om te zero op 200m, of bedoel jy ek moet zero op 100m en in die veld verstelling maak nadat gerange word? Indien dit die tweede opsie is gaan dit nie moontlik wees nie, my scope het nie al daai grand stelknoppe.
Alwin - Ek stem die groepering is volgens my standaard heel skaflik vir 200m, dit was die impak punt wat my gepla het natuurlik. Dankie vir die info oor wind, sal bietjie gaan lees.
Ek stel voor die tyd elevasie afhangend van afstande wat ek verwag om te skiet. Bv springbokke in Karoo-inskiet op 100m, draai op na 220m.
Skiet een of twee skote om te bevestig en gaan jag dan.(ons vat gewoonlik 100 of 150mm ghong saam juis vir dit)
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Thanks vir die info julle. Sal bietjie gaan lood gooi en kyk wat gebeur.
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Dis baie moontlik. Ek sien gereeld manne wat hulle geweer sommer kwaai kantel. As ek hulle vriendelik daaroor uitvra kyk hulle my aan asof ek van Mars af kom...Pappabeer wrote:Dit is hoekom ek dink die geweer was bloot getilt. Goeie groep. Konstante POI. net baie links tov 100m groep.Alwin wrote:Springkoedoe. Die grootte van die 200m groep laat my dink dat alles redelik skaflik gewerk het. Die posisie van die groep is 'n ander saak. Sonder baie meer besonderhede is alle kommentare maar blote spekulasie. Ek wil voorstel dat jy oplees oor die effek van wind op 'n koeël. Wind defleksie is selde horisontaal. Die rotasie van die koeël kan ook 'n op- of afwaartse defleksie veroorsaak. Die presiese rigting van die wind t.o.v. die horisontale vlak is ook ter sake.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
springkudu ek gaan more oggend 9am gou paar skote skiet. as jy dit kan maak dan meet ons gou daai spoed.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Ruaan, ek het nog die heeltyd gedink om more oggend gou my scope te gaan instel, so jou offer maak dat ek dit dan nou heel moontlik gaan doen. Ek bel jou gou more oggend? Ek stuur my selfoon nommer vir jou dat jy kan sien dit is ek wat bel. Thanks Ruaan, waardeer!!!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Ek hoop na more seg jy - ek het nuwe moed en verander die opskrif van hierdie post na "My geweer skiet 'n koekhou"
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Ek wil net dankie sê aan Ruaan wat sy tyd opgegee het om my uit te help vanoggend en ook vir die gebruik van sy toerusting om die spoed te meet.
Dit het natuurlik baie gehelp om die spoed te kry op my Custom Comps en Accubonds.
Daar is so 1 of 2 dinge wat ons opgetel het maar Ruaan het aangebied om my te help.
Weereens dankie Ruaan!!!
Dit het natuurlik baie gehelp om die spoed te kry op my Custom Comps en Accubonds.
Daar is so 1 of 2 dinge wat ons opgetel het maar Ruaan het aangebied om my te help.
Weereens dankie Ruaan!!!
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Springkudu bring daai doppe, kruit en punte vir my dan help ek jou. Ek weet bietjie meer as daai oom in Wellington. 
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Baie dankie vir jou offer Joe
Ek praat met jou via PM
Ek praat met jou via PM
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Nee Ek Gee Op!!!
Vertel ons bietjie dat ons ook kan leerSpringkudu wrote:Ek wil net dankie sê aan Ruaan wat sy tyd opgegee het om my uit te help vanoggend en ook vir die gebruik van sy toerusting om die spoed te meet.
Dit het natuurlik baie gehelp om die spoed te kry op my Custom Comps en Accubonds.
Daar is so 1 of 2 dinge wat ons opgetel het maar Ruaan het aangebied om my te help.
Weereens dankie Ruaan!!!
And as thy days, so shall thy strength be